Nuuskommentaar: Student teen student, regering teen regering; en die belastingbetaler hoes

'n Klaskamer by die Universiteit van Pretoria waar 'n toets Maandag (19 September 2016) deur betogers ontwrig is. Foto: Verskaf

‘n Klaskamer by die Universiteit van Pretoria waar ‘n toets Maandag (19 September 2016) deur betogers ontwrig is. Foto: Verskaf

Gaan wet en orde weer selektief toegepas word om die een of ander politieke klimaat te skep, of gaan daar nou op kampusse ingegryp word om studente wat wil studeer, en op staatsbeskerming daartoe geregtig is, nie al wéér vir die wolwe te gooi nie?

Verlede jaar was dit amper mode om die studente wat in opstand oor klasgeld gekom het, se saak te ondersteun. Hierdie steun het soms geraak-raak aan die goedpraat van die optredes wat daarmee gepaardgegaan het – maar het baie gesmoord geraak toe onder meer universiteitsgeboue en onskuldige, onbetrokke mense se voertuie aan die brand gesteek is.

In Suid-Afrika, so lyk dit, is dit in die hitte van die situasie vir baie van die deelnemers moeilik om te onderskei wanneer die grens van wettige protes, soos in die Grondwet vervat word, tot louter strafregtelike dade oorgaan.

Soos ’n skril vrouestem op TV opgeklink het toe ’n groep studente die UK se rektor, dr. Max Price, tydens ’n sitting van die kommissie wat na klasgeld kyk, gyselaar geneem het: “We are not criminals?”

Nou wat dan?

Net so is die publiek geregtig daarop om, by wyse van spreke, gevrywaar te word van dokters wat nie weet watter kant iemand se blindederm sit nie, omdat ander “studente” hulle tydens toetse en eksamens uit die klasse gejaag het. Studente wie se ouers weens hul velkleur erg moet rondskarrel om hul kinders se studie te kan betaal, en hier kom heethoofde en trap dit tot niet. Geen wonder die gemoedere bou erg op nie.

Ja, die regering kan nie verontskuldig word nie. Media 24 se publikasies hanteer dié kwessie vandag in ’n hoofartikel, Regering moet ook pa staan vir kampuskrissise. Terwyl studentegetalle skerp toegeneem het, het die regering sy subsidiekraantjie al digter gedraai.

Vanoggend word die vraag gevra waar min. Pravin Gordhan die bykomende geld gaan uitkrap om die bykomende subsidies te betaal sodat studente uit huise met ’n inkomste van minder as R600 000 per jaar nie verhoogde klasgeld sal hoef te betaal nie. Het Gordhan in die proses weer ’n berekende “hositaalpaas” gekry?

Onder die heethoofde is daar erge frustrasie. Maak nie saak hoe hoog hulle die temperatuur van hul aksies opdraai nie, daar word nie geluister na hul eis van géén klasgeld hoegenaamd nie. By die regering bly dit ’n gesprek oor hoeveel die klasgeld is, en met hoeveel dit verhoog moet word.

Nou is bepaal dat die verhoging van klasgeld nie meer as 8% moet wees nie (waarvoor net die rykes sal betaal), en op die daad word klasse ontwrig en universiteite sluit.

’n Brief in Volksblad weerspieël die frustrasie van die belastingbetalerskant – neem die studente wat hulle aan misdaad skuldig maak in hegtenis, stuur hulle tronk toe waar hulle gratis kan studeer.

Ná dr. Blade Nzimande se aankondiging gister is daar nog soveel los drade wat rondhang, dat dit feitlik onafwendbaar is dat die situasie sal eskaleer. So iewers langs die pad gaan Afrikaans ook sommer weer as faktor ingespeel word, en universiteite eintlik gedwing word om te kies tussen beloftes van ontlonting en die Grondwet. Universiteite se opdissing van allerlei verwronge uitlegte en toepassings van transformasie om die logiese interpretasie van die Grondwet te ontduik, is nou op die sinkplaatpad met AfriForum en Solidariteit se suksesvolle hofsake teen die Vrystaatse Universiteit.

Intussen moet veral sommige universiteite nou bakhand by oudstudente staan om as donateurs in te staan vir die tekorte wat die regering se optredes veroorsaak. Baie van hierdie oudstudente is nie te lekker oor die behandeling wat Afrikaans kry nie, en wie is in elk geval lus om geld te mors op instellings waar wetteloses kort-kort dinge op horings neem?

En dit terwyl die Afrikaanse universiteit, Akademia, juis ’n goeie alternatief bied vir waarheen donateurs hul geldskenkings met vertroue heen kan kanaliseer.

