Nuuskommentaar: ‘Regstellende aksie’ in die kookpot

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, en Renate Barnard geen terugvoer oor die VN-verslag. Foto: Reint Dykema

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, en Renate Barnard geen terugvoer oor die VN-verslag. Foto: Reint Dykema

Terwyl die oë van die land grootliks gevestig is op die byna hansworsagtige politiek wat in en om die parlement bedryf word (en dit is ongelukkig baie belangrik), gebeur daar buite-om hierdie sfeer belangrike dinge. So tussenin het die Verenigde Nasies (VN) se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) die regering in ’n verslag gekap oor sy gebruik van ou apartheidsklassifikasies in die aanbieding van statistieke. Die Suid-Afrikaanse regering moet ook terugvoering aan die komitee gee oor wat die impak van regstellende aksie in Suid-Afrika is en of die regering voldoen aan die vereistes van die konvensie vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie. Maroela Media het ook hieroor verslag gedoen.

Dié kritiek word uitgespreek in ’n verslag van die CERD in reaksie op die regering se verslag wat in Augustus voor die komitee gedien het.

Solidariteit en AfriForum het ’n skaduverslag by die komitee ingedien waarin aangevoer is dat die staat se beleid van rassekwotas nie met die konvensie belyn is nie.

Die belangrike beginsels van die aanbeveling waaraan die regering getoets gaan word, is of bevoordeling geregverdig is, of dit ’n legitieme doel dien en of dit proporsioneel tot die bereiking van die doel is. Spesiale maatreëls moet ook op grond van behoefte geïmplementeer word en moet billik en tydelik van aard wees. Dit mag nie lei tot aparte regte vir aparte rassegroepe nie en dit mag nie lei tot ’n praktyk van apartheid nie.

Die wittebrood wat die regering internasionaal geniet het, is klaarblyklik iets van die verlede. Boonop sal Solidariteit ook ten volle deelneem aan die proses van konsultasie wat die regering van stapel behoort te stuur om op die CERD-vrae te antwoord. As die regering volhou om fiksie te probeer aanbied, sal daar van Solidariteit gehoor word.

Dit sal verskoon moet word as die waarnemer die indruk kry dat die Suid-Afrikaanse regering heel dikwels in ’n posisie verkeer waar dit lyk of die linkerhand nie weet wat die regterhand doen nie. Een so ’n voorbeeld is die onlangse ratifikasie van ’n verdrag 20 jaar nadat dit onderteken is. Dié verdrag, die internasionale konvensie oor burgerlike, maatskaplike en kulturele regte (ICESCR), bepaal onder meer dat daar ’n sonsondergangklousule met regstellende aksie moet wees, dit verbied die toepassing van nasionale kwotas en dit erken die reg om te werk.

Op die oog af lyk dit of die Suid-Afrikaanse regering sy standpunte, wat nou so by CERD deurloop, gaan stel het sonder om ag te slaan op die ratifisering van ICESCR.

Ingevolge artikel 231 van die Grondwet word internasionale verdrae wat Suid-Afrika onderteken het deel van die Suid-Afrikaanse reg, en is bindend. Daar is nog verskeie gevalle waar nie-bindende internasionale reg wel in die uitleg van Suid-Afrikaanse reg gebruik kan word.

Om ná 20 jaar ’n verdrag te ratifiseer beteken dus nie dat dit saam met ander verslae en witskrifte op ’n rak kan staan en stof vergaar nie.

Daar kan verwag word dat die Suid-Afrikaanse regering voortaan veel meer dikwels onder druk geplaas sal word om te hou by sy eie besluite, en dat die terugsmokkel van apartheid nie deel van die spel sal wees nie.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

apie ·

Welgedaan Solidariteit/Afriforum. Hou julle duime styf op hulle.

JC ·

Solidariteit en Afroforum hou die druk op asseblief!!
Dankie vir julle werk! Die SA regering SAL weldra afsien van die onregverdighede wat hul pleeg!! HUL IS NOU GEBIND!! EK wonder of hul weet wat dit beteken het toe hulle die ICESCR geratifiseer het: (nadat hul dit vroeer jare onderteken het en dus ‘n ondertekenaar daarvan is) Dit beteken hul sal nou die ICESCR moet inkorporeer in SA munisipale reg, maar die huidige SEB en Wet op billike Indiensname en die toepassing daarvan strook nie met die ICESCR nie. Verder bepaal die Grondwet internasionale reg (die ICESCR) MOET inaggnemeem word!! Wat ‘n tameletjie, hulle het hulself nou VASGETEKEN, waarskynlik omdat hulle a.g.v. die invloed van Solidariteit en Afriforum onder druk van die VN is!!
Geluk Afriforum/Solidariteit!! JULLE IS BEFONK!!!!!! JULLE IS TE SLIM!!!!!

