Nuuskommentaar: Respek moet verdien word – of dit nou Zuma, De Lille of Malema is

EFF-betoging by H&M (13 Januarie 2018) Foto: @mtshwaku (EFF Wes-Kaap), Twitter

Wat is die grootste nuus uit Suid-Afrika? Die komkommertyd is duidelik verby, en daar moet nou diep gedelf word om te bepaal watter onderwerp die meeste verdien om in ’n nuuskommentaar onder die loep geneem te word.

Mnr. Cyril Ramaphosa, president van die ANC en adjunk-president van die land, sê pres. Jacob Zuma mag op geen manier verneder word as daar van hom ontslae geraak word nie. Intussen maak hy uitsprake wat regstreeks in teenstelling staan met dit waarmee Zuma die meeste geassosieer word – korrupsie en staatskaping.

Die DA se taai toffie met die DA-burgemeester van Kaapstad begin al taaier word namate die saak uitgerek raak, terwyl die stad met sy waternood by wyse van spreke brand.

Verskeie bekende oorsese sportlui en ’n kunstenaar se name word genoem in ’n berig wat handel oor die amok en stropery van die EFF in winkels van H&M-winkels. Die meeste skort bande met die groep op. H&M hou vol dat daar geen rassistiese bedoeling in die advertensie-T-hemp was nie, en het die advertensie met ’n verskoning onttrek. Vir die EFF is dit nie genoeg nie, en dit begin al meer lyk of die EFF nou self meer rassisties optree as wat H&M onbedoeld gedoen het.

Hoewel Suid-Afrika nie uitgesonder word nie, is die land stellig ingesluit by pres. Donald Trump se beweerde verwysing na Afrikalande, Haïti en Jamaika as “sh*&hole countries”. Baie Suid-Afrikaners voel egter dit is ’n akkurate beskrywing van die Suid-Afrika wat Zuma geskep het, en vind die ANC se verontwaardiging pikant.

Maar wat is Suid-Afrika se werklike groot nuus, veral as die voortslepende saak van Life Esidimeni, die toekoms van Afrikaanse skole waaroor vandag ’n belangrike hofuitspraak kom en die verwikkelinge tussen Noord- en Suid-Korea in ag geneem word?

Patricia de Lille (Augustus 2016) (Foto: ANA)

Hoe die Zuma- en De Lille-kwessies hanteer word, gaan ’n belangrike invloed op die 2019 algemene verkiesing hê. Beide die ANC en die DA kom nou te staan voor ononderhandelbare situasies dat die skalpel nou diep sal moet sny om die partye se geloofwaardigheid te behou. Beide Zuma en De Lille het egter ook groot steun en op die kort termyn gaan beide partye bloei.

Om onder die mat in te vee, is nie ’n opsie nie.

Boonop is dit vir die DA en sy alliansievennote belangrik dat Kaapstad, as vlagskip, soos ’n goed geoliede masjien moet bly werk, en al beter begin werk. Dit vereis die allerbeste praktyk van deelnemende bestuur, kundigheid en samewerking, nie ’n burgemeester wat na bewering in kru taal op burgemeesterskomiteelede gil en hulle voor hul kollegas verneder nie. Dit het, na berig word, verhoudinge in die burgemeesterskomitee onherroeplik laat verbrokkel.

Bewerings oor korrupsie in die raad, met of sonder De Lille se inmenging, moet deeglik uitgeklaar word en indien die gerugte waar is, mag vervolging nie uitbly nie.

Die waterkrisis verg baie spesiale aandag, maar tog moes die verantwoordelike burgemeesterskomiteelid, Anthea Lindburg, steeds na ’n groot, moeilike en diverse portefeulje bly omsien. Kommunikasie oor hoe met wateraansuiweringsprojekte gevorder word, was nie altyd sinvol nie, en verskeie projekte is onvermeld op die lange baan geskuif.

Volgens die Vlaamse rubriekskrywer en analis, Filip Joos, het H&M bloot verby die ras-kwessie gekyk. Hiermee het hy op ’n belangrike aspek getrap. ’n Opposisie-raadslid in ’n munisipaliteit het so “kleurblind” geword dat hy in ’n raadsvergadering met presies dieselfde bedoeling as wat hy soms na wit raadslede verwys (sonder reperkussies) ’n swart raadslid ’n bobbejaan genoem het. Die vet was in die vuur.

