Nuuskommentaar: SA gewelddadiger as terreurgeteisterde lande

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Terwyl Suid-Afrikaners desperaat soek na die donker wolk se goue randjie, verdien ’n verslag van die Instituut vir Rasseverhoudinge ongelukkig ook nou aandag. Sedert 1994 is byna ’n halfmiljoen Suid-Afrikaners vermoor, en is die kanse om in Suid-Afrika vermoor te word 29 keer so groot as in Australië. Dit lyk al meer of misdadigers iemand vermoor wat bloot in die pad staan van sy “reg” om sy “beroep” te beoefen.

Die moord op die bekende omroeper, musiekkenner en natuurliefhebber, Johann Botha, stuur skokgolwe deur die land, maar sy moord is nie al wat die fondamente van die land ondergrawe nie.

Dat moorde so dikwels die nuus in Suid-Afrika haal, is nie vreemd nie. Volgens ’n nuwe verslag van die Instituut vir Rasseverhoudinge is byna ’n halfmiljoen mense sedert 1994 in Suid-Afrika vermoor. Die moordkoers in Suid-Afrika is 29 keer hoër as in Australië.

Die aantal moorde per jaar in Suid-Afrika het wel afgeneem, maar in “ruil” het seksuele misdade, roof en roof met verswarende omstandighede toegeneem.

Daar is al baie geskryf, ook in Maroela Media, oor die oorsake van misdaad en veral gewelddadige misdaad. Sake soos sosio-ekonomiese ongelykheid, die swak morele voorbeeld van die regering, die kulture in transito wat in anti-kulture soos bendekulture ontaard, dwelmverslawing … noem maar op, dit is al alles haarfyn ontleed, en die verslae staan hopelik nie net iewers op rakke en stof opgaar nie.

Daar is trekke van die Wilde Weste in ’n vlaag rooftogte wat skeefloop, en op skietgevegte met die polisie uitloop. In enkele gevalle is hele bendes moontlik uitgewis toe die voortvlugtende bendes in padblokkades beland, en in skietgevegte met die polisie betrokke geraak het. Soms was die skoen aan die ander voet – ’n motor wat in ’n roetine-padblokkade afgetrek word, en die insittendes wat die niksvermoedende polisiebeamptes afmaai en wegjaag.

Tog word die polisie gereeld daarvan beskuldig dat hulle die wetsgehoorsame burgers probeer ontwapen, terwyl die eintlike probleem is dat misdadigers te veel bronne het om wapens te bekom.

Daar is ook ’n element van siekheid in die onbeskryflike wreedheid waarmee sommige plaasaanvalle gepaardgaan.

Die afgelope dekade is bykans 10 000 kinders vermoor. Dit is siek.

En dit is ook siek dat Suid-Afrika lank die verkragtinghoofsetel van die wêreld was, en moontlik steeds is. Niemand, man óf vrou, word ontsien nie, en enigeen van ’n pap baba tot ’n oumatjie van ouer as 100 “deug” as slagoffer. Babas het veral teikens geword ná ’n “tradisionele geneser” gesê het seks met ’n maagd kan vigs genees. En met die morele diepte in die land is dit moeilik om te bepaal hoe jonk ’n meisie moet wees om vir seker ’n maagd te wees.

In sekere gebiede maak vee- en gewasdiefstal dit onmoontlik om te boer.

Weidingdiefstal en brandstigting help ook nie. Dronkbestuurders eis jaarliks die lewe van verskeie mense.

Die indruk word nou dikwels gewek dat misdadigers nie skroom om diegene wat die “reg” tot hul “beroep” teengaan nie, te vermoor. Asof hulle die reg het om die beoefening van hul “beroepe” met moord te verdedig.

Dit is tragies, maar bykans niks wat hierbo geskryf is, is nie al tevore deeglik ontleed en oor geskryf nie. Talle optogte is gehou, byvoorbeeld om ’n bewuswording te skep oor die vlakke van geweld teen vroue en kinders.

En steeds is dit of moord maar net te maklik as “uitweg” kom.

