Nuuskommentaar: Sien ons nou die voortekens van ’n staatsgreep?

(Argieffoto)

Fopnuus of alarmisties, praatjies oor die moontlikheid dat Suid-Afrika op ’n staatsgreep of iets soortgelyks afstuur het nou só algemeen begin word dat dit die afgelope Sondagaand selfs vlugtig in RSG se program Kommentaar onder die vergrootglas geplaas is. Hoewel die paneellede nie reken dat die kanse goed is nie, is daar min of meer saamgestem dat daar sekere faktore met die hantering van die Covid-19-afsonderingstrategie is wat die klimaat daarvoor meer waarskynlik maak. Veral die ontplooiing van 70 000 soldate sonder ’n werklike ontplooiingsmandaat, word beskou as teken dat die regering self nie oorgerus is dat daar nie sulke sprake is nie.

Die groot interessantheid is dat daar op die oomblik ook ’n laevlak diskoers is dat iets soortgelyks in die VSA op hande kan wees. Die noem van die moontlikheid dat pres. Donald Trump ’n staatsgreep kan uitvoer as hy later vanjaar die presidentsverkiesing sou verloor, is veral gelanseer deur Michael Cohan se getuienis ’n jaar gelede waaroor soos volg in US Today berig word: “Yet, given how Trump has already blown through the norms of governance in previously unimaginable ways by attacking the judiciary, Congress and the free press – as well as the increasing possibility that Trump’s post-presidential life could very well consist of criminal trials – Cohen’s warning [van ’n moontlike staatsgreep] is worth serious consideration. After all, during the last campaign Trump refused to commit in advance that he would accept the results.”

Selfs in die mees onlangse voorspellings word hierdie redenasie bykans onveranderd gebruik. Dit word gebruik al het geen verslane president nog geweier om die Withuis se sleutels aan sy opvolger te oorhandig nie.

Maar reeds in 2017 het The Conversation ’n artikel oor die “ondenkbare” gedra (lees gerus hier). Trump het op sy beurt die pogings om hom in ’n staat van beskuldiging te plaas, as ’n gepoogde staatsgreep beskryf.

Benewens die skynbaar sinnelose motiverings vir die bykomende ontplooiing van 70 000 soldate, wat sou die dryfkragte wees vir die volharding van die storie? Of is dit maar net een van die talle fopnuusstories wat nou so in omloop is, en wat deur ontstellend baie mense met sinker, hoek, vislyn en vrot aas en al gesluk word?

As die redes vir staatsgrepe in verskillende lande bestudeer word, is daar verskeie van die faktore daarvoor ook in Suid-Afrika teenwoordig. Ons gooi ’n paar hiervan in die ontleedpot, hoewel dit onwaarskynlik is dat enige hiervan tot ’n staatsgreep sal lei. Losstaande opstande, oproer en hofsake om die regering tot besinning te bring is egter ’n ander saak.

  1. Die opsies vir oudpres. Jacob Zuma om tronkstraf vry te spring word stadigaan al minder, ten spyte van die uitrekproses bekend as Zuma en kie se Stalingrad-strategie. Ondersteuners soos Ace Magashule is bitterlik gekant daarteen dat Suid-Afrika geld by die IMF moet leen, omdat die IMF voorwaardes stel, wat Magashule meen die land van sy soewereiniteit sal stroop. Die IMF is egter een van die instellings wat SA nader vir hulp om uit die finansiële Covid-19-verbonde geldelike verknorsing te kom. Maroela en prof André Duvenhage, ontleder van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomse kampus het gewys op die moontlikheid dat dié voorwaardes kan insluit die skraping van planne om sommige plase sonder vergoeding te gryp – iets wat Magashule in bykans EFF-styl steun.
  2. Rewolusies en staatsgrepe vind dikwels plaas waar die welvaartsgaping baie groot is, waar die loongaping baie groot is, en dit boonop deur rassisme en ideologiese verdwaaldheid verskans word.
  3. Die broeiende onmin oor die uitgerektheid van die Covid-19-inperking kan tot verset bydra.
  4. Die behoud van ministers en adjunkministers wat benewens onbekwaam is, luid-losbekkig is en die een na die ander onverantwoordelike uitspraak maak.
  5. Steun wat met die skep van oormatige verwagtinge verwerf word, maar waar die verwagtinge bevredig moet word.
  6. Die volgehoue gemoker op die rassetamboer, juis noudat ’n groot mate van eenheid verlang word. Hoekom moes veral bruin gebiede eers mediadekking kry voor aangedui is dat hulle nou ook kospakkies sal kry? Of is dit maar weer ’n geval waar die “dice” maar weer vir die bruin mense verkeerd geval het?
  7. Verskeie opnames toon dat hongersnood vir groot dele van die land voorlê, nie so seer oor daar nie kos is nie, maar omdat die verspreiding van die kos weens korrupsie en onbevoegdheid meer nie wil strook nie.
  8. Viroloë en genetici oor die hele wêreld, en ook in Suid-Afrika, meld dat die beplanners van teenstrategieë teen die pandemie te min van die virus se genetika verstaan, en dat die belangrikheid van ’n behoorlike begrip van die virus se genetika onontbeerlik is, maar bykans volledig verswyg word. Dit beteken dat die gebruik van dikwels weersprekende statistieke om patrone by die beplanning te bepaal, so gereeld misluk. Statistiese data weerspreek mekaar dus net te gereeld. Dit vertraag die gewenste behaling van inperkingsvoordele, en dit frustreer weer die publiek.
  9. Van kort na die ANC se bewindsoorname in 1994 het die media reeds geskryf oor die ANC se beheptheid met middelmatigheid. Hieruit het die konsep van “genoegsaam” lyf gekry – wanneer daar byvoorbeeld met die uitrol van ’n verkiesing of sensus erg drooggemaak is, word die resultaat as “genoegsaam vry en regverdig” te beskryf, en dan moet ’n mens maar weet daar is eintlik erg aangejaag.
  10. Is veranderings aan of skendings van die grondwet wat teen die internasionale reg indryf, nie maar ook ’n vorm van ʼn staatsgreep nie? Op Vryheidsdag is dit seker gepas om te vra hoe vry is mense as die regering vir rassistiese optredes en wetgewing hof toe gesleep word?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Rodger17 ·

