Nuuskommentaar: Rassisme, versoening, inkomstegaping, restitusie, taalregte en Lesufi

ras-regstellende-aksie-race

Argieffoto.

Die regering se obsessie met ras – soos met sy jongste stap om die Menseregtekommissie en Solidariteit hof toe te neem om die “reg” te probeer verwerf om staatsrassisme te kan pleeg in weerwil van ’n internasionale verdrag wat Suid-Afrika geratifiseer het wat dit verbied, is stellig die mees pikante manifestasie van skynheiligheid om ander dan van rassisme te verwyt.

Wie en wat stook kwaad in die land, en wie of wat bou aan ’n klimaat van versoening?

Of is dié vraag dalk nou te laat gevra? Uit leserskommentare en ander terugvoer lyk dit of heelwat mense nie kwaad word as hulle die woord “versoening” hoor nie, maar sommer op die plek reeds siedend smoorkwaad is en met alle “geweld” wil wegbreek en (as deel van hul minderheid) hul eie ding wil doen. En dit help nie om terme soos geografiese soewereiniteit as verouderd en agterlik te gaan stel nie – om die doodsvonnis daaroor uit te spreek is duidelik pragmaties en juridies misplaas en dalk juis agterlik. Maar die hele kwessie is kompleks, veral omdat baie mense juis die een kriterium as vernaamste bousteen daarvoor wil gebruik waaroor die internasionale reg en die plaaslike reg internasionaal erg stief is, naamlik ras.

Hierdie gesprek gaan egter sink voor dit begin het as iets nie gou opgeklaar word nie. Versoening en sesessie is nie teenoorgesteldes nie. In die praktyk is dit dikwels die teenoorgestelde – kan suksesvolle sesessie of ander vlakke van selfbeskikking net suksesvol plaasvind weens, of ter wille van versoening. Die gedwonge saamklits te midde van oorweldigende middelpuntvliedende kragte kan juis die vuur stook. Lees gerus van die gereelde verslae van instansies soos die Unrepresented Nations and People’s Organisation (NPO) en die 50-jarige Minority Rights Group International (lees meer hier).

En dié kwessie is juis weer nog meer kompleks weens die kwaadstokende opvatting dat swart mense per definisie nie rassiste kan wees nie. Hoe verdelend dié opvatting kan wees blyk uit die tot dusver bykans eenparige kapitteling van prof. Anton van Niekerk (ook soms tong in die kies “orakel van Stellenbosch” genoem) omdat hy in ’n artikel waarin hy teen rassisme uitvaar, net wit beweerde oortreders lys. Van gewone leser tot die beste intellektuele analis het hom hieroor vasgetrap. (Lees hier,  hier,  hier, hier, hier, hier en hier.)

Panyaza Lesufi. Foto: Mia Slabbert

Want wie krap rassegemoedere deesdae die meeste om? Is dit nie die leier van die BLF, en van sy medeswernote, Julius Malema en Kie., die Nelson Mandela-stigting, Zindzi Mandela en Panyaza Lesufi nie? Om maar ’n paar te noem nie? Per definisie se dinges. En om op Steve Hofmeyr te bly hamer rondom deelname al dan nie aan die Afrikaans is Groot-konserte terwyl die vasvat van rassisme en haatspraak uit gekleurde mond gewoonlik by bekpraatjies bly, los niks op nie. In teendeel.

Dit is onmoontlik om binne die woordbeperking van ’n enkele nuuskommentaar die ganse kwessie te takel, en daarom word kortliks stilgestaan by twee van die vernaamste kernaspekte waaroor dikwels geredeneer word. Die eerste is die kwessie van inkomstegaping tussen potensieel konflikskeppende groepe, en die behoefte aan restitusie. Die tweede is die grafiek van relatiewe deprivasie.

Die twee begrippe word dikwels, selfs onwetend, ingespan wanneer die regering se grondgrypplanne sonder vergoeding ter sprake gebring word, en ewe eufemisties “grondhervorming” genoem word. Vele instansies, waarvan sommige die Zoeloe-tradisie inspan dat versoening sonder restitusie nie moontlik is nie, is nou behoorlik lawaaierig op die wa hieroor. Dit het impetus uit die VSA gekry waar swartbewussynsgroepe begin verkondig het ’n wit persoon, selfs al is hy heeltemal nie-rassig ingestel en  met ’n swart vrou getroud, sal steeds ’n rassis wees totdat hy restitusie betaal het.

In vandag se The Conversation word ’n artikel hieroor as een van die mees gelese stories op die instansie se webwerf gelys. Onder die titel Reparations are essential to eliminating the substantial wealth gap between black and white Americans word die kwessie soos volg onder die loep geneem:

“Four hundred years ago, America’s first enslaved Africans arrived in Virginia.

