Nuuskommentaar: Springbok en reënboog polities onder skoot

rugby-springbok-logo-groot

Argieffoto.

Twee naweekrubrieke ruk veel meer oop as die kwessies wat dit skynbaar aanraak, soos ’n oproep van Johann Maarman dat met die Springbok weggedoen word, en ’n vraag van Mondli Makhanya oor hoe die reënboog nog gered kan word. Is hulle net alarmblasers?

Die voortgesette gebruik van die Springbok as simbool van die nasionale rugbyspan word vanoggend weer ingelei in ’n rubriek op Netwerk24 van Johann Maarman, eindredakteur van Die Burger.

In gister se Rapport vra die bekende joernalis en redakteur van City Press, Mondli Makhanya: “Hoe gaan ons die reënboog nou red?”

Albei rubrieke moet met aandag gelees word, want dit is propvol politieke dinamiet – en dié term word nie goedkoop aangewend om argumente van die tafel te vee nie. Albei se stellings is diep geanker.

Makhanya se rubriek sal seker as ontnugtering kom vir diegene wat nog vasbyt aan die euforie van ’n Mandela-era se reënboognasie, en nou versterk word deur ’n soort Ramaforia wat eenvoudig alle gevaartekens ignoreer. Meer as ’n sweempie pessimisme straal uit sy woorde: “Die geskiedenis leer dat hierdie land die laboratorium moes wees vir nierassigheid, anti-rassisme en die stryd teen onverdraagsaamheid.”

Die Ashwin Willemse-voorval is klaarblyklik die sweer wat by Maarman oopgekrap is. Maarman, bekend vir sy gebalanseerde en nugter beskouings, laat elke nou en dan ’n handgranaat val. Hierdie een is anders – dis klaarblyklik nie bloot ’n geval van met die verkeerde voet uit die bed klim nie. Hy noem tot Errol Tobias ’n Askari-Springbok, sekerlik die liederlikste betrekhou wat ’n pionier wat dikwels die oë dig moes knyp om ’n tree vorentoe te kon gee, kon kry.

Maar die rubriek het diepgang, en die behoud van die Springbok kan in sy oë nie staande bly omdat Mandela ’n soort reënboogkleed van versoening daaroor getrek het nie. Te veel krapperighede bly onder die veelkleurige kleed en die kankeragtige boosheid bly sweer.

Die hartseer is dat die holistiese situasie waarbinne die beleweniswêrelde van Maarman en Makhanya afspeel, veel, veel komplekser is as wat in die twee rubrieke beoordeel word. Die gevolge gaan ongelukkig ook nie uitbly nie – Maarman kan hom gereed maak vir ’n storm – ook in sy eie rubriek se kommentaargeriewe. Vir baie was die Springbok ’n simbool van uitnemendheid, soos gesimboliseer deur die dae van die ou SAL as Vlieënde Springbok. Niemand wil die hedendaagse weergawe se biltong eens verniet hê nie.

Dit is die kleure waarin skares spontaan “Beast” brul as die KwaZulu-Natalse stut net aan die bal vat. Vele manjifieke drieë deur swart en bruin spelers is al in die groen-en-goud deur euforiese skares van wit, swart en bruin toegejuig. Dit dui daarop dat die naatwerk van ’n skikkingsooreenkoms, wat deur baie as ’n groot prestasie en wonder besing is, darem nog wel aan die nate hou.

En nou? Moet die bevolking aanvaar dat stemme wat deurgaans bitter verwyt het dat die skikking ’n mite is, en dat die land maar net weggegee is, heeltyd reg was? Dat daar groot verloorders was, en wenners (wie se buit dikwels nie realiseer nie omdat medewenners dit steel en kaap)? Of dat, wat al meer as Malema-refrein gehoor word, die land net ’n skynoorwinning vir die swart mense opgelewer het, en dat die slinkse wit mense daarin sou geslaag het om dit wat saak maak, rykdom, te behou?

Ondanks Ramaphosa se goeie punte, en selfs ’n versekering in Afrikaans op RSG dat die kwessie van grondgryping “mooi” hanteer sal word, bly dié kwessie soos ’n pap wiel aan die reënboog hang. Of soos Maroela Media heel aan die aanvang gewaarsku het, dit is soos die ou liedjie van “There is a hole in the bucket, dear Lisa”. Die gat word met strooitjies gestop, maar dit spoel moeiteloos weer oop.

