Nuuskommentaar: RSG se ‘Kommentaar’ dalk gesink: Wat van doen dit self?

RSG_kommentaarTerwyl die valbyl skynbaar as deel van die SAUK se sensuurbeleid oor RSG se gewilde program Kommentaar hang, maak moderne tegnologie dit moontlik om ’n plaasvervangende, en selfs verbeterde program, deur alternatiewe media na luisteraars landwyd te bring. Is dit nie wat Afrikaanssprekendes verdien nie – ’n aktualiteitsprogram wat sonder vrees politiek onverbonde kan wees?

Die laaste (verhitte) woord oor die aankondiging dat RSG van sy gewilde program, Kommentaar, ontslae gaan raak maak opslae. Dit volg kort nadat die uitsaaier aangekondig het dat SAfm se program The Editors in die slag bly.

Met die skrywe hiervan bestaan daar nog onsekerheid oor presies wat aangaan, aangesien die rolspelers self glad nie geken is nie. Alles berus op die woord van die SAUK se woordvoerder, Kaizer Kganyago.

Een van die gereelde paneellede, Max du Preez, het by geleentheid op die program gesê dat Kommentaar soos ’n eiland van onafhanklikheid in die SAUK-see is. Daar is inderdaad gereeld erge kritiek op die ANC en regering op die program uitgespreek, soos ook met The Editors die geval was.

Teen dié agtergrond, die komende verkiesing waarin die ANC volgens peilings plek-plek gaan noustrop trek, en die openlike sensuur wat die SAUK-baas, Hlaudi Motsoeneng, implementeer, klink die SAUK se “rede” dat die programme nou al lank loop en met nuwes vervang word na blatante oëverblindery.

In die verset teen die sluiting van die program word onder meer aangevoer dat die SAUK volgens lisensievoorwaardes verplig word om Sondae ’n uurlange aktualiteitsprogram aan te bied.

Kommentaar het sowat 20 jaar gelede feitlike kultusstatus begin ontwikkel met Niekie van den Berg as aanbieder, en Theo Venter en Harald Pakendorf as min of meer vaste paneellede. ’n Gemoedelike styl wat vaagweg aan die eertydse Mielieblaarklub herinner het, het ontwikkel.

Nadat Niekie weg is politiek toe het verskeie opvolgers hard probeer om die sukses voort te sit. Daar is onder meer moeite gedoen om ook ander paneellede te betrek, en ’n effe wyer politieke spektrum te ondervang (hoewel volgens kritici eerder binne ’n vae politieke korrekte idioom en dus na links).

Selfs die uwe was ’n ruk lank ’n gereelde paneellid. Van die nuut-beproefde paneellede was hoogs radiomatig, ander glad nie. In die proses is egter ook juwele van kennis raakgeboor wat ook as paneellede oorleef het, soos prof. Erwin Schwella.

Enkeles het op die lug skande gemaak deur duidelik nie voor te berei, selfs vir onderwerpe waarvoor hulle spesiaal betrek is nie, en het ’n klomp bollie kwytgeraak.

Met elke nuwe aanbieder moes die luisteraars eers weer by die nuwe aanslag en selfs idioom aanpas.

Die hele tyd het baie luisteraars egter bly wonder wanneer die SAUK hierdie “eiland” gaan laat sink.

En al oorleef die program nou, gaan dit nou die toekoms met ’n hangende valbyl bo die kop in, en dan is dit geen ware aktualiteitsprogram meer nie.

Moet Afrikaanssprekendes dit net so gelate aanvaar?

Die onlangse ontstaan van Afrikaans.com toon dat Afrikaanssprekendes oor ’n wye spektrum sinvol kan saamwerk.

Bestaan die tegnologie om so ’n soort program op ’n alternatiewe wyse na luisteraars landwyd te bring? Daar is immers landwyd Afrikaanse gemeenskapsradiostasies, en baie van hulle deel reeds programme, soos radiovervolgverhale wat deur Maroela Media beskikbaar gestel word. Nuusbulletins deur agentskappe wat volledige nuusbulletins voorsien, is ook algemeen.

Onlangs is berig dat Niekie van den Berg aangestel is as anker by ’n Kaapse radiostasie. Volgens die beplanning sou hy die uitsendings behartig vanuit ’n ateljee wat hy by sy huis in Gauteng ingerig het. Die tegnologie bestaan dus reeds.

Sommige gemeenskapsradiostasies het reeds soortgelyke programme as Kommentaar. Van die gereelde deelnemers, soos Jaco Kleynhans, het hulle reeds as goud werd bewys, en buite die “normale” politieke idioom van RSG se Kommentaar.

Trouens, deur die net uit te gooi om nuwe en bestaande talent as paneellede te identifiseer kan die kwaliteit van Kommentaar se paneel aansienlik verhoog word.

Wat nou nodig is, is om hulpbronne te snoer en ’n  pad te vind deur die oerwoud van wetlike voorskrifte wat vir gemeenskapstasies geld. Die tegnologie bied oneindig baie moontlikhede. Waar gemeenskapsradiostasies dalk nie wil saamwerk nie, en so onbediende kolle laat, kan onder meer die internet ingespan word en mense die program selfs op hul selfone volg.

