Nuuskommentaar: Spur se ommekeer

Argieffoto

Hopelik sal die stof wat die sogenaamde Spur-voorval betref nou gaan lê met Spur se skielike ommekeer oor die saak, en onderneming om voortaan eers vas te stel wat gebeur het voor hy optree. Die land het nie nog gevalle nodig waar in rassevoorvalle onewehandig opgetree word nie.

Die sogenaamde Spur-voorval, en veral Spur se reaksie daarop, het op die allerslegste tyd (vir Spur) gekom om ’n politiek korrekte standpunt in te neem deur onewehandig in ’n rassevoorval op te tree.

Of miskien het Spur geoordeel dit is die regte oomblik wat in sy skoot geval het om sy swart klantebasis uit te bou.

Dit het naamlik min of meer saamgeval waar Solidariteit en AfriForum verskeie stappe gedoen het om die regering en onder meer die Menseregtekommissie in wese as rassisties bloot te lê deur klagtes teen wit mense met groot erns aan te pak, en enorme boetes op te lê, terwyl baie swart mense wat erger dinge kwytgeraak het glad nie aangespreek is nie, of bloot liggies oor die vingers getik is.

Boonop is pres. Jacob Zuma een van die mense wat verkla is, maar oor wie die Menseregtekommissie skynbaar ’n yslike wind gesluk het nadat daar tekens en ’n belofte van vordering was.

Voorts het Zuma en sy kornuite met ’n slagspreuk gekom oor “wit monopolie op kapitaal” wat glo deur die Britse beeldpoetser, Bell Pottinger, ontwerp is. Heel duidelik het dié firma, met Gupta-bande, die Pottinger heeltemal misgesit.

In die Spur-voorval het ’n wit pa ’n swart ma woedend gekonfronteer omdat, volgens die pa, die ma se kind sy kind geklap het. Die ma het nie op haar laat wag nie, maar laat waai om die pa die kop te was.

Of die voorval dieselfde sou verloop het as albei ouers wit, of albei swart was, weet ’n mens nie. Spur het sonder ’n “verhoor” (sy eie woorde) besluit die pa is die skuldige en hom alle Spur-takke belet. Die ma is om verskoning gevra.

Dit het gou tot ’n boikotaksie teen Spur gelei. Die Front Nasionaal was blykbaar die leidende party hier, maar volgens Daily Maverick was dit nie duidelik wie agter die Facebookblad gesit het wat die boikot ondersteun het nie. Duisende mense het hul “likes” vir die boikot aangedui.

Kort voor lank het Spur miljoene rande verloor. Spur het lank rug styfgemaak en onder meer aangevoer dis net enkele takke wat deur die boikot geraak word.

Solidariteit is in ’n ope brief van Spur daarvan beskuldig dat dit “implisiet” die boikot steun. Dr. Dirk Hermann, bedryfshoof van Solidariteit, het verduidelik nóg hy nóg Solidariteit as beweging steun die boikot, hy self het net as gevolg van die voorval sy smaak verloor om by Spur te eet. ’n Oor-en-weer-skrywery volg, met Spur wat steeds die rug styfmaak.

Spur stel ’n taakspan aan, en nooi onder meer vir Solidariteit om ’n voorlegging te doen. Solidariteit wys dit van die hand omdat, volgens hom, die samestelling van die taakspan op bevooroordeeldheid wys.

En toe, gister, verander Spur sy deuntjie ten volle. Die taakspan word op die ys geplaas, en die topbestuur sal die takke (bedryfsregte) besoek en by die konsessiehouers en klante verneem na hoe om die pad vorentoe te loop.

Verskoning word onvoorwaardelik aan almal wat op ’n manier geraak is, aangebied. Niemand sal weer sonder ’n verhoor soos die pa behandel word nie.

Het Spur nou genoeg gedoen, of gaan dit in die instelling van die opklaringsaksie genoeg wees om weer sy ou plek as gesinskuierplek in te neem?

Die hartseerste is stellig dat van die bedryfsregte die seerste gekry het. Dit is konsessiehouers wat in wese hul eie ondernemings bedryf (teen ’n koste aan Spur), en toe benadeel is deur die optrede van Spur. Dit blyk dat 150 van die 300 Spur-takke se konsessiehouers Spur se topbestuur onder druk geplaas het om ’n ander benadering te volg. Die topbestuur het saamgestem.

Die belangrikste les wat Spur uit die saak moes leer, is dat al word dit as hoe politiek korrek beskou, rassesituasies nie onewehandig hanteer kan word nie. So iets rig nie net skade aan Spur aan nie, maar dra by tot die rassepolarisasie wat grootliks deur Zuma en trawante aangestig word.

Spur het ook nou die belangrike les geleer – “the client is always right”.

Dit beteken nie ’n klant wat rassisties optree, moet skotvry daarvan afkom nie, maar daar moet minstens agter die kap van die byl gekom word om te bepaal wie die skuldige party is, en dan daarvolgens opgetree word.

Dit het Spur nou onderneem om te doen.

Om Zuma na te praat en na te doen, is lankal nie meer die regte ding nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

160 Kommentare

Rynhardt ·

Ek wonder of Dirk Herman sy aptyt vir heerlike spur-burger terug gekry het??Net jammer daar was landwyd nie so n oprukking teen regstellende aksie nie!!

Jaco ·

Ek het maar nogsteeds my smaak vir spur verloor, terloops, hoekom het Bloemfontein omtrent 10 spurs maar nie eers een Dros nie???

Disselboom ·

Dankie vir die lekker Afrikaanse woord: “bedryfsregte” pleks van “franchise”. En nogeens ‘n goeie bydrae om die lewe om ons vandag te probeer verstaan.

Alta van der Sandt ·

Ek sê weer. Heeltemal te min heeltemal te laat. Ek sal nooit weer Spur ondersteun nie.

Johan Grobler ·

Ongelukkig is dit ‘n geval van “Too Little, Too Late” – Ek bly steeds weg van hierdie eetplek asook al sy affilliate. Gaan doen maar self julle huiswerk om te sien wie dit is.

Haan ·

Vat jou goed en loop van Tonder… Dit is al hoe jou geliefde Spur gaan oorleef.
Dit is nie n dreigement nie – dis n feit

Helen ·

Ag asb eks nou al so gaaivol vir Suid Afrika se “Eks so Jammer” Jaag nonsens aan en dan dink hulle jammer se dan is alles weer reg! Nee wat too late ek stel nie belang in julle jammer woordjies nie!!

