Nuuskommentaar: Sekulêre Christene

godsdiens-bybel-gebed-unsplash-pexels

Foto: Unsplash/Pexels.com

In die begin het God die mens geskep. Nou skep die mens, ook Christene, God. Die gevolg is dat Christene in hul opvattings baie uiteenlopend na sake kyk, en dit noodwendig verskillende soorte voetafdrukke sal laat waar Christene leiersposisies beklee, ook in die internasionale politiek.

Iets wat nou weer sterk deurslaan, is die begrip “sekulêre Christen”. LW: Die doel van hierdie nuuskommentaar is nie om enige benadering teen ’n ander op te weeg nie, maar bloot te wys op hoe ver uiteen dit ontwikkel het.

Die begrip, “sekulêre Christen”, het onlangs weer sterk in die nuus gekom toe dit die onderwerp was van Jean Oosthuizen se program op RSG, Uit ’n ander hoek. Dit is as potgooi beskikbaar.

Vanuit ’n politiek wetenskaplike oogpunt kan gevra word of so iets hoegenaamd in ’n rubriek soos hierdie tuishoort. As bloot na die benaming, “sekulêre Christen”, gekyk word, wil dit voorkom asof daar wel genoegsame interaksie is. Vanoggend skryf die bekende rubriekskrywer, dr. Leopold Scholtz, juis die volgende: “Dit (rassisme en die beoogde optrede teen Theo Venter en Helen Zille) druis nie alleen teen die Grondwet in nie, maar ook die Christelike geloof. Dit druis in teen alles wat ek tuis van my ouers ontvang het.”

Wat Scholtz dus betref, sal ’n Christen se Christenskap wel deeglik in die sekulêre wêreld neerslag vind.

Maar wat is sekulêre Christenskap? Hieroor is daar nog lank nie ’n eenvormige begrip nie. Daar bestaan wel ’n taamlike konsensus dat dit behels dat die Bybel nie van A tot Z letterlik verstaan kan word nie. Dit het dan verskeie manifestasies soos dat Genesis nie letterlik vertolk kan word nie, en dus dikwels in die evolusiedebat ter sprake kom, dat die aard van God se goddelikheid baie onder die vergrootglas geplaas word, dat daar geen maagdelike geboorte was nie, dat die kruisdood nie werklik was nie, en dat ’n letterlike opstanding nooit plaasgevind het nie.

Nie alle sekulêre Christene glo in al die aspekte daarvan nie. Dr. Dan Roodt skryf in sy 2010-Geloftefeesrede die volgende: “Prof. Carel Boshoff het onlangs op Orania, toe ek hom oor die grondslag van sy ideologie en sy denke uitvra, geantwoord: ‘Ek is ’n sekulêre Christen.’ Dis sekerlik ’n paradoks, maar elkeen van ons, selfs dié met hul Egiptiese versugtinge oor ’n wêreld wat suiwer deur God voorafbepaal en beskik word, is sekulêre Christene. Bloedrivier as geskiedkundige gebeurtenis en die Gelofte as ’n funderende kode vir die Afrikanervolk het in diepe eerbied teenoor God geskied, maar bevat tegelykertyd ’n sekulêre logika wat eie aan ons en die uitdrukking van ons wil is.”

Die grootste gemene deler is dalk dat die sekulêre Christen nie glo dat die Bybel die enigste openbaring van God is nie. Die wetenskap/skepping is ook deel daarvan.

Op 5 Mei 2016 skryf Jaco Fourie op Litnet onder meer die volgende: “Ten spyte daarvan dat Christene oorwegend nie meer in die skeppingsverhale asook die Goddelikheid van die Bybel glo nie, wat tot ’n natuurlike gevolg hoort te lei of te bevraagteken of daar wel dan ooit ’n God in die eerste instansie was om in te glo, wil hulle halsstarrig nie hierdie geloof in ’n God prysgee nie, en sal eerder sublimeer deur “logiese” argumente om God se bestaan te wil regverdig, veral met die argument dat lewe nie sommer vanself, sonder ’n God, kon plaasgevind het nie. Dat dit moontlik deur Krishna of ander gelowe se God kon gebeur het, is natuurlik verregaande buite die kwessie vir hulle.”

Fourie se brief bevat baie aanvegbare stellings, asook feitelike dwalings en hy word dan ook deur ander lesers die kop gewas. Sy stelling oor “die meeste Christene” wat onder meer nie in die Goddelikheid van die Bybel glo nie, word sleg verteer.

