Nuuskommentaar: SAUK-verhoor klink na Mafia-oopvlekking

Hlaudi Motsoeneng, hoof van korporatiewe sake by die SAUK, Donderdag buite die Wes-Kaapse hooggeregshof (24 November 2016). Foto: Catherine Rice/ANA

Hlaudi Motsoeneng, hoof van korporatiewe sake by die SAUK, Donderdag buite die Wes-Kaapse hooggeregshof (24 November 2016). Foto: Catherine Rice/ANA

Dit is nie ’n mooi prentjie oor die SAUK wat in die howe en die parlementêre ad hoc-komitee oor die SAUK ontvou nie. Hlaudi Motsoeneng, de facto-grootbaas van die SAUK, se skadu hang lank en breed oor die onthullings. Het die skynbare skrikbewind nou vir pres. Jacob Zuma ’n te groot albatros om die nek geword en laat hy nou toe dat sy veronderstelde bondgenote vir die wolwe gegooi word?

Soos ’n sardienblikkie wat stelselmatig van die een kant af opgerol word, spring die een Mafia-agtige spook ná die ander uit die SAUK se blik. En dié keer, so lyk dit uit die ontvouing tot dusver, kan ’n mens maar werklik aan ’n paar spoke glo. Dit ná die SAUK eers deur ’n mislukte interdik die parlementêre ondersoek probeer keer het, en toe ’n voorneme van die raadsvoorsitter en enigste oorblywende lid van die raad, prof. Obert Maghuve, se voorneme om te appelleer. Maghuve is intussen gedagvaar om voor die komitee te verskyn, nadat hy voorheen uitgestap en nie vir sy “genooide” getuienis opgedaag het nie. Dit sal interessant wees om te sien of hy op die dagvaarding gaan reageer.

Selfs ’n beweerde poging van die Guptas om die nuuskantore oor te neem, het in die ad hoc-komitee aan die lig gekom.

En hoeveel wetlike mag Maghuve nou beskik om teen die afwysing van sy mislukte interdik te appelleer sonder ’n raad met ’n kworum lê ook swaar op die gemoed.

Nou wil die SAUK wel aan die parlementêre proses deelneem waaruit vroeër gestap is, maar onderhewig aan eise soos om eers van Donderdag af deel te neem, en dat die SAUK ook getuies wat reeds getuienis afgelê het, onder kruisverhoor wil neem.

En daarmee ’n regsbeginsel dat hy wat geswyg het toe hy kon en moes gepraat het as ingestem geag word (stilswyende instemming), vir ’n ses slaan. Heel tereg merk die voorsitter van die parlementêre komitee op dat die SAUK na sy mening die reg om afgehandelde getuies onder kruisverhoor te neem, verbeur het.

Die parlementêre proses het voorts woema gekry met ’n uitspraak in die Kaapse hooggeregshof waar die aanstelling van die voormalige bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, ook ongrondwetlik en irrasioneel bevind is. Boonop moet Motsoeneng en die waarnemende uitvoerende hoof van die SAUK ’n deel van die regskoste uit hul eie sakke opdok.

Die SAUK oorweeg appèl.

Maar wie is die regspersoon, SAUK, nou? Wie het die gesag om oor sake soos aanstellings, redaksionele inmenging, afdankings, plaaslike inhoud van musiek, die reg om te appelleer en vele meer te beslis?

Soos gemeld, is die raad sonder kworum, en was dit al ’n hele ruk. Dit skep regsprobleme op sy eie. En die huidige voorsitter is juis in die plek aangestel van “dr.” Ellen Tshabalala, wat enduit volgehou het sy beskik oor ’n onbewysbare doktorsgraad en verskeie ander “kwalifikasies”.

Vir baie mense kom dit stellig as nuus dat Hlaudi Motsoeneng as gewese bedryfshoof (onwettig aangestel of nie) van die SAUK op papier en wat die reg betref, nie die openbare uitsaaier se grootbaas was nie. Maar in die praktyk was dit duidelik, en Maroela Media het dit ook so gestel, dat Motsoeneng ongeag die pos wat hy beklee, die de facto-hoof van die SAUK was (en skynbaar steeds is). Dit is sedertdien ook in getuienis voor die parlementêre komitee bevestig.

Om vanuit mindere poste selfs die SAUK-raad te kon regeer en sy seniors tot strooipoppe wat geïgnoreer word te reduseer, beteken dat Motsoeneng óf oor besondere en briljante populistiese eienskappe moet beskik, óf dat daar ’n mag agter die troon is.

Dit is hier waar die parlement in sy verskillende hoedanighede teenoor die SAUK, waaronder in sy rol van die aanstelling van ’n raad, asook die oorsigrol, nou in groot mate sy eie stert jaag. Dat die parlementêre ondersoek nou hoegenaamd plaasvind, en skynbaar met eerlike erns die probleme probeer oprol, is ’n groot wonder. So iets kan nie maklik gebeur sonder dat daar iewers in die ANC ’n magsverskuiwing plaasgevind het nie.