Cornelia Pieters ·

Ek stem saam. Jammer moet die vrug daarvan wys en hier is geen ware bekering en berou nie. My hart breek vir julle spur mense. Weereens veiligheid kom eerste

Amanda du Plessis ·

Spur sien my nie weer nie, en so voel almal wat ek ken. Spyt kom te laat.

john samuel ·

#no more OILY chips & onion rings

*net vir jou reggemaak ;)

My 2sent ·

Regso Spur. Maar is die klient wat jul verban het omverskoning gevra en kan hy jul weer besoek of het jul die ander klient nou ook verban? Jul besoeke aan die takke gaan nie die onregverdigheid regverdig nie.

BOKKA ·

goed gese en gevra hoop hulle vra die man in die openbaar onversoning sal egter nooit weer my geld vat nie

SF ·

Die kliënt is nie altyd reg nie – maar hy bly die kliënt. As ek enige keuse het, is Spur in elk geval die laaste keuse – nie agv enige rassekwessie of voorval of persepsie nie…. Spur se kos is sleg en te duur. Altyd koud en nie die prys werd nie. Ek het pertinent na die rassiekwessie weer daar gaan eet – juis om te sien of dit hulle gedwing het om dalk hulle kwaliteit op te skerp, maar helaas… my kos was koud en sleg. Weer.

Leendert ·

Ja, nou wonder mens, as die 150 konsessiehouers van die Spur die Top Bestuur nie onder erge druk geplaas het om tot ander insigte te kom en die land te toer nie, wat sou DAN gebeur het. As mens die Spur se verklaring hieroor lees, lyk dit of die topbestuur dit self besluit het, maar nee dit kom nie uit eie beweging nie, dit kom slegs na druk van die konsessiehouers, wat die Topbestuur daartoe genoodsaak het.

MCH ·

Dis die hele punt. Dis soos iemand wat uitgevang word kwaaddoen en nou huil hy snot en trane, nie oor ware berou nie, maar oor die pynlike (Finansiële) gevolg van die ontbloting. Die lyftaal en woorde stem nie ooreen nie.

Dawie ·

Dankie Herman, maar ek dink dit is nou te laat. Mense het alreeds ander alternatiewe gevind wat oor die algemeen beter gehalte aanbied. Dit sal tyd vat vir dié van ons wat weggebly het om moontlik weer ‘n kans te vat om terug te gaan. Ongelukkig is dit die konsessiehouers wat die kortste ent trek.

Willie ·

Liewe Spur ek is Jammer, ek sal nooit weer by julle eet nie. Ek is jammer dat jul kos al lankal substandard is, en boonop ook baie duur. Jammer vir julle dat julle ook polities reg wou wees. Jammer dat julle gedink het julle koopkrag is by die nuwe ongedissiplineerde klieente.

Aag Sies Tog ·

Eks bevrees by my is Spur se dae getel, ek het n paar privat restaurante ondek. Hulle kos is baie lekkerder en baie goedkoper as Spur. Ek glo by n paar ander kliente is dit ook die geval.

Willie ·

Spur hou ook sommer op om te adverteer tussen die Rugby.. dis regtig swak smaak. Gaan doen julle advertensies tussen die sokker kaders..

Carolina Cornforth ·

Jy vat die woorde uit my mond, en ek bly by my eerste doelwit en dit is bye bye Spur!

CK ·

Dit is nou alles reg maar verlede week toe is daar ‘n storie oor ‘n kind wat amper ontvoer was. Dit sit my ook maar helemal af van die spur af. Want die man wat die kind amper ontvoer het is seker ook net oor die vingers getik

Chris Bester ·

Het die kind trauma behandeling ontvang? Die ouers n vry ete? Die man wat die kind probeer ontvoer het, het seker die vry ete ontvang of hoe?

LMF ·

Jaaa dit is wat ek try sê die man en nog 3 persone is uit die sentrum begelei deur security en geen haan kraai daarna en gaan kyk na daai video sy plan was defnitief om daai seuntjie te steel of iets dergliks so nooit spur gelike en like spur nog minder

Zollie ·

Al hoekom Spur nou van deuntjie verander is noudat hulle sien hulle word finansieel geknou anders sou hulle by hulle besluit gebly het. Ek dink dis ‘n bietjie te laat. Gelukkig is daar baie ander bekostigbare eetplekke.

Thea ·

Stem saam met “Aag Sies tog”……… Spur is duur en die kwaliteit is lankal nie meer dieselfde nie,..

zack ·

As ek by die Spur eet is ek alreeds verkeerdelik gebrandmerk as ‘n wit Afrikaners rassis deur mnr v Tonder. Dis waarom ek eerder is in rus en vrede by ander resturante gaan eet. Die spur Boikot het nou eers begin. Hou die spasie dop.

KOBUS ·

Stem 100% saam. En omdat ons nou as wit rassiste gebrandmerk is, weet mens nie wat agter in die kombuis met jou kosbord aangaan nie. Ek het in ons dorp ander restuarante ontdek. SPUR sal my, my gesin en vriende en hulle vriende en kennisse nooit weer sien nie. Nie oor dat die man verban is nie (ek dink sy gedrag was uiters swak en pateties), maar omdat die vrou ook nie verban is nie (sy het alles begin toe sy hom vloek). Asook die feit dat ek as KP gebrandmerk is. Die rede hoekom hulle die ondersoek panel eers gestop het, is omdat die voorsitter nie onafhanklik is nie (du Plessis) en druk op hulle uitgevoer is dat sy van die panel verwyder moet word.

Louis ·

Spur kan maar gaan vlieg sien my nooit weer koop eerder n garage pie. Te laat Spur. RIP

Gerhard van der Merwe ·

Ek sal nog self vir die rennies ook betaal. Dit is steeds beter as die Spur op sy beste.

Pat ·

Van Tonder moet bedank…. en personeel moet verander na 50/50 wit….wou se 80/20.

Koos1 ·

Benoude katte maak benoude spronge. (Lyk my dit word ‘n nasionale sport in SA.)
Herman, ek wil net weet met wie gaan Spur hoofkantoor praat aan die lig dat al die KP ondersteuners (in Spur se woorde) nie meer by hulle eet nie!
Ek dink hulle gaan oor ‘n maand of drie weer ‘n veklaring uitreik dat alles reg is nadat hulle met hulle nuwe klas kliente gepraat het!
Sal hulle ‘n rooster opstel waar hulle gaan wees om die griewe aan te hoor? Dit sal almal die kans gun om hulle sê te sê.

Ali ·

To little to.late. die skade is klaar gedoen. As Jan van Riebeeck mense na 400jaar nog slaaplose nage gee GLO EK.SPUR GAAN.ONS OOK NOG 400JAAR SE SLAAPLOSE NAGTE GEE. sorry Spur..net 3 woorde vir jou…..SPUR MUST FALL!!!!!!!

