Nuuskommentaar: Spur, Bell, Pottinger Verskonings Ingelyf

Dit lyk of Bell Pottinger die pottinger misgesit het met sy onvoorwaardelike verskoning aan Suid-Afrika. Kan die beeld van dit wat in Suid-Afrika krom en skeef is, met beeldpoetsery en vuilspel reggestel word? Kan ’n Britse firma werklik die komplekshede van die land genoegsaam verstaan om op so ’n skaal in huishoudelike sake in te meng?

Suid-Afrikaners is al gewoond daaraan dat iemand wat saak maak, die land of bevolking om verskoning vra. So het pres. Jacob Zuma groot krokodiltrane gehuil toe hy die land om verskoning gevra het ná die konstitusionele hof bevind het hy (en die parlement) het die grondwet geminag.

Zuma se optrede regstreeks daarna het getoon dat sy verskoning geveinsdheid was om te voorkom dat hy, met sy posisie wat aan ’n dun draadjie hang, die trekpas kry.

Onlangs het Spur se grootbase hul kliënte om verskoning gevra ná ’n onderonsie tussen klante skynbaar op ’n rasgebaseerde manier “besleg” is. Dit het tot ’n formele en informele boikot gelei wat groot skade ingehou het vir konsessiehouers wat niks met die saak te make gehad het nie. Die verskoning het gevolg ná druk deur ’n groot aantal konsessiehouers, en daarom is daar by baie mense twyfel oor die erns van die verskoning.

En nou het Bell Pottinger, wie se naam nou die dag in Suid-Afrika nie so bekend was nie, maar nou wat bekendheid betref, met die Guptas saamgesels, Suid-Afrika om verskoning gevra. Soos in die geval van Spur is daar ’n wye reaksie dat dit te laat, te min is. Suid-Afrikaners wil weet waarvoor die boetvaardige firma alles om verskoning vra.

Die probleem is dat Bell Pottinger geen gewone skakel- en beeldpoetsfirma is nie, net so min as wat hy ’n gesinsrestourantgroep is. In die Daily Maverick van 5 Julie 2017 noem Marianne Tham die firma eietydse ekonomiese huursoldate, wat ook al in verskeie ander Afrikalande teen betaling met die politiek ingemeng het. In haar uitgebreide artikel oor die firma, verwys sy op haar beurt na ’n 21 bladsye lange verslag van die SAKP oor bande tussen Belll Pottinger en die Guptas. Ook die bande tussen Bell Pottinger en Duduzane Zuma, seun van Jacob, word aan die bod geplaas.

Die firma het glo ook toesprake en gedeeltes van toesprake vir verskillende ANC-strukture soos die ANC-jeugliga geskryf.

Bell Pottinger is ook vernuftig om kubertrolle in te span, moontlik deur sommiges vir hul “goeie” werk te vergoed.

In Nederland is daar ’n sêding: “Die Nederlandse politiek is ver te skisofrenies vir enige buitelandse joernalis om te verstaan.”

Maar as ’n mens na buitelandse verslagdoening oor Suid-Afrika kyk, ook deur gehalte-publikasies wat gewoonlik hoëgehalteverslaggewing oor komplekse situasies soos Sirië en Noord-Korea lewer, maar erg kleitrap met hul beriggewing oor Suid-Afrika, is dit duidelik dat dit wat hier in die binneland “kook”, geweldig ingewikkeld is. Selfs ervare Suid-Afrikaanse joernaliste en analiste vertolk sekere situasies erg uiteenlopend. Buitelandse joernaliste, selfs dié wat al ’n paar jaar lank in Suid-Afrika gestasioneer is, trap vreeslik klei, onder meer omdat hulle nie ook die Afrikaanse media (kan) raadpleeg nie.

Daar is geen manier waarop Bell Pottinger betyds behoorlik agter die kap van die byl sou kon kom oor presies wat in Suid-Afrika aan die gang is nie. Met die verskoning aan Suid-Afrika word ook gemeld dat die bestuur oor die Suid-Afrikaanse posisie mislei is. Die firma is as’t ware aange-“spur” om met “under done” feite op te tree, en het in die proses die klok hoor lui, maar nie geweet waar die Bell hang nie, en so die Pottinger misgesit.