Nietemin, dit lyk of die debat oor Kerstyd, en veral die Paastyd, opnuut skerp onder die vergrootglas kom. Die grense is dikwels baie moeilik af te baken oor watter stellings hoort by fundamentalisme, en watter by die “sekulêre Christen”. Daar is byvoorbeeld ’n denkskool wat gekant is daarteen dat Kersfees gevier moet word, terwyl die volle spektrum kwessies tydens die Paasfees onder die vergrootglas kom.

Selfs die debat oor of dit reg is dat die meerderheid Christene die “sewende dag” van die Saterdag na die Sondag geskuif het, word in onderling woedende styl gedebatteer. Dit terwyl kwessies soos die maagdelike geboorte ’n veel belangriker kwessie is.

Mag die een kamp veroordelend teenoor die ander wees? Uit die Bybel kan die volgende lysie van die goeie vrugte van die Heilige Gees saamgestel word: “verstaan genade van God, regverdigheid, waarheid, leer wat gee God, vreugde, liefde, vrede, geduld, vriendelikheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing, inskiklik, vol genade, onpartydig, nie veroordelend wees nie.”

Die lysie van slegte vrugte lyk soos volg: “deelname aan ongehoorsaamheid, dade wat in die geheim gepleeg word te erg om te noem, verwaandheid, uitlokkend/skoorsoekerig, selfsugtig wees, jaloers wees, vertel leuens, skynheilig, veroordeel kwaadwillig.”

In Psalm 18 sing koning Dawid in eenvoudige terme om sy Godsiening te beskryf. Wat ’n ontsaglike voorreg!

Vir die leier van die koor: Van Dawid, die dienaar van die Here. Hy het hierdie lied vir die Here gesing op die dag toe die Here hom gered het van sy vyande en van Saul.

Dawid het gesing:
Here, ek is baie lief vir U, U maak my sterk.

Here, U is my Rots, my veilige plek in die berge,
U maak my vry.
My God, U is my rots, ek voel veilig by U,
U is vir my soos ’n skild,
U is sterk en U red my, U is vir my ’n veilige plek.

Here, ek wil U prys,
want U het my gered van my vyande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Piet Brand ·

Die N. G. Kerk het vir soveel jare soveel goeie en edele werk onder ons mense en andere in die land gedoen. Dit was ‘n Christen Vors wat die Bybel as fondament gehad het (alhoewel ek nie ‘n vyfpunt Calvinis is nie), maar het ontaard in ‘n Nuwe Era’ Social Justice Warriors ‘ beweging. Soos ‘n geleerde van hulle gesê het in ‘n diens dat al wat basies nou saakmaak is dat hulle weer deel is van die Wêreld Raad van Kerke. In effek het dié instansie oneffektief en irrelevant geword. Tragies. Soos een ou oom in die Karoo gesê het, “Ek het nie die NGK verlaat nie maar die kerk het my verlaat.”

Gerda ·

Eerstens is dit geensins iets nuuts nie die Woord van God sê in die laaste tye gaan daar valse profere, leraars verderflike ketterye heimlik invoer en die Here verloën 2 Petrus 2; 1 tot 3.
1 Johannes 2;1 wat noem van klomp antichriste.
Belangrik bly by wat jy geleer het van God.

Theresa ·

Baie waar. Ek kry jongmense jammer wat dalk maklik kan twyfel wat waar is en wat net langs die waarheid is en wat vals is.

Breytie ·

Al die waarhede wat ‘n mens nodig het, is in die Bybel te vinde. Dis egter geskrifte wat in ‘n mitiese era geskryf is en jy moet dus soek vir daardie waarhede. As ‘n mens regtig ernstig is oor ‘n saak, sal die antwoord aan jou openbaar word – dis gewaarborg.

ADRI ·

Ek kan maar net vir die vir hulle bid. Lees 2 TIM 4 daar word hierdie mense met hulle leerstellings beskryf.

Kannaland ·

In my opinie is mense wat die Bybel letterlik opneem naief. Baie suiwer sekuler maar soortvan konserwatiewe mense het naiewe Christenkap en selfs sekulere Christenskap laat gaan maar die Protestante werksetiek en lewensuitkyk behou, en ek dink die groep gaan groei regoor die Westerse wereld.

andre ·

Kannaland, soos jy se, in jou opinie… gelukkig tel jou opinie nie. God se in sy woord baie duidelik, wie die woord nie soos n kind aanvaar nie, en nie die geloof van n kind het nie….. met ander woorde, glo letterlik en wees naief daaroor, die mens probeer te slim wees, maar op die ou end vang slim sy baas. vergeet van jou opinie en glo onvoorwaardelik.

johan ·

Kannaland- jy noem ons wat in die letterlike Bybel glo dan nou naief. Ek stem saam met Andre. Ons word deur Yehshua self geadviseer oor hoe om te glo. Ek vat eerder Sy raad as moderne-sic- geleerde mense s’n. Dit is nutteloos om n Skepper God in n blik te probeer druk – net om n manier van moderne en verligte glo – vir jouself te probeer regverdig.