’n Staat wat wetstoepassing selektief toepas, bou reeds aan môre se probleme. Dit is soos die inkonsekwente toepassing van dissipline met ’n kind se opvoeding.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Anti regering ·

Die studente wat betaal om te studeer moet die universiteite (blade)dagvaar dit is al wat gaan werk

JC ·

Die laaste 2 paragrawe v/d artikel bevat eintlik die kruks van die saak, en die eenvoudige antwoord. Privaat inisiatief is die antwoord. KOM ONS BOU! KOM ONS BOU AKADEMIA!! Ek sal hierdie maand soos oudergewoonte weer my R200 donasie aan Akademia maak sodat AKADEMIA KAN BOU, omdat hul studente wat wil swot die geleentheid wil gee om so te doen EN IN AFRIKAANS sonder politiekery. Dit is al wat ons vra, en AKADEMIA (en SOLTECH) gee dit met uitstekende standaarde, baie hoop vir die toekoms a.g.v. die aard van die opleiding,hope dissipline en graadkry, klaarkry met lekkerkry!! In ‘n neutedop, bied hul aan voornemende studente alles wat mens kan verwag van ‘n wereldklas instelling. So kweek hul ook liefde en respek vir Afrikaans, Afrikaanses en Afrikaners!!
Die staat kan dan nie hul vuil vingertjies daar indruk nie.
Baie dankie!!

Rynhardt ·

Moleste en komende moleste is georkestreerde aanhitsing tot geweld agter die skerms! Blade Nzimande en sy Anc’maatjies moet pa staan en nie belastingbetalers nie! Anc se ondersteuners bou niks op in SA nie! Om skade aan te rig by kampusse is nie opbou nie, molesmakers! Tye raak moeilik en swaar, en belastingbetalers kan nie elke keer hoes vir skade wat aangerig word nie! Neem kennis Anc.

stephanus jesaja Heunis ·

Dit lyk die blade/anc karakter wil he die so-called studente moet die goeie toestand anc ge-erfde universities uitbrand! Maak dit permanent toe en Gebruik dit eerder vir tronke!!

Dup du Plessis ·

……so as iemand R599 999.00 per jaar verdien is hy behoeftig en moet sy/haar kinders se studie gelde deur ander mense betaal word….wat dalk nie eers kinders het nie……kan dit wees?

lettie ·

Vat die regering aan. Dis immers Zuma wat gese het die klasgelde moet nie verhoog word in 2015 nie, en hoop geskep het onder studente dat hoe meer hul klasse ontwrig die jaar hoe meer vlam die hoop op dat die regering wel sal ingee indien dit voortsleep.

christine ·

Dup elke betalende student en besigheid tewens elke mens wat wel werk loop vandag rond met ten minste 15 na 20 van die klouers op jou rug rond dan wonder jy hoekom jy in die aand so moeg is.

Dup du Plessis ·

…….want as jy in Afrika R600 000.00 rand verdien en as behoeftig geklas word Christine weet ek darem nie….hoewel in SA mag jy kinders verwek asof dit ‘n nasionale sport is, jy word daarvoor betaal en wanneer die kinders skole en universiteit toe moet gaan moet iemand anders daarvoor betaal – as die iemand anders nie wil nie breek en brand ons ‘n paar plekke wat met ander se geld opgerig is en weer vir die nuwes ook gaan betaal…..later moet daar ‘n huisie ook gratis voorsien word……..wat het geword van ‘n man se eer om vir sy eie huis te sorg…….., geen trots, geen toekoms……

Ou Ystervark ·

Grondwet, Grondwet wie? Bla-bla-bla. Demokrasie, Demokrasie wie? Nog bla-bla-bla.

Wat het geword van die regte van studente wat klas wil loop en eksamens skrywe? Demokrasie en menseregte in Suid-Afrika is ‘n klug. Maar ek sien die dag aanbreek dat die mensesmokkelaars duisende studente per boot uit Suid-Afrika gaan stuur na Duitsland, China en Indië waar daar kwansuis beter geleenthede sou wees om werk te kry. Bla-bla-bla. Ha-ha-ha. Tragies.

Anoniem ·

Die ergste van als is dat die meerderheid van die betogers en mense wat geboue afbrand, nie eers studeer by enige van die kampusse en of n student is nie. Hul besef nie alles wat hul afbrand en vernietig, maak die fondse vir “free education” minder, want hoe word die gemors weer gebou of reg gemaak???? Die fondse val seker maar uit die lug….

Grassie ·

Ek wil graag herhaal wat ek al die afgelope paar jaar hier kwytgeraak het – die toekoms van al die universiteite, en veral die gebruik van Afrikaans, is lankal finaal oor besluit – nie in enige raadsaal op ‘n kampus nie maar in Luthuli-huis. Dit is dan ook waarom ‘n deurwinterde kommunis as minister aangestel is.
Sover die betogers betref, ek glo nie enige student wat deur die jaar hard gewerk het en ‘n kans staan om die eindeksamen te slaag sal hier vlak voor die eksamen aan ontwrigtende optrede deelneem nie.