Baie Suid-Afrikaners sal hierdie verweer met ’n knippie sout neem, aangesien dit oorweldigend lyk of die firma hom operasioneel teen die Guptas se geld vasgekyk het, eerder as wat in Suid-Afrika aangaan, en hoe die land se leiers sover gebring kan word om die regte ding te kan doen.

Die ergste aanklag teen Bell Pottinger is stellig dat dit beskuldig word daarvan dat dit die argitek is van die opbou van rassespanning in die land. In hierdie verband is reeds bewys dat sommige van die bewerings teen die firma onjuis is, wat egter nie beteken dat dit nie kon gehelp het om ’n ou konsep, witmonopoliekapitaal, af te stof en te “populariseer” nie.

Sou Bell Pottinger ooit verskoning gevra, en selfs teen vennote opgetree het, as dit nie vir #GuptaLeaks en die DA se klag teen die firma by twee gesagsliggame in Brittanje was nie? Een hiervan het reeds aangedui dat hy Bell Pottinger gaan ondersoek.

Hierdie debakel toon dat selfs die beste beeldpoets-operasie om dit wat krom en skeef is reg te timmer, nie kan opweeg teen behoorlike ondersoekende joernalistiek nie. Terwyl Bell Pottinger kontraktueel verbind was tot die bevordering van die Guptas se beeld, het ondersoekende joernalistiek aangetoon hoe die Guptas glo miljarde rand soos room van omstrede Prasa-kontrakte afgeskep het. Bell Pottinger het skadebeheer (vir homself) probeer toepas deur sy bande met die Guptas te verbreek. Hierna het dit aan die lig gekom dat die befaamde Gupta-troue by Sun City, glo met staatsgeld – R30 miljoen wat vir ’n ewe omstrede suiwelprojek bedoel was – betaal sou gewees het. ’n Hoë kop in die ouditeurswêreld se kop het reeds gerol.

Volgens die Save SA-veldtog is Bell Pottinger se verskoning hoegenaamd nie genoeg vir die letsels wat dit in Suid-Afrika gelaat het nie. Die veldtog wil hê dat Bell Pottinger behoorlik moet onthul met wie hulle almal in Suid-Afrika saamgewerk het, en of hulle geld namens iemand na die Black First Land First-beweging gekanaliseer het.

Die DA het benewens volle onthulling ook geëis dat Bell Pottinger die wins wat hy in Suid-Afrika gemaak het, aan skole en nie-regeringsorganisasies moet oorbetaal.

Bell Pottinger leer nou die harde les dat nie alles wat krom en skeef is, deur beeldbou-aksies (selfs nie eens vuilspel) beredder kan word nie. Die Suid-Afrikaanse regering maak eenvoudig self daarna om van die land ’n muishondland te maak, soos ook deur die Vryheidsfront Plus uitgewys is in verband met die Internasionale Strafhof se uitspraak in die Al-Basjir-saak.

En om (onvoorwaardelik) om verskoning te vra deur jouself as die slagoffer aan te bied, gaan nie dié keer \ werk nie. Meng jou te lank met die…

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Chris duPreez ·

Bell Pottinger het nie in die Guptas se geld vasgekyk nie, dit is ons geld wat die Guptas gesteel het

Ander Annie ·

Haar onvoorwaardelike verskoning sit die pott mis. Sy hoor duidelik die klok lui, maar sy weet nie waar die bell is nie. Die skade is klaar onvoorwaardelik gedoen. Ek glo stellig dat sy baie goed vergied is deur al die zuptas om die werk te doen. Dit is ‘m interessante fenonena dat buitelanders altyd hulle monde meer uitspoel as ander. So hou hulle die fokus weg van ander brand punter.

