Nuuskommentaar: SA keer rug op die Weste

Pres. Zuma en pres. Poetin tydens onlangse samesprekings. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Zuma en pres. Poetin tydens onlangse samesprekings. Foto: Elmond Jiyane

Rusland het pas die 70ste herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog herdenk. Hierdie land het meer as 20 miljoen sterfgevalle tydens die oorlog opgelewer. Tog is die groot parades en ander feesvieringe deur slegs ’n handjievol leiers uit ander lande bygewoon, as protes teen Rusland se anneksasies van die Krim.

En dié lysie wat wel opgedaag het, het by sommige Westerse koerante ’n sweempie van leedvermaak opgelewer. Onder die teenwoordiges was die leiers van Noord-Korea, Indië, China, Mongolië, Venezuela, Kuba, Zimbabwe en … Suid-Afrika. Nie volledig ’n lys van muishondlande nie, maar nou ook nie juis die lande wat uitblink met demokrasie en persvryheid nie.

In Rusland self is die wegbly van die wêreldleiers aangebied as verraad teenoor die miljoene Russe wat gesterf het.

Pres. Jacob Zuma het behoorlik ontpop as Russiese handpop. Pres. Wladimir Poetin hoef maar net sy bediendeklokkie te lui, en woerts warts is Zuma daar. Soms oorskadu die Russiese ekskursies selfs die uitreiking na China.

Hoewel Rusland nie meer ’n kommunistiese staat is nie, het die Oekraïne-konflik die Koue Oorlog-lyne weer diep ingeslaan.

Suid-Afrika betaal plaaslik ’n swaar prys vir Zuma se beheptheid met die kommuniste, van wie hy ’n oorvloed in die kabinet het. Veral die ekonomiese portefeuljes word deur kommuniste oorheers. Die gevolge is duidelik te bespeur. In  Politicsweb spel Frans Cronjé, hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge, die situasie in kliniese syfers uit.

Volgens Cronjé beklee kommuniste vier uit elke tien setels in die kabinet. Hy meen hulle het die koers gekaap om eerstens van Suid-Afrika ’n sosialistiese land te maak, en daarna in ’n volledige kommunistiese gemeenskap te omskep.

Die nuwe werklikheid staan ligjare verwyder van die absolute verbetenheid van die vorige regering om kommunisme as boos te beskou, en in die woorde van die kritici, om ’n kommunis agter elke bos te wil uitskop.

Die prys wat Suid-Afrika vir hierdie kommunistiese beheptheid betaal, is groot. Die volgende aanhaling uit Cronjé se stuk, wat as lesing by die Transatlantic Dialogue Program of the Friedrich Naumann Foundation for Freedom gelewer is, skets ’n belangrike deel van die prentjie: “Half of the country’s young people do not have jobs. Only half of South Africa’s children are likely to complete their schooling, while only 5% will pass mathematics with 50% in their last year of high school. Weak economic performance is putting pressure on government revenues, which means that policies based on state-driven socio-economic advancement are ever less likely to succeed as the fiscal deficit becomes one of the most powerful forces acting on the Government. Debt levels (that have doubled in a decade) exclude the possibility of aggressive borrowing. Rising and unmet expectations are now driving violent protest levels that have grown by more than 100% over the past decade.”

By tye, so lyk dit, hang Suid-Afrika se voortgesette voordeeltrekkery uit die AGOA-ooreenkoms met die VSA aan ’n dun draadjie. Toe pres. Barack Obama Afrikaleiers gespreek het oor elemente vir die voortsetting daarvan, het Zuma skaars in Suid-Afrika grondgevat, of hy was weer in Rusland. Kort hierna het die aankondiging gekom oor die beplande kernkrag-samewerking, waaroor steeds nie volledige duidelikheid is nie.

Die wêreld se aandag kan egter nie te solied gekonsentreer wees op wat Poetin aanvang nie. Ander aspekte, soos die opkoms van die radikale Islam, verg nou groot fokus om nie (al weer) strategiese blapse te maak nie. Daar is kwessies soos klimaatsverandering en voedselsekerheid. Terwyl veral die lande om die Oossee, soos Finland, Swede en die Baltiese state Estland, Letland en Litaue ’n bekommerde oog op die Russiese bedrywighede werp soos vegvliegtuie wat die lugruim skend en duikbote wat diep in gebiedswater … wel, opduik, kan ander Europese lande nie anders as om bekommerd te wees oor die instroming van vlugtelinge veral via Libië nie.