Ja, dit beteken nie dat die grondkwessie argeloos begrawe moet word nie, maar voor dit soos handgranate veralgemeend verstrooi word, moet dit verpak word sodat uiteenlopende situasies met uiteenlopende én passende maatreëls aangepak word. Anders kan ’n sweer, hetsy op werklikheid of persepsie gebou, aanhou sweer en oopbars. Associated Press het in die VSA in ’n 18 maande lange ondersoek bevind dat talle swart mense in veral die suide van die VSA oor die jare hul grond op allerlei maniere soos onder meer intimidasie en selfs moord kwyt is – ’n proses wat steeds voortduur. In daardie state alleen is 406 swart grondeienaars altesaam 24 000 akker kwyt.

ras-regstellende-aksie-race

Argieffoto.

Kortom, daar is net te veel krapperighede buite-om die formele vredesverdrag en gevolglike Grondwet wat nou aanslae daarteen van stapel stuur. Van die Malema-faksie is dit te wagte – met die stigting van sy party het hy immers gesê die EFF gaan minder op versoening fokus en meer op revolusie. Die aanslag kom egter van allerlei kante.

Daar is aandrang dat die ou landsvlag en Die Stem (’n FAK-lied) weggebêre moet word, ter wille van die reënboog. Maar nou lyk dit of die aanslag teen die reënboog van alle kante kom en self uiteindelik in die kas kan beland, of nog erger, in die openbaar verbrand kan word.

En geen, maar geen, staatkundige model kan herbeding of dinge op ’n ander manier verkry laat word as al die mense mekaar nie verstaan en begryp nie. Daar is nie kortpad-oplossings nie.

Die Solidariteit Beweging se plan B bring hoop oor ’n wye front, maar dié beweging word ook sterk onder skoot geplaas, nie altyd deur eerbaar by die waarheid te hou nie, skynbaar in ’n lomp poging om die reënboog te beredder – maar in die proses word net gehelp om die reënboog te verrinneweer.

Elke nasie moet met sy jeukplekke saamleef. Soms gaan dit taai, soos met die Kataloniese onafhanklikheidspoging in Spanje.

Suid-Afrika het wel een groot stap teruggegee. Die land het bouers nodig, maar hulle moet figuurlik watertrap omdat hulle andersins heel moontlik op sand of swellende kleigrond gaan bou. Nou het die land eers knap argitekte en beplanners nodig wat oortuigend kan onderhandel en oorredend kan raadpleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Judge Dredd ·

Verander asseblief die Springbok naam/embleem voordat die rassisties regering/kwota stelsel nog meer skade aanrig.
Hulle het van die eens trotse Sprinbokke ‘n klomp strugglers gemaak.

Vlag ·

Die Springbok (embleem) kan met liefde gebere word. Hoe gouer hoe beter.

(NS : Ek betoon ook geen hulde aan die volkslied of die vlag. Dis tyd dat ons ophou kruip en eensyding mense se guns probeer wen.)

Chrisjan denysschen ·

Stem 100% saam. Ek ondersteun die Springbokke al vir jare nie meer nie en ek sing nie die volkslied nie, en die NSA vlag is vir my die simbool van vrrdrukking.

Awie jansen van vuuren ·

Ja Groot Asseblief vat die Springbok embleem wag wat ons het nie meer Springbokke nie

Paul ·

Die bok is lankal saam met kwotas geskiet, sleep dit tog nou maar weg, get it over and done with. Asseblief.

Grap ·

Wat n groot grap,julle kan die ebleem,vlag en volkslied vat en druk,dit het geen maar geen betekenis vir ons nie.Bokke is in elk geval useless soos die res van die regering.

Jerry ·

Die springbok het reeds n protea bygekry ter versoening. Vir verdere versoening kan die springbok seker maar n reenboog ook bykry.

Paul ·

Dit gaan nie om versoening nie, daar sal nooit wees nie, CR sal daarvoor sorg om stemme te werf, dis om verdere verleëndheid te spaar.

Chrisjan denysschen ·

Stem 100% saam. Ek ondersteun die Springbokke al vir jare nie meer nie en ek sing nie die volkslied nie, en die NSA vlag is vir my die simbool van vrrdrukking.

Oom Kalahari ·

Bere asb die Springbok embleem diep weg en eendag sal dit weer in die geskiedenis boeke afgestof word.
Herdoop dit na Proteas, want die Springbokke het hul debuut en afsluiting in 1995 gemaak. Meeste goeie en talentvolle spelers het uitgewyk en aan die buiteland se deure gaan klop waar daar nog ‘n passie is vir die spel en sport met riglyne en dissipline sonder politieke agendas (kwotas).
(Ongelukkig vereenselwig ek en familie ons nie met die vlag en volkslied nie en verteenwoordig nie ons geskiedenis en sien dit as ‘n liberale vertrappings en etniesie uitroei simbool). Sterkte met jul Protea rugbyspan vorentoe.

