Nuuskommentaar: Suid-Afrika is aan die brand! Anargie of burgeroorlog?

'n Betoger van Sebokeng, suid van Johannesburg, Woensdagmiddag. Foto: SAPA

‘n Betoger van Sebokeng, suid van Johannesburg, Woensdagmiddag. Foto: SAPA

Oor die laaste drie maande is die polisie in Gauteng na 569 optogte oor dienslewering uitgeroep waarvan 122 gewelddadig geword het. Dit is gemiddeld ses per dag, en dit net in Suid-Afrika se rykste provinsie. Intussen neig die sterftes tydens sulke optogte om na die dubbelsyfers te beweeg.

Leserskommentare op die internet word, gewoonlik met goeie rede, as oningelig, oordrewe of laf en nie verteenwoordigend van die breë bevolking se menings nie afgemaak. Maar wie dit summier ignoreer doen dit ook op eie risiko – dit dien tog as ‘n barometer van wat aan die broei is, al is dit taamlik geïsoleerd. Daardie kommentare verklap byvoorbeeld dat die regering moeilikheid het oor die e-tol.

Die feit is dat die sosiale media nie werklik die ongeletterdes en armstes verteenwoordig nie. In die Unesco-verslag oor onderwys wêreldwyd word byvoorbeeld uitgewys dat net een persent van Suid-Afrika se leerkragte toegang tot die internet het, maar die meeste het selfone. Die broodnodige verdere opleiding word dus duur en beperk deurdat dit met dokumentasie op papier, aangevul deur teksboodskappe op selfone gedoen moet word.

As so ‘n klein persentasie onderwysers wat immers in beginsel almal geletterd moet wees internettoegang het, hoe lyk die syfers vir die res van die bevolking?

Maar wie die “gesprek” op die sosiale media ignoreer, doen dit op eie risiko.

Dit is op die sosiale media waar die terme “burgeroorlog” en “opstand” al meer gesien word. Word na die voorblaaie van koerante gekyk, is dit maklik om te sien hoekom die persepsie ontwikkel dat dinge besig is om liederlik skeef te loop. Dit is omtrent net die regering wat skynbaar glo dis normaal – in elk geval dit is wat pres. Jacob Zuma probeer te kenne gee soos verlede jaar aan die wêreldmedia by Davos. Vanjaar was hy nie daar nie – skynbaar as deel van die ANC se skadebeheerstrategie.

Dit is ook op die sosiale media waar die duiwel, by wyse van spreke, los was oor die boodskap wat die voorblaaie van koerante bring: “Summer of our discontent” lui die opskrif van ‘n artikel deur Gill Moodie.

Dis ook ‘n slagveld waar veldtogte en vendettas teen die koerante, of koerantgroepe gevoer word, soos die “Boikot Naspers-veldtog.”  Daar is volop beskuldigings oor beweerde swak gehalte, gebrek aan diepte, duidelike onervarenheid onder verslaggewers en die taalversorgers, kwalik verskuilde politieke agendas, eenogigheid, vreemde nuuskeuses en vele meer. Word ‘n groot groep van hierdie breedsprakige sosiale media-kommentators se spelling, objektiwiteit, feitekennis en insigte as norm geneem, is die oord van waaruit die kritiek kom baie dikwels met meer as net ‘n tikkie ironie gelaai.

Maar wat gaan werklik daar buite aan?

‘n Verkiesing is onderweg. Dit opsig self laat ‘n groot aantal kragte los.

–       Hoewel hierdie teorie in onguns verval het en nog selde afgestof word, het politieke wetenskaplikes in die vroeë 90’s nog daarop gewys dat ‘n bevrydingsparty na onafhanklikheid effektief net tien jaar – dus in die praktyk tot die derde verkiesing, nog alles wat verkeerd loop op die vorige bedeling se brood kan smeer. Hoewel die Suid-Afrikaanse situasie baie verskil, is parallelle tog getref, en is voorspel dat die ANC teen dié tyd dit nie meer so maklik gaan vind om alles apartheid se skuld te maak nie. Dit blyk minstens deels waar te wees.

