Nuuskommentaar: Spel beter uit oor grondgryp

Gewelddadige betogings wat in Hermanus in die Wes-Kaap woed (Maart 2018). Foto: Facebook

Persepsies maak die werklikheid vinnig tot niet. So wil dit altans voorkom uit ’n beraad oor grondonteiening sonder kompensasie wat nou in Gauteng plaasvind.

Terwyl van die aanwesiges beleefd met hul voorafpersepsies swyg, word daar vanuit die ander kamp beledigende beskuldigings geslinger waaraan die stiller groep dikwels nie eens gedink het nie.

En daardie griewe wat so uitborrel, word skynbaar soms geslagte lank reeds gekoester.

Dat daar polarisasie in die land aanwesig is, kan nie betwyfel word nie. Dit is aan albei kante gedemonstreer deur die sogenaamde doodskissaak, asook ander sake waar selfs die dame met die swaard soms onder hewige druk gekom het.

Nou, volgens die minister van landelike ontwikkeling, Maite Nkoana-Mashabane, sal met ’n toetssaak oor grondonteiening begin word nog voordat artikel 25 van die grondwet gewysig is.

Dit het die ANC ongeveer ’n jaar geneem om die EFF en ander wat ’n mosie in die parlement probeer deurvoer het om grondgryp te wettig, ’n loesing te gee tot waar die partye nou nie net self watermond staan nie, maar die grondwetlike proses wil vooruitloop. Oudpres. Jacob Zuma was skynbaar die tweede senior lid van die ANC wat in die openbaar van die ANC se goedgekeurde beleid afgewyk het, en hom ten gunste van grondgryp sonder kompensasie gewend het. Hy het die stokkie aan sy opvolgkandidaat, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, oorgegee wat daar en dan skynbaar haar eie intellektuele vermoëns ter wille van populisme gaan begrawe het.

Nou is pres. Cyril Ramaphosa self ’n voorprater, weliswaar met voorbehoude – en soms verspotte stellings. Soos dat die proses binne die reg en grondwetlik sal geskied – terwyl die wiele reeds draai om die grondwetlike raamwerk te verander.

Die ANC baseer sy groot haas op uitlegte dat dit onder die huidige grondwet nie nodig is om artikel 25 te wysig nie. Met juridiese akrobatiek kan sulke uitlegte dalk gevind word, maar feit bly dat artikel 25 onteiening (van alle eiendom) sonder behoorlike kompensasie verbied. Artikel 25 is deel van die handves van menseregte wat dit terselfdertyd in ’n gesagsposisie en ’n baie oop vertolking, tipies van ’n handves van menseregte, plaas. Maar sjoe, artikel 25 is darem baie duidelik oor kompensasie.

Die ironie is dat die minister steeds praat van nie oorhaastig optree nie. Die parlementêre ad hoc-komitee wat na die wysiging van artikel 25 moet omsien, moet teen Augustus laat weet of ’n uitleg dat ’n wysiging onnodig mag wees, enige substansie het.

Hoekom dan nou reeds ’n toetssaak gaan afkondig?

Gewelddadige betogings wat in Hermanus in die Wes-Kaap woed (Maart 2018). Foto: Facebook

Die minister se redes is wollerig. Die persoon (wat nie mag weet wie hy is nie, sodat hy nie solank kan voorberei nie) is besig “om die een plaas na die ander in die Oos-Kaap op te koop, en dus pure gulsigheid”.

’n Debat oor die voordele van die winsmotief van kapitalisme as “enjin” om ekonomiese groei te stimuleer, moet nou ook in hierdie verband gevoer word, en die ekonome sal moet regstaan. Die probleem, so lyk dit, is dat sosialistiese / kommunistiese denke reeds baie diep posgevat het, soos die TLU-SA uitgewys is, en deur die Vryheidsfront Plus in ander terme basies bevestig is. Dit lyk of dit moeilik sal gaan dat die Mantashes, wat die proses help ontknoop, sal skietgee.

Wollerigheid oor presies wat die juridiese voorbehoude gaan wees, gemeng met politieke opportunisme en ’n werklike tekort aan blyplek, skep ’n ideale teelaarde vir anargie. So berig Volksblad vanoggend dat buitelanders by Wesselsbron deurgeloop het.