Ada ·

Jammer Spur – ons velkleur is nie goed genoeg nie – dan is ons geld ook nie goed genoeg nie . Lib en polities korrek het julle tot ‘n val gebring. Ek verkies restaurante wat my in my eie taal kan aanspreek en waar ek as persoon mt my wit vel welkom is – nie net my beusie nie. Julle was baie gou om die raskaart vir die witman te wys -hom sommer veroordeel sonder dat julle oordentlik ondersoek ingestel het.(Waarvan ons nou nog nie die video van die kinders gesien het nie)
Ons kon duidelik sien en lees en hoor wat vir julle belangrik is – en dit is nie ons nie. So jammer – ons geniet al die nuwe eetplekke wat ons ontdek het – en ons voel welkom daar!!

johan ·

wat ek hierin sien ons kan saamstaan en gewys ons is gatvol om altyd die sonde bok te wees , dink dit sal n les wees vir al die mense wat altyd voorop die wa is …………

LML ·

Touchè. n Bewys dat wittes wat saam boikot ‘n verskil kan maak. Trots op ons mense! Kom ons hou so aan.

realis ·

Dis reg Johan. As jy voor op die wa is, dinges die agter os dalkies net op jou kop.
Spur weet nou nie hoe om die dinges skoon te maak nie. Dit het klip hard geword

Ettienne Swanepoel ·

Nou dat Spur dit aan hul sakke voel, verander hulle deuntjie. Hul het gedink die Blankes se koopkrag is onbenullig. Al waarom julle nou kwansuis anders gaan optree is oor geld. Neewat. Julle het jul ware kleure gewys. Julle het ons onderskat. “BOIKOT SPUR” bly my kreed.

Faan ·

Enigste raad vir die 150 konsessiehouers wat druk uitgeoefen het – As julle wil oorleef sal julle moet wegbreek en julle eie ding doen . Onthou ” no guts no glory” Sterkte dit gaan sekerlik nie maklik wees nie .

GES ·

Ons wag met opgehoude asems dat Spur (van Tonder & kie) die witman, sy familie, vriende en Solidariteit in ‘n ope brief in die pers om verskoning sal vra vir hulle walglike optrede. Hulle kan sommer die KP wat nie meer bestaan nie ook om verskoning vra. Ek is besig om my smaak vir Spur-kos te verloor.

CJ ·

Herman. Die storie is baie groter. Groter as die insident, groter as Spur. Vir die eerste keer het dit gebeur dat ‘n komponent van die burgery (wat ‘n reputasie van dwarstrekkery het!) dit reggekry om saam te staan teen ongeregtigheid (onewewigtige skep en hantering van ‘n rassesituasie). Sonder om te brand of te breek. Die smaak van sukses is soet! Prof Duvenhage se stuk oor die “DA se Spur moment” bevat dalk ‘n belofte van wat kan kom – as ons Spur tot ander insigte kan bring deur bloot weg te bly (nie eens moeite nie!), kan ons baie meer vermag. Hierdie is nog net ‘n vonk, nog net ‘n vonk….. maar ‘n vonk maak ‘n klein liggie; ‘n mens sien iets en maak mens lus vir nog meer lig! Ek voel so aan my binneste dat hierdie vonk méér is …. die lig aan die einde van ‘n tonnel…. ‘n lang, donker, bedompige, koue tonnel …. maar daar is ‘n liggie!

Liza101 ·

Net so, nou moet ons saggies daai vonkie begin blaas…..

riaan badenhorst ·

Dit wys julle dat ons wel nog kan saam staan !! Spur sien my en ons vroeide ook nie sommer maklik weer nie. Als in spur proe in elk geval na spur. Dieselfde smaak oor en oor ! Spur het bloedneus gekry en ek hoop hy sal 2 keer dink voor hy n seker ras bo die ander kies

Johann ·

Sal dit nie lekker wees as Solidariteit ‘n nuwe bedryfsregte familie restaurant met Dr Dirk Hermann as bedryfshoof oopmaak nie.

Wat van ‘n lekker naam waar ons almal kan kuier en tuis voel? Kom jongklomp, waar is jul kreatiwiteit, help bietjie.

HenryF ·

Soos Monument restaurant by die Voortrekker Monument…..Puik………

Stephen Namibia ·

Veels geluk aan Solidariteit.
Julle is die enigste instansie wat vir die witmense opstaan.
Die professionele wyse waarop Solidariteit en in die besonder Dr Dirk Hermann hierdie saak hanteer het is prysenswaardig.

Johann Marx ·

Ooo koek, maar ongelukkig het ek nou soveel ANDER, BETER en AFRIKAANSE restaurant ontdek waar ek smaakliker kos, beter voorberei teen goedkoper pryse in Afrikaans kan geniet….dat ek nie eintlik die SPUR mis nie. In plaas van ‘n paneelbespreking moes Mnr van Tonder eerder die man, vrou en kinders wat die herrie begin het, uitnooi vir ‘n SPUR-ete SAAM met hom…en DIT dan op sosiale media uitsaai…

Sarah ·

Daar is geen beter manier om ‘n dwaas tot sinne te bring as om met sy “bottom line” te mors nie.

hoor se ·

julle gaan te kere as of spur JULLE persoonlik versioning gevra het. hulle vra die KONSESSIE-HOUERS verskoning nie die wit gesin wie erg getraumatiseer was of die oom wat hom ondersteun en toe op sosiale media mishandel en met die dood gedreig was nie. so laat hulle konsessiehouers en oompie Cyril hulle ondersteun.

pedro ·

ja nee lol wil verskoning van die tafel vee asof dit aan ieder en elk gerig was helemal die punt gemis van WIE die konsessiehouers is.

Hannelie ·

DIS TE LAAT !!!! Spur het jul agter gekom jul verkope daal? Nou wil jul wit voetjie soek. Sê eerder vir daai wit man en sy kind wat aangerand is, jul is jammer ! Jul het net baie van ons se oë oopgemaak teenoor SPUR se prioriteite teenoor sekere kliënte. Vaarwel Spur.

Alida ·

Die kommentators kan nou maar ophou. Wie gee in elk geval om waar jy eet? Hopenlik het Spur en ‘n paar ander plekke nou hul les geleer. Geld het nie kleur nie.

Zack ·

Wie is jy om te demand vir wie wat moet sê? As jy nie wil deel wees nie gaan verby. Ek dink dis positiewe komitaar en insette wat gelewer word.

Uys ·

Blah blah blah
Spur sê eerder vir ons of ons in Afr bedien gaan word, jul soek immer die Afrikaners se geld.
Spur wanneer en hoe gereeld gaan jul voortaan die speelplek ontsmet. Mens kry dan lappies om ń winkel se trollie skoon te vee.

