Nuuskommentaar: Ras, ras – ag nee, nie al weer…

Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng, en Solly Msimanga, die nuutverkose burgemeester van Tshwane, Maandag by die Pretoria Girls High School. Foto: Twitter via @EducationGP

Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng, en Solly Msimanga, die nuutverkose burgemeester van Tshwane, Maandag by die Pretoria Girls High School. Foto: Twitter via @EducationGP

As daar in ’n stadium nie ’n rasseherrie in die Suid-Afrikaanse media woed nie, so lyk dit, is omdat asem geskep word vir die volgende rasbom om af te gaan. Dit het pas weer gebeur, en in die proses het mense seer gekry en word ’n ganse samelewing se verhoudings vertroebel. Gelukkig is daar ook gevalle waar diegene wat ’n “los” oomblik beleef het groot moeite doen om die skade te herstel.

In Suid-Afrika, so lyk dit, kan hoogstens ’n paar weke verloop voor ’n rasseherrie weer losbars. Soos nou weer, maar sommer vier binne die bestek van ’n dag of so.

  1. Die eerste wat die hare, by wyse van spreke, laat rys, is die haarstylmoles by die Pretoria Girls High, wat nou ondersoek word. Die skool het ook sy haarstylreëls wat tot die probleem bygedra het, laat vaar.
  2. Die tweede is die geval van die Facebook-inskrywing van ’n lid van die UP se studenteraad wat geskryf het hy wil wit mense met ’n AK en bazoeka doodskiet. Hy gaan glo Donderdag meer lig op die saak werp.
  3. Die derde is die verskoning wat ’n PUK-studenteouer aan ’n ander student bied dat hy hom tydens ’n pa-en-seun-naweek in die koshuis die k-woord genoem het, blykbaar by herhaling en gemeng met goed gekruide taal.
  4. Die vierde is Sanco wat ’n aanval op oudpres. FW de Klerk van stapel stuur en hom daarvan beskuldig dat hy met sy stellings tydens ’n toespraak rasse-harmonie versteur. “Elke leier het die verantwoordelikheid om by te dra tot rasse-eenheid. Sy uitsprake is verdelend en bevorder die stereotipe van wit superioriteit,” aldus Sanco.

Lees ’n mens die leserskommentare onderaan sekere berigte is dit moeilik om tot ’n ander gevolgtrekking te kom dat baie lesers met die gevoel saamleef dat hulle hul op ’n bom bevind wat enige oomblik kan ontplof. Dit lei onder meer daartoe dat baie lesers openlik hul blydskap uitspreek dat ’n plaasaanvaller tydens ’n plaasaanval buite Brandfort doodgeskiet is. Sy vier makkers is aangekeer. Natuurlik dra die feit dat vier jong mans, van wie minstens sommiges met vuurwapens bewapen was, ’n sewentigjarige boer oor die rassegrens aangeval het, baie daartoe by dat so baie lesers hul blydskap openlik uitstort. Ongelukkig, in baie kommentare word die ras-kwessie gestereotipeer. En natuurlik is ons almal bly dat die plaasaanval gefnuik is en die oorlewende vermeende aanvallers aangekeer is.

Die vier gevalle hier bo genoem, is uiteenlopend van aard, en boonop is die een wat van rassisme beskuldig word in sommige gevalle wit, en in ander swart.

Dit is eintlik onafwendbaar dat raskwessies gestook sal word in ’n land waar die regering oorboord gaan met sy beheptheid met mense se velkleur, en mense se lewe van die wieg tot die graf volgens hul velkleur beïnvloed. En ja, dit is reg dat die regering hiervoor voor stok gekry word soos die klag wat Solidariteit teen die regering by die VN se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie gelê het.

Natuurlik is daar diegene wat ’n te groot deel van hul verwysingsraamwerk op grond van ras bou. Natuurlik is van die uitlatings gemaak nadat die tannie met die kurkhoedjie gesoen is.

Om modderspore deur die samelewing te trap bewys niemand ’n guns nie. Pas het daar ’n omvattende artikel in die Christian Science Monitor verskyn oor hoe die ANC se steun teruggegly het, en hoekom. (Ook Zambië en Zimbabwe se onlangse verwikkelinge word onder die loep geneem.) Maar nie ʼn woord oor die polariserende effek van die ANC se beleid word gerep nie.