Jan ·

Dit wat ek hier skryf het nou nie direk betrekking tot die boonste nie, maar ek dink aan nog ‘n verskoning wat gevra is, en dit is deur Bouwer Bosch hier binnelands, wat nou onlangs verskoning oor Apartheid vir sekere individue gevra het, dit terwyl hy nie daarvoor verantwoordelik was, of meegedoen het nie. Hoe vra mens vir iemand anders se dade om verskoning, dit sou nou wees soos iemand anders wat vir Zuma en die ander hier bo genoem se dade om verskoning vra.

Irene ·

Kan nie eens gaan eet om rugby te kyk nie dan sit hulle dit oor na sokker

Magda ·

ONVOORWAARDELIK ONVERSKONINGS – TE LAAT – AS JULLE – SPUR / ZUMA / EN DIE OU ENIGE GEWETE HET – BEWYS WAT REGTIG GEBEUR HET – ANDERS TE MIN TE LAAT JAMMER.

MCH ·

Verstommend wat mens sal doen om die pot aan die kook te hou die kant van die wet, maar in donkergrys landskap. Verstommend hoeveel etiek en karakter oorboord gegooi word teen die regte prys. Verstommend die bereidheid tot grootskaalse skadeberokkening wat daar bestaan met voldoende geografiese verwydering. Verstommend is hul intrinsieke kennis van die vuurloop van die Suid Afrikaanse politiek dat beenmurg toesprake van onverdraagsame haatkatalisators berym word. Verstommend galm die vals toonset op die die lied van onkunde. Wat ons bring by die punt dat verskonings as n reël dus nie n bede tot n skoon gewete is nie, maar hoogstens n belydenis van knellende droogte in planneland.

Elizabeth ·

Hoe dom, naïef, dikdig en onnosel dink hierdie mense is die deursnee Suid-Afrikaner???

Leendert ·

Dit sal nou baie interessant wees, ook wat die Black First Land First beweging se finansiering aan betref. En dan moet mens natuurlik ook gaan kyk wie, hier by ons, die BLF se simpatiseerders is, maar wat nie aan die organisasie behoort nie, daar kan nog so een of twee dinge dan sin maak, as die klou by die oor gesit word.

MCH ·

Verstommend wat die rooibaadjies sal doen om die pot aan die kook te hou die kant van die wet maar in donkergrys areas. Verstommend hoe gemaklik karakter en etiek oorboord geslinger word wanneer die prys reg is. Verstommend die bereidheid tot ongekende skadeberokkening wanneer geografiese verwyderdheid die skrapnel veilig buite trefafstand hul dodefluit laat bespeel. Verstommend hul dodelike beryming van die haatkatalisators se swanesang. Verstommend die Afrika masker oor die pleit van onkunde. Wat ons bring by die punt dat verskonings deesdae nie meer n bede tot n skoon gewete is nie, maar n jammerlike erkening van n erge droogte in planneland.

Johan ·

Die maatskappy is ‘n ou kalant met wat vandag as “fake news” bekend is. Volgens BBC nuus op my foontjie moes hulle in 2011 ook aan Wikipedia verskoning maak oor hulle inskrywings in dié ensiklopedie gemanupileer het om hul kliënte se beeld te poets

tinjam ·

ek dink ons sal agter oor neerslaan om te hoor vir wat hulle alles meer betrokke was.

Swapie ·

Die skade wat hierdie groep en die Guptas aan Suid-Afrika doen is onberekenbaar. Ons behoort alles wat aan die Guptas behoort te konfiskeer en hulle dwing om in die hof noem wat hulle alles gedoen het.