Nefie ·

Nou dink spur ons is dom. ‘n halfhartige “jammer”, maande na die voorval gaan nie dinge skielik net regmaak nie. Dis te laat, julle het die bus gemis. Ek voel jammer vir die onskuldige konsessie houers en ander werknemers. En julle het steeds nie die aak reggemaak met die 2 in die voorval nie, of mis ek iets. Topbestuur sit daar ver en trek lekker vet salarisse. Boonop is Spur lankal nie meer die bekostigbare restaurant nie, julle pryse is dieselfde as ander wat beter is.

Sw ·

Dis waarom ek sê hierdie relatiewe jong kultuur van politieke korrektheid en wit mense slegsê, moet nekom gedraai word.
Ons leef in ñ demokratiese land en ons het net soveel regte as ander rasse.

Kleure ·

Na al die tebakel hieroor en daaroor, word daar steeds onderskei tussen kleur in ons land. Spur is die een wie die vuur aan gesteek het, nou sit hy en huil soos ‘n stout seuntjie. Jammer maar ons het ‘n magdom ander eetplekke om van te kies en te keur

Wally ·

Die Spur ding het my oë oop gemaak vir ander resturante en ek het besef dat daar baie klein plekkies is wat deur een eienaar of gesin bedryf word. Kos en diens is fantasties en die eienaar/res is persoonlik betrokke wat dit ‘n fantastiese ervaring maak.

Chris Bester ·

Vir my persoonlik dink ek dit is te laat, ” 2 wrongs never make 1 right” Ons as kliente was vinnig gebrandmerk as “regses” “ou konserwatiewe party” en die Vader weet wat nog als, ek sal nooit weer die binnekant van enige Spur sien nie.

Geelkoos ·

As jy nou op spur se webwef gaan kyk sal jy sien dat die oorspronklike persverklaring nogsteeds daar pryk, eensydig en onveranderd.

jean ·

Laat hulle dit aan hul bas voel…sommer vir baie jare. Was te “bang” om ook ‘n verskoning aan die man te rig want dan is dit mos rassisties….. En asof dit nie genoeg is nie, word kinders ook sommer net by die restaurant uitgedra?…..

Dries ·

Spur ek vra onvoorwaardelik onverskoning dat ek en my gesin nie weer ons geld by enige Spur sal spandeer terwyl ons nie in Afrikaans en deur ons eie mense bedien kan word nie.

saartjie van rtb ·

ek het geen simpatie met spur nie… wou mos kant kies… laat hulle maar die gevolge dra.
die man in die video is nie soos wat sommige mense se nie. baie aangenaam as jy hom ken. hy het beslis reg opgetree as iemand sy dogtertjie te na kom. moet nie aan my kinders raak nie dan sal jy die heks leer ken. dros is beslis n beter familie eet plek.

Richard Louw ·

Soos die Amerikaners sou se: ‘A day late and a dollar short.’ Jammer vir al die mense wat gaan hulle werk gaan verloor, maar ek sit nie weer my voete in Spur nie, baie ander plekke om te gaan eet.

Genoeg is genoeg ·

DA se Spur oomblik ?
Ek hou daarvan ! Kom ons vat die DA !!
Sa manne !

vermeende ·

Maroela is daar niks anders om oor te berig nie, hierdie saak Spur saak is nou al ou nuus met niks nuut nie.
Ons bly in SA, ek glo julle kan iets kry wat ons na aan die hart le!

zack ·

MM is tops en berig oor NUUS. As jy nie die Spur nuus wil lees nie is jy welkom om die koerant by ‘n Spur van jou keuse te gaan geniet saam met een van hulle bekende burgers

maria ·

Kan ons nie nou maar druk op Spur plaas om sonder n hele klomp blankes kelders en kelderinne aan te stel nie, Dan kan ons ook in ons eie taal bedien word.

Kiewiet ·

Ek sien Spur se niks van die klient wat wat by al hul takke verban is nie. Gaan hulle hom in die
openbaar omverskooning vra en weer by al hul takke toelaat , ek glo nie hulle sal dit doen nie.
So hulle verskoonings is vals.

Wally Walters ·

Stel voor die konsessie houers dagvaar Top bestuur vir skade vergoeding verlies aan inkomste ens.Topbestuur Killed the goose that lays the golden egg

RB ·

Ek dink nie die verskoning kan regtig tel tensy die aksies van Spur ook saam verander het nie. Of beide die man en vrou moet dus nou belet word, of nie een van die twee nie? Maar ek hoor geen woord hieroor van Spur. So die “verskoning” is dus net om die boikot te probeer beindig. Lyk nie of dit gaan werk nie.

cor ·

Spur se omkeer strategie sal hom niks baat nie, want dit is n half gebakte verskoning. Dit gaan lankal nie meer net oor die swart wit ouer ding nie. Daar is baie meer daaraan verbonde soos bv. swak diens, swak bestuurs vermoe, hoe voedsel pryse vir afskeep kos. Sub standaard diens deur kelners, geen wit keleners by 99% van die Spurs nie en so kan ons aangaan. Die groep sal nie weer die meerderheid blanke kliente terug kry nie, ons het beter eet plekke gekry dansy Mnr van Tonder.

Raven ·

Eendag lank lank gelede, was daar ‘n plek met die naam van Spur…. Kan nie wag om dit eendag vir my kleinkinders en agterkleinkinders te vertel nie.

Dirk ·

Give that man a bells. Sal ook like om my kleinkinders daai slaap storie te kan vertel

Josua Keys ·

Die Spur is baie jare gelede gestig, lank voor 1994 en wie het hulle gehelp groei tot waar hulle vandag is, ek glo nie ek hoef die een eers te antwoord nie want voor 1994 was daar mos apatheid gewees, reg of verkeerd? Ek hoop regtig maatskappye in SA wil saamstaan en wegdoen met die BEE en regstellinde aksies ongeag wat die regering sê die speelveld gelyk maak vir almal en net saamstaan en sê dat ons nou verandering in SA gaan afdwing teenoor die regering insluitend regverdigheid. Solank Maatskappye BEE, regstellende aksie ens ondersteun is julle niks ander as die Spur nie dit alles word beskou as “politieke Korrektheid” en as gevolg van dit, die grootste oorsaak is waarom Suid Afrika sy Ekonomie die Spur en ander besighede tans in die gemors is en wie ly daaronder, die werknemer. Besighede se winste ens word in die grond in bestuur, die tyd het aangebreek dat almal saamstaan teen bevoordeling van n sekere rasse groep en boonop betaling ontvang om dit deur te voer. Ek het groot vertroue in SA dat ons die land kan omswaai binne 5jaar maar daar is nog teveel “Spur Maatskappye” wat die politiek korrekte konsep ondersteun en dit sluit ook die reeds swart bemagtigdes in.