Op die oog af lyk dit of pres. Jacob Zuma besef het, of deur mense wat hy vertrou, geadviseer is dat sy pionne wat van die kabinet, die parlement, die raad en burokrasie, na Zuma se uitsaaibelange moes omsien, ’n te groot albatros om sy nek geword het. Hy gooi nou, soos sy gebruik is, sy eertydse trawante vir die wolwe en laat legitieme prosesse soos die howe, en nou skynbaar, die parlementêre komitee toe om dit te doen. Dit is immers nie van gister af duidelik nie dat min. Faith Muthambi nie juis in haar pos ten opsigte van die SAUK uitblink nie. Trouens, daar was tot baie onlangs nog groot beeldbou-aksies om haar wat die publiek betref, met genoeg gesag te beklee, maar dit lyk of groter blootstelling net haar gewildheid laat daal het.

Namate dit geblyk het dat die Motsoeneng-bewind (dikwels in getuienis as skrikbewind beskryf) onder druk gekom het, het die raadslede op die voorsitter na bedank. Van die bedankings was waarskynlik opportunistiese ontruimings terwyl die skip vergaan. Daar word nou hard probeer om “reputasies” te herstel, onder meer deur hulle van die raad te distansieer.

Die SAUK se regsprobleme het ook nie gister begin nie, ná die afdanking van die sogenaamde SAUK-8, wat met Solidariteit se tussenkoms in die howe tersyde gestel is. Die SAUK het ook by Okosa die wind van voor gekry.

Tot die krediet van verskeie lede van die SAUK se redaksionele spanne, was daar wesenlik ’n opstand teen die redaksionele inmenging. Dit was veral moeilik omdat daar vanuit die nuuskantore self “lekkasies” – soms openlik en intimiderend – na die beherende “Mafia” was, wat die intimidasie laat toeneem het. Ná Solidariteit en die howe se ingryping was daar selfs berigte van aanslae op van die prominente lede van die SAUK-8, en ook hier het dit gelyk of nuuskantoor-lekkasies, soos om die aanvallers te voorsien van die kleur van die slagoffer se kleredrag, plaasgevind het.

Die moontlikheid is nou selfs genoem van die aanstelling van ’n ombudsman om redaksionele lede van die SAUK teen intimidasie te beskerm.

Die probleme in die SAUK het diepgewortel geraak en gaan ook nie oornag opgelos word nie. Sekere korporatiewe kulture, soos die afwesigheid van mensgerigte en deelnemende bestuur, kan in weerwil van arbeidswetgewing diep ingebed raak, en selfs bewindsveranderings oorleef. ’n Kultuur om die grense van die pligte as openbare uitsaaier so “ongesiens” moontlik in die rigting van ’n propaganda-arm vir die regerende party te buig, kom nie van gister nie.

Dan word ’n uitjouery van die president uit beeldmateriaal uitgesny terwyl die buiteland dit te siene kry (en heelwat Suid-Afrikaners dan via die sosiale media). Dan word, volgens getuienis voor die parlementêre komitee, parlementêre verslaggewers deur bestuur voorgesê om Zuma gunstig in die beskikbaarstelling van nuusinsetsels voor te stel en opposisiepartye af te skeep. Streekredaksionele lede kry opdrag om minder op plaasaanvalle te fokus. Tydens verkiesings moet partygeleenthede van partye soos die ACDP en Vryheidsfront Plus afgeskeep word ten koste van kleiner maar historiese partytjies soos die PAC, Azapo en die APC, en steek redaksielede hul koppe ver uit om ’n regverdiger blootstelling te bewerkstellig.

Dankie vir die handvol redaksionele lede wat by hul beginsels van eerlike nuus hou. Mag die huidige uitskud en regsprosesse van die openbare uitsaaier ’n ware openbare uitsaaier maak.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jean ·

Ek dink daar gebeur BAIE goed agter die skerms waarvan die gewone man nie weet nie. Hierdie groepie “mafia lede” is groter as wat ons dink. Hulle sorg vir mekaar, hulle beskerm mekaar en waar die gewone man op straat al vir dieselfde oortredings in die tronk sou sit, beklee hulle steeds topposte en sit met miljoene in hulle bankrekeninge maar claim hulle is deel van die ‘poorest of the poor’ . wat ‘n grap .. gee voor om namens die armes te praat maar SWEM behoorlik in die geld.

Santie ·

Al hardloop ‘n leuen hoe snel, die waarheid agtgerhaal hom wél.

Bertha ·

That’s why we must look at programs that are repeatedly three four times a day. Fire the unqualified element freeze his bank account and give it back to the poor. The parents get a small amount of R360 per child, the elderly gets R1500 and the disabled the same but he gets a bonus of R1100000

snoefie ·

Bertha, Bertha, Bertha! parents should not have children until they know they can afford them. teenagers are having babies simply to get that small amount. in some households both parents are employed yet manage to get that small amount for each child. so wrong. just plain wrong.