Afri-Fred ·

Aangesien B.P. nou so jammer is, vra hulle om hul berou te bewys deur hul beeld poetser masjinerie in te span om die beeld van die volgende groepe in SA bo enige verdenking te herstel.
Die boere gemeenskap as werkskeppers en voedselvoorsieners.
Die minderheids groep belasting betalers, wat 17 mil stoepsitters maandeliks van ń “grant” voorsien.
Die ontmaskering van die elemente wat agter die terrorisme en volksmoord sit.
Die gebrek aan kompensasie meganismes, mediese, psiegiese en finansiële steun vir die slagoffers van bostaande terrorisme, wat deel van ons daaglikse lewens geword het. Daarmee saam die nodige druk op die regering om hierdie groep gefokusde, terrorisme te onderdruk en dit as hoë prioriteits misdaad te verklaar en as ń parlementêre besluit verwet, asook die daarstel van spes polisie eenhede wat ontplooi word om dit uit te roei.
En laastens die ruwe diskriminasie en rassisme verwoord as BEE en AFFIRMATIVE ACTION wat die minderheid volbloed Suid Afrikaners weerhou van volle ekonomiese deelname, ten koste van ekonomiese groei en herstel wat dringend nodig is en wat ń regverdige en nie diskrimineerende beleid sal meebring, tot voordeel van elke Suid Afrikaner.

Vermeende ·

Hulle doen net wat hulle toegelaat word om te doen, en die is van toepassing op alle oortreders en die regering wat dit toelaat en daarin deel.

Michal Grobbelaar ·

Dit is ‘n hartseerverhaal om te sien hoe kurrup politieke leiers, en veral Jacob Zuma, is. Belastingbetalings se geld is vir eie gewin of op troue spandeer. R30m!!!! Hoeveel RDP huise kan nie daarvoor gebou word nie? Daar is ook verskeie ander sosoi-ekonomiese projekte waarvoor dit aangewend kon word. Die ANC is slegs op hulle persoonlike politieke agenda’s gefokus en gee nie ‘n flenter om oor sake van landsbelang nie. Hoe lank gaan dit ANC ondersteuners neem om agter te kom dat hulle mislei word nie? Hopelik sal hulle oë voor die volgende algemene verkiesing oopgaan en hulle rug op die ANC draai.

Blondie ·

As hulle hul rug op die ANC gaan draai, gaan dit ‘n linkse swaai na die EFF se kant toe wees! Hulle stel nie belang in die DA nie – beskou die DA as ‘n wit party!

Braam ·

“Witmonopoliekapitaal/White monopoly capital” is die nuwe “spin word” wat in London ontwikkel en publiseer is. Net so was die woord “Apartheid” (en nie die engelse weergawe “separation”) ook in London opge-“spin, wat duidelik die fokus op die afrikaanse komponent van ons landsbevolking laat val het. Hoe kry ons nou “back-spin” op daai bal?

Jeannette ·

Dit is nie die eerste keer en sal ook nie die laaste keer wees wat die Rooinekke hulle met bewoners van die Suidelikste land van Afrika, misgis het nie. Ek noem maar Isandlwana, Majuba en in ‘n mate ABO II ….

Maar wat hét Bell Pottinger nou die klok laat hoor lui, met g’n idee waar die Bell hang nie, sodat hulle die (Pot)tinger heeltemal misgesit het? Is dit omdat hulle die term wit-monopolie kapitaal vanuit nêrens opgetower het? Of omdat hulle so bietjie geldjies van die Guptas gekry het deur sekere onwaarhede te skryf en te laat verkondig het in opruiende gesprekke deur die ANC en hul jeugliga?

En vir wat vra hulle om verskoning? Laat ‘n mens snuf in die neus kry en dink aan die gesegde van “waar daar ‘n rokie trek, is daar ‘n vuurtjie”. En nou ‘skuil’ hulle agter die eeue-oue verskoning van “ons-het-nie-geweet-nie” en ‘n ‘grootkop’ by KMG se kop waai, en verskeie Bell Pottinger-werknemers is geskors (seker maar met ‘pay’, soos staatsamptenare in SA). Nee wat, ek ruik ‘n vis vrot …….

Cherokee ·

Herman, ek is soms byterig. tè byterig na Maroela s’n èn ook na my eie sin. Maar nooit soos in nooit het ek erkenning terug gehou nie. (so ken my werkers my ook:-)

Ek lees sonder ophou jou skrywes en hièrdie is weer ‘n artikel met ‘n tipiese Herman Toerien stempel. Dankie daarvoor. Uitstekend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.