–       Die blote feit dat ‘n verkiesing op hande is, laat ook kragte los. Dit is bedingingtyd vir partye se beloftes, en die geskiedenis het geleer dat die ANC die beste luister as dit in die vorm van massabetogings, verlammende stakings en, ongelukkig ook geweld geskied. Politieke sosioloë het voor die aanbied van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika gewaarsku dat die regering ‘n yslike lat vir sy eie bas pluk deur toe aan vakbonde se afdreiging gehoor te gee deur onrealistiese eise toe te staan om stakings voor die groot sokker te besweer. Dit na die regering ‘n oproep in nasionale belang gedoen het, dat die stakings tot na die sokker moet wag, en dat die regering dan sou onderhandel. Sommige vakbonde het aan die oproepe gehoor gegee, maar hulle na die sokker in ‘n baie toe hand vasgeloop. ‘n Donkie stamp sy kop net een keer.

–       Daar is ‘n baie groot gaping tussen wat teen dié tyd van die regering verwag is, deur sy eie beloftes, en dit wat eerstehands ervaar word. Wie sal ooit vergeet van oud-president Nelson Mandela se belofte van wasmasjiene vir almal, maar daai groot reën van wasmasjiene het nie gekom nie. Die regering het steeds nie geleer om matigheid voor oë te hou as dit by beloftes maak kom nie.

–       Volgens verskeie bronne het Suid-Afrika die grootste inkomstegaping ter wêreld. Die probleem is dat diegene wat die beloftes maak, self in baie sigbare weelde leef, met duur motors, huise en Nkandla, terwyl diegene wat huise kry eintlik voorhoutjieboksies kry wat dikwels baie gou uitmekaar begin bars. Heelwat onvrede sypel deur daardie barste. Die teorie van relatiewe deprivasie werk oortyd.

–       In die praktyk laat dienslewering veel te wense oor. Die ouditeur-generaal het weer ‘n verdoemende verslag oor staatsdepartemente en munisipaliteite aan die parlement voorgehou. Bevoordeelde kaders pluk die vrugte van ruim salarisse, dikwels aangevul deur ruim “tsjôtsjô-byvoordele” en die kiesers pluk die wrange vrugte.

Dit is natuurlik nie hoe ‘n demokrasie moet werk nie. Nog minder dat diegene wat so ontevrede is dat dit in geweld oorkook, maar weer vir die ANC gaan stem.

Dat die ANC sleg is vir die land word algaande oor die wêreld heen besef, waarskynlik versnel met die afsterwe van Mandela. Vanoggend berig die Christian Science Monitor van Boston oor die mislukte politieke huwelik tussen die DA en Agang, en sê dit bevoordeel net die ANC “en laat die Suid-Afrikaanse bevolking as die groot verloorders.”

Die ironie is dat die anargie nie bevorderlik is vir die bereiking van dit waarop aangedring word nie. Die doelwit van die groot mynindaba om beleggings in die mynbedryf te trek, wat nou in Kaapstad plaasvind, se potensiaal word erg ondergrawe deur die gewelddadige platinumstakings. ‘n Groot deel van die wêreld se media se oë is op Suid-Afrika danksy die besoek van die Australiese krieketspan, maar waar hulle ook al toer is daar ontwrigting, brandstigting en lewensverlies nie ver daarvandaan nie.

En die kabinet gaan bosberaad hou om te besin oor sy prestasies.

Die regering moet besef beloftes maak skuld – en nou het die Reserwebank nog rentekoerse opgeskuif wat skuld nog duurder maak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