Ons MOET eenvoudig ons neuse skoon hou sodat losbekkige enkeles nie oor die mag beskik om groot verandering in internasionale perspektiewe oor die ANC te laat sneuwel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Watter ras? ·

Dalk moet al die RASSE bietjie terugstaan en besef die lewe en die wereld draai nie net om hulle nie. Kry bietjie ‘n dikker vel, man-up, en kry rigting. Skuldiges, stop julle nonsens. Ons land het die mense wat hy het en die rasse wat hy het. Beweeg aan, aanvaar dit so. As dit jou nogsteeds na al die jare nie pas nie, skuif aan, soek ‘n ander land. Dra positief by tot ons toekoms of skoert

humor ·

Die enigste oplossing is privaat onderwysinrigtings en natuurlik selfbeskikkingsreg. Weg met globalisme!!!!!!!

pieterdp ·

Nog nooit was daar soveel rase haat as nou nie . Nie eers in die aparthuids jare nie. Maar as jy lees en hoor is die ANC aan die voortou om die rase kaarte uit te ruk om hul self te beskerim of te laat vergeld vir al hul self veryking en ander voute. As daar een groep is wat van die rase waaitjie moet af klim is dit die ANC. Dan sal ons n beter SA vir almal hê. So sal die mense van die wonderlike land kan saam leef en werk en op bou.

Kobus ·

Ek sien die papaja het in Bloemfontein by een van die skole ook nou die hek getref.

Die beste oplossing vir al die raskwessies in die land, en dit is in effek alle kwessies, laat dit deur swart mense beheer en reguleer word, want sodra wit mense aan die stuur of betrokke is, sal ras altyd geskree word. Maak nie saak of dit ‘n skool, eetplek, universiteit, die werk, of waar ookal by ‘n openbare instelling is nie. So om vrede te bewaar, draai net om en stap weg.

Kobus ·

Hehehe, ek sien in PE het die papaja ook nou die hek getref. Ek dink werklik alle skole in die land moet eerder nou maar weer besin oor al hul regulasies. Dalk is dit nou die geleentheid om alle vorme van regulering te skrap. Ek het daai ding sien kom, van dag een af, landswyd.

Nou ja, op Universiteite is die klasgelde en Afrikanisering die inding.

Op hoërskool is hare waaroor jou speelgoed uit die kot gooi en jy nie gereguleer wil word oor jou haarstyl nie, dit tas jou persoon aan, dan is dit rassities.

Waaroor sal die Laerskool kinders nou ook ongelukkig wees? Is daar nie ook iets wat hul aantas nie?

Emile ·

Klink of minstens twee Soweto skole Pta Girls se Skoolhoof en skool ondersteun oor die haar-debakel.

M.i. moet swart ouers en onderwysers dan die riglyne vir swart kinders opstel volgens wat hulle dink netjies en betaamlike gedrag en kleredrag behoort te wees. Ek’s seker daar’s honderde swart skole wat goeie beleide in plek het en waar, na alle waarskynlikheid, hierdie meisiekind se uitspattige en onvanpaste haarstyl deur swart onderwysers en ouers as onvanpas in ‘n skool-omgewing beskou sou word en teen haar opegtree sou word.

Hierdie haar-kwessie is eenvoudig buite verband geruk en onnodig ‘n politieke kwessie van gemaak.

Lee-anne ·

Hou jou selfoon video kamera gereed om jou onskuld te kan bewys, die dag gaan kom dat jy in daai posisie gaan wees en jy beskuldig gaan word van rassisme. Ek is 100% seker daarvan dat baie beskuldigings onwaar is. Tweedens, bly kalm en moenie iets sê waaroor jy gaan spyt wees nie.

John ·

Ja AL, veral daai liedjie ‘Kom ons gaan blomme pluk..’ Of ‘Broeders en susters kom ons vat hande.. vrolik en bly’. Alle probleme in die land is die sowat 3milj witmense se skuld. Die 60 milj ander ly en ly. Pas aan mense, Gee julself vir Hillbrow en koes vir dis skote… dis alles jul eie skuld as iemand alles van jou wil he en jy klou nog daaraan vas. Laat los en laat die volle aanslag jou tref… Moet veral nie dat jou goeie oordeel jou lei nie. Ly eerder. Dis edel en mooi. Sela.

Ansie ·

Herman ek hou van jou manier van skryf!
Ek dink daar word vandag meer skole afgebrand as in die jare voor my tyd en in die 80tigs ek kan nie onthou dat daar ooit n universiteit afgebrand is nie. Ja daar was paswette maar ons kinders het hulle 3de taal van ons werkers se kinders geleer. En skielik na 1994 het rassisme n nasionale besprekings woord geraak. Eish: ek het nie eens geweet wat dit beteken nie. Maar toe daar aan my Stem en Taal begin krap word kon dit nie anders nie ekt rooi geword van ongemak. En vandag is dit net te gevaarkik om jou dogter universiteit toe te stuur!! Dit is of hulle teen hulle self bakly oor rassisme. Wat die hare aanbetref. Mmm ja jy kan seker nie anders nie. Maar as hulle uitgekam is en vasgemaak is en uit die gesig is kan ons sekef nie veel se nie. Solank hulle reeks respekteer en nakom

Theuns ·

Ek haal my hoed vir jou af Herman. Jou vermoe om kalm te bly is uitsonderlik en gefokus! Ek kan sien jy is ‘n man vir vrede en ek vir “Oorlog”. Ek wil kwaad met kwaad vergeld en die “Blikslimmes” in gelyke munt terugbetaal. Gelukkig is tyd nie linieer nie en is die verlede, die hede en die toekoms net ‘n illusie soos Einstein gese het. Alles wat was, is en wat weer gaan wees sal hom self herhaal want mense leer nie. Laat ons maar wag en kyk hoe val die Sangomas se dol-osse. Groete

Lance ·

Netso die volgende korrupsie netso die volgende moord netso die volgende verkragting …SA is totaal uit beheer !