Grassie ·

Die hele aangeleentheid wat Herman hier bespreek word deur Christus self in Mattheus 25 uiteengesit. Dit verduidelik die finale oordeel. Vir een groep gelowiges het Hy “geseëndes van my Vader” genoem en hulle verwelkom. Vir die ander groep, wat hulself ook as gelowiges beskou, het Hy gesê “Gaan weg van My, julle vervloektes.” Toe hulle daaroor kla he Hy aan hulle verduidelik dat hulle net in naam gelowiges was en nie weklik soos gelowiges geleef het nie. Die ou mense het sulke mense klipchristene genoem. Hulle is vandag volop in on samelewing, ook in ons kerke en selfs op on kansels. As ‘n mens vir Christus werklik ontmoet het, is daar rustigheid in jou gemoed en al hierdie kwelvrae pla jou nie, jy weet wie is jou Meester en waarheen jy op pad is.

hoe sê ·

Watter deel van die bybel wil julle dan glo ek is dan maar eerder eng en naief ek weet nie presies hoe dit in die hemel gaan wees nie maar wat ek wel weet dit gaan nie baie beknop wees nie

Hoop ·

Dit is belangrik dat mense mekaar nie veroordeel nie. As hulle van mekaar verskil, moet hulle mekaar se sienings respekteer. Christene leef nie noodwendig hul geloof dieselfde uit nie. Iemand is bv. meer konserwatief as die ander. Nie een van die twee is verkeerd nie, solank die basis van hul Christenskap dieselfde is, m.a.w. hulle moet weet waarin hulle glo en dit dan probeer uitleef.

Kannaland ·

Baie Christinne het reputasie opgebou as die meesters van veroordeling, asof hulle die rol by God oor wil vat.

Jacoo ·

Ek glo in die Bybel van Genesis tot Openbaring. Ek glo elke deel daarvan. Probleem is as ons selektief na die Bybel begin kyk en gedeeltes soos byvoorbeeld die skepping probeer afmaak as fiksie, dan verkoud ons in ons geloof. Moenie meer aanvaarbaar probeer wees in die wêreld nie. Glo in God wat die hemel en aarde gemaak het. Meer nog wat sy Seun gestuur het om aan die kruis te sterf. Dit moet ononderhandelbaar wees vir jou. Anders moet jy eerder 100% jou rug op God en geloof keer. Wees dan eerder heeltemal koud as wat jy ‘n lou (sekulere) Christen wil wees.

Oop oge ·

In die lig van JOH 1:1-5 kan gesien word dat daar slegs EEN God, EEN Doop, met EEN Gees is. Alle ware Christene word gesalf met daardie EEN Gees (Handelinge 2 : 38).

Satan alleen is die bron verwarring – Dis sy woonplek – die duisternis van verskillende Teologieë, Bybelse argumente, Wetenskap / fiksie en Kerk politiek.

(Jesaja 14:12-14). Ons vind hierdie gees in die vorm van Fariseers, Sariseers en Skrifgeleerdes asook almal wat God se Woord “verkondig” sonder Sy Gees, wat uiteindelik Kerk polities verwante aktiwiteite (afgode) baar.

Toe die einste God in Vlees (Jesus Christus) aan die Fariseers, Sariseers en Skrifgeleerdes verkyn het, met alle bewyse – werke en alle profesieë het na Hom verwys, toe kruisig hulle hom as `n Sekte. Hierdie groep was maar net nog `n sekulêre en denominasie beweging – slegs `n moderne woordtjie om dieselle Babeloniese verwarring mooier te laat klink van iets wat bloot suiwer valsheid is.