Jaco Prinsloo ·

Studente wat uit huise kom waar die inkomste minder as R600 000 per jaar is hoef nie verhoogde klasgelde te betaal nie????? Komaan Maroela, R600 000 per jaar perk is moontlik 90% van alle student se ouers se maksimum inkomste…..my ouers het met n kleiner inkomste as dit my onlangs deur varsity gesit…..Is dit dalk nie R60 000 nie???

Sarie ·

My broer en sy vrou verdien defnitief minder as R600 000 per jaar en hulle stuur hulle twee kinders universiteit toe. Hulle kla nie maar die kinders weet hulle moet leer. As hulle 75% vir n vak by US kry betaal hulle minder. So dis skouer aan die wiel vir 75%.Hulle het ook net twee kinders en hul leefstyl is nie buitensporig nie. Ek voel universiteite moet die toelatingsvereistes verhoog, die studente wat rigtings swot wat groot in aanvraag vir die arbeid snag is moet voorkeur kry en doen weg met enige rassediskriminasie dan sal jy sien dat daar nie gebrand word nie.

Ek wonder ·

Stem saam jou Grassie. Studente wat hard werk het nie tyd vir speletjies nie en is bereid om met lenings te studeer en dit later self terug te betaal. Baie van ons het in die verlede so studeer en my kinders studeer steeds ook met lenings want ouers se inkomstes raak kleiner en SARS neem baie daarvan. Baie van die mense wie ammok maak word aangery en is dikwels veel ouer as die gemiddelde studentekorps word deur ons kinders opgemerk. Ek wonder hoeveel van hulle enigsins enige betrokkenheid by die universiteite het. Hoekom word hulle deur heksekuriteit ingang toegelaat sonder studentekaarte of bewys van hul besigheid? Dit gerhoog die risikos vir ons ware studente.

Otter ·

Daardie “ryk” kR600 plussers is reeds onder baie druk met hoë belasting. Dit klink vir my soos dubbele belasting! Boonop betaal hulle ook reeds namens andere munisipale belasting, riolering, water en elektrisiteit.

Otter ·

Ek dink dit kom neer op “donor fatigue” (verskoon die Engels): die middelklas betaal dubbel vir alles. Byvoorbeeld: as ek produkte koop of dienste gebruik, is daar verskuilde koste om die verskaffer se BEE en ander wylsynaksies te befonds. Dan is daar BTW, hoë persoonlike belasting, heffings op brandstof, e-tol, ens.

Klagepataal ·

Ek het grade van die Puk en van Kovsies. Ek was by beide geregistreer as ‘n alumnus, en het ruim bygedra. Ek het enkele jare gelede by beide bedank as ‘n alumnus, my bydraes gestaak, en hulle die rug gekeer. Ek weet baíe in my posisie het dit gedoen. Dit is hartveskeurend, maar ek kan nie deel wees van só ‘n gemors nie.

Lance ·

Die wat nou wil studeer en verhinder word moet maar nou hulle geld terugvra glo ek …nou word almal se tyd gemors

M ·

Wat my woedend maak, is dat student nie toegelaat word op kampus sonder hul student kaart nie, maar die EFF bende kan kom en gaan soos hulle wil. Wat gaan TUKS doen om ons kinders te beskerm. Hul mag nie eers in die aand binne parker nie, maar buite waar daar geen lig is nie. Ons dogters moet saans stoksiel alleen na hul motors loop.

marie visser ·

Die studente wat ernstig met hul studies is, moet by Akademia aansluit, los die staatsuniversiteite vir die molesmakers en verwoesters om af te brand en in duie te stort. Hulle wil buitendien nie leer nie. Ek persoonlik glo nie die betogers is akademiese uitblinkers nie, nou gebruik hul die betogings vir verskoning om nie te studeer nie – einde van die jaar wil hul slaag en indien nie, betoog hul weer. Elke mens leer respek teenoor mense en eiendom en dissipline in die ouerhuis aan. Ons land se inwoners het ‘n tekort aan basiese opvoeding. Tragiese toestand.

Armando ·

Marie Visser, middag. Ek twyfel of Akademia, goeie instelling wat dit is, tegniese grade toeken. En wat moet mens deesdae met ‘n BA doen?

Johann ·

Hi Armando, as jy onseker is of nie weet watter grade Akademia toeken nie, gaan Google dit gerus, jy sal dit binne ‘n minuut of twee kan verifieer. Jy sal ook kan sien waar hulle nou al oral sentrums in die land het waar klasgeloop kan word.

Bekommerde werkgewer ·

My grootste bekommernis – is hierdie ons toekomstige werknemers wat ons in diens gaan moet neem. Eerste jaar wat hulle nie gelukkig is by die werk nie begin hulle betoog of alles afbrand? Dit laat my wonder…..

DR ·

Sal daar enige sport soos krieket, rugby, sokker of atletiek wees by akademia,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.