Nuuskommentaar: Roelf: ‘SA nie mislukte staat’

Argieffoto

Argieffoto

“Ons moet leer om die ondenkbare te dink.” So het die intellektuele reus, Herman Kahn, opgemerk toe die Sowjet-Unie as kernmag ’n bedreiging geword het. Op ’n ligter trant, ‘n Britse ouma wat in November 100 word, het ʼn brief, geboortedatum en al, van ’n hospitaal gekry om by voorgeboorteklasse aan te sluit omdat sy swanger is. Dit herinner nogal aan die tyd toe die SAUK volhard het om lank reeds gestorwenes tot in die graf te jag vir “uitstaande lisensiegeld.” Seker vir die uitreik van spooklisensies.

Vandag berig Volksblad weer oor die chaos waarin welsyn in die Vrystaat gedompel is, met verskeie instansies wat nie hul subsidies ontvang het nie, wat selfs daartoe kan lei dat ’n kinderhuis moet sluit. Dit volg kort na ’n groot welsynsinstelling (alweer) hof toe moes gaan om hul subsidies te kry nadat die departement ’n kombers van geheimhouding oor die aangeleentheid getrek het. Die jongste chaos word aan administratiewe onbevoegdheid toegeskryf. Van die eens modelrepubliek is nou net ’n Magashulestan oor.

Nie ’n mislukte staat nie, soos die regering se hoofonderhandelaar by Kodesa, Roelf Meyer, sê?

Miskien nog nie heeltemal nie, maar dat die land besig is om ’n mislukkende staat te word, kan nie so maklik van die tafel afgevee word nie. Die internasionale indekse en aanwysers vertel immers byna voor die voet ’n verhaal van kreeftegang.

Hoe dikvellig moet iemand wees om nie die jaarlikse slagting van munisipaliteite deur die ouditeur-generaal as tekenend van ’n mislukte staat te beskou nie? In watter suksesvolle land is kaderontplooiing die amptelike beleid, gerugsteun deur ’n rasgemotiveerde bril?

Dit is stellig ’n harde oordeel om ’n land as ’n reeds mislukte staat te beskryf as dokters daagliks in hospitale, veral privaat hospitale, operasies uitvoer wat met die beste ter wêreld vergelyk. As die landbou, ten spyte van al die politieke en ideologiese druk en dwarsboming, te midde van marginale toestande en droogtes, steeds kos produseer.

Roelf erken wel dat dinge nou nie meer so klopdisselboom verloop nie, maar skryf dit hoofsaaklik aan die Zuma-faktor toe. En dié is veronderstel om binne enkele jare iets van die verlede te wees. Max du Preez stel selfs voor dat Suid-Afrika anderkant die Zuma-era verby moet kyk en begin dink aan hoe die land heropgebou kan word.

Dat Zuma ’n roeseffek op die land het, is ongetwyfeld so. Dat Zuma noodwendig binnekort ’n verbygaande faktor gaan wees, is – en dink aan die ondenkbare – nie noodwendig so nie. Die apparatuur is immers geskep dat die land, parlement inkluis, vanuit Luthuli-huis regeer word. Wat as Zuma nie as ANC-president uittree nie? Of hy doen dit wel, maar sorg eers dat sy eie kornuite in bevel is van ’n naatlose voortsetting van Zumafikasie?

Dit is egter nie net by die identifikasie van probleme op probleme wat ’n mens se gedagtes oop moet wees om die ondenkbare te dink nie. Ook met die soek van oplossings is daar ’n nodigheid om te kan improviseer en die ondenkbare te bedink.

Hou net in gedagte dat die Zuma-administrasie nie net dinge bedink het nie, maar dit uitgevoer het. Daar staan Nkandla byvoorbeeld, om maar net een voorbeeld te noem.

Die proses van heropbou behels ook dat nie net planne gemaak moet word nie, maar dat gebou moet word. Daar staan die geboue van Akademia se kampus, om maar een voorbeeld te noem. ’n Stellenbosse filosoof se doemprofesië hieroor het tot dusver nog elke keer in die stof gebyt – omdat iemand bereid is om die ondenkbare te dink én iets daaraan te doen.