Quentin ·

Josua, ek is bly jy noem, ” Spur Maatskappye”
Die Spur Groep het meer as een restaurant.
Bv. Panarotti’s, ens….
Wanneer gaan al die waansin tot n einde kom?
Ons mense is baie meer werd as wat die media propageer.
Wie bou hierdie land op en wie breuk af?
Alles is in n gemors en as ons iets se, is ons rassiste?
Tyd vir ons om wakker te skrik.
Dankie.

Thinus ·

Al hoekom hulle jammer is, is omdat hulle bank balaans nou begin seerkry!! Kry vir julle Spur, julle sal my nooit weer sien nie

Cornelia Pieters ·

Daar sal drastiese stappe geneem moet word. Higiëne ingesluit. My hart huil en brand saam met almal wat hierdeur geraak word. Wat by Spur gebeur het is veel groter as rasisme. Kry maar vir Gordon Ramsey in om julle te leer of nog beter die beste persoon die Heilige Gees. Ons liefste drie eenheid Abba-Vader; die Seun; Jesus en die Heilige Gees. Ware berou is nodig in elke insident van die Spur maatskappy. Ek voel jammer vir julle maar bly versigtig en veilig ??❤

JC ·

Nee Herman, jy moes gese het politiese korrektheid is die doring in die vlees, en die vernietiger van diverse kulture (AFRIKANER KULTUUR) en VERSKILLE IN BENADERING EN OOGPUNTE, en solank dit nie aangespreek word nie, sal niks verander nie. Spur sal my daarom nie sien nie, want hulle leef letterlik die diktatuur van die liberalis uit, en blyk die verskoning nie opreg te wees nie, maar suiwer om sake en/of finansiele kommer/oorwegings. Jy skep die indruk in jou vyfde laaste paragraaf dat politiese korrektheid inderdaad nageleef moet word of korrek is, en dat polities korrekte gedienstigheid/dwang absoluut wonderlik is, nieteenstaande die meriete van die saak (m.a.w. PC MOET ALTYD EERBIEDIG WORD), en dat afvalligheid NIE GEDULD SAL WORD NIE!! BY ONTSTENTENIS WAARVAN DIE AFVALLIGES/SKULDIGES GESTRAF SAL WORD!!! Maar baie dankie Spur, dit is net die vonk wat ons Afrikaners nodig gehad het…

Herman Toerien ·

Hallo JC. Ek het weer na die paragraaf gaan kyk. Een van ons verstaan erg verkeerd wat ek daar geskryf het. Daar is nie ‘n manier waarop politieke korrektheid sal goedpraat nie – nog minder na wat met my persoonllik gebeur en my gesin onder baie erge druk geplaas het.

Don ·

‘n geleentheid vir die direkteure en grootkoppe om konsessiehouers se onsuksesvolle besighede teen ‘n appel en ‘n ek op te raap, is nou seker nou ook nie meer so aantreklik as voorheen nie.

Olga ·

al hoekom spur so aanhou is omdat hulle deure besig is om toe te maak, hulle kom nou agter dat blankes eindelik die meerderheid was.

zoom zoom ·

Mnr van Tonder moet as hy bedoel wat hy se oor die”jammer” dit op al die hoof nuusberigte op TV se.

MMC Ermelo ·

Ek en my vroutjie het TEN MINSTE 3 keer per week geëet in Spur. Nadat ek gehoor het een word geskors en een kry n gratis ete het ek nog NOOIT weer my voete daar gesit nie. Ander eetplekke sien my nou gereeld..

Paul ·

Spur sien my en my gesin nooit weer nie jammer. Arrogansie het hier tot n’ val gekom.

Siener van Melbourne ·

Herman Teorien, net ‘n regstelling; Die kliënt is nie altyd reg nie. Die kliënt is egter altyd die kliënt. Dit is my ondervinding om die kliënt altyd as die kliënt te behandel, juis wanneer hy verkeerd is. ‘n Klient-is-altyd-reg uitgangspunt kan jou duur te staan kom. Sê maar net.

Loeis ·

Dit klink nie of Spur sy benadering sou verander het as hulle nie geld verloor het nie. Die besluit gaan dus nie oor reg of verkeerd nie, maar geld wat praat.

Rynhardt merk terreg hierbo dat dit jammer is dat daar nie ‘n landwye opruk teen regstellende aksie is nie. Lg gaan oor wie werk kry, of dit nie kry nie, en dus oor baie baie meer geld as wat deur Spur se rekenings gaan. Hoe klink dit mense, wat is die kans dat ons alle wettige middele begin gebruik om teen regstellende aksie op te tree? ‘n Goeie begin sal dalk wees om enige besigheid wat hulself op hul BEE gradering roem eenvoudig nie te ondersteun nie. Ekk an aan ‘n paar dink.

Isabel ·

Daadwerklik “Too little, too late”. Sien my, familie en vriende nooit weer nie. Ek is heeltemal bereid en gekwalifiseerd om julle opleiding in klientediens te gee, maar twyfel of dit enige impak op d “verontregtes” sal he. Ons nee is ons nooit weer nie.

kay ·

So sorry. Jammer vir die mense wat hulle werk verloor ens .
NOT our problem .
Spur is klaar… sien my nie weer nie …swak kos, swak diens,swak .
en ek gaan eerder waar ek deur my eie mense bedien word .
So sal al die tipe maatskappy tot hulle einde kom …KFC, macdonalds, wollies en en en ..kan nou uit die leer..ek ondersteun huĺe glad nie meer nie ..clicks….. nog een gaan ook val ..was nou die dag daar en die manier waarmee die ou mense behandel word . HULLE sien my ook nie weer nie . My geld is een druppel maar vir my gee dit gemoedsrus .. Tata hasie

O aarde ·

Anne, hulle het mos tyd gehad om hulself te bewys. En hulle het nie.

Van Tonder probeer nou om die van ons wat nooit weer daar gaan eet nie, terug te wen. Vergeet dit. Ek loop net by die plaaslike Spur verby op pad na my plaaslike supermark toe. My plaaslike Spur is net om die hoek van oom Herrie se domicilium et executandi. Die plek is maar redelik leeg. En om te dink, ons was nogal opgewonde toe die betrokke Spur daar oopgemaak het.

Paul ·

I think too little too late.
Took Spur how many months to come to this decision?
It is all a financial move as the franchise ‘s are feeling the boycott.

Gert Knoetze ·

Van Tonder moet loop. Hy het alle probleme vir Spur veroorsaak. Spur sien my nooit weer nie.

