Nuuskommentaar: Sal die regte Zuma nou opstaan?

President Jacob Zuma addressing Team SA on the margins of the WEF 2016 Annual Meeting in Davos, Switzerland. 21/01/2016, Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma addressing Team SA on the margins of the WEF 2016 Annual Meeting in Davos, Switzerland. 21/01/2016, Elmond Jiyane, GCIS

Tot kort voor die vertrek van die afvaardiging van 80 onder die leiding van pres. Jacob Zuma na Davos, is nuusgewys nie baie rojaal oor die WEF-gebeure in Switserland verslag gelewer nie. Maar die asem is opgehou … so sterk soos die Suid-Afrikaanse afvaardiging ook al mag wees, die kans op ’n verleentheid sou altyd daar wees met Zuma aan die stuur.

Toe kom die CNBC-paneelbespreking met Afrikaleiers. Zuma is tot kort voor die verrigtinge as die ster-paneellid voorgehou, maar onttrek hom en bied aan dat die minister van finansies, Pravin Gordhan, in sy plek deelneem. Enige regdenkende mens sou besef dat Gordhan ’n veel beter keuse sou wees.

Die premier van Ethiopië, Hallemariam Desalegn, dreig om te onttrek as die statuur van die paneel verlaag word. Paul Kagame, president van Rwanda, is toe in Zuma se plek in die paneel opgeneem.

Wat het regtig gebeur? Die presidensie ontken Zuma was, soos die media dit verkondig, ’n “no show.” Hy het glo al ’n week gelede aangedui dat hy nie “beskikbaar” is nie (hy het bilaterale gesprekke met die Sweedse premier gevoer), en dat Gordhan in sy plek moet gaan. Dit lyk egter of die Sweedse premier as dieselfde soort vyeblaar gebruik is as dat oudminister Nene gepos is om eendag die hoof van die Suid-Afrikaanse tak van die Brics-bank te wees.

Met Zuma is dit moeilik om agter die kap van werklike feite te kom. Was daar druk vanuit Suid-Afrika dat hy moes onttrek om eerder een met kennis van die ekonomie op die paneel te hê? Of het Zuma self kleinkoppie getrek oor die moontlikheid dat hy vrae sou moes beantwoord oor van sy onlangse verregaande uitsprake, soos dat die ANC ’n kommunistiese, sosialistiese staat nastreef? Of was hy bang dat hy deur mede-Afrikaleiers intellektueel oordonder sou word, en in die besonder die visepresident van Nigerië, Yemi Osinbako? Osinbako het ’n sterk indruk gemaak terwyl hy uiters moeilike vrae, soos die impak van die dalende olieprys op Nigerië se ekonomie, beantwoord het.

Ongeag wat agter Zuma se onttrekking skuil, die gevolge is nadelig vir Suid-Afrika.

Die probleem is egter ten eerste dat daar iewers besluit is dat Zuma, ten spyte van onlangse blapse soos veral die Nene-debakel, die “geskikte” persoon is om die Suid-Afrikaanse afvaardiging te lei. Suid-Afrika sou opsigtelik veel beter gevaar het deur soos Nigerië te maak en die adjunkpresident, Cyril Ramaphosa, “voor te stoot”.

Ramaphosa sou ’n veel geskikter lid van die paneelbespreking gewees het as Zuma.

Maar iewers binne die ANC is besluit dat Davos die ideale geleentheid sou wees om die strategie om Zuma presidensieel te laat voorkom, ’n hupstoot te gee. Die SAUK TV, as His Master’s Voice, sou vir die res sorg. Kyk maar na die nuusbulletins wat in swart tale gebeeldsend word.

Want onthou, lojaliteit aan die ANC is belangriker as lojaliteit aan die land, aldus Zuma en ge-eggo deur die ANC. As Zuma met ’n versterkte presidensiële beeld uit Davos terugkeer, was die peperduur sending geslaag. Enige veronderstelde dividende soos verhoogde buitelandse beleggings is bloot ’n bonus.

Zuma se onttrekking aan die paneelbespreking is egter belangrik. As ’n mens net kon weet of hy self besluit het om te onttrek en of druk op hom uitgeoefen is om te onttrek. Het hy self onttrek, kan dit ’n aanduiding wees dat hy self begin twyfel dat hy “deur ’n wonderwerk” so ’n watwonderse president is, waar kritiek op hom bloot is oor sy gebrekkige skoolopleiding. As hy aan sy eie vermoëns begin twyfel, kan dit wees dat hy meer nougeset sal bly by die raad waarmee kundiges die presidensie bedien. Sy skynbare aspirasies vir ’n derde termyn as ANC-president, en om sodoende ’n marionetteregering na sy pype te laat dans, kan dan vervaag.

Is Zuma egter weens druk vanuit die ANC gedwing om te onttrek, is daar eweneens veel te lees. Ten eerste sou dit bevestig dat daar mense in die ANC is wat nie net dapper genoeg is nie, maar die gesag het om Zuma van besluit te laat verander, soos wat klaarblyklik met die Nene-geval gebeur het. Ontleders meen Zuma se knieë het begin wankel toe vertrouelinge wat hy self in Luthuli-huis ontplooi het, ook die rug teen sy onkundige vrybekkigheid en irrasionele optredes begin styf maak het.

Tensy ’n moontlike opstand teen Zuma binnekort duideliker gestalte kry, sal gewone Suid-Afrikaners nie weet presies wat agter die skerms gebrou word nie. Die moontlikheid word nietemin groter dat Zuma in die nie te verre toekoms nie “weens swak gesondheid” gaan aftree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Manie ·

Ha ha ha!! Die probleem is die vrae word in die vergaderings direk aan hom gestel. Nou is daar nie vooraf geformuleerde voorbereide antwoorde nie. M.a.w. sy raadgewers kan hom nie help nie en hy moet vir homseld dink En dit my vriende is hoekom hy homself ontrek het.!!!.