Centuries later, black Americans have managed to accumulate some wealth, but it still pales in comparison to that of whites. This racial wealth gap is a result not only of the horrors of slavery but also policies – such as Jim Crow laws, redlining and modern-day mass incarceration – that followed.

The average white family with at least one working adult over 25 years old owned more than nine times as much total wealth as a black one in 2016.”

(Die Los Angeles Times het in ’n ondersoek vasgestel dat die owerhede in 18 deelstate sedert 2000 altesaam $300 miljoen se kontrakte aan firmas toegeken het op grond van aansprake dat die eienaars lede van Indiaanse (Native American) stamme is, maar wat geblyk het vals aansprake te wees. Lees hier.)

Toe-eiening is ’n woord wat die bakhand-gevolg van hierdie benadering beskryf, en wat die bekende ekonoom Chris Hart sy werk gekos het. Hart het hom, en hy is steeds besig, om homself as filantroop te bewys. Interessant het Van Niekerk ook tevore dié woord ingespan, maar nie eens ’n skoot loskruit is daaroor afgevuur nie.

Voorbehoude is daar genoeg soos dat die prosesse op korrekte en eerlike feite gegrond moet wees. Die Groot Leuen, soos genoem deur die ad hoc-groep oor eiendomsbesit noem dat wit mense hul grond bekom het deur dit van swart mense te steel, help net om spanning in die opset te laat toeneem.

Verder moet die maatreëls wat ingestel word, nie die ekonomie verongeluk nie (versnel deur onbeteuelde korrupsie), en derdens kan institusionele rassisme nie ingespan word die werklike of gewaande rassisme van die verlede reg te stel nie. Die regering gaan nou hof toe (ironies teen die Menseregtekommissie en Solidariteit) om te ontsnap van die raswerende gevolge van in VN-gesanksioneerde internasionale verdrag wat Suid-Afrika tydens pres. Nelson Mandela se termyn geteken, en 20 jaar later geratifiseer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Alida ·

Dit gaan my verstand te bowe dat daar nou in 2019 so bohaai gemaak word oor rassisme. Vir n paar jaar na 94 was alles soort van normaal. CR moet ontslae raak van Lesufi want hy saai gif onder die skole. Stel tog mense aan wat objektief na alles kyk en vergeet van kleur. Kla die haatsprakers aan ignoreer hulle. Dankie Herman vir n insiggewende artikel.

John ·

Die opskrif op sy eie dui daarop dat geen salf te smee is aan ‘n siekte wat reeds die hele liggaam besmet het nie. Afrika probeer nou die Afrika in sy bloed toeskryf aan witmense se toedoen… klaar ‘n onoorbrugbare groot jok. Geskiedskrywers wys daarop dat, soos nou, Afrika selfs betaal om ander weivelde te soek; ook bewys met die woedende reaksie toe onwettige migrante huistoe moes keer. Afrika weier om die oorsaak en gevolg vanaf die beginpunt te bekyk omdat dit die waarheid ontbloot. Waarom is wapens sedert die oertyd steeds in gebruik?

Retha Basson ·

Rassisme is hier om te bly. Woensdag is ek besig om by PnP te parkeer. Die swart dame langs my het pas parkeer. Sy hammer aan my venster se se….You are bumping my car. Ek wys haar dat haar hele kar so gekrap is. Sy raak aggressief en dreig my. Sekuriteit wys uit dat ek haar nie gestamp het. Die volgende oomblik gryp sy my langhare en pluk dit. Ek laat waai met rassistiese woorde. Sy skree apartheid is verby. Sy sien ek is woedend en tree terug. Met my terugkeer is my diep rooi voordeur met n sleutel op en af bekrap. Diep slote is duidelik merkbaar.
Op die oomblik skeer ek almal onder dieselfde kam.

Trojaanse Donkie ·

Enige verdrag wat met die buiteland onderteken is,word kwalik erken deur die nuwe orde en ons verwysing daarna is blote inligting vir regdenkendes.