Dit is in beginsel reg dat ’n parlementêre ad hoc-komitee en allerlei berade en dinkskrums waar die regering ook deeglik ingebind is, ’n sinvolle pad probeer oopkap. Die probleem is dat die omstandighede nie werklik ruimte vir tyd en gesofistikeerde en deurdagte denke laat nie. Selfs in die parlement het verskeie LP’s tydens die EFF se mosie, wat dié keer met die ANC en ander se hulp geslaag het, die een na die ander onmiddellike optrede geëis; die mosie is aanvaar, die (gesteelde) grond is daar, en die mense wat dit wil hê en “wettig” daarop aanspraak maak, is ook daar. So daar hoef nie gewag te word nie.

As parlementslede hulle tot hierdie vlak van boendoegeregtigheid kan buig, is dit waarskynlik dat baie ander mense dieselfde voel. ’n Klimaat van onsekerheid word geskep terwyl ’n ordelike proses eintlik beoog word. Onsekerheid skep ruimte vir allerlei onjuisthede.

Dit is duidelik dat die sweep geklap moet word, maar korrekte inligting moet ook deurlopend gedeel word. By Hermanus neem die hoeveelheid gearresteerdes byvoorbeeld by die dag toe, maar dit verander nie aan die feit dat die swart woongebied, Zwelihle, tussen woongebiede soos Sandbaai en die nywerheidsgebied ingeperk en dus ernstig oorbevolk is nie. Alternatiewe vestigingsgebiede is na berig word byna 20 kilometer weg. Hermanus is die dorp in die Wes-Kaap wat die vinnigste uitbrei, en die sewende vinnigste in die land. Tog is die instroming en aanwas vinniger as die toename in werksgeleenthede, en bou die druk op verskeie konflikvlakke op.

Voeg hierby dat viskwotas neig om wyd te hou en veral die bruin mense te benadeel. Niemand sou dus verbaas wees dat daar volgens berigte ook ’n klipgooiery op die hoofpad langs Hawston was nie.

Wat Hermanus beleef, is egter nie uniek nie, en op sommige plekke is die probleme selfs nog meer kompleks.

En dan soek mense sekerheid – veral as dit handel oor ’n basiese saak soos om ’n menswaardige dak oor die hoof te kry.

En as daar nog opstokery en die verspreiding van waninligting is, kan die drukkoker se “melkkannetjie” enige tyd afskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Polarisasie permanent ·

Daar is nie enige vooruitsigte dat polarisasie gaan omkeer nie. Die regering en weermag moedig geweld teenoor sekere groepe aktief aan. Daar sal moet gekyk word na om die land te verdeel soos wat in Kosovo gebeur het, of om die blankes spesiale asiel te gee na hul lande van herkoms soos wat die ANC graag wil he.

Selfbeskikking ·

Selfbeskikkingsonderhandelinge raak nou onafwendbaar as ons wil oorleef.

HPV ·

Kom ons noem dit maar op sy naam, grond of eiendomsdiefstal, daar is geen ander woord of beskrywing daarvoor nie. Sou die buiteland later sanksies teen die huidige regime instel, om ‘n bloedbad te voorkom, gaan die regime grootoog daar sit en wonder wat het hulle verkeerd gedoen. Die beste wat ons tans kan doen is om die buiteland daagliks op hoogte van verwikkelinge in die land te hou. Sonder buitelandse hulp stuur die land op ‘n burgeroorlog af. Of is daar ander opsies??

Grassie ·

In die berig staan dat ‘n “ordelike proses” eintlik beoog word. Die ANC wil die grondwet verander sodat grond sonder vergoeding van witmense afgeneem kan word. Dan word vir die wêreld vertel dat die grondgrypery wettig en eerlik en opreg en streng volgens die bepalings van die van die grondwet gedoen word. Hierdie skynheiligheid skreeu ten hemele, maar op die ou end gaan hulle daarmee wegkom. Die ergste is – Ramaphosa gee allerhande “gerusstellings” dat die proses omsigtig gedoen sal word, maar sodra die wet gewysig is en die eerste plaas gevat word is ‘n onomkeerbare presedent geskep. Daarna gaan dit vir Ramaphosa en veral sy opvolgers al hoe makliker word om te vat en vat en gryp totdat geen witmens enigiets besit nie en maar moet padgee, terug oor die see waar hul eeue gelede vandaan gekom het. Ek is in my hart oortuig dat dit die eintlike beweegrede is vir die ANC se grondonteiening, swart bemagtiging, radikale ekonomiese transformasie en meedoënlose aanslag op die Afrikaanse taal.
Die ANC gaan doen wat Mugabe gedoen het en met vroom gesigte die wêreld oortuig dat dit alles wettig en billik is.

SA Moordmuseum ·

Baie goeie plan: begin ‘n museum, hier in SA, of oorsee, of virtueel, wat die absolute geweld in moorde in SA uitbeeld. Dit sal n grafiese skok wees vir mense van oorsee en geweldige publikasie regoor die wereld gee.