Anneke ·

Spur se CEO moet gaan. die situasie kon heel anders uitgedraai het as die personeel in speelarea opgelei was om konflikhantering te doen en personeel binne on spur damage control kan doen.. situasies gaan daar altyd wees.. hoe dit hanteer word gaan deurslag gee.. en nie soos van Tonder sommer se eie verhoor hou en self oordeel vel sonder om seker te maak nie.. te veel tone is getrap.. sorry Van Tonder… bedank.. en dan kan ons teruggaan onderhandelingstafel toe..

Willem ·

Spur vra GEENSINS vir die publiek of wie ookal onverskoning nie. Hulle doen dit bloot omdat hulle besig is om ‘n finansiële knou te kry. Hulle het gedink hulle aanvanklike optrede sal meer vir hulle in die sak bring, toe nou nie. Ek hoop almal hou voet by stuk en maak hulle eine!!!

Pierre ·

Nou dat ons weg is by SPUR is huul slagspreek nou eers die waarheid” people with no taste for white life”. Leker Dros hier kom ons weer ‘n gooie STEAK eet.

ne ·

Wag vir van Tonder se bedanking!!! Konsessiehouers staan saam. Moenie die man net glo omdat verskoning aangebied is nie. Hy sit lekker agteroor en ontvang geld, konsessiehouers doen die werk.
Jammer SPUR sal nooit weer van julle spyskaart gebruik maak nie. Wie wil nou daai hompe olierige uie ringe eet? Hamburgers is so droog soos verlede jaar, vang ‘n paar tips by Wimpy…

ONBEKEND ·

Terwyl julle almal soo haat kry teen die naam SPUR het julle allmal vir n oomblik still gestaan en gedink aan die mense wat in die winkels werk wat kinders en families het om voor te sorg. sooo weer eens wys julle vir almal dat maak nie saak wat nie ons sal nogsteed voortgaan en n rug draai op die wat swaarkry. wat as dit jy was wat in spur werk of wat as dit jou kind is met n familie? wat sou julle woorde dan wees. PRACTICE WHAT YOU PREACH

cor ·

Wys ons n spur waar nog wit kinders werk, want al die wat ek besoek het voor ek my vererg het vir swak diens, onbevoegde bestuurder en half gevriesde kos , was daar nie meer n bleek gesig te sienne nie. Deur die Noord Vrystaat, Suidkus en Noordkus van Natal en Gauteng se Oosrand. As die kelners en Bestuurders werklik vir hulle werk omgee sal hulle bietjie moeite doen om kliente tevrede te hou,want dit is die klient wat aan die einde van die dag hulle salarisse en fooitjies betaal, as jy niks gee vir swak diens nie word jy as wit klient aan gekyk met moord in die oe. So ek enmy gesin ondersteuneerder die Wimpy en ander vriendelike en goeie diens restaurante

Hammie ·

Nou wag ons net dat Spur die “wit man” en sy gesin ñ gratis ete aanbied om onverskoning te vra vir onbillike optrede en dit op video op fb en twitter plaas waar hulle hom hand en voet bedien.

vrikie ·

Ek geniet Spur nog steeds vir my net nog ‘n eetplek en hulle politiek pla my nie

Jacques Venter ·

Herman Toerien
Jy sê: Hopelik sal die stof nou gaan lê.
Lank laas in my lewe sulke geveinsheid ervaar.
Jy hoop dat die stof sal gaan lê, maar hou aan daarmee op Maroela Medium.
Ek kom nou net van plaaslike Spur, waar die konsessiehouer vir my gesê het, hy staan in n posisie om miljoene te verloor. So die boykotters gaan hierdie Afrikaner van sy totale lewensmiddele ontneem. Dan noem hierdie boykotters hulle self christene

RB ·

Nee, Jacques Venter. Daar is niks mee verkeerd as mense, en ja ook Christene, hulself verdedig nie. Moenie die-ander-wang-draai misgis met in-die-ander-rigting-kyk nie! Jesus het self die tempel gereinig, nie in die ander rigting gekyk nie. (Let wel, dink nie iemand hier verdedig spesifiek die man in die insident nie, maar die algemene manier waarop ons mense teen gediskrimineer word). Die konsessiehouers moet hul verliese met Spur opneem en hul eie eise stel.

Johann ·

Jacques, waarom dring julle nie by Pierre van Tonder aan dat hy vir die konsessiehouers die kliënte met busse aanry nie?

O aarde ·

Jacques, die man moet dit maar met die konsessiegewer opneem. As hulle net hul optrede konstand gehou het en die vrou ook weggejaag het, sou geen haan daaroor gekraai het nie. Ek voel jammer vir jou plaaslike Spur-eienaar. Hy moet hom nie met mense soos Van Tonder en Farrely assosieer nie. Dis sleg vir besigheid. Of hy kan sy winkel toemaak en by die nuwe kliënte se blyplekke gaan oopmaak. Dan is sy probleem mos opgelos en sy kelners hoef nie eers Afrikaans of Engels magtig te wees nie!

Fanus ·

Spur is lamsakkig en onvoorspelbaar verander soos die wind waai. What a joke!

david ·

Hoekom nou eers jammer se is dit omdat julle nou weer ons geld nodig het Pierre van Tonder hoekom het jy nie lankal vorendag getree met n apologie nie,Dink amer dis te laat en nog steeds verander dit nie jou personeel se gedrag en opmerkings oor dit wat hulle met die kos van wittes doen nie.Stel 50 50 wit en swart mense aan installeer kameras in die kombuis waar ons die publiek kan sien hoe ons kos voorberei word en dalk het jy net n klein kansie om weer in die mark te kom..tot dan ….

JP ·

‘n Nasionale toer en ‘n span professore en analiste wat aangestel moet word om ‘n saak te ondersoek wat ‘n kind kan uitklaar. Bygesê dat daar nog nie enige sprake is om die vrou te verban of om die volle video beskikbaar te stel nie – laat mens wonder oor die sogenaamde “verskoning”.

Persoonlik het ek letterlik weekliks by die Spur geeet, maar die afgelope 2 maande alternatiewe restaurante opgesoek soos die res van ons vervreemde “ver regse konserwatiewes”. Ek voel blankes benader bitter vinnig die stadium van net eenvoudig gatvol raak vir die eenkantige rassisme en diskriminasie. As die land so gekant is teen rassisme, waar is die wit kelners? Spur het ‘n getroue klient in my verloor. Ek maak nou ‘n punt daarvan om nie my geld by enige van hulle franchises te spandeer nie…

Zack ·

Dankie Herman vir jou insig inhierdie skrywe. Ek wag in spanning vir jou volgende berig aangaande Spur. Jy vat die feite volledig vas. Goeie beriggewing.