  • Jou 14-jarige meisie weier om ’n aborsie te ondergaan, en na bewering word sy daarom vermoor.
  • Jou vrou maak rug styf teen jou skelmpie se eis dat jy moet skei en jou goed vat en loop, en mense word na bewering gehuur om jou vrou dood te maak.
  • ’n Werkgewer het jou, in jou eie oë, by geleentheid te na gekom, en daarom word hy/sy grusaam vermoor.
  • Jy het siek drange, en daarom word ’n kind ontvoer, verkrag en vermoor.
  • Jou ouers gaan jou glo teen, byvoorbeeld oor jou dwelmafhanklikheid, en hulle word vermoor.
  • ’n Motor word glo vir ’n rooftog benodig, en twee studente oorval. Die meisie word erg verniel en vermoor, die man word erg aangerand en vir dood gelaat.
  • ’n Meisie draf deur ’n bekende bos, word beroof, verkrag en vermoor. Die skuldige getuig hy was deur ’n bose gees oorgeneem.
  • ʼn Student word in sy studentewoning vir sy skootrekenaar doodgeskiet toe die student skynbaar sy eiendom probeer verdedig het.

Dis maar enkele gevalle wat in die nuus is of onlangs was. In verskeie gevalle duur die verhoor voort en kan dus nie so geskryf word dat dit die indruk wek dat die beskuldigdes skuldig was nie.

In Suid-Afrika is die kanse om jou lewe gewelddadig te verloor groter as om dit in verskeie terreurgeteisterde lande te verloor.

Die debat van of die doodstraf teruggebring moet word, duur voort, en albei kampe verdedig hul saak met oorgawe.

In dieselfde land is talle kerke Sondae stampvol. Bykans ’n miljoen mense is by ’n saamtrek van Angus Buchan buite Bloemfontein verwag. E-kerke floreer.

Tog is daar ʼn groot morele krisis in die land, en die regering het nie die gesag of reg om bloot die kerke “opdrag” te gee om iets daaraan te doen nie – veral as die regering op hete kole sit vir die volgende e-posonthulling in die #GuptaLeaks-sage nie.

Elkeen het ’n plig om die misdadige klimaat te probeer omkeer deur ’n goeie voorbeeld te stel. Maar dan moet daar nie sake soos korrupsie en staatskaping wees wat veral die armes verarm en aan haglike sosio-ekonomiese toestande onderwerp nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

GC ·

Herman, ek stem met alles saam. Behalwe een ding: Hulle kom nie om te steel nie. Niemand is in hulle pad en word daarom vermoor nie. Hulle kom om te moor. Dis die enigste doel wat hulle voor oë het. Die res is net n rookskerm.

Esmarie ·

Baie goed uiteengesit, my hart is so seer oor wat met ons mense in hierdie land gebeur, ek wens ek kan iets doen om dinge te verander.

Ons kan iets doen om mense se honger te stop deur vir hulle kos te gee, ons kan vir mense skuiling en klere gee teen die koue, maar hoe stop ons geweld?

Theresa B ·

Ek stem saam Esmarie. Maar as die ruggraadlose “leiers” net meer strenger optree en die doodstraf terugbring – sal dit klaar beter gaan. Die wetteloosheid in hierdie land is die basis van alles.

Esmarie ·

Ons land het nie leiers nie, hulle is net ‘n klomp kriminele hulself, regtig hulle is! So waar gaan een krimineel ‘n ander een stop?. Ons kan glad nie op hulle vertrou vir ‘n oplossing nie. Dis soos die bestuurders van ‘n maatskappy, as daar ‘n probleem area is en hulle wil dit verander dan kan hulle want hulle het dit in hulle mag, so is dit in ons “leiers” se mag, hulle wil nie. As hulle wou sou hulle al planne aan die publiek bekend gemaak het, al flop van hulle planne sou dit aanvaarbaar wees, darem probeer hulle iets, maar soos jy weet het hulle al niks probeer nie.

Leendert ·

Ek sê juis vir my vrou vanoggend, ‘n klomp jaar gelede het dit met onbekendes gebeur, in ander buurte, ander dorpe, stede, plase ver hier vandaan, later het dit nader aan die huis begin beweeg, deesdae is dit nie vreemd om gereëld bekende persoonlikhede te sien wat ook die slagoffer geword het nie.