joggiesteyn ·

As ek so kyk na al die kommentaar wat onder soortgelyke opskrifte elders op FB verskyn het dan kan ek maar net met groot kommer van die huidige situasie kennis neem … Hel, dis net ‘n geblablabla en niemand se regtig iets nie… tjank en kerm en se mekaar sleg … dis mos iets wat ons ou volkie so goed kan regkry…
Maar vriende, moet tog nie bekommerd wees nie want soos dit tans in die land brand en breek en moor deur die ongeduriges lyk dit al meer vir my na ’n baie bekommerde ANC wat sy inteligensie magte onder die bevolking ingestuur het om hierdie dinge aan te blaas en selfs meer chaos en ontevredenheid te skep sodat daar ‘n algehele toestand van anargie kan ontstaan… dan kan onse prez mos sonder vrese vir moontlike buitelandse ingryping en wereldwye teregwysings ’n noodtoestand afkondig en die verkiesing op ys plaas vir die volgende paar jaar… en in daardie tyd kan hy dan rustig sy breër en totale ANC aanslag en strategië in plek kry – kan dan sonder vrese vir enige plaaslike en grondvlak proteste, die grondwet opskort en as diktator die hele legkaart wat hy van SA in sy ronde kop gevisualiseer het, tot uitvoer bring… sal my nie verbaas as hy hierin deur die FBI gehelp word nie… Malemma is nou sy grootste kopseer en hy wil hom graag sonder kettings op ‘n sylyn gaan parkeer en daarin gaan hy virseker sy buitelandse pellies se hulp verwag want as JUlias die myne moet afvat dan sit sy pelle sonder hulle ganse wat die goue eiers le en as die VSA se politici tot oorlog kan oorgaan om hulle olie belange te beskerm dan dink ek nie hulle sal baie minder ernstig raak oor miljarde se beleggings in die mynsektor van SA nie…

Boet Wienand ·

Geagte Herman. Ek stem saam dat daar magte binne en buite Suid Afrika is wat hard aan die werk is om anargie te skep . Dit is na my mening egter deel van n wereld beweging wat die huidige ekonomiese wereldorde tot n val wil bring . Amerika staar bankrotskap in die gesig. Daar is geen manier wat hulle daaruit kan kom nie. So ook Rusland, Europa, die Vereenigde Koningkryk en amper al die Afrika lande . Die werklose massas sal net soos in Frankryk van ouds en meer onlangs die Noord Afrika state die regerings ( Korrupte) onregeerbaar maak en dmv ‘ Mob rule’ en die lande tot n ashoop reduseer. Om die mag te behou sal super magte hulself wend tot n totale uitwissings oorlog( wat reeds gestook en beplan word) om daardeur steeds die mag te behou en dan n sg nuwe ekonomie en wereldorde in te lei. Daar sal n geween en n gekners van tande wees .Gruwelik maar waar !

Jasper ·

Boet. Jy som dit mooi op. Ek wens net meer mense wil dit besef.

Ben Basie se verlede ·

Burn baby burn!!!Ek Voel vere blank Afrikaans bo 40 is my dae in elk geval getel ekonomies.Drie nagraadse kwalifikasies op spesialis gebied betek vere aangesien ek eerder vervang word deur n groentjie wat sy graad verniet gekry het op UCT en wat nie kan skryf of spel nie.Solank hy spykers en skroewe kan Laat inval op toerusting wat biljoene kos is die Kaap Hollands.Ek dink nie Jan Alleman het n idee wat aangaan ten opsigde van hoogs intensiewe tegnologie wat of nie kan benut word nie omdat hulle nie weet hoe om dit te Laat werk of instand kan hou nie of erger verwoes.Solank die wit oom met die kennis net nie toegelaat word nie.Die land sink soos die Titanic in die middel van die nag.Op die oomblik word die land soos termiete van diep binne Af opgevreet met net die Mure wat staanbly.Gee tien jaar is Eskom op sy kniee SAL op die grond vir Goed.Myne wat leegstaan en gestroop is vir Elle stukkie smeltbare koper.Teer paaie wat oplig van swak vermenging van teer om te steel.Paaie wat kraters gaan inval asgv.Geboue wat inmekaar gaan inval RDP huise wat gaan verkrummel.

