Nuuskommentaar: Sou wegdoen van kaderbeleid ook met omarming van sosio-ekonomiese gelykheid wegdoen?

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/ GCIS

Baie Suid-Afrikaners sal verlig wees om in sekere mediabronne te lees pres. Cyril Ramaphosa wil wegdoen met kaderontplooiing en dit met ’n merietestelsel vervang. Maar is dit inderdaad wat hy gesê het?

Kwalifikasies, en nie ’n kader se posisie op die kaders se belangrikheidslys nie, moet voortaan as norm vir ontplooiing geld. Maar is dit wat die president gesê en bedoel het? Ander bronne meld weer bloot dat kwalifikasies die norm moet wees vir kaderontplooiing.

Is kaderskap nou die eintlike norm, of is dit kwalifikasies? Sowetan beskryf dit so: “Ramaphosa said there was a unanimous decision that there should be a qualifications criteria for their comrades who are appointed into positions in the government. ‘The ANC will become more stringent in the selection process of all public representatives including setting qualification criteria for comrades who should be put on ANC lists,’ Ramaphosa said.”

Times Live skryf: “President Cyril Ramaphosa announced plans on Monday to end cadre deployment in an effort to build a capable and effective state that delivers services with speed. Writing in his weekly newsletter, Ramaphosa said one of the pressing challenges was the need to build a capable state, a task that does not capture the imagination of most people but is essential to everything his government wants to achieve.”

In sy weeklikse nuusbrief skryf Ramaphosa: “A capable state starts with the people who work in it. Officials and managers must possess the right financial and technical skills and other expertise. We are committed to end the practice of poorly qualified individuals being parachuted into positions of authority through political patronage. There should be consequences for all those in the public service who do not do their work.”

Word die kaderbeleid nou deur ’n kwalifikasiebeleid vervang, of word die kaderbeleid self net deur ’n kwalifikasievereiste aangepas? Ook Netwerk 24 se weergawe is nie 100% duidelik nie, en volg min of meer Times Live se weergawe.

En, o ja, die inhoud word aan die ANC se NUK, en nie Ramaphosa self nie, se standpunte soos na die NUK-vergadering wat pas plaasgevind het, toegeskryf.

Wat ons wel weet is dat kwalifikasies nou as belangrik geag word. Wat ons nié weet nie, is of die oplossing binne die vereistes van ’n grondwetlike demokrasie sal geskied, of soos met oudpres. Jacob Zuma dit binne die raamwerk van ’n de facto eenpartystaat en ’n diktatuur/tirannie van die meerderheid beskou moet word?

Zuma het byvoorbeeld betreklik onlangs nog openlik voorspraak gemaak dat mense wat ANC stem, voorrang by aanstellings verdien, maar dit was nog nie werklik ’n geheim dat hy nie die inhoud van sy ampseed ken, of die werking van ’n grondwetlike demokrasie verstaan nie.

As aanvaar word dat die NUK werklik voel soos die meeste publikasies hierbo berig, en dat dit inderdaad ook Ramaphosa se siening bevat, moet weer gevra word of diegene wat in ’n burgeroorlog teen Ramaphosa gewikkel is, Ramaphosa sal toelaat om met kaderontplooiing weg te doen.

Daar is ’n duidelike versugting in vele nie-ANC-oorde dat Ramaphosa sy rug styf moet begin maak, en uitkom uit die kas waar hy volgens Blouwillem Theron skuil. Philda Essop se rubriek op Netwerk 24, “Dis hoekom ’n sterk Cyril nodig is”, en Judith February se rubriek, “Tyd vir realiteite in die oë kyk, Cyril”, dui op die versugting dat Ramaphosa duideliker vir reg en geregtigheid moet begin optree.

Die groot vraag is of die ANC gereed is om die blaam vir sosio-ekonomiese agterstande te versag sodat na ’n meriete-gedrewe stelsel oorgeslaan kan word – met ander woorde om alle kragte wat as ekonomiese stimulante en energie kan dien, in gelyke mate te bedien – tot almal se heil. Tot dusver was die klem meer op ’n skuldgedrewe narratief dat wit mense in effek gestraf moet word met stimulusse wat rasgerig aangewend word.