’n Interessante verskynsel is dat daar onder ’n groot deel van die Afrikanergeledere ’n bykans blinde lojaliteit teenoor Poetin ontwikkel het. Sommiges het bloot ’n afkeer van die Amerikaanse manier van doen, ander beskryf openlik vir Poetin as ’n engeltjie en held. Op die periferie is daar ook diegene wat die “bose Amerikaners” se motiewe met buite-ruimtelike “aliens” verweef wat tussen ons sou woon en geen goeie bedoelings het nie.

Dié verskynsel is egter ’n besprekingspunt op sy eie.

Die vraag is nou eerder in watter omgewing Afrikaanssprekendes die gemaklikste voel – ’n omgewing waar hoofsaaklik Westerse standaarde rondom aspekte soos suiwer demokrasie geld (wat minderheidsregte insluit), waar korrupsie nie as ’n “Westerse konsep” afgemaak word nie, waar persvryheid hoog geag word …

Of is die Afrikaner nog te gewoond aan ʼn tyd toe sy wêreldvisie deur strategieë van die staatsveiligheidsraad bepaal is?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Nicolene ·

As die “puppet” tog net ons EIE land sou bystaan maar nee, hy hoor nie eens die “klokkies” lui nie!!!!

jacques ·

Putin sal n goeie invloed op Zuma he ek is bly daaroor dat hy so baie daar is. Europa en die USA is kinderagtig om nie die 70 ste vieringe by te gewoon het nie,meskien was hulle bang dat hulle soldate nie so netjies kom march soos die ander lande wat deelgeneem het nie.Die weste se sansies teen Rusland gaan in hulle gesig nog bacfire.

Dave ·

Indien jy wil reageer op ‘n ingeligte artikel soos hierdie behoort jy te poog om iets sinvol te sê.
As jy dit nie kan doen nie, wees stil, lees en leer.

jacques ·

Ou maat dit gaan te laat wees as jy gaan wakker skrik wat aangaan in die wereld hoor,en dis baie naby.Gaan kyk bietjie wat aangaan in die USA hulle staan op die rand van burgeroorlog, want die helfte stem nie saam met wat hulle goverment nou mee besig is nie. En gee nog steun aan Putin ook waar Rusland nog aldyd beskou was as die USA se vyand.

Rudi ·

En wat het die Weste se bystand ons gehelp? Ten spyte van die ideale wat hulle voorgee om te ondersteun, het hulle ons ewe lekker aan die Kommuniste oorhandig. Hulle regerings is ewe ondeursigtig en korrup; hulle gee net graag voor dat dit anders is.

Nee wat. Rusland is dalk ewe erg, net minder skynheilig. Ek gaan nou regtig nie slaap verloor oor watter spesie van buitelander die land besit nie. Dis sedert 1902 af al nie meer ons s’n nie. Te laat vir trane!

Ampie ·

Die artikel is maar erg verwarrend. Zuma se vriendskap met Poetin word aangebied as bewys met sy fasinasie met kommunisme, maar andersyds word die bedreiging van die Russiese beer en ‘n klomp Afrikaners se ondersteuning van Poetin uitgelig.
Myns insiens is die Weste se huigelagtige optrede teenoor gebeure internasionaal ons wėreld erg onstabiel gelaat. Soos in SA het die Weste “regime change” in die Midde Ooste en Noord-Afrika nagejaag met rampspoedige gevolge. Onstabiliteit en infrastruktuur vernietiging was die gevolg net soos in SA. Die krisis rondom vlugtelinge na Italië is die regstreekte uitvloeisel van Westerse behepdheid. Dieselfde gevolg staan Poetin teen in Oos-Europa. Poetin is geen engeltjie nie. Op sy beste is kan sy magsvergrype vergelyk word met die van Zuma in SA. Hy is nietemin nasionalisties en gekant teen die vervalle en verwronge Westerse behepdheid met regime change, gay huwelike, instroming van ongewenstes ens. Ook die beheer van gulsige sentrale bankiers en ‘n Amerikaanse McDonalds kultuur. Dis hierdie magte, wat ironies genoeg deur die ANC gesteun word, wat ons as Afrikaners moet bestry en Poetin daarin steun. Poerin se vriendskap met Zuma en ander kan vergelyk word met die ou SA regering se verhoudinge met lande wat hom nie geboikot het nie. Die Weste wil graag dieselfde sien vir Rusland as destyds in SA. Dit gaan oor grondstowwe, maar die gevolg sal dieselfde as in SA wees Oorstroming van Rusland deur Moslems en Chinese en onstabiliteit.