Paul ·

Herman, ek het net een woord vir hierdie rubriek van jou, jou insig en soos jy dit verwoord, jig man, “briljant!”

Daan ·

Ons moes net lankal al saamgestaan het en die rugby ‘n groot finansieele drag slae gegee het, en ‘n seisoen of twee, dalk drie uit alle rugby uit gebly het, ek en jy wat die pawiljoene vol sit is wat die rugby maak hoor! Dis die ondersteuner wat geboelie word, nie die speller nie. Maar ons het rugby te veel verafgod en daarom te veel toegelaat en ons eintlik self verraai, soveel dat mense nou sal begin se vat eerder die springbok weg. Maar ja, net soveel goed wat ons het, het ons sleg ook, en van die sleg is toe ore en hardkoppigheid. Toe daar innie begin gebegin was met die protea saam die bok, toe moes ons al uit die staduims uit gebly het, hulle sal vinnig van deuntjie verander het om nie met die bok te karring nie. As jongman destyds het ek die aan mense genoem, maar soms afgejak gewees. Maar mense verstaan nie, dat boikot juis ‘n geveg vir die bok sou wees, en nog steeds sal wees, ek en jy die ondersteuner is die sondebok, nie die een wat die bok wil wegvat nie. Ek waarborg enige een, sou die rugby ondersteuners op hul tande kon byt en net EEN seison rugby op all gebiede boikot, sal dit al klaar ‘n MASIEWE skop op SA rugby se zip wees. Halloooo jy het dit met spur reggekry. Begin net bietjie dink, staan op! en staan saam! en stry die stryd vir wat joune is.

Johan Claassen ·

Ek stem geensins met Maarman saam nie. Hy, soos baie ander, val vir die sosiale manipulering van bepaalde segmente in die samelewing. ‘Hulle’ sal nie stop totdat alles ‘Afrikaner’ uitgewis is nie. Hoekom? Want dan kan hulle dalk in die afwesigheid van ‘n reflekterende spieël, beter oor hulleself voel. Dis ‘n dooie pad want regstellende aksie tov eksternes wat sogenaamd aanstoot gee, gaan geen interne vrede bewerkstellig nie. Ek respekteer alle mense maar effektiewe kommunikasie (maw wat tot lewe en ‘n wen-wen sitsuasie vir almal moet lei en nie net “OUR PEOPLE” nie), behoort die norm te wees- soos enige verhouding, neem dit alle partye se intensie en positiewe motivering om gesonde uitkomste te bewerkstellig. Laastens, enige persoon wat aanstoot neem, bevestig eintlik ‘issues’ waarmee nie gedeel is nie. Solank dit jou dryf, sal jy tot in alle ewigheid sukkel om ‘n interne waardesisteem te vestig… dienooreenkomstig kan jy dus nooit enige behoudende vrede ervaar nie

Jean, Australia ·

Laat die oud Springbok maar gerus le asb, Groot asb!!!
Laat die oud Springbok embleem met trots onthou word en laat die nuwe embleem verwys na die voortspokende en vervalle standaarde van die nuwe Suid Afrika waar daar nie meer plek is vir die blanke om sy kultuur ,werk,sport ,taal uit te beoefen nie! Alles is gekaap of word onderdruk wat die blanke eens trots oor was in Suid Afrika… Maar dit is die plan of wat……
Die politiek, die kwota sisteem die hele groot gemors wat RSA rugby so afgewater het dat daar nie meer trots oor is nie. Daar is geen passie meer om na so n klomp rond klei getrappery te wil kyk nie..
Laat die nuwe embleem die nuwe Suid Afrika verteenwoordig. Ek is %200 daarvoor!

