Nuuskommentaar: Renate en Menseregtedag

Lt.kol. Renate Barnard en Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, op 20 Maart 2014 in die hof. Foto: Reint Dykema, Solidariteit

Lt.kol. Renate Barnard en Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, op 20 Maart 2014 in die hof. Foto: Reint Dykema, Solidariteit

Daar is heelwat meer as ‘n tikkie pikantheid daarin opgesluit dat Renate Barnard se saak die dag voor die land se viering van Menseregtedag sou geskied.

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte dui sekere aspekte egter aan as leemtes in die regering se algemene toepassing van menseregte: “However, even though it is a functioning multi-party democracy, the growing failure within South Africa to fully appreciate and adhere to all of the aforementioned constitutional values – especially those of accountability, responsiveness and openness, but also non-racialism and non-sexism – is having a direct impact on the realisation of human rights and freedoms. These fundamental rights – as with constitutional values – are interrelated, interdependent and indivisible, meaning that the failure to adhere to one will affect realisation of other rights.”

Dit som die dilemma van die Renate-saak eintlik baie goed op. Dit handel in beginsel nie oor die individu, Renate Barnard nie, maar almal wat hulle weens hul geslag of velkleur in ‘n soortgelyke posisie bevind. Dit gaan oor uiters belangrike regspraak wat ‘n enorme presedent moet skep wat die regering se wetgewende program in die bek kan ruk.

Maar die nege jaar lange spanning is hoofsaaklik deur Renate self gedra soos die saak deur die een hof na die ander gevorder het. Dit kort ‘n besondere persoon om so ‘n belading oor ‘n beginselsaak te kan dra. Die uitgerektheid hiervan staan reeds self as ‘n aanklag teen die toepassing van menseregte.

In ‘n appèlhofsaak (die bekende Modderklipsaak) het die regters juis die staat oor die vingers getik dat dit die belastingbetalers se fondse benut om die howe te misbruik om die ander party deur die uitgerektheid en koste, eerder as die beginsel van natuurlike geregtigheid,om die ander party tot oorgawe te dwing. In die Renate-saak is enorm baie op die spel, en is dit eintlik onafwendbaar dat die saak voor die grondwetlike hof sal dien.

En daarvoor was dit nodig dat ‘n vrou na vore moes tree wat bereid sou wees, om by wyse van spreke, kaalvoet die Drakensberge oor te steek.

Uit die reaksies in die sosiale media is dit gelukkig duidelik dat Renate, afgesien van ‘n vasbeslote vakbond, ook ‘n groot aanhang het van mense wat haar met bemoedigende woorde en gebede help dra. Renate is ook erkentlik in haar dank hiervoor.

Nou is die afwagting groot, want die finale slag is gelewer, en word gewag vir die regters om die uitspraak af te handel en te lewer.

Die Grondwetlike Hof hét al teleurgestel, soos onder meer in sy uitspraak oor minerale regte. Tog het die hof oor die algemeen beïndruk met die wyse waarop dit soms baie innoverend was in uitsprake om behoorlike geregtigheid te laat geskied.

Sou die teerling nou verkeerd gewerp word, het dit ‘n kettingreaksie op ander grondwetlike regte tot gevolg omdat – soos die Sentrum vir Grondwetlike Regte dit uitwys – daar ‘n onderlinge verwantskap en onderlinge afhanklikheid met al die menseregte is.

Dit is uiters belangrike uitspraak wat wag wat oor ‘n breë spektrum die land se sinchronisasie met grondwetlike waardes en die internasionale reg gaan bepaal.

Na nege jaar verdien Renate dat hierdie belading van haar skouers afkom. Dan sal dit net billik wees dat Solidariteit die nodige ondersteuning kry om soos ‘n wakker waghond te kan waak teen nuwe pogings van die regering om die waardes waartoe in die Nasionale Vredesakkoord ooreengekom is, in die tande te skop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fanie van Heerden ·

Die Grondwetlike Hof hét al teleurgestel, soos onder meer in sy uitspraak oor minerale regte toe dit blatante diefstal gewettig het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.