Danie ·

Sjoe,Joggie Steyn,jy het n lang asem,en dan praat jy louter onsin.En Boet Wienand,dan stem jy saam en praat net soveel nonsens,amper se ek nou n ander woord.Nee man,waar was julle op skool.?
Ek ontken nie dat ons land in groot moelikheid is nie.Die land is ryk,en kan eintlik in almal se behoeftes voorsien,maar Zuma en kie steel soveel dat daar eenvoudig nie genoeg oorbly om die swart bevolking gelukkig te hou nie.En dan lyk dit my daar is geen geboorte beperking nie,die kinders kom net by.
Ek vrees ook vir die toekoms van die land.Baie mense het hoop opgegee,en wil net emmigreer.Ek sien nie veel hoop ook nie,want die ANC onder Zuma is soos n kanker wat die land se toekoms wegvreet.As gevolg van die ANC se opmors en beloftes,het daar nou n ongeduld onder die swart bevolking ontstaan.En dit het veroorsaak dat die radikale EVV van Malema ontstaan het.En daar kom nog n werkersparty ook,dit is heel waarskynlik.
Wat beteken dit vir ons as blankes en Afrikaners?Niks goed nie.Die ANC gaan nog meer moet vat van die wat het,om vir diegene te gee wie nie het nie,Die swart mense gaan net meer ongeduldig word .
So wat kan gedoen word.?Staan bymekaar,soos nog nooit vantevore nie.Onthou net een ding,ons as blankes het nie meer politieke mag nie,ons moet maar dit oorlaat aan die swart mense om vir die politieke mag te baklei.
En vergeet rassisme,dit maak dat ons net nog meer gehaat word.Daar is rassisme van die ANC se kant,maar ons kan nie rassisme beveg met rassisme nie.God se woord leer ons nie daar moet rassisme wees nie.
Maar om te oorleef,sal ons bymekaar moet staan.Nie noodwendig om vir dieselfde party te stem nie.Vekiesings kom net elke 5 jaar,en ons gaan elke dag op mekaar moet steun.
Daar moet n eenheids organisasie wees om ons saam te bind.Om die waarheid te se,daar is reeds een.Die Solidariteits Beweging.
Ons het n organisasie nodig ,om namens ons te praat en onderhandel.Om ons te verenig.Om vir die wereld te wys wie ons is,en wat ons waardes is.
Maar ook om mekaar te help.As een van ons sy werk verloor,dan moet ons almal help.As die regering ons nie gaan help nie,dan moet ons onsself help.So sal ons mekaar weer leer ken en waardeer.En weer n volk word.Want ons is nie op die oomblik een nie.Dis net elkeen vir homself.
Dankie vir die lees.Vir die rekord,ek is n trotse Solidariteits en Afriforum lid.

Dan ·

Herman, ‘n goeie artikel deur jou. Die werklikhede van die “utopia” in die NSA waarvoor so baie van ons eie mense voor gestem het nieteenstaande herhaalde waarskuwings, is al lankal met ons. Na Mandela se dood eskaleer dit op ‘n daaglikse basis teen die spoed van lig. Is daar nog van die slimjanne wat wil beweer dat SA “nooit” ‘n tweede Zimbabwe sal word nie? Nog so seker daarvan dat die grootskaalse onteiening van boere se plase nie voor die deur lê nie? Dat omvangryke nasionalisering sommer net praatjies is?

Danie ·

Baie waarheid in die artikel.Die eerste twee kommentators gryp na samesweringsteoriee,en weet nie waarvan hulle praat nie.
Met Dan kan ek wel in gesprek tree,want daar is waarheid in wat hy se.
Al wat ek vanoggend wil se is,mense dit gaan nie makliker word nie.Zuma en kie steel die land se hulpbronne rot en kaal en die swart bevolking word ongeduldig want beloftes word nie nagekom nie. Dit gaan net een ding beteken,dat Zuma nog meer gaan moet neem van diegene wat het om vir die arm massas te gee.Belastings gaan meer word,en die lewe moeliker.
Moet ook nie die werklikhede vergeet nie.Ons as blankes het nie meer die mag nie,ons moet dit maar aan die swart mense oorlaat om oor die mag te baklei.
Dit gaan nie help om moed te verloor en op n mishoop te gaan sit en rassisties te wees nie.Die enigste manier om te oorleef is om ons geloof sterk te hou.
As die regering niks vir ons gaan doen nie,n volk kan homself ook help. Staan saam soos nog nooit van tevore nie.As ons nie saamstaan en mekaar help nie,dan is ons nie meer n volk nie,en verdien om uitmekaar te dryf.Gelukkig het daar nou n organisasie opgestaan om sy eie mense te help.Solidariteit.Ek praat nie net nie,ek het aftrek orders vir Solidariteit,Afriforum en Helpende Hand.Daar is 2 keuses,bly kla op n mishoop.Of staan saam en voel trots.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.