Nuuskommentaar: Ruk die wetenskap handuit?

Amasone. Foto: Foto’s: Christian Science Monitor

Die afgelope dekade of so het dit duidelik geword dat ’n gevorderde beskawing die Amasone bewoon het voor die eerste westerlinge meer as 500 jaar gelede voet in die Amerikas aan wal gesit het. Foto: Christian Science Monitor

Met die bekende fisikus, Stephen Hawking, wat pas in ’n tydskrifonderhoud opnuut gewaarsku het oor die gevare van kunsmatige intelligensie wat ’n bedreiging (maar ook geleenthede) vir die mensdom inhou, stel ander wetenskaplikes ’n manier voor om Mars meer bewoonbaar te maak.

Die Mars-voorstel behels kortweg dat ’n reusemagneet tussen die son en Mars “geparkeer” word net daar waar die twee hemelliggame se swaartekrag mekaar neutraliseer. So ’n reusemagneet kan genoeg van die skadelike sonstrale afkeer dat ’n kettingreaksie op Mars begin word wat die planeet weer groen kan maak, met selfs moontlik ’n klein oseaan.

Dis nog lank nie die vlakke van bewoonbaarheid wat Mars miljarde jare gelede beleef het nie, toe sowat tweederdes van die planeet vermoedelik met ’n oseaan bedek was.

Byna terselfdertyd kondig ander wetenskaplikes aan dat ná twee jaar lange navorsing vasgestel is dat ’n aartappel-variëteit in Marsgrond, en onder ekstreme omstandighede, kan groei en kos lewer.

Amasone. Foto: Christian Science Monitor

Die afgelope dekade of so het dit duidelik geword dat ’n gevorderde beskawing die Amasone bewoon het voor die eerste westerlinge meer as 500 jaar gelede voet in die Amerikas aan wal gesit het. Foto: Christian Science Monitor

Hawking, wat al talle omstrede stellings gemaak het, se jongste sal seker weer onder groot kritiek deurloop. Dié keer moontlik nie oor die wetenskap daaragter nie, maar sy “oplossing” van ’n wêreldregering.

Beskawingsprestasies is nie nuut nie. Die afgelope dekade of so het dit duidelik geword dat ’n gevorderde beskawing die Amasone bewoon het voor die eerste Westerlinge meer as 500 jaar gelede voet in die Amerikas aan wal gesit het. Onder die bewyse wat onder die ruie lower uitkom, is diep slote wat in allerlei vorme gemaak is. Daar is ook enkele “Stonehenge”-tipe strukture, en die oorblyfsels van nedersettings is gevind met breë paaie, selfs met kanale weerskante waar per kano gereis kon word. Oorblyfsels van kasawa-landerye is gevind, en nou is vasgestel dat baie van die ou nedersettings deur plante en bome soos Brasiliaanse neute-, kakao- en rubberbome omring was. Trouens, deur sulke kolle met inheems versorgde bome op te spoor, kan nedersettings opgespoor word wat voorheen argeoloë se oog ontglip het.

En onthou, voor Columbus die Amerikas herontdek het, het die Ou Wêreld nie pampoene, aartappels, tamaties, patats, mielies, sekere boontjie-tipes, die Jerusalem-artisjok, rissies en soetrissies, pynappels en vele meer geken nie. Probeer nou ’n nagmaalete beplan sonder om van hierdie kossoorte wat die Bybelse mense nie geken het nie in te sluit! Die inwoners van die Nuwe Wêreld het in baie gevalle dié kossoorte uit die vreemdste kombinasies geteel. Ons het tot betreklik onlangs nog geleer dat die mielieplant se wilde voorouer nog nie bepaal kon word nie, maar deesdae weet ons dit is uit teosinte geteel.

Terwyl die mediese wetenskap daagliks enorme deurbrake maak, en verskeie soorte kanker nou reeds oor geneesmiddels beskik, word daar nog kliphard gewerk aan geneesmiddels vir ander tipes kanker. Die jare lange stryd om ’n geneesmiddel vir MIV/vigs te vind wys hoe besonder moeilik dit kan wees.

