Nuuskommentaar: SA verdien nuwe president wat by nuwe werklikheid pas

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa (links) en president Jacob Zuma tydens die 2017-begrotingsrede (Februarie 2017) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Daar kan min twyfel wees dat die verkiesing van adj.pres. Cyril Ramaphosa hier en in die buiteland bydra tot ’n gees van optimisme oor Suid-Afrika se toekoms. Dit word selfs idillies in die buitelandse pers gestel. Maar die probleme wat moet aandag kry is veel groter….

“De verkiezing van Cyril Ramaphosa tot nieuwe ANC-leider in december zorgt in Zuid-Afrika voor geloof in de toekomst. Daar hoort dan wel een andere president bij.” (Die verkiesing van Cyril Ramaphosa tot nuwe ANC-leier in Desember het in Suid-Afrika weer geloof in die toekoms laat posvat. Daar moet net ’n ander president kom om by dié prentjie te pas).

Só beskryf Niels Posthumus die “nuwe situasie” in Suid-Afrika in Trouw. Die idilliese aard van die nuwe situasie in Suid-Afrika blyk veral uit die volgende aanhaling:Sinds Cyril Ramaphosa in december tot nieuwe leider van regeringspartij ANC werd gekozen, waait er een nieuwe wind in Zuid-Afrika, een van optimisme waarin Zuma niet past. ‘Ramaphosa’s lente is in volle bloei’, jubelde sociaal-economisch onderzoeker Imraan Buccus recent in Zuid-Afrika’s grootste krant The Sunday Times. Maar hoe langer Zuma aanblijft als president, hoe valer de kleuren van die lente gaan lijken.” (Zuma pas nie in die nuwe wind van optimisme wat sedert Ramaphosa se verkiesing waai nie. Hoe langer Zuma vasklou, hoe valer gaan die kleure van die lente wees.)

Natuurlik oorvereenvoudig Posthumus die situasie. Die meerderheid mense wat hul gewig steeds agter Jacob Zuma inwerp, bevind hulle steeds in die ANC. So ook van Ramaphosa se felste vyande. Die meeste mense wat van Zuma en sy nalatenskap, wat steeds soos ’n virus in die staatshuishouding vasklou, weg wil hê behoort tot opposisiepartye, en hier is hulle slegs kantlyn-rolspelers. Hulle wil steeds nie net van Zuma ontslae raak nie, maar die ANC. Die huidige moles in die DA (wat op die vorige volg) help nie juis om die simplistiese beeld vas te sement nie.

Intussen is die uitstel van die staatsrede onverwags groot nuus in die buiteland. Tog staan dit nie in isolasie nie. Die afsit van Mugabe in Zimbabwe, die verslegtende situasie in die DRK en die verwikkelinge in die Maldive trek die nuusoog in die rigting van Suider Afrika. Voeg hierby die volgehoue afsku in die lot van renosters, olifante en ander grootwild, asook dat Kaapstad die eerste wêreldstad kan word waarvan die krane droogloop, en dit is verstaanbaar hoekom Suid-Afrika nou in die internasionale oog baai.

Joernaliste hoef ook nie elke keer eers ’n omvattende agtergrondskets oor Suid-Afrika te verskaf nie, veral nie wat die presidensie betref nie, want daarvoor het Zuma met sy onhebbelikhede tydens sy twee termyne milddadig gesorg.

Nietemin, die persepsie loop wyd, in die binne- en buiteland, dat Suid-Afrika sy ekonomiese potjie maklik sal kan vul as net een ding gebeur – Zuma moet van die toneel verdwyn.

Vanoggend berig plaaslike koerante dat Zuma se uurglas nou haas leeggeloop het. Die berigte lyk waarskynlik waar.

Suid-Afrikaners verdien weer ’n skeut of twee optimisme, maar ’n euforie soos met die Wêreldbeker-sokkertoernooi dra net tot post-traumatiese depressie by – ook Ramaphosa bly ’n man met voete van klei. Hy is nou vasgevang in ’n party wat reeds beleid aanvaar het van grondgryp sonder kompensasie. Feitlik almal verwag dit sal so verantwoordelik as menslik moontlik ontplooi word, maar solank dit nog ANC-beleid is sal ekonomiese herstel nie die hoë spoed kan behaal wat nodig is nie.

Die lang pad om Suid-Afrika weer op die been te kry, lê nog voor. Dit word voorts in die wiele gery deur ’n grondwet wat nie vir ’n plurale gemeenskap geskik is nie, en dié situasie word vererger deur ’n implementering wat op skuldgevoelens en inhaligheid teer. Die eintlike groot werk lê dus nog voor.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pierre ·