Trots Afrikaans ·

Een van die basiese beginsels in besigheid is dat dit die kliënt is wat die rekeninge betaal, daarom sorg jy dat jou kliënte reg behandel word. En dit is makliker om ‘n kliënt te behou, as om hom te probeer terugwen. Ongelukkig het Spur kant gekies, iets wat hulle nie moes doen nie, in my opinie. Ek stem met my beursie as dit by swak diens en produkte kom en dit lyk of die meeste lesers dieselfde doen.
Nou is Spur besig om groot en waardevolle lesse te leer, maar die mag dalk te laat wees. Sterkte Spur. Verander die naam om julle BEE status te verbeter, gaan soek nuwe weivelde, koeël is deur die kerk.

S A Burger ·

Spur voel ‘n veer vir ons- hulle kamstige jammer-se is maar net om geld te kry – jy kan nie ‘n lib verander nie. So bly oor al die ander eetplekke wat ons ontdek het – mens kan dit nie eers met Spur vergelyk nie- Spur skiet so ver tekort. Die ander eetplekke het ook nie ‘n lib of politieke korrektheid -sindroom nie. Hulle is egte mense en waardeer ons as kliente.

henk ·

Wonder of Spur se spyskaart gaan verander om vir sy nuwe kliente te kan voorsien?
Spur – the tribe has spoken – Van Tonder moet sy liggie doodmaak. Hy is “uitgevote!”

Jacques Venter ·

Hallo Rb
Jy verwar nou n hele paar issues, wat nie verband hou nie. Vir n Christen gaan dit daarom om nie ander mense skade aan te doen nie.
Die reiniging van die tempel gaan oor die onering van die tempel en nie oor nbesigheid nie.
Hoe vra ek jou met trane in my oë, moet hierdie konsessie eienaar dit ander wang draai as boykotters sy besigheid wat hy met al sy krag opgebou het vernietig.
Christelikheid en beskawing gaan dsarmee saam dat mens n gevoel hetvir ander se lot het.
Die skade wat die boykotters aan mense se lewens aanrig is onberekenbaar

RB ·

Jacques Venter, ek verwar niks nie. Niemand probeer die konsessiehouers skade doen nie, hul moet moet direk met Spur skakel. Ek hoop iemand staan vir jou op as jy dit die dag nodig het. Groete.

Jacques Venter ·

Hallo O Aarde
As die.hele Spur beweging val sal hy niks kan eis nie.
Tewens beskerm n franchise ooreenkoms die franshise gewer en ly die konsessie houer. Glo my ek het daai stel self afgetrap.( n ander brsigheid nie Spur nie)

A. Mac ·

Spur was nog nooit vir my die plek om te eet nie. Nog voor al die ho-ha oor die storie het ons nie daar geeet nie. Maar die hele petalje was nogal insiggewend. Oor die hele land word mense ontslaan en werkgewers verminder hulle werkers, so hoekom nou sleg voel oor wat met Spur gebeur? Dis nie of iemand enige iets doen oor die ander werkgeleenthede wat verlore gaan nie.

Jacques Venter ·

A. Mac
Ons hoor die argument oor en oor in sosiale media. Omdat een ding verkeerd is, is n ander verkeerde ding reg.
Omdat werk geleenthede elders verlore gaan, is dit volgens jou argument OK as werksgeleentheid verlore gaan, by Spur
Die meeste mense wat op hierdie blog skreeu is welaf en weet wat dit is om honger te ly nie

Nukkerig ·

Ek was lanklaas so trots daarop om ‘n Afrikaner te wees as toe ek die koeranopskrifte vanoggend teen die pale gesien het. Dit was soet. Ek is tot kotsens toe sat vir die verstekposisie dat as jy wit is, is jy skuldig aan alles wat verkeerd is. Spur het self die mantel van aanklaer, regter en laksman opgeneem en die vonnis is uiters onkonsekwent uitgespreek, so hulle moet maar die prys betaal vir hulle besluit. Ek dink dis die skreiende onregverdigheid wat ons so nukkerig het. Albei partye was verkeerd, maar die blanke “rasistiese Afrikaner” is mos altyd die skuldige. Dis net ‘n weerspieeling van wat oral in die land aan die gang is en die hele storie is groter as Spur en albei die partye in die petalje. Dis jammer dat die konsessiehouers ook gestraf word, maar geen blywende verandering geskied sonder pyn nie en dis tyd dat dinge verander.
Begin ‘n nuwe restaurant met die naam “RUPS” met ‘n prentjie van ‘n man met ‘n wyerandhoed en ek eet môre daar uit die blote prinsiep van die saak.
Ons behoor baie danbaar te wees vir die “hanskakie” van Tonder. Hy het ons iets laat doen wat nie baie gebeur nie ……. eendragtige protes deur die Afrikaner.

Jan ·

Jig, dis maar erg as mens so teen die oormag moet veg. Skoon moeg van nie meer weet hoe om te keer en al die gate toe te stop nie.

JC Marais ·

As iemand om verkoning vra, is dit net reg om dit te aanvaar, dankie Spur.
Intussen het ons agter gekom dat daar baie ander restaurante is wat baie lekker kos maak, teen dieselfde of beter pryse.
Jammer Spur.

Dan ·

Herman, die algemene houding is duidelik: totsiens Spur! En dit gaan beslis nie net oor hierdie rassevoorval nie. Gedane sake het nie keer nie. van Tonder het nog geweldig baie om te leer. Hy het homself heeltemal oorskat en pluk nou die vrugte.

Cherokee ·

Kom ons gesels bietjie oor en met die konsessiehouers. Wat presies doen hulle om in hul jagtog vir die Afrikaanssprekende se geld, hul winkels bietjie meer wit en bietjie meer Afrikaans te laat lyk?
Dit is wel so dat daardie wit meisie nie meer as kelnerin werk in enige bekende restaurant nie maar dìt mag wees hoe julle weer die Afrikaanse gesin se kuierplek kan word.

popeye ·

‘n oplossing vir die hoogs irriterende spur advertensies tydens die rugby……werk net as jy explora het: neem die rygby op maar kyk self een uur later. As die advertensies opkom fast forward net! Dis lekker om hulle die gatkant te wys so!!

Jannes ·

Hier in die Noordelike voorstede van die Weskaap is ‘n Spur met hoofsaaklik blanke middeljarige dames as kelners. Die kos, diens en vriendelikheid is iets om te beleef. Ver verwyder van Gauteng met sy ras “issues”

sioux ·

in al die jare wat ek by spur GEEET het,het ek nooit olirige chips of uiering gekry nie.

PJ Bronkhorst ·

Dit is ongelukkig sò, mnr van Tonder, vat nou maar jou baadjie en gaan weg. Solank jy op die toneel is, sal dinge nie gaan lê nie.