Soms raak die wetenskaplike metodes omstrede, soos die tegniek wat pas in die VSA goedgekeur is vir eksperimentele toepassing op die mens. Hiervolgens word ’n skadelike geen in die fetus opgespoor, en deur ’n ander, gesonder geen vervang.

Wanneer die proses vervolmaak is, sal onder meer borskanker voorkom kan word, maar ook ernstige getremdhede wat ’n kind andersins lewenslank gestremd en in die allergrootste pyn sou laat. Pas is aangekondig dat Suid-Afrikaanse dokters ’n soortgelyke metode ontwerp het om hartversaking by veral jonger mense te voorkom. In Chili het wetenskaplikes daarin geslaag om die geen wat lang bene by ’n klein soort dinosourus veroorsaak het, op die embrio van ʼn hoender oor te plant. Teen die tyd dat die eksperiment in die eier beëindig is, het die lang bene van die embrio reeds duidelik op plate gewys. (Kyk die video hier)

Wetenskaplikes is dit eens dat dié metode nie vir die omseiling van infertiliteit gebruik moet word nie. So kan immers tegnies “ontwerperskinders” “geskep” word.

Die morele vraagstuk hieromtrent kan moontlik ten beste geïllustreer word aan die hand van Christen-dokters wat in die behandeling van siektes soos kanker sê hulle self kan nie genees nie. Die Here het hulle egter die talente gegee, en die geleentheid om te studeer en praktiseer. Maar uiteindelik is dit net die Here wat gesond maak.

Op ’n meer komplekse skaal. Die toekomstige moeder word ingelig haar ongebore fetus gaan ’n baie ernstige, pynlike afwyking hê. Sy kan die geboorte normaal laat voortgaan, sy kan ’n aborsie ondergaan, of sy kan die defek geneties laat herstel.

In die jongste verlede het verskeie wetenskaplikes egter gekla dat daar ’n groeiende aantal mense is wat bloot verklaar dat (die natuur-)wetenskap “nonsens” is. Daar word selfs pseudo-wetenskappe geskep om plaasvervangende idees vir die wetenskap daar te stel. Dit lei dikwels tot bitter debatte.

Die vreemde is egter dat hierdie mense baie selde enige beswaar het om die vrug van die wetenskap te benut. Hulle span hul rekenaars en die internet in om dieselfde wetenskap wat dit moontlik gemaak het, sleg te sê (dit gaan baie dikwels veel verder as bloot gemotiveerde kritiek). Wanneer hulle vir hul kinders oorsee gaan kuier, reis hulle luglangs, en nie met ’n uitgeholde boomstam oor  die see nie. Hulle eet kossoorte wat lank gelede deur vindingryke mense gekweek is, soos die Andes-mense wat verskeie plantsoorte, waaronder die stinkbos, met mekaar gekruis het om ’n groot verskeidenheid aartappels te kweek. Slegs ’n handjievol soorte word al gebruik.

Sommige vorme van verset is meer bekend, soos die verset om te weet dat klimaatsverandering plaasvind, en nog minder dat die mens die situasie wat deur sonsiklusse begin is, buite beheer laat handuit ruk het.

Ja, die uwe is self een van daardie mense wat slange en skerpioene wil kou wanneer ’n rekenaarprogram wat presies gedoen het wat ’n mens wou hê, opgegradeer word en ’n mens moet sukkel om die nuwe weergawe weer onder die knie te kry. Het dit dan gejeuk?

Ja, maar die uwe is self ’n kankerpasiënt wat twee kankers het, waarvan die een ongeneeslik is. Dit kan darem onder beheer gebring word, maar die stryd om daar te kom is moeilik. Die literatuur word dus gretig gevolg om te sien wanneer, en of, ’n geneesmiddel op pad is. Kan so iemand verkwalik word as hy wrewelrig raak met mense wat sulke navorsing as boos uitskel?

’n Groot gevaar is dat die kritiek, en veral die manier waarop kritiek gelewer word, daartoe kan lei dat publikasies kopsku raak om nuus van ’n wetenskaplike aard te dra. Dit terwyl die land ’n tekort aan wetenskaplikes het.

So word medelesers van hul reg om te weet beroof.

Onthou, die wetenskap / natuur is een van die openbaringswyses van God. God is immers die Skepper daarvan.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

WL ·

Ons sien nog net die begin van wetenskaplike/tegnologiese vordering. Oor die volgende paar dekades sal dit eksponensieël groei.