Gemeenskapsradiostasies sal waarskynlik ook makliker advertensies vir die gleuwe kry, omdat plaaslike adverteerders steeds net hul eie omgewings kan teiken, gerugsteun deur ’n potensieel baie gewilde program.

Daar kan selfs probeer word om ’n nuwe resep te vind – daar is immers talle voorbeelde wat met vrug ontleed kan word, soos die einste Mielieblaarklub wat naas, en nie in die plek van Kommentaar nie, kan herleef. En wie van die ouer geslag sal die legendariese AM van Schoor se Rekenskap ooit vergeet?

Aanpassings is nodig. Terwyl dit lekker is om wandelende ensiklopedieë in die ateljee te hê wat hul ongelooflike kennis radiomatig oordra, sal ’n jonger generasie toetree wat met skootrekenaars of tablette in die ateljee sit en feite teen die spoed van witlig uit die kuberruim optower. Trouens, dit gebeur reeds gereeld op ’n program soos Sterre en planete (waar die deelnemers van oor die wêreld heen per Skype saamgesels).

Iewers is ’n goue resep wat gebruik en suksesvol na luisteraars oor die land heen gebring kan word.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Henk Celliers ·

Watter afrikaner luister nog RSG of SABC? Neewat, maroela media moet nog net vir ons n alternatief kry vir Kyknet,die anc onderrok hang darem baie vêr uit!

Penellope Jones ·

Heelwat Afrikaanssprekendes luister RSG. Hope interessante programme word aangebied, iets vir elkeen se smaak. Mooi musiekprogramme, inligtingsprogramme, besprekingsprogramme ens.

Petro du Plessis ·

Nee wat Henk, doen bietjie navorsing! Baie baie Afrikaanssprekendes luister RSG. Ja ek luister kommentaar, kerk en klassieke musiek. My vriende en familie ook. Ons het n wye algemene kennis, lees wyd en sit die heeldag voor die TV en sepies kyk nie. ..

RSG is nie perfek nie maar is steeds die beste!!

neelsie ·

Dankie aan mense soos Herman,
Gebruik die tegnologie en streeksradios om Afrikaans oor die wereld te laat hoor.
Moenie dat ons gemuilband word deur die oorheersing en inperking van die kommunistiese
idiologie nie.
Ons mening is net so geldig soos enige ander persoon .

Jan maak n Plan ·

Hierdie is weereens n bewys dat die regering beheer oor alles in dieland probeer kry. Glo my die streeks radio stasies gaan nie verby kom nie. Die ‘n gewone kommunistiese bestel in n sogenaamde demokratiese stelsel. Die regering is van mening – myne is myne en joune is ook binnekort myne.

Rupert Ashford ·

Hi Herman, net vir interessantheid dink ek Niekie en kie is gepos voordat hy politiek toe is. Die nuusredaksie van die SAUK of RSG (klomp jong linkse japsnoete) het mos gerebelleer omdat ‘n hoogs gewilde aktualiteitsprogram buite die nuusredaksie bedryf is en beter “ratings” gekry het as enigiets wat hulle kon optower. Ek dink ek het twee keer na hulle probeer luister en toe opgehou. Om iets sinvol te laat herleef sal wonderlik wees, veral as mens dit ook in die buiteland op die internet sal kan luister.

André Louw ·

Om n program tot stand te bring wat veral via die internet bo die kloue van die staat funksioneer en veterane soos Niekie en Cobus Bester as ankers in te span, maak mens opgewonde. Hoe haalbaar dit is en of al die ekenomiese kragte en heimlike belange gebalanseer sal kan word, is minstens n indringende gesprek werd. Hoop die gedagte kry momentum

Arak ·

Ek is van mening dat dit absoluut geen verlies sal wees nie.

Die program se naam moes eintlik “sosialistiese opinie” geheet het, want kommentaar is al die afgelope paar jaar niks anders as ‘n eensydige sosialistiese spreekbuis van regerings en sosialistiese beleid nie. Hulle kon ook nie genoeg doen om die Afrikaner te verguis en te verag nie, kyk maar net na die gereelde deelnemers soos ou Max en Piet kopdoek.

Die teenstrydighede verkondig op daardie program is legio. Net een voorbeeld was toe Piet kopdoek ewe sal vertel hoe Malema die reg het om “Skiet die Boer” te sing (oor vryheid van spraak nogals), net om 30s later te sê Steve Hofmeyer moet ophou om die stem te sing want dit gee aanstoot, en dan sal die hele paneel eenparig saamstem en hulle verontwaardiging uitspreek oor die “Die Stem”.

Nee wat ek luister 1000 maal eerder “Fokus” op PretoriaFM, want ten minste is daar ‘n baie meer gebalanseerde bespreking as op “sosialistiese opinie”.

Ek sal my trane eerder spaar as om een te stort vir kommentaar.