Johan van Barberton ·

Ek’s 71 en ’n bietjie. Ek en vroutjie het graag by die Spurs oral gaan eet op tye. Die latente gevaarsituasies in en rondom die kuierplekke het reeds vererger, en daarom eet ons minder uit. Dis nie meer lekker nie. En dan kom hierdie suur voorval ook na vore met ’n een of ander van Tonder-smaaksel op die spyskaart. Haal die ding af wat die bitterheid in die dis maak, en gee ons almal sodoende binne die volgende jaar of tien dalk ’n lus om weer by Spur te gaan proe.

Malalane ·

Ek ondersteun nou eerder kleiner restaurante en is verras met die diens en kwaliteit kos – ek vertrou ook nie meer die kelners en kombuispersoneel van groot restaurante met die higiëne van my kos nie.

Ansa ·

Bye Spur. Die Afrikaners is nou moeg om die agtergeblewenes te lek … hou nie van die smaak in my mond nie.

JC ·

Aitsa Ansa! Ons moet nou net ‘n manier vind om die Afrikaner en Anglo-Afrikaanse konsessiehouers te help en finansieel te beskerm (NIE deur weer by “SPUR” TE EET NIE, maar deur by te dra tot ‘n hulpfonds), of die konsessiehouers kan dalk ‘n klasaksie bring teen Spur, hulle konsessies kanselleer(regmatiglik) en begin handel dryf onder ‘n ander konsessie houer (nie!! Panarottis en John Dory nie, hulle is deel van de Spur Groep), of hulle kan bloot hulle bemarking en reklame verander, maar op een of ander manier dink ek nie dit gaan die knoop deurhaak nie. Eintlik moet die Spur konsessie houers die van tonder hof toe sleep synde dat sy aksies die konsessie se beeld en lewensvatbaarheid in gedrang gebring het; dat die lib kan val!! Laat ons beursies maar die praatwerk begin doen. Hierdie is ‘n waarskuwing gerig teenoor die verfoeilike “regering” ook!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Goeie raad aan Spur. Duidelik is jul meeste gewaardeerde kliente nie-blank. Gaan open ‘n Spur in ‘n “townshiip” waar jul tussen jul “eie” mense kan besigheid doen.

madels ·

Ek sal nog steeds nooit weer my voet in Spur sit nie, ons moet NOU meer as ooit n standpunt inneem as wit SA’kaners dat ons nie sal toelaat dat ons so geboelie word nie. Miskien as Spur heeltemaal doodloop sal dit soos n monument in die verlede wees wat sal dien as n voorbeeld van wat gebeur as ons so aanhoudend geboelie word. Nee wat Spur, ons almal dink ek het nou genoeg gehad. Genoeg is genoeg!!!

JC ·

Dankie madels!
AFRIKANERS, EN AFRIKAANS BY IMPLIKASIE, het ons nou geleer, IS INDERDAAD STERK!
ANGLO-AFRIKAANSES STAAN OOK SAAM MET ONS IN ONS STRYD TEEN DIE BOSE.

JC ·

Weet julle wat? In die dispensasie wat ons vandag in ons geliefde Republiek mee sit, en waar die kamtige “demokrasie” se tekortkominge duidelik na vore gebring word, en dit niks anders as meerderheidoorheersing is nie; kom dit neer op ‘n analogiese vb. van wat die Amerikaanse vryheidsvegters in 1776 genoem het “No taxation without representation.” Ons belange, kultuur en taal word net so onder die mat ingevee en wil daar heimlik gesorg word, of word ‘n poging daartoe gesmee, dat ons soos skelms in ons eie vaderland voel, SONDER DAT ONS AFRIKANERS, WAT AL SO BAIE VIR ONS LAND GEDOEN HET EN OPGEOFFER HET EN BLOED GEGEE HET DAARVOOR, ENIGSINS ‘N SE HET IN ONS EIE TOEKOMS EN LAND!
Daar word heeltyd gelol met ons konserwatiewe aard en anti-marxistiese sosiale samelewings struktuur, met ‘n grootse en naspeurbare marxisties sosiale poging to indoktrinasie en propaganda. SO word daar gepoog (soms suksesvol!) dat ons Afrikaners deur polities korrekte breinspoeling mettertyd van ons eie unieke waardes en kultuur- sosiale nuanses afsien, en die rug daarop keer. Wel, dit SAL NIE werk nie!
Dus: volgende stap, onttrek belasting want: “NO TAXATION WITHOUT REPRESENTATION!” Basta met dit!

Sue ·

Be careful for the little man on the way or you might meet him on the way down.

Tjaart Lemmer ·

Daar is ten minste darem een dogtertjie vir wie geweld teen vroulike persone en kinders nie genormaliseer is nie omdat sy n pa het wat die guts het om sy kind te beskerm. Kom ons begin n Afrikaanse gesins restourant franchise wat geen rassediskrinasie toepas nie en waar ons kinders veilig is

RC ·

Ek sal graag wil sien dat al die sake wat solidariteit benader waar rassisme nie op ‘n gelyke basis hanteer word nie dieselfde knaende aandag kry. Baie word vermag as sosiale media dood eenvoudig nie stil raak van ‘n ongeregtigheid nie. Solidariteit en Afriforum moet dood eenvoudig hierdie platforms gebruik vir die krag wat hulle gee dat mense saamstaan.

Vir wat dit Spur aangaan, ek sien myself ook nie weer daar nie. Die kinder-oppassers laat dikwels die deure oop staan en kinders kan vrylik in en uitgaan sonder skroom. My seun het amper op daardie manier weggeraak toe hy besluit dis tyd om by ‘n ander restaurant te gaan speel en ons hom uiteindelik daar vind. Spur se personeel het geen noodsaaklikheid daarvan gemaak nie en ek het dit maar aangemeld by die winkel sentrum se sekuriteit, genadiglik het ons hom vinnig opgespoor. Let asb. dat hierdie insident voor Spur se politiese inkorrektheid plaasgevind het.

Santie ·

Daar was ooggetuies dat die (groter) seuntjie die dogtertjie met die agterkant van sy vuis in haar gesig geslaan het en volgens dieselfde ooggetuie het die pa die ma aanvanklik ordentlik gaan sê wat haar kind gedoen het. Dis die MA wat die pa dadelik gevloek het en daarna soos ‘n barbaar tekere gegaan het. Voor die ooggetuie se storie in die plaaslike koerant nie aan die groot klok gehang word, die pa en die dogtertjie GROOT om verskoning gevra word en Spur se kelners in ooreenstemming met die KLANTEGETALLE aangestel word nie, bly ek klaar met Spur. Die konsessiehouers kan ‘n klasaksie teen Van Tonder instel, hulle geld vat ek privaat restaurante oopmaak waar hulle personeel kan aanstel wat ten minste Afrikaans of Engels kan praat. Ek wed dan sit daai restaurante gereeld vol.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.