WL ·

En bygesê, soos wat tegnologie en wetenskap vooruitgaan, so sal mense ongelukkig al hoe minder begin glo in God. Baie hartseer, maar dit is presies wat gaan gebeur.

Herman Toerien ·

Hallo WL. Die wetenskaplikes wat ek ken sê openilik hoe meer hulle God se wonder (deur die wetenskap) ervaar, hoe dieper raak hul geloof. Ek het vanoggend die syfers gesien vir die nuwe Luther-Bybel wat ter herdenking van die 500ste herdenking van die Hervorming uitgegee is. Dis indrukwekkend, met talle die uitgawe vir jong mense, en die weergawe wat op selfone gelaai kan word. Die Christedom groei ook, minstens getallegewys, in lande soos China, Suid-Korea en Japan waar wetenskaplike en tegnoligiese vordering hard gedruk word. Wat die breë wê5reldwye betref, is jy ongelukkig waarskynik reg.

Pietman ·

WL hoekom is dot so belangrik dat mense glo God bestaan? Of God bestaan of Hy bestaan nie. Mense kan nou glo daar is walvisse in die see of feetjies in die tuin, maar wat maak dit saak ? Wat mense glo verander niks aan die werklikheid.

Herman Toerien ·

Hallo Valerie. Die oorspronklike Bybel was in Latyn, en voor dit was die Ou Testament in Hebreeus en Aramees. Die Nuwe Testament in ‘n soort spreektaal-Grieks. Luther het eintlik wondere verrig met die eesrte ernstige poging om die ganse Bybel in ‘n gebruikstaal te vertaal. Sedetdien is dit al in talle tale vertaal, oa in Afrikaans en die derde taalhersiene weergawe word nou gedoen (en kom baie sterk met die eerste vertaling ooreen). Oor 500 jaar het Duits baie verander, en dit was nodig om die taalaanpassings te doen. (Trouens, Luther se vertaling het baie tot die ontstaan van ‘n soort standaard-Duits bygedra, en daarom langer “gehou” as bv Afrikaaans en Engels. Heelwat teoloë het ook nou saamgewerk om seker te maak die vertaling is so getrou as wat dit menslik moontlik is. Daar het nooit ‘n kitsklaar Bybel in enige taal uit die heme neergedaal nie.

Valerie ·

Herman, nie die Joodse en vrouehater Luther, die moordlustige, self-voldaande Calvyn en sy “TULIP” of die deurmekaar en gnostiese monnik Augustinus het my gered nie. Die “Hervorming” is niks om te vier nie alhoewel mense deur die eeue so deur Hervormende teologie gebreinspoel is dat hulle sowaar daarna verwys as ‘n “daad van God.” Dit is sowaar Godslastering.

Jesus het vir ons gesterf (Johannes 3:16) en dit is ons keuse om sy gratis geskenk van ewige lewe te aanvaar of verwerp. Die Hervormders, selfs vandag, doen hul bes om mense uit die hemel te hou. Jy weet mos, as mense nie na HULLE pype dans nie…

LB S ·

Herman, ek deel ook ‘n behandelbare, maar ongeneeslike Kanker met jou, Leukemia? Ek is perdfris en gesond, danksy die Wetenskap wat ek glo deur Sy Genade aan ons geopenbaar word. Ek bid ook gedurig vir ‘n nuwe ontdekking wat volkome genesing sal meebring.
Baie goeie artikel, baie dankie. ☺

Nerina ·

Wetenskaplike/tegnologiese vordering is so oud soos die mensdom self. En net so oud ook is die verset daarteen in ‘n mindere of meerdere mate.
Vorder gaan die mens vorder, dis in ons genetika en ‘n feit soos swaartekrag……ons kan in elk geval nie daarsonder voortbestaan nie.
Ek staan verwonder, beiindruk en dankbaar vir al die ontwikkeling deur die eeue wat my lewe vandag soveel makliker maak.
Voorwaarts met onwikkeling!

humor ·

Herman baie interessant en selfs kommerwekkend, en ek waardeer veral jou laaste opmerking in jou skrywe. Sterkte met jou stryd.