Dit klink nogal na n geloofwaardige bewering van n staatsgreep.Klink vir my of cyril se teenstaanders iets beplan.Dai magashule moet baie vinnig toegesluit word hy is die doodspyker in die anc se kis.Cyril maak oop jou oë

capie ·

Die tekens van ‘n vreedsame staatsgreep was binne die eerste twee weke duidelik sigbaar deur die optrede van die regering , polisie en weermag. Kry almal in afsondering by die huis, ontplooi die weermag, leen geld waar jy kan teen watter ookal reels en dan vat jy oor en vra china en ander afrika diktators se ondersteuning. Die res van die wereld het geen groot belange hier soos olie ens so hulle gaan maar net hul skouers optrek.

Johan ·

Baie dankie aan Maroela Media wat die kaf van die kring skei. Herman, baie dankie vir insiggewende, raakvat kommentaar.

Fedup ·

This will be south africa’s biggest waiting game ever. Power and unfortunately destruction is not that far from the end of this freaky dark tunnel.

Grassie ·

Ek glo die regering se huidige beplanning word gedoen ter voorbereiding van wat moontlik in die volgende paar maande gaan gebeur. Griep is ‘n wintersiekte en ons winter is nou voor die deur. Die moontlikheid dat die besmetting weens die korona-virus in die volgende paar maande landwyd drasties gaan verhoog word deur kundiges voorspel. Teen Augustus/September kan die hele kospakkie-projek uitgeput wees en die regering se geld sal ook op wees. Dan gaan die peoples honger wees, landwyd, en ons weet hoe honger peoples reageer. Dit is waarom die ANC nou al Kubane invoer en 73000 soldate ontplooi. As dit gebeur gaan ons klompie wittes harde bene kou.

Human ·

Al verskil tussen die Withuis en die Uniegebou se heersers is net die kleur van hulle velle en dieselfde van hul ondersteuners.

Andries ·

Die ekonomiese beleid van die ANC voor Covid 19 het die ekonomie grotendeels vernietig. Covid is die laaste strooi wat die ekonomiese rug van SA breek. IMF-hulp is onvermydelik en voorwaardes gaan deur IMF opgelê word wat nie vir sekere kaders in ANC aanvaarbaar gaan wees nie. Die tweespalt in ANC sal sy ondergang beteken en ‘n staatsgreep sal al uitweg wees vir huidige leiers om mag te behou wat nie gedoen kan word nie omdat ‘n staatgreep IMF hulp sal uitskakel. Die ANC gaan verdeel
in twee partye wat ‘n meer effektiewe opposisie tot gevolg sal hê en dit moeiliker sal maak om die land as ‘n eenheid te bestuur as gevolg van botsende belange van groepe/rasse. Die uiteinde van die saak sal wees dat sekere gebiede in die land sal wil afskei van die senrale regering se beheer en dat ‘n federasie van state tot stand sal kom. Een ding is seker: daar gaan onverwagte politieke veranderings kom as gevolg van Covid19.

Abel ·

Herman. Jy het na my mening nie die twee belangrikste faktore oorweeg nie.. Eerstens, ’n weermag wat in sy wese ge-deprofessionaliseer is. Dit is die grootste verskil tussen SA en die VSA en maak enige bespiegeling in die verband wat die VSA betref begrappend. Tweedens, ‘n militere leierskader wat absoluut geen begrip het van die aard en wese van die land se burgerlik-militere verhoudings nie. Sien in die verband die misplaaste opmerking van Gen Yam voor die Parlementere Portefeulje Komitee op Verdediging hierdie week. https://www.dailymaverick.co.za/article/2020-04-23-the-path-of-ramaphosas-letter-for-major-sandf-deployment-raises-serious-concerns-around-separation-of-powers/

Raadslid ·

Ryper as nou was die tyd vir selfbeskikking nie.
Ons moet uit die bedeling of saam met die liberaliste en kommuniste sink.

Jean ·

Om die waarheid te se het die artiekel glad nie sin gemaak nie. Dit val te veel rond asof daar geen punt is nie. Ek dink ook nie die regte terme word gebruik nie. Staatsgreep? Nee, miskien het hy bedoel polisie staat.

Ian ·

Die Amerikaanse gedeelte van die berig is liberale propaganda. Dat die demokrate in Amerika besig is met ‘n staatsgreep is veel eerder waar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.