Daar bestaan slegs twee bronne van lewe –
1. Die Boom van die Lewe (EEN Openbaring, EEN God en EEN Gees)
2. Die boom van goed en kwaad (verwarring in menige fasette van Een Onderwerp)

Soos aan die Begin van tyd, sit ons nog steeds met Kain en Abel (Set) – Elke boom SAL voortbring van sy soort….
Die resultaat bly nog steeds dieselfde – die een saad vermoor die ander d.m.v. woorde en dade onder die dekmantel van Christendom met Een Bybel as instrument…
Kennis (Kerk sisteme) van God vs Openbaring (Identiteit) van God

Kerneels ·

Die Christelike God is nie ontdek deur bepeinsing of geskep deur mites nie. Die God van die Bybel is kenbaar deur sy selfopenbaring waarvan Jesus die volmaakte openbaring is. Naas die ware God is daar’n bose wat twyfel oor en vyandskap teen God aanhits. Dit beteken dat nie alles openbaring van God se wil en wese is nie. Hy wil definitief nie alles nie. Hy haat sonde. Sonde is nie sy wil nie omdat hy die hede en vrerlede voluitken maar nie die toekoms nie. God beplan wel vir die toekoms en stuur dit na ‘n eibddoel, maar die toekoms is oop. Dit is oop omdat God aan die mens en ander rolspelers ‘n vry wil gegee het . God is nie die enigste. Rolspeler in dietyd wat die toekoms kan beīnvloed nie. Hy laat dit toe omdat hy vrye liefde van mense eis. Sy liefde is die liefde van die kruis. Hy wil vergewe. Hy soek bondgenote. Hy soek ‘n nuwe volk wat voor hom in verwondering staan en hom uit liefde dien.

Jerry ·

Plaas jou vertroue in Jesus Christus as jou verlosser en saligmaker. Volg Jesus se wee van geloof, hoop en liefde. Dit is al, niks meer en niks minder nie!

Oop oge ·

Daar is net EEN waarheid en die Here Jesus Christus het die tafels van valsheid kom omkeer. Na Sy wederopstanding het SY GEES (God) op sy disipels neergedaal en hulle het daardie selfde boodskap verkondig en het almal met hulle bloed betaal daarvoor – asook hulle volgelinge. Dieselde Here het persoonlik aan Paulus verskyn en hy het dieselfde boodskap as Jesus verkondig – teen kerksisteme en Valsheid. Hy en sy volgelinge het ook `n duur prys betaal aan die hand van die Kerksisteme van daardie tyd.

God het nog altyd deur middel van Profete homself bekend gemaak aan Sy kinders – Die res van die mensdom het daardie God gestuurde boodskappers en die se gelowiges nog altyd gedood.

Daar bly dus net EEN oplossing oor vir diegene wat God se aangesig werklik soek. Vra die Here om jou te lei na daar waar die Profeet van die dag te vinde is. (Maleagi 4:5,6) Hy is NIE in `n denominasie of ander self gestigde instansies te vinde nie…hy wandel tussen diegene van lae aansien en verworpenes ….Soek en julle sal vind – Sela

Maarten ·

Ons almal stap die pad, die een loop dai pad saam met die Here, die ander sonder, die volgende is verward deur inmenging van die duiwel. Elk een se pad is anderstes. Al wat die dieselfde bly is ons Here, so almal ervaar die geloof op sy manier. Moeni veroordeel ni, maar soos David bly toesien op sy God. Ons het genoeg te deal met ons eie kwaad. Ek is net baie baie dankbaar dat God my leidraad mag wees.

Lewe ·

Daar is slegs een bron van lewe, en dit is God. Hy is ‘n genadige God wat medelye met ons swakhede het. Ons moet mekaar opbou en nie afbreek nie, al verskil ons dalk oor baie dinge van mekaar.

Leon ·

Dit is wat gebeur as mens ‘n kompromie maak met sekulêre denke. Die NG kerk is een van hulle. Die onfeilbare Woord van God sal bly staan al vergaan hierdie aarde en skepping. Dit is elke opregte en wedergebore Christen se plig om die Woord van God letterlik te glo vanaf Gen. 1:1 tot Openbaring. Dit is ‘n keuse wat jy moet maak en daarby hou. Die feit dat die Woord van God bestaan uit 66 boeke, geskryf deur 40 verskillende mense oor duisende jare met ‘n geïntegreerde boodskap is bewys dat dit ‘n oorsprong het van buite tyd en ruimte.

Oop oge ·

net so !! Amen
iewers langs die pad het Satan met sy dwalings boodskappe die mensdom in sy duisternis van kompromie ingelei…en dan vra dieselle mensdom – waar is God ? – en hoekom is die wereld in die toestand wat dit is ?
Die mens pluk maar net die vrugte van sy geloof (dit waarin hy glo wie God is) …..

Jongboer ·

Ek dink sekulere Christene kyk teveel na mense regte en nie na God se wil nie. Ware Christene oordeel wel volgens God se voorskrif. Christene oordeel die hart… die vrug vd Gees. Sekulere Christene wil nie ware verantwoordelikheid vat en vedraai hul geloof om hul te pas..