Maria van Dieweeck ·

Ag tog..gee en gee, gooi alles wat jy het in n diep wurm gat in, dit word verteer en niks goed kom ooit daar uit vir die Afrikaner nie. Dan moet mens nog verder agteroor buig. Wat volgende? KNIEL? Neus skoon hou is een ding, maar n mens het ook gevoelens en emosies. Almal het beheer tot op n punt, en ek vra opreg, wat dan? Ander gee UITING, maar ons moet/mag nie. Ander kry berading, hulp met finansies ens, maar niks vir sukkellende Afrikaners nie…miskien moet ons juis n groter geraas maak dat ons ook gehoor word. Ek voel soos n anc geldkoei wat net gemelk word! En dan is daar nog Max du Preez ook wat doodseker van sy sinnelose sake is. As dit nie was vir die Stem nie, sou hy nie nou wees waar hy is nie. Maar hy reken, haal uit. Ja, vat alles en ons moet net ja en Amen. Mens hoef nie modderspore te trap nie, maar om op eierdoppe te loop, nee dankie.

Louise ·

ag Mnr Lesufi, ek kort ook HULP hier by die werk. Ek is moeg om elke oggend op te staan en klaar te maak vir werk in gepaste drag. Ek wil sommer net opstaan in my nagklere met pantoffels en wil ook nie hare borsel nie dan wil ek werk toe gaan. So kom sien bietjie ons regte hier by die werk ook reg dat my baas my nie die trek pas gee nie. Want de heng met enige reels en waardes. Want waar gaan die eindig waar vra ek julle. Dammit jammer ek was so baie waarders en respek en en en geleer

Johanna Botha ·

Buig nog verder vooroor toe …julle maak julle naam gat !

CC ·

Herman die probleem is die vlak van opvoeding in RSA. Kom ek noem ‘n voorbeeld. Wanneer altwee ouers werk om die pot aan die kook te hou spandeer hulle kinders feitlik die hele dag by ‘n dagsorg waar hulle versigtig moet wees waar hulle sit. In die skole spandeer hulle tyd waar hulle geleer word om reels te bevraagteken. Op universiteit word hulle geleer dit is jou reg om daar te wees, en te se wat jy wil. Hoekom? Dit is eenvoudig kinders tree net op volgens die voorbeeld wat vir hulle gestel word. Ons samelewing is wat dit is want daar is nie net verskillende rasse saamgevoeg nie maar ook mense met verskillende norme en waardes. Een ras groep maak hulle kinders groot volgens mense regte en ‘n ander groep maak hulle kinders groot volgens mense vooregte. As dit nie aangespreek word nie kan ‘n demokrasie nie werk nie. Hoe se ‘n ou afrikaanse idioom? Geld wat krom is kan nie reg maak wat krom is nie

CC ·

Herman vra jouself die vraag af, waar le die regering se meeste ondersteuners (op die platteland) Waar is die meeste ongeletterdheid (op die platteland) Waar is die meeste werkloosheid (op die platteland) Die regering maak baie staat op tradisionele leiers wat glad nie demokraties verkies word nie. RSA se meerderheids party het sy ontstaan gehad tydens ‘ n “struggle” so hulle kan net mense wat ongeletterd is behou deur “struggles” te skep. ‘n Demokrasie kan net werk as daar ‘n bepaalde vlak van opvoeding, norme en waardes is. Dit is julle as joernaliste se plig om daagliks die wanbelans te opper.

Kobus ·

Goeiedag Herman, ek lees nou in berig op Google News wat deur SABC News geplaas is. Angie Motshekga (minister van basiese onderwys) het gister gesê daar is niks verkeerd met die Pretoria skool se haarbeleid nie, dit is ook nie rassisties nie. Sy sê elke skool het ‘n “code of conduct” wat deur die beheerliggaam bepaal word en waarvoor hulle verantwoordelik is. Dit is nie haar departement se verantoordelikheid nie, maar elke skool s’n.

Johannes Meintjes ·

In ‘n gemeenskap waat wetteloosheid al vir jare vanuit die kerke gepredik word sal enige beskikbare konteks in ‘n gemengde samelewing wat plofbaar is (in hierdie gevalle kwaadwillige bewerings van rassisme) oor en weer misbruik word, veral waar die regering en leiers onder al ons SA kultuurgroepe gruwelik daarin faal om konstruktief te lei en objektief vir ‘n volhoubare toekoms te regeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.