John ·

Wat wil die outeur presie aan ons oordra? Ons ken ook die bogenoemde feite of geite. So, waaroor dit blykbaar gaan is die woord ‘kritiek’. Dit duik telkens op. Dus: Bly stil lesers. Ek se en julle luister. Nee Herman. By ‘n matriek-debatsvereniging sou jy lekker aftjop. Ons hou van jou skrywe, maar ander menings is ook nodig.

Piet Le Roux ·

Dogmatiek en wetenskaplike feite hoort nie op dieselfde bladsy

Fransie ·

En as die wetenskap metamorfiseer om as dogmatiek tevoorskyn te kom en in die proses weg beweeg van sy eie stewige maar tog nie onfeilbare fondasies?

Melt Olckers ·

Die skrywer Arthur C. Clarke het as volg geskryf:
Any suffeciently advanced civilization is indistinguishable from magic
en
Wanneer ‘n wetenskaplike se dat iets gedoen kan word, dan is hy gewoonlik reg, en as hy se iets kan nie gedoen word nie, is hy gewoonlik verkeerd.

Kobus ·

Dankie vir jou kort en kragtige kommentaar Piet. Dis ware woorde.
Fransie, dink asseblief mooi voor jy kommentaar lewer…

Ou Wetenskaplike Ystervark ·

“Dit terwyl die land [SA] ‘n tekort aan wetenskaplikes het.”

Hoeveel wetenskaplikes het Suid-Afrika op elke terrein tans nodig? Wys my asseblief die resultate van daardie opnames. Suid-Afrika het nie wetenskaplikes nodig nie. Suid-Afrika kan wetenskaplikes van die buiteland invoer. Dit is belangriker om “radical economic transformation” te beoefen as om unieke produkte winsgewend uit te voer sonder staatsubsidies. He-he-he of is dit ha-ha-ha of is dit hê-hê-hê?

Herman Toerien ·

Hallo Wetenskaplike Erdvark. Ek het die opmerking oor die tekort aan wetenskaplikes uit my geheue gedoen, maar dit nou gaan Google. Dit lyk of die meeste skrywes oor die tekote tot 2014 was. Daarna word meer spesifiek verwys na tekorte aan ingenieurs, wiskunde-onnies wat tot ‘n tekorts aan wetenskaplike lei, ens. Ek dink as ‘n mens die mediese wetenskap insluit, kan ‘n mens van ‘n tekort praat want byna elke staatshospitaal het vakatures vir dokters en verpleegsters. Die polisie se forensiese laboratorium duik ook kort-kort op. Ek aanvaar egter dat daar heelwat natuurwetenskaplike rigtings is wat taamlik “vol” kan wees soos weervoorspellers, sterrekundiges, akademici en (goedbetaalde) navorsers by private instansies.

Rynhardt ·

In Antartika is groot ontdekking gemaak wat nog geheim word van intelligente wesens (gevalle engele)! Talle wereldleiers insluitende Putin van Rusland is laat kom na antartika.n Sterk weermag was daar teenwoirdig, maar nog niks is van bewys gelewer aan wereld nie.Moenie dink dat daardie tegnologie tot voordeel van die mensdom aangewend gaan word nie! Tegnologie begin om die mens al hoe meer te vervang.

Koos le Grange ·

Wetenskaplike feite strook gewoonlik met die Skrif. Waar dit nie die geval is nie, is die oorsaak gebrekkige kennis aan die kant van die Wetenskap. Rowwe stellings oor miljoene of miljarde jare, soos in díe geval, is nie wetenskap nie. Punt.

Herman Toerien ·

Hallo Koos. Die vreemde is dat die Bybel nêrens melding maak daarvan dat die aarde net ongeveer 6 000 jaar oud is nie. Die gebruik van die stamboom werk nie, want in die Nuwe Testament word na Jesus as die seun van Dawid, die seun van Abraham, die seun van Adam verwys, terwyl die Bybel self die aantal geslagte tussenin aandui. Wat die Bybel wel leer (psalm 90 en 2 Petrus 3) is dat vir God ‘n duisend jaar soos een dag, en omgekeerd is. Daar is nou sowat 20 metodes om ouderdomme te bepaal, hoewel nie al die toetse dieselfde ouderdomme bpeaal nie (bv radiodatering tot uiters ongeveer 80 000 jaar), argon (ongeveer 2 tot agt miljoen jaar), en radioaktiewe verval wat vir miljoene jare gebruik kan word. Vir die doeleindes van die portuuroorsig word baie selde van minder as drie toetse gebruik gemaak om seker te maak van die ouderdom. As geomorfoloog kan ek my self net uitlaat oor paleomagnetisme, en ek kan eenvoudig nie sien waar daar ‘n leemte is wat daarop sou dui dat dit nie wetenskap behels nie.