Pretorius ·

Wel ek weet nie so baie van Rusland en Poeten nie. Min word maar werklik gese oor hulle en partykeer hoor ons van konflik tussen die Ukraine en Rusland. Wat ons wel baie van weet is die Amerikaners hulle druk alles in ons kele af en geld maak is hulle passie. DSTV, Cell fone en computers en allles wat daarmee saam kom soos bv facebook en Utube en nog n ander klomp drek wat niks meer as geldmaak foefies is nie. Behalwe dat hulle n klomp geld maak daaruit is dit niks meer as geldmaak foefies nie. O en dan is daar die groot televisie en al die Amerikaanse movies waar hulle die beste die sterkste en die rykste is. Daar word gewys hoe magtig en kraktig ryk hulle is niemand is beter as n Amerikaner nie. Al die Amerikaners vebeel hulle,hulle is Rambos en ek kry die gevoel dat hulle dink hulle is n beter nasie as al die nasies in die wereld. Eintlik laat hulle my dink aan die bybel se Satan die Baal die hoerreerder van die nasies. Ek dink eerder dat alles wat in in ons land verkeerd loop hulle toedoen is. Hulle was mos een van die groot teenstanders van Apartheid die mutikultirele voorstanders. Nee ek dink ons moet eerder die blaam op hulle pak ook komuniste net n ander oog.

jacques ·

Mooi man jy het dit mooi uiteengesit wat aangaan in USA en hulle het al die hele wereld besmet met hulle evil maniere van dinge doen.

chris ·

Baie goeie kommentaar.
My gevoel is dat die “westerse kultuur” nie meer in die lande soos VSA en Britanje bestaan nie.Die bassis waarop die kultuur gestaan het was Christelike en meer spesifiek protestanse waardes waarvan weinig oorgebly het.
Ek dink ou Zumpie is vir die eerste keer op die beter perd.Al die perde in die stal is maar brandsiek Putin net minder.Nog iets es ek moet kies tussen ‘n Amerikaner ,Brit en ‘n Rus sal ek ook laasgenoemde kies.Hierdie mense het nasietrots en ruggraat

Nico ·

Ek kan nie anders as om te antwoord nie. Dis tragies as so min mense met verstand hier skryf. Nou word Amerika geblameer vir rekenaars en selfone. En die persoon wat hul kritiseer is besig om dit op sy rekenaar te skryf. Ag nee man. Daai goed is ontwikkeling. En julle is net jaloers daarop. Rusland is een groot imperialistiese land wat heers oor talle minderhede. Hy kan basies vergelyk word met Brittanje honderd jaar terug. Die verskil is Brittanje het besef imperialisme is verkeerd. Rusland probeer dit nog militêr afdwing. Natuurlik probeer Amerika om ekonomiese invloed in die wereld te kry. So probeer enige land. ‘n Land kan net geld maak as hy uitvoer. Maar julle sal julle nog vasloop met julle bewondering vir Rusland. Die land het geen ekonomiese vooruitsigte.

jacques ·

Nico die USA probeer mag oor ander lande kry want hulle wil die hele wereld regeer,gelukkig is Europe besig om wakker te word nou.

Wim Kotze ·

Nico, selfone en rekenaars is lank nie meer net Amerikaanse monopolie en kommunisme en Rusland is reeds vir 25jaar nie meer sinoniem nie. As jy van bloedspore wil praat kan jy gerus ook die Russiese bloed wat in die Krimoorlog gestort is bysleep, terwyl hulle eeue oue belange daar nou betwis word. Klink net soos die ANC wat nog na 25 jaar apartheid voorstoot en die geskiedenis sedert 1838 wil herskryf.

Albanus ·

“Western democracies are only the political facades of
economic power. A facade with colours, banners, endless
debates about sacrosanct democracy. We live in an era where
we can discuss everything. With one exception: Democracy.
She is there, an acquired dogma. Don’t touch, like a museum
display. Elections have become the representation of an absurd
comedy, shameful, where the participation of the citizen is very
weak, and in which the governments represent the political
commissionaires of economic power” Saramago, J. 2006

vorster ·

Die artikel is ‘n stuk gemors. Nie gedink dit is die moeite werd om daarop te reageer nie, maar word toe sommer opgewonde toe ek die kommentare lees en sien dat ons Afrikaners darem nog die spyker op die kop kan slaan. Die skrywer het in 1985 vasgehak.