Ek was trots baie trots gewees op die Springbok,dit was deel van jou identiteit in die buiteland maar nou is dit waarlik een groot teleurstelling, n skaamte, daai broer in die tronk waarvan jy nie wil praat nie.
Ek het my Springbok trui diep weg gebere saam met die mooi herinneringe.Ek staan nie meer op soos eens in die vroee oggend ure om hul te ondersteun nie.
Ek het my DSTV ok jare al terug gekanselleer,die kool is lankal net nie meer die sous werd nie!
Verander asb daai ou eens trotse Springbok embleem Ms Xasa , onthou tog net dit was die embleem van n klomp blanke onderdrukkers dan nie…
Rus in vrede my Oud trotse Springbok…

marous ·

Afrikaners moet daarop aandring dat die Springbok embleem summier verwyder moet word asook dat Die Stem uitgevee word. Daar is geen meriete waarom dit met trots gedra of gesing kan word nie. Al ons kultuur erfenisse insluitend stanbeelde , monumente , museums moet leeg gemaak word en oorsee geskuif word. Die reenboog kan hulle met die grootste plesier hou.

Willem ·

Maar hulle klou aan die embleem vas, hou dit vir eers lewendig, sodat die geskiedenis kan vertel dat ‘n anderskleuriges ook kaptein was.

Realiteit, of wat praat ek?

O’ja en natuurlik dat dit opgeteken kan word dat hulle dit ook afgebreek het, nog ‘n veer in hul hoed.

Eish ·

Hierdie helhool beskik nie naastenby oor die leierskap om integrasie suksesvol te dryf nie. Om die waarheid te sê, geen land op die aardbol kon dit ooit vermag nie.
Goeie artikel deur Mondli Makhanya.

david ras ·

Uit die voorafgaande kommentare is dit duidelik dat die verbittering onder witmense veral. bais strk deurkom. Dit springbok moet waai en net die Protea moet maar gebruik word …..

Maar, hierdie protea is ook ‘n politieke gedoente—dus waarom dit nie verander na ‘n Kakiebos nie….?
Want sien die spanne is vandag net politieke uitnodiging spanne–die politici beveel HOE die span gekies moet word, maar hulle volstruistaktiek hou hulle weg uit die vuurlinie….wanneer name genoem moet word….!

En Kakiebos het mos altoos so ‘n anderste reukie……en mens kan mos gou gou ‘n Hanskakie ruik….!

Casper Labuschagne ·

Daar is ‘n groep mense wat klaarblyklik glo dat solank as wat hulle ‘n boktrui kan aantrek en vir die bokke kan skree, is daar geen probleme in SA nie. Miskien sal hulle nou wakker skrik, alhoewel ek twyfel.

Dit is miskien genadiger dat die Springbok se nek eens en vir altyd omgedraai word, eerder dat ek stuk vir stuk moet toesien hoedat die Springbok in die naam van transformasie muteer na iets waar ek nie eens na die wedstryd wil kyk nie. Ten minste sal ek dan die bokke kan onthou soos hulle was en die mislukkings vorentoe blameer op die Bafana-Bafana van rugby.

Msp ·

Ek stem volkome met jou saam Daan. Hoe gouer almal hulle verslaafdheid vir rugby ń bietjie eenkant sit hoe vinniger gaan die ANC/eff hul nonsens los. Hulle weet waar maak hul die witman die seerste en hulle geniet elke oomblik daarvan. As hulle met die Sprinbok storie klaar is dan gaan hulle begin karring aan die Bloubul, Sharks ens. My voorstel is dat ons volkome ons ondersteuning ontrek TOT hulle insien dat hul storie nie meer werk nie. Anders, word geboelie en moenie vêrder kla nie.

Adam ·

Baie interressante beskouing. Dr Craven het gevoel dat geld rugby sal vernietig en politiek het mildelik hand bygesit. Destyds is rugby op ‘n professionele wyse deur administrateurs bestuur en vandag bestuur professionele administrateurs dit soos amateurs. Die feit dat pawiljoene leeg loop is genoegsame bewys dat die Springbok-embleem maar kan verdwyn.
Die reenboog- nasie het nog nooit bestaan nie, nie in SA nie en ook nie elders nie, en dit sal ook nooit bestaan nie. Indien jy mooi verskillende kleure bymekaar wil sien kan jy veel eerder na die Aurora Borealis kyk.

thinus ·

Man maar dis lekker as almal saamstem, wie se die Afrikaner kan nie saamstaan nie.
Kom ons argifeer die bokkie, en vervang hom sommer met ‘n jakkals of krokodil of iets dergliks. Drop sommer die protea, en sit ‘n dagga blaartjie in die agtergrond!
Ek stem saam met Marous, kom ons hou sommer ‘n simboliese amptelike afskeid op 31 Mei en wys die res ons is nie so agterlik nie maar dink vooruit.

Anoniem ·

Msp, ek dink hulle het klaar met die Blou Bulle begin, want hoekom het die Blou Bulle met dieselfde kleure as Mamelodi Sundowns gespeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.