Theuns ·

Dankie vir jou perspektiewe Herman. Die VN verslag is voorwaar goeie nuus maar daar gaan nog baie water in die see loop voordat ons ‘n sonsondergang op regstellende optrede kry en as ek die verslag reg verstaan is 2020 se sper datum nie die einde van die saak nie? Maar ons moet met Solidariteit se hulp maar die wereld moeilik maak vir die Regering. Behalwe, moontlik vir die VF+ sal ons geen hulp van politieke partye kry om swart bemagtiging (BEE) te beindig nie! Veral nie van die DA nie en daarvoor sal hulle koalisie vennote sorg asook hul soeke na swart stemme. Ek het ook ‘n gevoel dat die DA net die WIT stem gaan gebruik (Political Expediency) totdat hulle genoeg swart stemme het om die ANC ore aan te sit by die stembus! Daarna sal diskriminasie, miskien meer subtiel, voorgesit word. Groete.

Koos1 ·

Of die ANC regering besluit hulle hou nie van die druk nie en onttrek van die VN, net soos gedoen is met die Internasionale Straf hof, oor daai president van Sudan.

Hennie Theart ·

Hierdie voorspel niks goed vir Suid Afrika se sport beleid (kom Fikile – antwword) of die BBEEE nie. Ek glo ook die indiensneming beleid sal ook onder die loep geplaas word….MAAR…. ons moet Zuma en vernote mooi dophou. Hulle sal probeer om te wil kop uit trek. Dankie Dirk en almal wat so hard gewerk het. Die wiel draai stadig, maar draai draai hy, en die regering en Zuma spesifiek sal sy sit en opstaan moet ken. Gee gas!!!

Tiaan ·

Dankie Maroela, as mens dit nie hier lees nie sal mens nie daarvan weet nie, die engelse nuusbronne laat weet niks hiervan nie.

Ou Erdvark ·

Beste Herman Toerien,

BAIE DANKIE vir al jou insette met al die artikels wat jy in Maroela Media publiseer.

Op die end van die dag is die pen van eerlikheid en geregtigheid magtiger as die swaard van gierigheid en ongeregtigheid.

Dankie ook aan Maroele Media vir die publikasie van Herman Toerien se insette.

Liza ·

Ek werk vir ‘n groot internationale maatskappy wat tans bitter min blanke werkers oor het, veral in die Noorde… Die handjie vol blankes wat oor is word onder geweldige druk geplaas…. al ons bestuurders is swart…. soggens sit ons en werk en hulle dans en eet…. dit is amper onuithoubaar…. jy word elke dag beproef…. dit is nie almal nie, maar hulle word ook beinvloed om mee te doen…. ek wens ek kon pad gee maar as enkelouer het ek nie ‘n keuse nie, vasbyt en aangaan… dankie Solidariteit dat julle vir ons almal se regte baklei…

JC ·

Sjoe, Liza, dit is erg!
Wat van die Kaap? Los die Noorde, maak die Kaap weer Hollands hehe!
Op ‘n ernstige noot, sterkte!!

lettie ·

Ek stem dat regstellende aksie n sonsondergang moet he. Welgedaan, bou so voort. Die muur is besig om teverkrummel rondom die ANC en sy maters en dit is net as gevolgvan volgehoue deursettingdvermoe om hul praktyke aan die lig te bring.

Ada ·

Knap gedaan Solidariteit1
Ek is so trots pm ‘n lid van julle te wees!

John ·

Ons dog Renate Barnard het haar saak gewen of werk sy nou vir Solidaiteit?

Andre ·

Uitstekend gedoen! Ek vermoed egter die anc gaan hulle nie veel hieraan steur nie.

Maria van Dieweeck ·

In mal Max se koerant berig die anc dat Solidariteit nonsens praat oor die VN-kommitee.

Petro ·

Baie Dankie Herman vir al jou insiggewende en interessante in artikels en Solidariteit vir wat jul doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.