Herman Toerien ·

Ai, hoe verlang ek nou na die dae toe mense voor hulle kommentaar gelewer het, darem van feite vergewis het soos deurlopend in die media wêreldwyd gerapporteer, en nie hul perspektiewe uit samesweringwedwerwe loop haal het nie. Het juis weer gister op so ‘n webwerf beland. Jiggie.

Herbert Maré ·

Intellektueel is daar geen vergelyking tussen Zuma en Putin nie, en niemand sal ooit daaroor stry nie. Putin is geen engeltjie nie, dis waar, geen politikus is in elk geval nie, MAAR, Putin is die enigste wêreldleier wat hom nie deur die Nuwe Wêreld Order aanhangers laat voorskryf nie. Suid-Afrika se behou is deel aan Putin te danke, wat ook ‘n Blanke Christen is, en wat vir ons as Afrikaners ‘n baie groot voordeel inhou. Ons moet ook ingedagte hou dat Putin se weiering om deel te neem aan die NWO se Absolute Kontrole oor die wêreldpopulasie (en hul uitwissing van groot gedeeltes daarvan), sondermeer ‘n hernude Koue Oorlog gaan ontketen, en, netsoos vantevore, gaan Suid-Afrika weereens die kroonjuweel in die geveg wees. Wie ookal beheer oor Suid-Afrika kan oorneem, kan die wêreld regeer. Ons moet dit nooit uit die oog verloor nie dat suidelike Afrika is die ENIGSTE streek in die wêreld wat geheel en al sonder enige van die ander lande in die wêreld kan voortbestaan (daar is géén rou materiaal waaroor ons nie beskik nie). Verder word daar gereken dat Suid-Afrika steeds oor ongeveer 50% van die wêreld se onontginde goud beskik. Hou ingedagte dat die Illuminati se toekomsvisie vir gldstelsels bloot op goud gestel is (papiergeld gaan in onbruik raak, en alles internasionaal gaan in goud betaal moet word). Putin moet dus goeie betrekkinge hou met Zuma, en Zuma geniet die aansien van die wêreld se magtigste man en magtigste leier. In Putin se oë weet ek nie of Zuma veel meer as ‘n touliertjie of agterryertjie is nie. Grootmense hou hul eevoudig nie op met kabouters nie. Die ANC se vryery na Sosialisme en Kommunisme kom nie vanaf die kmmunistiese lande of Rusland nie, maar spesifiek van die Internasionale Joodse Bankiers (Zionistiese Illuminati), en dit is waarop die hele NWO beginsel gevestig is. Daar sal net rykes wees wat oor ‘n slaafse gevolg regeer. Kommunisme is nie ons vyand nie, die Zionistiese NWO is. Ons kan ons nie daarvan bevry sonder die hulp van Rusland nie, en die BRICS lande is ‘n tree in die regte rigting. Wat my egter bekommer is dat Goldman Sachs (Illuminati) o een of ander wyse betrokke is by die nuwe BRICS bankgroep, wat klaar weer dui dat die Illuminati klaar weer ‘n vinger in die koekblik het. As ek moet kies, kies ek kant teen die NWO haakneus Jode, want hulle het reeds vir meer as 100 jaar gewys dat hulle alles wat ons ons behoort, van onder ons agterstewe kan uitsteel sonder dat enige iemand ‘n vinger daarteen kan verroer, en indien iemand soos Dr Verwoerd wel sou probeer, hulle heel gemaklik en sonder vrae van hom ontslae kan raak.

Sam ·

ek kan nie glo dat bogenoemde kommentaar op die artikel dié van Afrikaners is nie. Die grammatika en logika lyk asof dit andertaliges is wat die Afrikaner in diskrediet wil bring. Skandalige, patetiese “conspiracy theorists.”

Elfie ·

En ekonomiese kenners het baie onlangs beweer dat dit totaal riskant is om in Rusland en Brasilië te belê of met hulle handelsbelange te hê. Dit gaan net te vrot daar…

Chris v R ·

Ek is baie verbaas met die strekking van sekere van die kommentare. Die kommunisme is steeds wakker en lewendig . As ‘n staatsbestel hou dit vir ons nog steeds baie meer gevaar in as wat die vrye weste vir ons inhou. Kommunisme bly ‘n humanistiese ekonomiese stelsel waarvan die
uiteinde “equal misery for all accept the leaders” is. Hierdie beginsel sien ons reeds in die RSA waar die leiers van die ANC en hulle trawante alles inpalm en die res van die bevolking swaarkry. Die mate van voorspoed wat ons nog geniet is te danke aan die Weste se invloed en nie die van Rusland nie. Terloops Noord Korea en China is tipiese kommunistiese state. Is dit waarvoor van bg kommentators vra? Julle moet van lotjie getik wees om stom onnosel.