John ·

Die Bybel se ons moet soos ‘n kind glo. Christus se Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Dis eintlik tog so tragies en pateties dat as Eskom sy krag afsit dan vrek ons van die koue en skarrel vir iets anders om ons baste te red. Wie van die slimmes weet hoe al die planete so in plek en alles so oulik in stand bly. Wie le wakker en wonder watter kant die son more gaan opkom? Maar ons weet alles oor die Skepper en Sy werke. Die dag van snot-en-trane gaan kom… vir seker. Of gaan ons almal net sekuler verdamp of wat? Hou maar die snesies reg…. as ons slimjanne nie reeds al die bome afgekap het om aardverwarming te keer en water te bespaar nie…

Zumie ·

Gelowige ateis
sosialistieste kapitalis
geweldadige pasifis
so ook is sekulere christen is sinnelose samestelling.
As jy onvoorwaardelik glo noem jouself Christen
As jy nie onvoorwaardelik glo nie neem die moed van jou oortuiging en noem jou iets anders

Frans C ·

Die 5 Boeke van Moses word die eerste 5 boeke van die Bybel genoem. Moses mag ‘n skeppingsverhaal vertel het, maar nie geskryf nie.Die eerste skeppingsverhaal is geskryf deur die Jode in ballingskap as teenvoeter vir die Babloniese skeppings verhale,tussen 586 en 539 vC.Die 2de kom uit die landbou agtergrond in die tyd van die konings.Hoe groot is die Paradys?Josephus beskryf dit in sy werk:
“Moses then recites an account of the plantation of a garden in the east (afterwards called Paradise) abounding with all kinds of vegetables, and representing, in particular, a tree of life,*and a tree of knowledge, by means of which good and evil were to be distinguished. In this Paradise the Almighty placed Adam and Eve with orders to attend to the cultivation of its various plants. This garden was watered by a river, which surrounding its whole circumference, divided itself into four channels. The first current called Pishon (signifying abundance, or a multitude) flowing through India,* falls into the ocean, and is by the Greeks called Ganges. The second called Euphrates, and in the Hebrew Phora (i. e. dispersion or flower) and the third called Tigris or Diglath * i. e. narrow, rapid,) both run into the Red Sea. Gihon, which takes its course through Egypt, signifies in Hebrew, rising from the east; but is called by the Greeks Nilus.”
Dit is ‘n enorme stuk grond en waar is die middel?Dit gaan dus mi oor die WIE en nie die hoe nie.

Jewel ·

Lees bietjie Spreuke 22 vers 17 tot Spreuke 24 vers 22…. Dis oorspronklik geskryf deur die Egiptiese Amen-em-Opet… (waar’s Salomo nou!)

Ftans C ·

‘n Mens soortgelyke verhale in alle kulture.Die toepassing verander egter van tyd tot tyd en woorde verloor hul oorspronklike betekenis ook in Afrikaans.
Die woord ‘Myth’ ook ‘n totaal ander betekenis gedra as vandag.Dit ingesluit die oordrag van ‘n verhaal gegrond in die waarheid en is ook verwand aand ‘n woord ,wat onderrig beteken het.

Dat ‘n mens dus soortgelyke weergawes in ander tale en volke vind,doen nie afbreuk
aan die toepassing daarvan nie.Mense raak mi deurmekaar.Die ou testament is nie die Christene se geskiedenis nie,maar die geskiedenis van die uitverkore volk van God,nl
die geskiedenis van dit wat bekend staan uit die Joodse volk.

Die nuwe testament gaan oor die geskiedenis van die Christene, die deur die werk van Jesus Christus,God se aangenome kinders.Ons word deur wek van Jesus Christus,lede van ‘n nuwe verbond.Die ou verbond tussen God en sy opstandige volk het verval die dag toe hul sy Seun verwerp het,want Christus het eers na sy volksgenote gegaan en hulle uitgenooi.

Hulle was die genooide gaste en toe hulle nie opdaag nie is ons ,mense buite die eerste verbond, mense wat in agterstrate geleef het uitgenooi om te kom sit aan die tafel.Verstaan jy dit? Ek nie want dit is ‘n wonderwerk alleen uit genade deur die werking van die Heilige Gees,wat deur verkondiging van die Woord,mense uitnooi en oortuig.

Nouja ·

Dankie tog ek behoort nie aan hierdie gemeente van onvergeeflike onverdraagsamiges nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.