Die groot waarheid wat dalk ook nie raakgesien word nie is die feit dat JZ steeds te veel mag het, hy speel die toneel soos dit hom pas en wyk hy gereeld af van die “script”. Hy het nie gaan le nie en is nie van plan om te gaan le nie, wat as die SAKP se voorspelling reg is en JZ raak ontslae van CR as sy Adjunk, gaan dit daartoe lei dat die ANC gaan skeur en dat JZ sy agbare EX daar gaan inwurm, onthou hy is baie slinks. Die feit dat die SONA nie plaasvind nie se vir my dat daar iets anders aan die broei is,iets wat dalk groter skade aan die land gaan berokken. Ongelukkig is CR se magsbasis binne die NUK nie so sterk as wat ons wil glo nie, anders sou JZ reeds weg gewees het. Hier is vir my meer vra as antwoorde; vir diegene wat glo dat daar in SA ‘n Zimbabwe kan plaasvind, dink weer, die veiligheidsmagte is almal JZ lojaliste en sal daar dus geen staatsgreep hier plaasvind nie. KOm ons hoop maar dat CR binne die volgende paar dae iets kan vermag tot voordeel van almal in hierdie land.

Willie ·

Wolf in skaap klere… Ek het nog nooit soveel rassime soos nou in SA beleef nie.. Ek het n gevoel hier kom nog groot probleme… Niemand vat die kern vas nie

honourable member ·

Stem 100% saam jou . Die hele Afrika vergaan onder hierdie mense se rassisme en wanbestuur.

Jerry ·

Die skrywer stel dit 100% reg dat CR n man is met voete van klei, maar so is ons almal manne met voete van klei. Wat egter in CR se guns tel en dus ook in Suid-Afrikaners se guns is die feit dat hy nie aan die spreekwoordelike sogenaamde vryheidsvegter mentaliteit van die Zupta kliek ly nie. CR was nie in die Angola kampe opgelei waar Jesus uitgebeeld was as n vryheidsvegter met n AK 47 nie, dus sien hy die lewe met n beter en meer realistiese perspektief, vandaar sy versoenende en vrede soekende uitsprake. Alhoewel n opdraande stryd voorle, is daar hoop vir Suid-Afrikaners gedurende CR se termyn. Die feit bly egter staan dat die Zupta faksie nie gaan verdwyn nie en die hemele behoed ons indien n Zupta lid weer by CR oorvat. Dit sal wys wees vir Afrikaners om ook versoenend op te tree teenoor CR.

MTSteyn ·

Dit sal vir Afrikaners wys wees om die skille van hul oe af te skeur, na hulle konserwatiewe lewensbeskouing terug te keer, om die liberale politiek vir eens en altyd vaarwel te roep, en laer trek rondom dit wat noodsaaklik en belangrik is om hier in ons Vaderland te oorleef.

Ons is gewikkel in ‘n hewige stryd om oorlewing! Versoenend optree teenoor ‘n oortuigde sosialis (soos jou CR na homself vewys )? Aikona!

MTSteyn ·

Na alles wat onder die hiel van ‘n kommunisties-geinspireerde ANC gebeur het, word daar nog steeds die hoop uitgespreek dat een van hulle kaders ‘n positiewe verskil aan Suid-Afrika gaan maak? Kinderlik naief. Ek voorspel dat blankes binnekort gaan terug hunker na die “goeie ou dae“ van Zuma.

Frikkie Geld en huis ·

Zuma moet nie verdwyn nie. Hy moet tronk toe en laaaaaaank, anders gaan die buiteland se vertroue in Cyril ook spoedig taan. Hy sal ook dringend van die Ace moet ontslae raak, alhoewel dit lyk of hy reeds daarvoor ‘n plan in plek het.

Rooikop ·

Stem saam – hy is juis die een wat die FW se spannetjie ore aangesit het. Hy is nie ons vriend nie en heelwaarskynlik meer effektief as sy voorganger so die pyn wat hy gaan uitdeel is meer. Hy het dit mos ook gesê dat hy ons stadig sal kook.

Alida ·

Genade mense wat wil julle he? Julle kerm oor Zuma nou kerm julle oor CR!!! Wil julle die ou tannie as opvolger he? Ek glo nie. Gee die man ‘n kans. Die markte het al klaar positief begin reageer. Ten minste is hy geskool.

Hendrik ·

Wel CR gaan laat die 3 miljoen kiesers wat nie vorige verkiesing gestem het, weer stem. Dan gaan die opposise DA, EFF baie minder kandidate in die banke kry. Kom ons kyk. Die DA en EFF veg ver bo hulle gewigsgrens.

Eish ·

Wat is die nuwe werklikheid? Ek is bevrees dat dat die werklikheid is dat ons steeds deur dieselfde meerderheidsregering regeer word wat soos afkop hoenders deur die Zuma era gestuiptrek het. Hul sing net n nuwe gesang, maar dis dieselfde vlieggestremde volsruise.
Verdien ons iets beter? Regtig! Ses moorde die afgelope naweek in Masipaville die naweek. 2 jong vroue se binnegoed is verwyder en die spasie vol klippe gepak. Hul oë uitgesteek en bottels in hul privaatdele in gedruk.
Wat ons verdien is n befoeterde Sangoma in n rook gevulde hut voor die Uniegebou.
Streng gekeur volgens Afrika tradisionele intelligensie.
Die hele helhool ruik na roet en vernietiging.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.