Rynhardt ·

Komediante spot alreeds.n “No Show” by enige beraad is beter as om na Zuma te luister! Die presidensie kan enige flou verskonings uitdink vir hom, niemand glo hul en zuma nie! Nes talle nasies nie meer wereldleiers glo oor wat hul kwytraak nie! Davos was net n groot vergadering vir die nuwe weteldorde elite en hul dienaars! Alex Jones en talke internasionale eksperts het berig hoe vliegtuie met prostitute geland het by Davos om pret te verskaf aan die NWO en sy dienaars.Robots is ook by Davos uitgestal wat die mensdom moet vervang! Wereldleiers stel nie belang om werkloosheid hok te slaan nie.Nog steeds kan die swaargewig SABC3 span met Francis Herd bogenoemde nie uitspel vir jou in SA nie.Davos is n lekker partyjie, terwyl die globale wereld nie uit sy meer as $76 triljoen kan kom nie!

Nico van Jeffreysbaai ·

Hier kon hy nie moeilike vrae ontwyk met ‘n gegiggel nie. Wegkruip is al uitweg om uit die situasie te kom. Skande…

Fanie ·

Hoe gouer hy uitree “weens slegte gesondheid”, hoe
Beter vir ons land en sy mense. Die vraag is net, wie gaan hom vervang! Die enigste een wat kwalifiseer in die ANC se geledere is Cyril Ramaphosa. Maar gaan hy die president wíl wees, is ook nog ‘n vraag?

nic ·

Fanie, ek hoor die vraag…’wie gaan vir Zuma opvolg?..’ al hoe meer. Ramaphosa se naam kom gereeld op- ek dink egter die Marikana debakel gaan te veel teen hom tel wanneer die ANC hulle konferensie hou en die nuwe leier kies. Die moeiliker vraag is dus: ‘…in die afwesigheid van Ramaphosa- wie gaan vir Zuma opvolg?…’

Heinrich ·

Mmmmmm, seker dieselfde swak gesondheid as Shabir Shaik…

Theo ·

Tyd is nog nie reg nie. Daar is nog geld te maak met die kern program.

Ben ·

Ons is op pad na ‘n monargie – tong in die kies – oorheers deur die Zuma clan.Al het hy van haar geskei sal Dlamini Zuma sy opvolger wees. Sy is al baie mooi “gegroom” vir die joppie.Sy het genadiglik meer verstand as Zuma maar dwing nie gesag as spreker af nie.

Grassie ·

Ons stem almal saam – Zoempas is die grootste verleentheid wat ons land nog ooit oorgekom het. Almaj looi die ou, die mark is oop vir “Zuma bashing.” Is dit nie miskien wat sekere faksies van die ANC wil hê nie? Is ons nie dalk so besig om die man te speel dat ons die bal miskyk nie? Waarmee is leiers van die ANC, onder SAKP invloed, besig? Dit is duidelik dat daar groot probleme met grondbesit aan die broei is. Ek glo ook die rand se waarde word opsetlik afgedruk. Die staatsdienspensioenfonds word stelselmatig geplunder. Daar kom ook ‘n groot aanslag op wit kapitaliste. Oor onderwys, op al drie vlakke, hoef ek nie eers te praat nie. So is daar vele klein jakkalsies wat besig is om die wingerd op te vreet.
Wanneer al die skade gedoen is, word Zuma bloot die sondebok. Soos by die Israeliete
van ouds, word al die volk se ellende op hierdie bok se kop gelaai en word hy die woestyn ingejaag.

MTSteyn ·

Puik! Uiteindelik ‘n stukkie wel-deurdagte, akkurate kommentaar.
Terwyl die deursnee Blanke (en ongelukkig ook rubriekskrywers soos Herman Toerien, wat van beter behoort te weet) nooit ‘n kans laat verbygaan om Zuma te kritiseer nie, vergeet hulle blykbaar dat alles wat Zuma doen en se, deel is van ‘n fyn-uitgewerkte, puik-geformuleerde plan om Suid-Afrika tot op die rand van anargie te bring.

Omdat meeste Blankes nie verstaan hoe kommunisties-geinspireerde omverwerping van regerings werk nie, of waarom sulke anargie in die eerste plek nagejaag word nie, bly hulle fokus en aandag slegs op die marionet (lees Zuma) wat vir hulle voorgehou word. Zuma is die sondebok wat vir jou, geagte leser, voorgehou word deur duistere magte wat nog nie 1 mm afgewyk het van hulle bose plan vir jou nie.

Vergewis jou van WIE kan baat by totale anargie in Suid-Afrika, en WAT kan gebaat word wanneer die beplande verval voltrek is!

Mike ·

Goed gesê, MTSteyn. Daar is darem ‘n paar mense wat deur die klug sien.

Johann Marx ·

MTSteyn is absoluut reg. Meeste blanke Suid Afrikaners en selfs burgerregte groepe glo nog steeds in ‘n “konstitusie” en wat daarin staan……….terwyl die menere in die boonste gestoeltes werk met die ANC se vryheidsmanifes wat, om die minste te sê, ‘n skrikwekkende dokument is vir minderheidsgroepe. Dis tyd om wakker te word en onsself te begin verskans vir die dag wat daardie vryheidsmanifes die konstitusie vervang. Dis nie meer ver nie.

Anika ·

Het Zula en sy lotjie wat na die afvaardiging gestuur is, regtig gedink dat hulle gestreepte serpe die saak vir hulle gaan deurhaak ?

charmaine ·

Dalk is dit beter so netnou vra hulle hom om in miljoene te praat. En hy is in posisie om te delegeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.