Nuuskommentaar: Solidariteit se soeklig val op rassekwessie

rassisme mnn_com

Grafika: Mnn.com

Die nuus dat Solidariteit nou tot aksie oorgaan met optrede teen onder meer die verskynsel dat polisielede wat van wangedrag beskuldig word, die saak eenvoudig omkeer deur die klaer daarvan valslik te beskuldig dat hulle die “k”-woord gebruik het, en dan die eintlike slagoffer word, gaan ʼn wye reperkussies hê. Dit kan pres. Cyril Ramaphosa noop om persoonlik in te tree en kan selfs moontlik tot nog ʼn kommissie van ondersoek lei.

En dit gaan besonder moeilik wees onder meer omdat die uitgerektheid van ondersoeke soos dié van die Zondo-kommissie nog nie tot die flink uitdeel van oranje oorpakke gelei het nie, en die publiek dan nog ’n uitgerekte president-geïnisieerde ondersoek moet sluk wat tot verdere uitgerekte onderdrukking van die kwessie kan lei.

Bloot geoordeel aan die eerstehandse ervarings van lesers in verskillende publikasies wat op Solidariteit se planne reageer, is die probleem nie net tot die polisie beperk nie, maar is dit oor ’n wye spektrum ’n yslike probleem.

Die belangrikste les is dat elke werker so ver hy dit kan bekostig, lid van ’n goeie vakbond moet wees.

Een van die remedies wat die slagoffer van hierdie soort skynproses het, is om ’n klag van teistering (nie noodwendig seksuele teistering nie) te lê. Dit hou verband met die begrip van konstruktiewe ontslag. Dit is as die teistering so onhoudbaar word dat die slagoffer nie anders kan as om te bedank nie. Hy of sy kan dan ná die tyd konstruktiewe ontslag weens teistering aanvoer. As iemand wat self arbeidsreg met onderskeiding geslaag het, sal ek egter nie iemand aanraai om hierdie roete sonder die instemming van ’n vakbond aan te pak nie. Die algemene reël is dat dit moeilik bewysbaar is, hoewel die professor wat die kursus aangebied het, ontken dat dit so moeilik is.

Vakbonde is egter oor die algemeen lugtig om so ’n saak aan te pak, en Solidariteit is een van die min, indien nie die enigste nie, wat dit al suksesvol kon hanteer.

Hierdie aksie van Solidariteit val saam met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se saak teen Eben Etzebeth. Daar is nou selfs in parlementêre kringe ontsteltenis oor die saak so stadig vorder, maar dit onderstreep die groter probleem – daar is ritse en ritse sake waar wit mense klagtes gelê het, maar selfs deur gereeld te gaan stook, soos met ’n klag wat die Vryheidsfront Plus en talle lede van die publiek teen die destydse pres. Zuma gelê het, bloot doodbloei. Zuma is destyds van haatspraak beskuldig omdat hy gesê het wit mense het hul grond bekom deur dit van swart mense te steel. Deur dit nie te bereg nie, is die steel-opvatting nou met die planne van grondgryp sonder vergoeding gewoon ’n “feit” en is rasseverhoudinge weer eens erg verkeerd opgevryf.

Daar is, weer eens uit leserskommentare beoordeel, nou ’n enorme wantroue in die Menseregtekommissie se vermoë tot ewehandige optrede. Selfs die paar uitsonderings die afgelope paar weke het min gedoen om wit mense se wantroue in die MRK te herstel.

Dit is ’n enorme taak wat Solidariteit nou aanpak. Dit sal help as elkeen wat ’n toepaslike ervaring beleef het, die besonderhede vir Solidariteit laat kry, en om daarna met elke stap op Solidariteit se versoek saam te werk. Laat sommer by voorbaat die inhoud van voorleggings beëdig.