Volgens die huidige doktrine van swart bewussyn in die VSA, wat ook na sekere kringe in Suid-Afrika oorgewaai het, is “kleurblindheid” en selfs ’n huwelik oor die kleurgrens geen maatstaf vir nie-rassigheid nie. Dit moet eers met restitusie en boetedoening voorafgegaan word. Dus kan H&M se “kleurblindheid” en die aanname dat die kind in die advertensie toevallig swart is, ongeag bedoeling, nie verskoon word nie, en is barbaarse optrede heeltemal in die haak.

Die onewehandigheid van die Menseregtekommissie en die regering oor rassehaat roer ook die pot in Suid-Afrika.

Intussen sal dit politici loon om te besef respek is iets wat verdien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Van ·

Kry vir Jules…….hou so aan………….julle dink mos julle kan maak en breek soos julle lus het in die land! Kom ons kyk wat maak julle gedrag vir die ekonomie in die land!

Ouma ·

Ek ken nie die ander gesigte van die DA lede nie, behalwe De Lille, Zille en Musi Maimane . So hoe kan mens vir vreemdelinge stem? Hierdie drie was die rede waarom ek vir DA sou stem.

Hendrik ·

Ek voel om te stem is ‘n groot verantwoordelikheid en jy jouself moet vergewis van die party se beleid. Jy sal vebaas wees hoe ver so party weg is van jou eie waardes.

Ja wohl ·

Ek kan maar net lag – so het die EFF nou toe weer bewys wie hulle werklik is. Vandale wat onskuldige mense se winkels vernietig omdat daar ‘n MA in SWEDE was wat haar swart seuntjie toegelaat het (en betaal is daarvoor) vir ‘n advertensie in ‘n sweater wat niemand aanstoot gegee het behalwe die EFF nie. SWEDE kan ook sommer nou sien watter wonderlike mense hulle al die jare ondersteun het en dalk nogsteeds finansieel ondersteun.

T. van Schalkwyk ·

Wonder hoe voel die swart seuntjie oor die belaglike H&M-bohaai?
Sy ma, wat blykbaar geen probleem met die keuse van kledingstuk gesien het nie, moet nou heel waarskynlik keer vir die vale dat haar kind nie besef dat hy eintlik veronderstel is om minderwaardig te voel nie.
Geheel en al gekke mensdom.

Hendrik ·

Ek wonder of ek vir my seuntjie so een kan koop? Is daar ‘n afrikaanse weesgawe : “Oulikste apie in die oerwoud”

christa ·

respek word geensins verdien nie. Dit gaan gepaard met opvoeding. As jy reg opgevoed is, respekteer jy die ander persoon, wat ook al gebeur. Jy hou jou paadjie skoon en vergeet ander se paadjie. Wat het geword van die Woord wat se die oordeel kom Hom alleen toe. Ek weet dit is moeilik, maar did soos dit is

·

As n outjie nou langs die pad staan en n piesang eet gaan hulle nou die piesang plaas ook plunder en boikot

Ella ·

Whahaha ja…hulle gaan een van die dae in die hoogste hof aankondig niemand mag meer piesangs eet nie

Petro Cloete ·

Nou gaan dié wat die plakkaat vashou ook aangekla word vir rassisme teen hulleself? Of mag hulle maar en ander nie.

Daan ·

Heeltemal korrek respek moet verdien word dit geld natuurlik vir die media ook en op hierdie stadium is daar maar min respek vir hulle oor die waarheid wat of gebuig en verdraai word om of polities korrektheid of vir sensasie soekery.

Cornelius du Rand ·

Ek is so bly die liberale internasionale nasies wat Suid Afrika so gekruisig het ervaar nou die waarheid. Niks goed het nog ooit uit Afrika gekom nie en niks goed sal ook nie. Daarom is daar weining indien enige strukture in Afrika lande wat oud en steeds staande is. Ongelukkig sink ons almal saam met hierdie chaos. Die “verbruikers ” in Afrika verbuik alles op tot daar niks oor is nie. Dit terwyl hulle al die geleenthede kry om hulle eie welvaard te skep.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.