Cherokee ·

Nee Koos le Grange, dit wat jy met klem ‘punt’ noem is niks anders as ‘n vraagteken. Jou leestekens doen jy dus verkeerd. Gaan lees weer en jy sal sien dat die Skrif in die eerste vers leer ‘In die begin het God hemel en aarde geskep’. Vers twee vertel dat die aarde woes en leeg was en die Gees van God het oor die waters gesweef. Daaropvolgende verse vertel hoe Hy die water en grond geskei het, lig laat skyn het en voortgegaan het met skepping.

Onthou, wat uit die Hande van God is, is nie woes en leeg nie maar perfek. Daarom is dit sinvol om te redeneer dat tussen vers 1 en vers 2 miljoene indien nie biljoene jare was. Dat daar dinge gebeur het wat die aarde vir ‘n lang tyd woes, donker en leeg gelaat het. Lees weer die beginverse en jy sal sien dat daar geen manier is om dit weg te redeneer nie want as jy dit sou wou beredeneer sal jy baie verduidelikings hê om te doen soos oor wat geword het van dinasourusse ensovoorts.

Daar is nie eens geskryf dat Adam en Eva die eerste mense was nie! Miss Pless was voor hulle. Daarom, soos Herman aan jou verduidelik (maar dit meer diplomaties stel) dit is verkeerd om te wil redeneer dat die aarde ± 6000 jaar oud is.

Piket ·

Piet en Kobus.
Hoekom hoort dit nie op dieselfde bladsy nie?

Meraai ·

Ek het ‘n outistiese seuntjie en sou wat wou gee om sy lewe makliker te maak! Indien die wetenskap so gevorderd sou raak dat dit wel eendag die geval is, sal ek dit met beide hande aangryp! Nes Oom Herman, is ek oortuig daarvan dat God die Skepper van alles is, maar dat die mens in opdrag van God verantwoordelik met alles moet omgaan. Ek is daarom sterk daarteen gekant as die mens ” mad scientist” speel en God se wonderlike openbarings misbruik.

Herman Toerien ·

Hallo Meraai. Ons het self ‘n outistiese seun wat nou 23 is. Hy is eers baie laat gediagnoseer sodat ek maar baie navorsing ver buite my kennisveld en gemaksone moes doen. Daar was onlangs iewers ‘n artikel oor nuwe bevindings oor outisme, maar ek het dit verloor voor ek dit klaar gelees het.
So ver my kennis dus nou nog strek, word outisme deur een of meer gemuteerde geen veroorsaak. Dis (nog) gewoonlik ‘n de novo mutasie (maw word van nêrens geërf nie). Die mutasie veroorsaak nie altyd outisme nie, maar moet teenwoordig wees vir wanneer ‘n snellerfaktor dit aktiveer. ‘n Traumatiese ervaring, allergie ens word alles vermoed as moontlike snellerfaktore. Ook griep van die ma tydens swangerskap wat wetenskaplik bewys is, maar die mutasie moes reeds bestaan het. Hoe jonger die outisme ontdek word en met ‘n vroeë intervensieprogram begin word, hoe beter is die kanse op sukses. Let wel, dit gaan nie die gemuteerde geen heelmaak nie. Disleksie word bv deur een van twee gemuteerde gene veroorsaak (en hoogs oorerflik). Met vroeë terapie kan die probleem heeltemal opgelos word. Met outisme hang die graad van sukses van verskeie faktore af. As hy splintervermoëns het (bv goed met hardloop en teken, ontwikkel dit optimaal want ‘n mens vernou dikwels die agterstande tussenin. Maksimale ouerliefde en betrokkenheid is NB. Sluit by ondersteuningsgroep aan. Die wetenskap ontwikke baie vinnig en hou die oë maar oop vir ‘n deurbraak. En baie, baie sterkte vorentoe.