Jerry ·

Vir die ANC gaan dit nie oor restitusie vir die verkleining van die inkomstegaping tussen arm en ryk nie, dit gaan oor alles of niks. Dit is om die onreg teen swartmense met n onreg teen witmense reg te stel. Dit het alles te doen met geen onreg wat verdra word nie, met wraak! Alles moet gevat word deur die ANC vir die ANC. Die ANC gebruik alle middele tot die doel om die weg te baan vir verandering van ryk wit na arm wit en ANC arm swart na ANC ryk swart (nasionalisering). Wit ras en rassisme (onreg van die verlede) is n enkele, maar doeltreffende element van transformasie wat grondwetlike geloofwaardigheid (rede) verleen aan regstellende aksie (reverse discrimination) en is maar net een van talle middele (regverdiging) wat die ANC in sy arsenaal beskikbaar het om daarmee hoofsaaklik witmense, maar ook swart anti rewolusioneres se privaatfondse, pensioenfondse , grond, huise, motors en kos te teiken en te vat, voordat China n klomp geld sal bele waarmee die ANC die rand sal optel om die ekonomie te herstel vir die ANC! Die ANC gaan nie die rand optel en die ekonomie herstel met onteiening sonder vergoeding, privaat en pensioenfondse nie, daardie fondse gaan gevat word en gekanaliseer word na die sogenaamde “regmatige eienaars”, te wete die ANC bevrydingsorganisasie se elite en ANC kaderstrukture! Dit het met staatskaping gewerk om belastinggeld te vat, dit gaan werk om vir die “kamtige” herstel van staatskapingskade, belastinggeld/pensioen/privaatfondse te vat, dis Virseker!

Cherokee ·

Dankie Herman, vir ‘n goed geskrewe en nagevorste artikel. Die basiese werklikheid is egter erger en nie bloot tegnies maar daaglikse insidente. Wat is die toppunt van rassisme? My tuinjong weier om die Afrikanertjies nat te gooi.

Erika ·

Ek kan nie glo CR hou Lesufi in sy pos nie, want hy wil net mense verdeel. Lesufi verstaan hy nie dat kinders nie kleur raak sien nie…Lesufi, ek sien die EFF benodig mense vir opvoeding!!

Michael P ·

Willie ek sal jou antwoord.Al wat hy gebou het is n baie groot persoonlike bank rekening

Hanna Hoekom ·

Versoening vs vergelding. Groot verskil! GROOT verskil! Ek raak sommer naar as ek die woord “versoening” hoor. Stel glad nie meer belang nie, dankie! Afrika, met sy slagoffer-mentaliteit, is sy eie grootste vyand. Meng nou n minderwaardigheids kompleks by daardie resep in en blankes sal tot in der ewigheid as die oorsaak van hul ellende beskou word. Sekere volke bou. Sekere volke breek af. Feite.

Swannie ·

Uitstekende artikel Herman !!

Die grootste probleem volgens my is dat swart rasse ALTYD die “victim” sal bly, maak nie saak in watter land hulle woon nie.

Johann M van Heerden ·

Goed uiteengesit. Nugter en op die man af. Die vraag is net wat bereik ons? Ons kort drastiese optrede. Ras is met ons vir ewig. Selfs die grote VSA sukkel nog. Al wat sal werk is afstigting op grond van ras. Dit was die doel met afsonderlike ontwikkeling. Die doel was dus reg maar is deur swak amptenary en toepassing gekelder. Toe gee on ‘leiers’ net in en plaas ons op hierdie katastrofiese baan. Ons word ook nie eintlik gehelp as ons uit eie geledere deur leunstoel akademici aangeval en afgekraak word nie. Dit is tyd dat die Afrikaanse pers meer omsigtig kies as hulle ‘meningsvormers’ gebruik. Ons kry swaar genoeg en die meeste van ons werk hard om kop bo water te hou.

Marthinus Willemse ·

Die probleem tussen ons en Amerika, is dat hulle swartes, laas toe ek gekyk het, omtrent 9% van die bevolking was. Ons wittes is tans ongeveer 9%. Die buitewêreld verstaan dit nie, en sien net “wit oorheersing”.

`n Verdere probleem, wat baie mense aflag, is dat (veral Amerikaanse) nie-regeringsorganisasies soos Freedom House, National Endowment for Democracy, selfs USAID, geld en agitering inpomp in lande wat hulle voel “gedemokratiseer” moet word. Die NDE het byvoorbeeld `n regte gifappeltjie, Anne Applebaum, op die direksie. Hulle het een doel: Amerika is die “indispensible nation” (aldus Madelein Albright) en moet die heelal regeer; almal moet die knie buig en hulle diktat aanvaar.

lewies ·

Die uitlatings van Lesufi oor die bou van die nuwe opvoedkundige instellings is niks anders as ‘n berekende poging om die beeld van Solidariteit en sy lede af te kraak. Hierdie aanslag moet gestop word. As lid vra ek dringend dat die persepsies wat hy besig is om te versprei, gestop moet word. Om Solidariteit as ‘n verdelende faktor te beskryf is verregaande en ek dink dat hy gedagvaar moet word om sy bewerings in ‘n hof te gaan bewys. Die norm vandag onder somminge leiers in die ANC is om alles wat met die witman in SA te doen het as verdelend voor te hou. Ek is van oordeel dat Solidariteit genoeg bewyse het om Lesufi se ondeurdagte uitlatings van verdeeldende motiewe in ‘n hofsaak te toets. Hierdie uitlatings grens aan naamskending en teistering en daar is lede wat hierdie saak baie persoonlik opneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.