Joa ·

Dit is baie waar wat Herman skryf. Al wat ek kan se, ons moet almal terugkeer na God. Hy word oral in geboue en instansies in ons land weg gejaag . Niks is vir God onmoontlik nie. In elk geval kom die oordeel ons nie toe nie, dit is God se reg.

Jane ·

Dit is verskriklik, maar my grootste bekommernis is dat die Regering van die dag en die President glad nie misdaad as ernstig bestempel nie, en ook nie daadwerklike pogings aanwend om dit stop te sit of teen te staan nie. As ek die President was of Minister van Veiligheid en Sekuriteit het ek die polisiemag vergroot, die weermag betrokke gekry, enigiets gedoen om die burgers (van wie se BELASTING ek leef) te beskerm en veilig te laat voel. Dit is mos ‘n klad op die naam van enige regerende party en president as hulle absoluut NIKS aan misdaad doen nie, en dit nie eers bespreek nie. Hulle kan gou bosberade en samesprekings en byeenkomste oor Rassisme en VIGS hou, maar MISDAAD wat die land teen die grond het is GEEN bekommernis vir hulle nie? Die oortreders word moeilik opgespoor en indien wel, is die klagtes en bewyse maar regtig swak teen hulle, en word hulle die volgende dag vrygelaat. Mense bly aanhou om dieselfde ding te doen SOLANK HULLE WEGKOM DAARMEE~~

Statsmislei ·

Ek glo dit nie dat moorde afneem nie, ek dink die regering lieg bloot hieroor soos hulle oor inflasiesyfers lieg.

Leendert ·

Die verval in die land is oral te sien, wat saam loop met misdaad, korrupsie, swak bestuur, swak ekonomie, swak polisieëring, die burgers leef in vrees, vertrou nie die wetstoepassers nie, agv die korrupsie wat oral ingesypel het, morele verval. Dit het ‘n algemene siekte geraak, en die ANC se Mantashe sê, as hulle nou van Zuma ontslae sou raak, gaan die ANC skeur. Laat die ANC skeur, gooi hom in die snippermandjie, en red die land.

Syddy ·

Bring die doodstraf terug. Dis omdat werkloosheid skyrocket en die binnekant van ons tronke gratis 5ster verblyf bied en menseregte net vir die krimineel is, wat dit gaan soos dit gaan. Iewers sal daar daadwerklike ingrype moet kom. Maar die wie verantwoordelik is vir die mense se veiligheid is ongelukkig ons grootste kriminele. Wow what a world we live in!!

Johann Marx ·

Dit gaan oor niks anders as die morele vesel van ‘n populasie nie.

Die 10 lande met die hoogste moordsyfer per kapita?
1. Honduras
2. Venezuela
3. Belize
4. El Salvador
5. Guatamala
6. Jamaica
7. Lesotho
8. Swaziland
9. Saint Kitts and Nevis
10. South Africa.

Daarteenoor is die lande met die laagste moordsyfer per kapita?
1. Singapoer
2. Luxemburg
3. Japan
4. Ysland
5. Denemarke
6. Noorwee
7. Duitsland
8. Switzerland
9. Austria
10. Swede.

Lande waar die inwoners GEEN respek het vir medemens nie, verus lande waar respek teenoor jou medemens baie belangrik ge-ag word. Waaraan word dit gekoppel? Emosionele Intelligensie.

Mag nie eers onsself verdedig ·

Dit is nie net misdadigers dat die wat hulle “reg” om misdaad te pleeg dood te maak nie. Die polisie, howe, “menseregtevegters vir misdadigers en “liberales” veg net so hard om seker te maak dat enige gewone burger wat waag om sy eie lewe of sy familie te verdedig stedig vervolg word.

Hendrik ·

Die enigste manier hoe gemeenskappe hulle self kan red is om in die gemeenskap saam te werk. Ongelukkig beteken dit dat die mans maar hulle sitvlakke moet lig voor die TV en so bietjie patrollie ry en deel neem aan die gemeenskapsveiligheidsstrukture. Jammer daar is nie ‘n makliker manier nie.