My tweesent bydrae ·

Ek gebruik die 1933 vertaling van die Afrikaanse Bybel . Ek is nog dieselfde mens wat ek was die afgelope vyftien jaar . Ek verander nie saam met nuwe vertalings nie .

Hendrik ·

Ongelukkig ontken die Trump-administrasie die mens se se invloed op klimaatsverandering – iets waaroor daar vir jare al wetenskaplike konsensus bestaan. Hulle het ook een van die fundamentele beginsels uit die “grondwet” van die EPA (Environmental Protection Agency) gehaal, naamlik dat dit op wetenskaplike feite gegrond moet wees. Laastens glo Trump selfs dat inentings wat miljoene lewens elke jaar spaar, outisme veroorsaak. Laasgenoemde is ook heeltemal deur die wetenskap weerlê. Met so ‘n leierskap lê donker dae vir die wêreld en Amerika voor, en ons boere in Suid-Afrika is van die eerste slagoffers weens ekstreme klimaatsverskynsels.

Cherokee ·

Ek hoop werklik nie jy dink dat Hillary die donker dae wat jy voorspel, sou verlig het nie. Haar torch se batteries is pap.

Aneja ·

Ek wil so graag sien dat mense hande vat en ons werklike probleme sien en waarmee on al sedert ons kinderjare mee geinkoktrineer is. Dit maak nie saak watter kerk jy in is of watter bybel jy lees nie. Alles gaan oor waarmee sekere geleerdes besig. Diie eind doel is dat die bybel verkeerd is en daar nie ‘n God is nie. Mense ASSEBLIEF gaan besoek creation.com of CMI International. Dit is wetenskaplikes, teoloe alle navorsers met dieselfde geleerdheid en wat dieselfde middels en metodes gebruik, asook dieselfde terreine bene ontdekkings of wat ook al bestudeer. Sluit die planeet stelsel ook in. Julle sal die Bybel weer herontdek en nuwe geloof in God kry. Die Bybel en skepping word al hoe meer as juis en korrek bewys. Maar dit is julle keuse of julle dit wil gaan toets. Ek weet waar my geloof vandaan kom en ek het beslis nie uit slym of wat ookal ontstaan nie. Daar is niks met navorsing verkeerd nie hang van die individu af, jy kan alles so doen dat jy die antw kry wat jou pas.

Die Varkerasie Genootskap van Natuurwetenskaplikes ·

O’wee Herman Toerien, wees gewaarsku, moet nie Godsdiens, Politiek en Wetenskap in een artikel meng en dan as kommentator kommentaar op die kommentare lewer nie. Dit sal lei tot ‘n onopbouende woordestryd. Elkeen dink hy het al die data, inligting, kennis en wysheid van die verlede, hede en toekoms, sienlik en onsienlik, in pag en interpreteer die Groot Geskrifte 100% reg. Daardie GPW bredie is erger as erg. Wees gewaarsku geagte kommentator op kommentare. Ons waardeer jou artikel, maar caveat.

LB S ·

Ek, en ek is seker daar is baie ander, stem gladnie met jou saam nie. Herman verduidelik goed in sy kommentare en ek het reeds iets daaruit geleer. Hy val niemand aan nie en dwing nie sy sienings en ondervinding op iemand af nie. Dit is jou keuse of jy wil deelneem, of nie. Gaan asb. so voort Herman!

Valerie ·

Ten minste onderdruk of verwyder Toerien nie ander se opinies nie. Dit gee ek hom toe, en hy bly beleefd (terwyl ek dit gereeld “verloor”). ‘n Eensydige debat is ‘n oneerlike een.

Kobus ·

Piket,
Ek het onlangs na Christopher Hitchens se debatte gekyk op YouTube, daar is vele ure se baie interessante filosofiese debatte tussen hoogs geleerde akademici. As mens ń paar van hierdie debatte gekyk het verstaan mens hoekom, in my opinie, daar nie plek vir dogmatiek en wetenskap op dieselfde bladsy is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.