Nuuskommentaar: Rassensitiwiteit oor wêreld aan die toeneem?

hande kultureel diversiteit rasse

Argieffoto (Foto: maxlkt, Pixabay)

Gaan rassisme en rasbewustheid wêreldwyd onhoudbaar word? Navorsing oor die wêreld heen dui daarop dat dit wel die geval kan wees.

Vlaandere is besig om die minste suiwer wit in Europa te word. Rusland se teen-aborsie-optrede het meer met die behoud van ’n wit meerderheid as moraliteit te make. Brittanje kry ’n deels Afro-Amerikaanse koninklike. Sekere kommentators ryg gereeld ’n skynbaar groeiende aantal Europese state uit wat maatreëls verskerp om nie deur vlugtelinge oorstroom te word wat die gemiddelde pigmentsamestelling kan verander nie.

Dis maar enkele indrukke wat ’n nuusontleder gereeld in die oog spring wanneer hy daagliks die Europese nuus nagaan, of per toeval met ’n ander hoek daarop afkom. Om daaroor te skryf, is stellig erg politiek inkorrek.

Reeds van ongeveer 2015 het die media begin wys op die talle “vreemdelinge” wat in Vlaandere woon. Meer as ’n miljoen was nie Belgiese burgers nie, en nog ’n groot aantal het dubbele burgerskap geniet. Die meeste was van Europese lande soos Nederland en Frankryk afkomstig, en ras word nêrens genoem nie, maar die volgende tabel hier wys reeds op die aanloop tot die probleem.

Volgens die jongste migratie- en integratiemonitor, wat pas bekendgestel is, het Vlaandere se bevolking van 2006 tot nou met 260 000 tot 560 000 toegeneem. Die meeste is steeds van buurlande, maar die getalle uit byvoorbeeld Marokko, Indië en Algerië neem toe. Verskeie Vlaamse stede het meer “vreemde” inwoners as Vlaminge, met Baarle-Hertog soveel as 68%. Ras is nou pertinent ter sprake. Dit lyk of die kantelpunt nou nader kom.

Dit is moeiliker om sin uit die stryd vir en teen aborsie in Rusland te maak. Daar is in ’n stadium (toe pres. Wladimir Poetin jare lank oor die kwessie kleigetrap het) ’n aanname dat hy téén aborsies gekant is. Hierin het hy die steun van die Ortodokse Kerk geniet. Verskeie Poetin-ondersteuners het dit gebruik as bewys dat Poetin ’n ware Christen is. Skynbaar sober berigte het egter aangedui dat Poetin se fokus eintlik op die wit, of egte, Russe gemik is. Die bevolkingsgroep se geboortesyfer het veral sedert die val van die Ystergordyn skerp afgeneem, terwyl ander volke wat deel van die Russiese Federasie is, en dikwels Moslem, se getalle toegeneem het.

Poetin sou glo bang wees dat die “egte Russe” in die toekoms ’n minderheid in hul eie land kan word. Hy het egter onlangs sy steun aan aborsie toegesê.

Onlangse bronne wat aandui dat rassisme internasionaal aan die toeneem is, is volop. Google bring ongeveer 42 bronne hieroor aan die lig.

Die onderwerp kan nie net as politiek onkorrek beskou word nie, maar ’n ongemaklike waarheid waarvan kennis geneem moet word. ’n Belangrike voorvereiste is egter dat die kwessie aan die regte adres gerig moet word. Op die oomblik word AfriForum vanuit verskeie oorde gestriem weens sy oorsese veldtog om die kwessie van plaasmoorde en grondgryp in SA onder die wêreld se aandag te bring. Maar kyk van wie die meeste van die kritiek kom, en dit lewer ’n bonte verskeidenheid op van mense, swart en wit, wat gereeld groot lawaai maak oor rassisme, maar al te dikwels self agter die deur staan.

Iemand moet baie, baie eensydig na die rassekwessie kyk om nie te besef dat die regering se optrede en reaksie hierop nie op ’n vorm van rassisme neerkom nie … maar die mishoop word bestyg en rassistiese beledigings rondgeslinger.

Indien die navorsingstukke wat dui op ’n globale toename in rassisme korrek is, is die kanse dat dié toename Suid-Afrika nie ook gaan affekteer nie, gegewe die regering se optrede, bitterlik skraal. Dis baie hartseer as in ag geneem kan word dat Suid-Afrika oor die jare die “papiere” van kundigheid, asook ondervinding, opgebou het om deel van die globale oplossing te wees, en nie ’n drywer om die probleem aan te wakker nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eish ·

Dankie weereens vir n insiggewende artikel.
Die grootste probleem met die sogenaamde rassisme lê vir my daarin dat ideologieë, en waardestelsels onversoenbaar verskil wat uiteraard aanleiding gaan gee tot konflik. Ons staan op die vooraand van n wêreldwye verandering in die rassamestelling van die meeste Westerse lande. Miskien is dié helhool juis n voorspel op wat gaan volg vanweë die getalle oorwig waarop dit afstuur.
Godsdiens, ideologieë en waardestelsels is die drywers van bloedige konflik. Met minderheidsregte wat n uiters swak geskiedenis op die planeet het, is moeilike tye op pad.
Wat my uitraard toevlug laat soek in die arms van my Hemelse Vader.

T ·

Dit is hartseer, maar rassisme is beslis baie erger as wat dit was toe ons op skool was, dit is baie hartseer, my ouers het ons geleer om almal te respekteer maak nie saak oor ras nie. Ons het almal Tannie en Oom genoem wat saam my ouers gewerk het alle rasse. Nou is dit hartseer mense wat NOOIT rassisties was nie is nou so rassisties agv omstandighede en goed wat gebeur dat dit net erger word. Dit is baie hartseer.

John ·

Rassevermenging is een van die Nuwe Wereldorde se hoofoogmerke om glo ‘n eenvormige wereldbevolking met een oorheersende ‘kultuur’ daar te stel waar oorlog in die niet verdwyn en almal gelukkig saamwoon. Kommunisme het ook sulke ideale ingebou gehad en geglo magsbeheptheid gaan sodoende verdwyn. Die duiwel word egter nie so maklik ingeperk nie en taal en kultuur word nie so maklik nekomgedraai nie. Gene het ook ‘n manier om die mens te verras met vreemde variante wanneer jy dit die minste verwag. En watter hof gaan gebalanseerde uitsprake lewer oor wie nou eintlik verontreg is as geen bloed gestort is nie… Die mensdom verskil en dis ‘n natuurlike gegewe. Om nou die skepping te wil herskep… en alle uitskieters rassiste te noem is nogal… onmenslik en grens aan verroboting van vlees, bloed en die grys stof in die skedel….

Oom Kalahari ·

@ John, dit is nou perfek gestel en stem heelhartig.
Geen dwang sal/gaan my en vele andere tot vermenging plaas nie, want God het die mensdom verskillend op hierdie aarde geplaas. Party is volkere en andere faksies en stamme waar kulturele opbrengs verskillend is. Ras sal altyd ‘n rol speel want dit word deur sekwre groepe as ‘n bedreiging aangewend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.