Ai ·

Ek aanvaar nie armoede as een van die redes vir die barbaarse geweld nie. Daar is lande waar die meeste van die populasie bitter arm is en nie eers naastenby die hoeveelheid gruwelike moorde het wat ons het nie. Kyk bv na Indie, 2.6 moorde per 100 000 in 2015 teenoor ons 33.9 vir 2015/6 (en dis as ons doe statistieke kan vertrou wat aan ons gegee word)

Ek stem ook glad nie saam dat kerke stampvol is nie- miskien die charismatiese kerke. Dit hang ook af van die area. In ons kerk is daar normaal weg 30 mense. Die honger vir die Woord is daar en die nood om dit te hoor beslis ook maar ek vind dat baie pastore/dominees nie daar is vir die regte redes nie. Dit sluit beslis hierdie tele evenagelists in.

Hulle moor want hulle kan, want daar is nie wet en orde nie en waar die polisie self korrup is. Die lande wat die Joodse moordsyfers het is die lande waar die polisie uiters korrup is.

Ai ·

*grootste nie Joodse nie. Die foon van my ?

Ek het ook nie bedoel om te reageer op Hendrik se kommentaar nie. Dink ek kort nog koffie.

Johann ·

Ons het mos nou al ‘n veldtog en betogings gesien dat daar van Zuma ontslae geraak moet word, wat van ‘n veldtog om van Zuma EN die ANC ontslae te raak, om sodoende die land te red?

Wat van ‘n facebook: #Zuma-and-ANC-must-fall-to-save-our-land.

MCH ·

Oom Angus kan twee miljoene mense ook bymekaarkry. Die dag na sy saamtrek toe bars die geweld in Lichtenburg los, die volgende dag Coligny. Die oorvol kerke kan Sondae luidsprekers aanbring en die kerkgangers op die gras laat sit. Hulle gaan niks verander aan die situasie nie. Ek is bevrees ons ken nie die Woord nie. Jesus het dit gesê, die apostels het dit geprofeteer. Dis hoe dit in die laaste dae gaan wees. Bid dat ons behoue mag bly te midde van n verdaaide en ontaarde geslag. Ons kan mos nie bid dat die profesie verander word nie. Ek dink ook nie ons Skepper voel te gelukkig oor die wysigings wat ons aan Sy wet(wat ons predik aan die kruis gespyker is) aangebring het nie. Ons skuif die Sabbat (vierde gebod) na Sondag, ons laat dieselfde geslag huwelike toe in die kerk, ons hou godsdienstige dae wat nie Hy of Sy apostels beveel het nie, die wat Hy wel beveel het, vee ons, ons aan af. (Levitikus 23) Ons is mos aangeneem sonder verdienste. Nou volg ons as aangenome kinders ons eie reels, en nie die van ons nuwe Vader nie. U moet onthou dat meerderheid kerke soos besighede bedryf word,so alhoewel die wet aan die kruis gespyker is, predik hul Maleagi 3 oor die tiendes om hul sake te vul. Die kerk het ongelukkig geen morele grond vanuit die Woord oor nie.

pieter ·

spreuke 30v22 ONDER N SLAAF AS HY KONING WORD, BEWE DIE AARDE.

Drone patrollies ·

SA moet dringend drones begin ontwikkel om ons woongebiede te patrolleer.

Sophia ·

Maak eerder die land skoon van al die (onwettige) immigrante, dan sal al hierdie goeters met 80% verminder!! Doodstraf is NIE ‘n oplossing nie, want met alles wat so verander sal die verkeerde mense die doodstraf kry… Ons het dit ALREEDS maar net op ‘n meer gewelddadige wyse!

sug ·

Sophia, ek het al gewonder of ek alleen staan teen die doodstraf in SA. Vir die doodstraf het jy n verantwoordelike regering nodig, iets wat ons duidelik nie het nie.
Johann Marx, stem met jou saam met emosionele intelligensie, maar saam ook ordentlike opleiding. Goeie skool opleiding is voldoende. Geletterde mense kan vir hulle SELF dink, en is nie so naief om hulle leiers blindelings te glo nie.