JoeV ·

Mens moet onthou dat Afrikaans onder die ANC net te doen het met die beroepe van die betrokenes, en niks met die behoud van die kultuur nie. Dit sou in elkgeval dwaas wees om dit op die skouers van so ‘n paar mense te laat. Laat Afrikaans deur self bedryf word, luister al ses jaar internet radio in die verkeer werk toe en terug, kristal helder sonder die gekrap wat mens gewoonlik met streeks radio stasies kry.
Doen dit net!!!!

pieter ·

VIVA ANC VIVA, AMANDLA ,KILL THE BOOR KILL THE FARMER.SUID AFRIKA IS GEDOEM, ONS MOET DIT MAAR BESEF. AL GEHOOR VAN BY OMDRAAI VERBY.

Theuns ·

Nou Pra’ jy Herman! Ek is een van daai ouens wat Sondag Aand eers na Sterre en Planete geluister het en daarna na Politieke Kommentaar. Kan die twee programme nie asseblief deur Radio Pretoria FM oorgeneem word nie? En dan kan ons sommer politieke kommentators kry wat nie ‘n linkse reukie het nie! Soos jy se die tegnologie bestaan. Kom ons doen dit. Die rede hoekom ek Kommentaar geluister het is omdat Carte Blanche op Dstv ongelooflik verswak het. Alles of Dstv is van swak gehalte behalwe nou en dan Kyk Net en is die meeste programme op Dstv heeltemal swart en van swak gehalte! Dit lyk vir my of ons die meerderheid subsideer sover dit TV material en aankope betref. Ek en my Gesin luister nou maar feitlik net Radio Pretoria FM maar dit is uiters duur (R844 pm) om die voordeel van die sateliet te he! Gewone radio hier by ons vang nie Radio Pretoria of ander verwante kanale op nie.

Jozua van Wyk ·

Jy gradeer net jou dstv pakket af na die easyview teen R29/maand dan het jy steeds die audio kanaal met die radio stasies

Grassie ·

Met paneellede soos Max du Preez, Harald Pakendorf, Niekie vd Berg en andere kan Kommentaar se kommentaar maar gerus sink. Die probleem is – sodra ‘n program of selfs ‘n radiostasie gewild begin word, word dit gerysmier deur liberales. Kyk maar wat het met Radio Pretoria gebeur.

Grassie ·

Hendrik – vergelyk Radio Pretoria van destyds met dieselfde radiostasie van vandag en werk dan self uit wat gebeur het.

Maria van Dieweeck ·

Dit is uiters eenvoudig om n internet radiostasie te skep en te luister. Al wat nodig is, is internet toegang. Die grootste voordeel is dat jy nie na advertensies hoef te luister nie. Programme kan dan ook later weer geluister word

Armando ·

Henk Celliers, stem met jou saam, hoor. Probleem is altyd dat die nuusorgane, en dit sluit koerante in (vgl bv Rapport en Beeld) na ‘n sekere tyd van die pad af raak. Dit het seker baie te doen met die redakteurs, maar hulle het almal ‘n “raklewe”. Daar is geeneen van hulle wat nie links afneuk in die wal in nie. Weet nie wie van u het die afgelope naweek se Rapport gelees nie, maar dit raak regtig ‘n smerige ou blaadjie, en al dunner. Hulle het die “nuwe” woord rassisme darem heel ingesluk!

John ·

As jy by die draai kom moet jy omdraai want dan is jy by Omdraai verby. Dan moet jy terugdraai. Onthou, eers omdraai by die draai dan regs indraai by Omdraai, maar as jy nie verby Omdaai tot by die draai verkeer gery het nie, moet jy links indraai by Omdraai en nie aanry tot by die draai nie. Pieter, lyk my ons is verby Omdraai en die draai, kan ons nog terugdraai of maar laat waai?

Piet ·

Ag as ou Kopdoek en Mal Max deel van die program was, kon dit nie werklik die moeite werd gewees het nie.

johann cb ·

Die volgende stap sal wees om Afrikaans van Radio en TV te laat verdwyn! Gelukkig kan ons dit nog praat!

Jurie ·

Janee ! RSG is nou ‘n pik-pik stasie, jy pik maar so tussen die potgooie deur vir die programme wat nog die moeite werd is om te luister, “voorhuis radio ” wat heeldag gespeel het in die voorkamer is lankal verby. Baie mooi mense (omroepers natuurlik ! ) maar die plaaslike “baby chocklits” musiek en sommige programme nie meer nie.
Indien Kommentaar nou weg is sal dit die stasie verder verdun ! Gelukkig is Fokus op Donderdagaand op Pretoria FM ‘n uitstekende plaasvervanger met ‘n uitstekende groep kommentatore !

Luister ·

Gedink ons is oppad om Zimbabwe te word……klink nou meer na Noord-Korea.

Theuns ·

Dankie Jozua van Wyk vir die inligting. Ek het dit nie geweet nie.

Christo ·

Vandat Radio Pretoria ,Pretoria FM geword het is dit net n plesier om na objektiewe kommentaar te luister en nie net na Boeremusiek en 1960 se retoriek te hoor nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.