’n Uitvloeisel is dat hoe meer gevalle van diskriminasie teen minderhede bewys kan word, hoe sterker word die reg van die benadeelde minderheid of minderhede om uitgebreide en beskermde minderheidsregte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

SO ·

BBEEE ens. is goeie voorbeeld van rassepolarisasie en rasisme. Bloot omdat die Skepper ons onder mekaar anders laat lyk en optree. Op grond van hoe jy lyk kry jy werk deesdae werk. Waarom is vermoë, kwalifikasie en ervaring nie die enigste maatstaf wanneer dit kom by due vul van vakatures nie? Om op ouderdom en velkleur en jou gebrek gediskwalifiseer te word is rasisme en diskriminasie.

Elizna ·

Ek moet sê daarbuiteis rassiste..ek haal my hoed af vir my kollege.. Hy is swart en n verkeersman wat net sy werk eerlik doen…en daar word hy n K genoeg…en hy sê vir my “Nee hy sal nie SAPS gaan en saak oop maak nie want die many sal hom self ophang as sy mond so weghol..Ek was woedend want ons almal probeer n nuwe toekoms jou en dan kom n volwasse man en doen dit.. aan ander kant is ons almal natuurlik rasiste as sekere mense bedreig voel…

Vryheid ·

As ek die tipe berig lees kan ek nie help om te dink waarvoor mors ek nog my tyd hier in SA nie. SA is net vir die meerderheid – die minderheid sal moet bly baklei vir n plekkie in die son en dit sal nie verander nie!

Arak ·

Wat bly oor as jy alle vertroue in die land se regstelsel verloor het?

Linda J ·

Solidariteit, baie dankie vir julle harde werk. Ongelukkig het my grief tussen neus en ore verdwyn, maar ek laat nie op my kop sit nie ek weet ongelukkig te veel. Hoekom is die polisie nie 50% swart en 50% blank nie. Gaan kyk bietjie na al die bevorderings wat nou deur is, omtrend almal is swart net hier en daar is ‘n blanke bevorder. Ek het self op die paneel gesit waar daar eerder gekyk is na kwalifikasies as na ondervinding. Tog snaaks party het so baie kwalifikasies maar hulle kan nie die werk doen nie maar hulle kry die pos en as hulle die pos kry is hulle nog te sleg om die werk te doen, geld is al wat vir hulle saak maak en as jy hulle aanvat oor hulle manier van werk dan is jy die VARK in die verhaal en o wee moet nie vir hulle waag sê: jy is nou al drie (3) day agter mekaar laat vir werk nie, dan is die hel los. Party van die hoofbestuur bv. Kolonel kom eers 09:30 by die werk en moet ook nie waag vra waarom hy laat is nie, so wys hulle die onderdane hoe om te werk deur nooit betyds te wees vir werk nie. Ek is al so erg geboellie dat my eie privaat kar by die werk met ‘n paintball gun geskiet is.

Magdalena ·

Ek en vele ander kollegas (ongeag vel kleur) is geviktimiseer deur ‘n senior.
Sy het haar telkemale “uitgedraai”……
1ste wou en het die stasiebevelvoerder en kluster bevelvoeder nie griewe deur gestuur ……statistieke moet goed lyk
2dens die senior ken mense wat mense ken by die Nasionale Hoofkantoor…..
By al 3 Unies (en self die Arbeids afdeling ) is griewe en klagtes ingedien……geen sukses. Die lid steeds in diens.
Nee wat hoop vir sukses uit die tameletjie het ek nie

Mieke ·

Ja, ek ook nie!
Sekere mense is onaantasbaar, wit of swart.
Dis nie wat jy ken of weet, dis suiwer wie…….
en karma???? Nee wat, het altyd geglo die wiel draai, maar glo dit ook nie meer nie.
Laat mens moedeloos voel……

adk ·

Wat het van Ashwin Willemse saga geword….het hulle daarvan “vergeet”?

Mieke ·

Gaaaaaaaappppppp……..
Noooooogggggg ‘n komissie van ondersoek???????
Regtig?
Wat help al die ondersoeke ons? Niks gebeur dan nie?????????

chris barnard ·

Die meerderheid gebruik elke strooihalm om geld van die minderheid te eis vir sommige onbenullige aangeleenthede,terwyl hulle alle reels in die boek oortree. Dit laat my onwillig terugdink aan wat Winston Churchill gese het ,nl “how much has been done for so many by so few………..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.