Janine ·

Ek is skoon stomgeslaan oor die “Afrikaners?” se reaksie op bostaande artikel. Daar is ‘n skreiende tekort aan kennis van die Kommunisme, Putin se strewe na wereldoorheersing en sy strewe om ‘n Derde Wereldoorlog daarvoor te begin. Putin ‘n Christen? Komaan! Wie het die MH17 afgeskiet met byna 300 onskuldige mense aan boord?
Gaan liewer terug skool toe, leer spel en lees meer as wat op die Internet as “waarheid” verkondig word.

Tertius ·

Dit bly vir my skokkend hoe sleg mense in die algemeen gebreinspoel is deur veral die westerse media. Putin is wel ‘n christen, Obama en Zuma nie! MH17 is deur ‘n Oekrainse vegvlieneer afgeskiet (feitlike verslag is beskikbaar). Putin is die beste leier in die wereld vandag, teenoor Obama en Zuma wat onder die slegstes tel. Dit is baie jammer dat die Afrikanervolk nie met Rusland ‘n verhouding kan opbou nie. Die Oekrainse konflik is deur die VSA beplan en uitgevoer, dit is inteendeel die VSA wat alle hulpbronne in die wereld wil beheer en nie Rusland nie. Dieselfde het met Suid Afrika gebeur, die VSA het SA in die huidige gemors gedompel in oorleg met die DeKlerk groep. Herman, ek dink jy slaan die bal baie ver mis. Zuma het ‘n verantwoodelikheid teenoor die BRICS ooreenkoms om namens SA se belange daarin op te tree en net so Putin ten opsigte van Rusland. Die jammerte is dat ons ‘cattle herder’ die verkeerde persoon is vir daardie taak.

Herman Toerien ·

Ek het wel die Russiese verslag gesien, maar dit het nie bevind dat dit vanuit ‘n vliegtuig neergeskiet is nie. Die verslag het ‘n berekening gemaak van foto’s wat hulle gesien het, en tot die slotsom gekom dat die vliegtuig met ‘n BUK-missiel vanuit ‘n dorpie in Oekraïne afgeskiet is – ‘n entjie van waar ander getuienis die lansering van die BUK-missiel vanuit rebellegebied plaas, gestaaf deur radio-kommunikasie ens. Feit is, die amptelike ondersoek is nog nie voltooi nie.
Ek vra weer dat mense hul feite uit die media haal – ook Riussiese media as hulle Russies kan lees, en nie samesweringwebwerwe nie. Dit veroorsaak dat ‘n mens jou naam met ‘n plank slaan. Onthou net ook dat Rusland se media baie laag op die persvryheidsindeks is. En terwyl mense hulle ore vir die samesweringkaf uitleen, het Britse vegters weer twee Russiese bomwerpers onderskep wat onderweg was in die rigting van Brittanje. Dié soort voorvalle het die afgelope aantal maande verdubbel. Nedrland en ander lande onderskep gereeld Russiese vegvliegtuie. Ook die aantal duikbote wat in veral Skandinawiese water opgemerk word neem toe. Die doel van al die “besoeke” is natuurlik nie om aan te val nie, maar bloot uittarting om “meerderwaardigheid” te toon. Ja, die Russe het ook glipsies, soos die supertenk wat aan ‘n parade moes gaan deelneem en voor joernaliste onderweg gebreek het. Ek self laat my nie uit oor die Christenskap al dan nie van leiers tensy hulle natuurlik self sê hulle is nie.

Rooijan ·

Herman ou maat terwyl ek jou artikel lees dag ek jy oordryf toe jy se daar is heelparty Afrikaners wat die Zuma-Putin konneksie goedkeur. Ek is stomgeslaan meer as deur al die ander groteske nuus wat ek in die laaste week in ons koerante gelees het. En my hoop vir ons voortbestaan het vandag n groot knou gekry. Is daar regtig so baie oningeligte mense wat kan lees in ons land? “It’s a scary thought!”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.