Rudi ·

@Herman Toerien – Jou artikel slaan die spyker op die kop. Die feit is, niemand weet wat is die reels en lyne van die mosie nie. Amper elke ‘man op straat’ Suid-Afrikaner het n ander persepsie. Ons almal weet wat is die EFF se idee van die mosie, en dus weet ons darm waar ons met hulle staan. Die vraag is, wat is die ANC se idee agter die mosie. Elke ANC lid praat met n ander tong, veral parlament lede en hoof amptenare in die ANC. Dit is n skaakspel met geen plan nie. Miljoene mense se toekoms word bepaal met n politieke speletjie, waar daar geen wenner sal wees nie. Dit maak nie saak of jy n liberaal, regs of links is nie; die feit is egter die land het n groot sosio ekonomiese probleem. Die probleem laat ‘ons’ toekoms hang op n weegskaal, op die genade van n mespunt en die van ‘swak’ politike leiers. Ek is n baie bekommerde siel.

Joe Hall ·

Mynsinsiens is sogenaamde selfbeskikking onhaalbaar en geen uitweg nie.

Vergeet maar van die parra-innie-pot. Ons situasie is veel eerder vergelykbaar met die Jode s’n in die destydse Nazi-Duitsland, asook in die Duitsers se verowerde gebiede. Op geen manier/wyse sou die Jode indertyd op Duitsbeheerde grondgebied, hul eie tuisland, of wat mens dit ookal sou wou noem, totstand kon bring nie.

Ons ry in dieselfde bootjie as die Jode van destyds. Daarom is HPV en SA Moordmuseum se voorstelle die meer uitvoerbare opsies vir die van ons wat in hierdie droewe land moet/wil oorleef.

Terloops. Waarom sou die oorweldigende meerderheid hul aan ons “selfbeskikkingsregte” en “onafhanklikheid” steur, terwyl voldoende bewyse reeds bestaan dat die huidige regime ons “wonderlike Grondwet” vertolk en verdraai soos wat hul voorkeure dit vereis.

Kannaland ·

Dit is die plig van internasionale organisasies om voorkomend op te tree. Daarom moet ons hulle NOU deeglik bewus maak dat ons, soos jy tereg se, op selfde pad as Duitsland in1930s afstuur, dan kan die wereld nou betyds ingryp om dit te voorkom. Selfbeskikking is haalbaar, dit is inderdaad wat Israel nou is, en Israel is n baie suksesvolle land.

Joe Hall ·

Ek is nie bewus van ‘n grondgebied waarheen Afrikaners onsself kan wend, soos wat veral die Europese Jode die gaping gesien en gebruik het, om Israel as ‘n tuisland op te eis nie. Weliswaar op die rug van ‘n Westerse skuldgevoel na die tweede WO.

‘n Staat wat sedert sy hervestiging in 1948, deur miljoene inwoners van bykans alle Arabiese state veroordeel, bedreig en aangeval word. Ses daagse oorlog, Yom Kippur, Palestynse terreur groepe, ens…

Eish ·

Ek kry al hoe meer die idee dat die grondgryp tog uit die geledere van die meerderheidsregering se nie-amptelike agenda ontspring en deur die voetsoldate tot volle wasdom gebring word.
Hoegenaamd geen optrede teen grondgryp in die Vrystaatse Goudvelde nie. Inteendeel, die gerugte wil dit hê dat dit die goedkeuring van die burgermeester wegdra.

marous ·

Mag diegene wat die waarskuwings in 94 afgelag het se eiendom eerste gaan , en hul paspoorte verbrand word.

Reguit ·

Al die hogere praatjies, redenasies, kommentare en derglike opinies is futiel, omdat die harde feit, naamlik dat SA op ‘n burgeroorlog af stuur, nooit in enige artikel genoem word nie. En dit is wat werklik relevant is.

Koos ·

So, wat moet gedoen word om ‘n burgeroorlog waartydens 4 miljoen siele deur ‘n oormag van 50 miljoen uitgewis word, te verhoed?

Kannaland ·

Dis baie waar, en daarom moet ons gereed wees om dadelik buitelandse hulp te vra om ons te onttrek of om saam te konsentreer op een plekwaar ons onsself kan beskerm

Reguit ·

Koos, ek dink elkeen kan maar daardie vraag vir homself/haarself antwoord. Ek dink almal besef die getalle (“odds”) waarteen hulle te staan kom. Dis nie ‘n mooi prentjie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.