Jan ·

Ai, hoe verlang ek nou terug na Apartheid se deeglikheid, finesse en ordelikheid waarmee die land regeer is. Die Ekonomie. Hospitale. Die Onderwysstelsel se voormalige strukture. Opgeleide, bevoede mense in hul vakgebiede. LP’s. Dit was darem verseker nie so morsig soos oral nou nie.

Johann ·

Komaan nommer 1, dit is nog nie te laat vir die grootste Kersgeskenk die afgelope 22 jaar nie, daar is nog 12 dae oor.

Gert ·

En weereens gaan hier niks van kom nie. Hierdie groep mense , die ‘ more equal than others ‘ ANC despote, diktators of wat hulle ookal genoem kan word , gaan net weer elders ontplooi word as ‘ strafmaatreël ‘ . Die massa wat so aan hulle neus gelei word deur hierdie geldbaronne wat ‘veg vir die massas se regte’ sal seker eers wanneer hulle landuit vlug agterkom hulle is nog steeds waar hulle was in 1994 en nog slegter af. Die blaam sal dan weer op die apartheid regime geplaas word as alles in duie stort.

Savethetigerplz ·

Rillings gly teen my rug af as ek kyk . gevaarlike mens

Gert ·

Daar gaan niks met hierdie uitgelese groepie ANC kaders gebeur nie mense. Indien daar enige optrede kom sal dit net herontplooiing na ʼn ander hoogs betaalde pos wees waar hy meer geld gaan verdien

Jan ·

Dit sal nog n rukkie neem voor ek my TV lisensies betaal. Miskien n druppel in die emmer maar dit laat my beter voel.
Hier is nie n kan vol wurms nie maar n hele treintrok vol. Dog slegs die punt van die ysberg.

Valie ·

Demokrasie Afrika-styl: mag is reg, doen wat jy wil, as jy jou teenstanders ignoreer bestáán hulle eenvoudig nie…..

Louis ·

Waar daar iets oopgekrap word sien jy die naam ZUMA. Die strop trek al hoe stywer om sy nek. Ek dink hy loop dieselfde padjie am Motswaneng. Die skrif is aan die muur vir hom

janneman ·

Jan ek stem saam met jou. Toe het alle instansies nog gewerk en toe het baie meer mense werk gehad.

Ria ·

Jan, ek stem saam waarom TV lisensie betaal as daar soveel oneerlikheid by die SAUK plaasvind en om te dink daar word van jou verwag om die regte ding te doen BETAAL JOU TV LISENSIE. Dit is genoeg dat jy as pensioenaris meer belas word om dat jy n tweede inkomste verdien want jy sukkel om met jou staats pensioen uit te kom. En dan word jou belasting op hofsake gemors om Zuma en Kie se kamma onskuld te bewys. Wat n gemors vandat die ANC oorgeneem het

johan smith ·

Demokrasie gee jou die reg om verkeerd te wees,maar nie die reg om verkeerd re doen nie.Beter gestel in Engels “democracy gives you the right to be wrong,but not the right to do wrong”

Sandra Nieuwoudt ·

Ek is nou nogal nie ‘n groot voorstaander vir Mr Trump nie maar die man het darm iets gese wat sin maak. Hy het gese dat Suid Afrika van al sy probleme sal verlos wees as NET die wat TAX BETAAL mag stem!!! Daarmee stem ek natuurlik 100% saam!!! Maar dit is ‘n pypdroom!!!

John ·

Net 3 mense het skynbaar aanvaarbare permanente aanstellings of is welkom by die SAUK… Hoor net wat dink die voorsitter oor die meerderheid werknemers… Hy sou van hulle ontslae wou raak, maar se daarna in volgende sin, hy hoor nie eintlik wat aangaan in sy maatskappy nie en kan ook eintlik niks onthou wat in vergaderings gese is nie… As mens ooit gewonder het oor Big Brother in 1984 waarna ‘n getuie self ook verwys het, dan weet ons nou.

Johan ·

Goeie artikel. Die wiel draai. Maar ek verlang nie terug na pre-1994 nie. Ja, baie dinge is sleg (plaasmoorde, korrupsie, Bbbee ens), maar baie dinge is beter (vryheid v geldbeweging, reis, alle landsburgers kan stem, ens). Voor 1994 het die broederbond en Ng Kerk Afrikaners se lewens bevoordeel (as jy lid was) of uitgesluit vir bevordering (as jy nie lid was). Zuma gaan val en saam met hom ‘n klomp korrupte volgelinge – dink eerder wie en wat hom gaan vervang…..

Tiger ·

Dis die skelmste gesig wat ek in jare gesien het.Sluheid straal uit sy ogies uit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.