Ag ja, daar is ’n koortjie wat weer hard probeer om “politieke korrektheid” tot die aanvaarde norm van denke en uitsprake te verhef en die dink aan die ondenkbare oplossings te smoor. Mag die golf van vernuwende denke en doen, hulle oorweldig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Frederick J Smith ·

Herman Toerien slaan weereens die spyker op die kop. Herstel van die land, en hoe gou dit gaan gebeur, hang suiwer daarvan af hoe gou Zuma van die toneel af verdwyn. Hy is stewig ingegrawe….sy ex vrou in beheer van die AU, sy dogter basies in beheer van parlementêre administrasie, sy boesemvriende/ kaders in al die belangrike staatsposte, sy historiese bande met ander Afrikaleiers, en so kan ons die lys langer aanvul. Sy mildelike finansiële beleid met sy kaders maak hul blind vir sy ” foute” , en sal hulle hom nie sommer ” herroep” of vervang nie, in elk geval nie baie spoedig nie.
Veseker is die mees ongeletterde, derde hoogste betaalde president in die wêreld, stewig ingegrawe en is die moontlikheid daar dat hy nog vir vele jare sy beleid van landsverwoesting gaan voortsit.
Hopelik kan al die opposiepartye, mits hulle gaan volhard, en saamwerk, die man en sy kliek uit die politieke arena uit kry.
Kan ons werklik verdere agteruitgang oorleef ? Voorspellers beweer reeds dat die land kraggewys, op n totale ineenstorting afstuur, en dit kan enige dag gebeur volgens die kenners.
Hoe lank voor die gordyn finaal oor ons pragtige vaderland sak, is aanhou bid en hoop en glo ons enigste uitweg, ons enigste borg vir oorlewing?
Gelukkig het ons nog n anker in Afriforum en Solidariteit met die suksesse wat hulle teen die regering in die howe behaal…alhoewel dit met astronomiese kostes gepaard gaan….
Ek glo dat dit vorentoe net beter kan gaan, sonder Zuma natuurlik, maar dat harde werk voorlê ter opbouing van ons vernielde land.

chris ·

Die oposiesie sal geen haar afmaak nie.Die anc en eff het reeds 2/3 meerderheid dws as ons gaan beweeg gaan dit meer links wees.Die da sal ook meer links beweeg want die tyd vir nie rasgedrewe politiek is vir hulle reeds lank verby en nou ook in hul leierskap.As Zuma gaan, gaan daar ook nie werklik veranderings kom nie(ek dink egter hy gaan in die saal bly sit alla Robert).

Wat ou Roelfie betref wie glo nou regtig ‘n rugraatlose yellievis?

Ons behoud le in organisasies en nie in die politiek nie.Die 67% plus wat vir die eff en anc stem sal so bly stem.Die da wat nog ‘n “groot party” is het ook maar die anc beleid en sal dat op die beste net beter toepas.

Wynand van Zyl ·

Meyer sal nie ‘n mislukking ken al byt dit hom op sy boud nie! Hy het helaas nog nie eers agtergekom sy onderhandelings was ‘ n totale mislukking nie!
Fooitog!

Rudolf Peens ·

Lees die boek van RW Johnson .Asjy nie weet hy is n ou liberalis nie,sou jy sweer dis deur n aweregse geskryf wat deur’ konspirisie’ teorie deurdrenk is.Zuma se vertrek sal geen verskil maak nie;die hele stelsel is VROT en daar is geen hoop op verbetering nie.Ons moes ge organiseerd gewees het as die ineenstorting kom,maar helaas….

Rudolf Peens ·

Lees ook Allister Sparks se jongste en “the roosters…..’

Bruno Stef ·

Die spreukwoord se ( Wie se brood ek eet wie se woord ek spreek) Daar is n hele paar rugkrappers van die gewese NP wat AGV die Mag/ Geldelike oorwegings en misplaasde Selfverheerliking glo dat hulle mense van aansien is.Meyer as Buffalo Bill so goed daar uitsien finansieel is jy as mede onderhandelaar seker nie ver agter nie jou gehoorsame ou kader.