Miskien is dit daarom hoogs tydig dat The Conversation juis in vandag se uitgawe op dieselfde kwessie in die VSA fokus. ’n Reeks artikels handel hieroor, met Martin Luther King se woorde, “I have a dream” as tema-agtergrond.

Die senior redakteur godsdiens en etiek, Kalpanaa Jain, lui die artikel soos volg in: “Fifty-seven years later, powerful words from Martin Luther King Jr.’s famous speech, ‘I have a dream’, remain in the public consciousness, inspiring generations of younger Americans. King’s preaching interpreted the gospel to address black misery as well as bring the message of Christian hope. On the anniversary of Martin Luther King Jr. Day, scholar Kenyatta R. Gilbert, who studies African-American preaching, writes that King used a “prophetic voice” that he learned from black preachers responding to the challenges of an oppressed community. He brought a hopeful voice to human tragedy.”

Die ander artikels is:

Die temas is natuurlik nie nuut nie. Hierdie rubriekskrywer het al verskeie kere geskryf oor die opsigtelike kruisbestuiwing tussen radikale swart denke in die VSA en hier, wat onder meer die gedagtes insluit dat swart per definisie nie rassisties kan wees nie, die “blackfacing-insidente” en die idees van Fanon wat via Steve Biko hier inslag gevind het. ’n Nuwe siening oor restitusie het ontwikkel en na Suid-Afrika oorgewaai.

Lees byvoorbeeld hier (2015) en hier (2019). Die uwe kry ook twee erkennings in ’n akademiese verslag,’n Liturgiese praxisteorie vir ’n teologie van versoening en geregtigheid” deur Suzanne van der Merwe, Cas Wepener en Marcel Barnard hier.

As rasmanipulasie en voortrek nie in die VSA nog beduidend kon slaag nie, hoekom sal dié diskriminasie dan in Suid-Afrika werk? Veral as die wyse waarop dit geïmplementeer word rasdiskriminerend is, en wegdoen met basiese grondwetlike beginsels en rasseverhoudinge onder konstante druk plaas?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Feite ·

Wat CR se is dat kaders met kwalifikasies van nou af voorkeur gaan geniet by ANC selfverrykingsplanne. Die ongekwalifiseerde kaders het klaar hulle beurt gehad en aangesien alle kaders die geleentheid gehad het om die nodige kwalifikasies te bekom, is dit van nou af hulle beurt. Kaders is nou slimmer en sal beter kan bydra tot selfverryking van die ANC en uitsluiting van die anti rewolusioneres. Gekwalifiseerde kaders sal help om die ANC se ideaal van n sosialistiese welsynstaat vinniger te verwesenlik!

Humor ·

Dankie feite jy stel die feit in eenvoud boeretaal. Kort rebuilt en verstaanbaar

Johan Venter ·

Jip, soos in kwalifikasies behaal met ‘n slaagpunt van oor die 30% en nie kaders so posisie op die ranglyste nie moet voortaan as norm vir ontplooiing geld.

Johan Venter ·

Jip, hulle het hul Damaskus-oomblik nou by die NUK se beraad gehad, en daar vind hulle toe sommer ook die wiel uit.

JohanR ·

Mense die is die hoof amptenare van die ANC NUK naamlik Cyril, Ramaphosa, David, Mabuza, Gwede, Mantashe, Ace, Magashule, Jessie, Duarte, Paul, Mashatile. Nou vra ek in Engels as die naame soe deurgekyk word…..”do they inspire confidence, and would you cast a vote for any one of them at a ballot box”? Te minste vier van hulle behoort in die tronk, as nie al ses!

Piet ·

Mens kom eers agter hoe liggelowig jy is wanneer jy vir jouself lieg.
As mens nog omring deur mense wat vir jou vertel wat jy wil hoor (lieg). Jho die arme belastingbetaler

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.