chris slabbert ·

Almal is dit eens DOODSTRAF. If you live by the sword you die by the sword . Hierdie lafaards is self bang vir die dood. Roep n referendum uit oor die doodstraf

Tom ·

Hierdie land het baie siek mense. Ek lees en sien daagliks moorde,diefstal en verkragtings wat toeneem. Dis al soos om n toebroodtjie te eet. Ons land val uitmekaar deur misdaad en dit lyk asof niemand dit kan stop nie. Die misdaad het hand uitgeruk geen voorkomings vind meer plaas nie. Dalk moet sigbaarheid van polies manne n prioriteit word. Wat gaan hier aan dis van om naar te word. Vanoggend is dit maar net die een moord na die ander. Erens is daar n groot fout en n baie siek samelewing Hierdie land kan nie een dag gaan sonder n moord of verkragting iewers nie.

alida ·

Stuur die syfers deur na AL die lande se toerisme kantore en kyk of enige iemand hierdie vrot land wil besoek.

Ai ·

Alida, hulle weet al hoe dit hier gaan. Die wat hierheen kom is Liberales wat in n ander wereld leef en die wat dit as n goedkoop vakansie sien. Hulle gaan nie na ander Afrika lande toe nie want hier kry hulle luxury teen n bekostigbare prys.

alida ·

Ai jy is tog reg. Die buitelanders luister nie en gaan meeste van die tyd in ‘n doodskis terug. Hulle dink as hulle van OORSEE af kom hulle is vrygeskeld van die geweld. Surprise hoor !!!

Dryfveer ·

Man, skrik asb tog net wakker! Wat in SA aangaan is NIE gewone misdaad nie, dis uit en uit rassisties van aard!

alida ·

Dryfveer in ‘n mate stem ek met jou saam. Dit is rassisties gedrewe maar dan sal daar baie meer wit mense per dag doodgeskiet word. Dit is ‘n haat wat in hulle koppe broei en daar geplant word. Ons moet nie vergeet dat ons ongeskoolde leiers het en die ongeskoolde massas stem die patete elke keer in. Hulle het nie genoeg breinselle om te besef dat dit wat die blankes het, het ons eintlik voor gestudeer en gewerk nie. Solank No 1 en kie aan die stuur is sal NIKS verander nie. Nie jy of ek of ons nageslag nie.

Koos ·

Statisties klink dit seker goed vir ‘n regering om aan te kondig dat moorde .met x persent afgeneem het. Maar daar is steeds derduisende mense vermoor. Los die %, dit se nie veel van die getalle nie, kom ons praat liewer van x aantal.minder moorde as verlede jaar se aantal. Dan weet almal hoeveel mense steeds per jaar vermoor word. Zero .moorde is ‘n aanvaarbare getal, om bloot met ‘n paar persentasie punte te daal is nie aanvaarbaar nie, dis bloot ‘n manier om ‘n regering te laat goed lyk. Die moord getalle is steeds baie hoog.

Andre ·

“Amptelike syfers” in hierdie land beteken absoluut niks, en diegene wat nog die kamstige syfers glo moet maar aanhou droom. Feit is dat SA die gevaarlikste land in die wêreld is – die moordsyfer het so min gedaal as vleispryse en die korrekte syfer is meer in die omgewing van 43 tot 46 per 100 000. 54 Miljoen mense in die land? Nie volgens die professor wat waterverbruik bestudeer het nie; volgens hom is hier minstens 100 miljoen mense. Werkloosheidsyfer sowat 24%? Nee, 45% is meer in die kol. Die “amptelike standpunt” is dat hier feitlik geen korrupsieprobleme is nie, net so 2 of 3 persone per jaar word vir korrupsie vervolg. Ons ken die waarheid. Die “simpel regses” het in 1992 al gesê dat misdaad SA onder die kommuniste gaan kelder, en hulle was reg!

maria van dyk ·

AS JY N SWAK PRESIDENT KRY, KRY JY N SWAK LAND, GOEIE PRESIDENT GOEIE LAND .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.