Stefaans ·

Wonder op watter planeet ou Roelfie hom bevind – dit moet baie donker wees, want hy sien steeds nie die lig nie.

Henry ·

Inderdaad Herman.
Laat ons eerder bou aan die Akademia’s en vergeet van die bewese mislukkings van ‘n mislukte regime.
‘n Korrupte regering wat op die maat van ou marxistiese fossiele dans, wat uitgediende wysies op hul eensnaar kitaar tokkel…
Foeitog ja. En dan is daar ook die temery van pierewaaiers soos Meyer, Wessels, Du Preez en genote wat steeds hul stokou perdeprodukte as vye wil smous.

Dirk ·

Beter gaan na Zuma? Met die SAKP wat besig is om sy greep te verstewig op alle aspekte van die samelewing is daar geen kans dat dit sal beter gaan nie.

Madela, Mbeki en Zuma is maar instrumenteel tot dit wat nog voorle. Die strategie is een van kondisionering. Soos dit agteruit gaan so pas ons daarby aan en word dit ‘n gewoonte. Die opvolgende gesag sal dit net verder neem totdat ‘nm staduim bereik is dat die kapitalis vernietig is. of dit ‘n slegte ding is is ‘n debat op sy eie.

Die punt is dit: Enige een wat dink dit sal na Zuma beter gaan droom. Dit sal nooit weer verbeter nie. Ek sien elders wil die TVLU nou ‘n streep trek om aan te dui genoeg is genoeg. Hulle se egter nie wat gedoen gaan word as die streep oorgesteek word nie.

Voorat dit ooit sal verbeter moet ‘n duidelik streep met duidelike gevolge getrek word. Daar sal beslis uitvoering aan die gevolge gegee moet word voordat enige een sal begin luister en reageer. Wat die teen reaksie sal wees is reeds duidelik. Chaos na die en of ander kant is aan ie kom. Enige persoon wat anders daaroor voel leef in ‘nm droom wereld.

Winston ·

Dirk. Puik gestel. En stem volmondig saam en ons sal vir seker nou moet begin om te wys waar die streep is. Die weerhouding van produkte vir een maand, vleis en ander, sal n skokgolf deurgee aan diesulkes wat dink alles gaan goed. Wit en swart. Dalk sien ou Roelfie dan wie laat gaan dinge nog “goed”. Dis bog. Die land vrot net dieper in sy kern in.

Winston ·

Dirk. Puik gestel. En stem volmondig saam en ons sal vir seker nou moet begin om te wys waar die streep is. Die weerhouding van produkte vir een maand, vleis en ander, sal n skokgolf deurgee aan diesulkes wat dink alles gaan goed. Wit en swart. Dalk sien ou Roelfie dan wie laat gaan dinge nog “goed”. Dis bog. Die land vrot net dieper in sy kern in.

Hendrik van Niekerk ·

Dirk ek stem saam. Ek voel ons moet ook na die volgende stap gaan waar ons byvoorbeeld ons erfbelastinggeld weerhou om metros soos Tshwane in die bek te ruk oor naamsverandering, dienste,…. Tyd vir aksie.

Tommie ·

PW Botha was reg, die rooi gevaar is nou op ons. Word wakker, liberaliste!

Chris ·

Die Bybel leer soos volg : die hart van die dwaas neig na links en die hart van die wyse neig na regs.
Het ons nie met ‘n spul dwase te doen nie ?? Daar is niemand so blind soos die wat nie wil sien nie.
Ongelukkig is hulle in die meerderheid.

neelsie ·

Roelf Meyer en kie laat my sprakeloos!!
Hoe naief kan een mens wees?
Dalk die binding van die sangoma.

bismarck ·

Goeie skryfsel Herman.
Om te te teem en te ween oor al die mislukkings is so maklik as om uit ‘n boom te val.
Dit is veel sinvoller om op die herstel van ons vernielde land te konsentreer.

Johannes Meintjes ·

Vasstaan, wakkerstaan, saamstaan, raakvat, vasvat en vorentoe, beslis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.