Nuuskommentaar: Suid-Afrika word minder demokraties

demokrasie

Argieffoto.

Die VSA het pas van ’n volwaardige demokrasie tot ’n gebrekkige demokrasie op die demokrasie-indeks teruggesak, maar die samestellers wys daarop dat Donald Trump se verkiesing tot president nie die oorsaak nie, maar die gevolg van die kreeftegang was. Ook Suid-Afrika kruie onvermoeid op die kreeftegang aan.

Die groot nuus van die jongste demokrasie-indeks van die Economist Intelligence Unit is dat die VSA van ’n volwaardige demokrasie na ’n gebrekkige demokrasie afgegradeer is. Maar, wys die opstellers van die indeks, dit het niks met Donald Trump se verkiesing tot president te make nie. Trouens, Trump se verkiesing was die gevolg van foutlyne wat reeds aanwesig was.

Vir die rekord, die VSA het van 20ste posisie in 2015, en laaste op die lys van volle demokrasieë, teruggeval tot die 21ste plek, wat hy met Italië deel. Die grootskaalse verdeeldheid in die Amerikaanse kieserskorps, en lae vlakke van vertroue in die verkose verteenwoordigers, dra hiertoe by. Trouens, volgens ’n Rasmussen-peiling van ’n paar jaar gelede sou die Amerikaanse kiesers meer vertroue hê in kongreslede wat willekeurig uit die telefoongids aangewys is, as die lede wat hulle self verkies het.

Maar wat van Suid-Afrika?

In 2015 was Suid-Afrika volgens die indeks die 37ste mees demokratiese land, dus hoegenaamd nie meer ’n volwaardige demokratiese land nie. In 2016 het die land na die 39ste plek teruggesak. Op die subindekse vaar Suid-Afrika taamlik goed en kry onder meer 8,33 vir politieke deelname, en ook soveel vir die verkiesingsproses en pluralisme. Die funksionering van die regering kry 8,21, en vir burgerlike regte word 7,94 toegeken. Die land kry egter net 5 uit tien vir sy politieke kultuur.

Of baie mense met die tellings van die subindekse sou saamstem, veral teen die agtergrond van sterk aanduidings van staatskaping, is erg te betwyfel. Ná die stem-fiasko wat in die konstitusionele hof gaan draai het klink die telling vir stemprosesse ook verdag.

Die belangrike is egter dat Suid-Afrika lank nie ’n volwaardige demokrasie is nie, en verder terugsak op die indeks van gebrekkige demokrasieë. Suid-Afrika word ook sleg deur Botswana in die 27ste posisie afgestof, terwyl Suid-Afrika boonop agteruit boer.

Wat Suid-Afrika se oorsese vriendskappe betref lyk sake ook nie goed nie. Onder die Brics-lande vaar net Indië in die 32ste posisie beter as Suid-Afrika, terwyl Brasilië in die 51ste posisie ook onder die state met gebrekkige demokrasieë val. Rusland (134) en China (138) kon nie die lys van hibride-stelsels haal nie en word as outoritêre state geklassifiseer. So ook Kuba (128) met wie Suid-Afrika hegte bande handhaaf.

Volgens die verslag kan omtrent die helfte van die wêreld se state beskou word as sou hulle ’n demokrasie van die een of ander aard wees. Die aantal wat as volwaardige demokrasieë beskou word, het in die jongste verslag egter van 20 tot 19 afgeneem.

Die navorsers het 2016 tot jaar van Revenge of the “deplorables” benoem. Daar word ook na die jaar van demokratiese resessie verwys. Die vorige jaar het as Democracy in an age of anxiety bekendgestaan.

Die verslag bevestig dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie sy vinger sal moet begin trek om sy onafhanklikheid bo alle twyfel te bevestig, en om sy plig met ondersoeke na te kom, soos die bewerings dat die ANC met verlede jaar se munisipale verkiesing ’n R50 miljoen begroting gehad het vir ’n vuilspel-veldtog om die DA en die EFF in ’n slegte lig te stel.

Dit toon ook dat veral pres. Jacob Zuma se gereelde uitsprake teen aspekte van die grondwetlike demokrasie, en veral dit wat neerkom op ’n diktatuur – tirannie van die meerderheid – sal moet staak.

Moontlik het die land nog “baat” gevind by ’n nasleep van die wittebrood van die Nelson Mandela-era, waar die Suid-Afrikaanse demokrasie ’n wêreldwye euforie veroorsaak het en die grondwet oor ’n wye front sonder bevraagtekening as die beste ter wêreld beskou is.

Want as hierdie reste van die wittebrood verdamp, kan Suid-Afrika sommer indrukwekkend val op die indeks. Namibië, wat Suid-Afrika ver in die persvryheidsindeks klop (17de), word byvoorbeeld in die demokrasie-indeks 71ste geplaas, veel swakker as Suid-Afrika (39ste op die persvryheidsindeks). Is die werklike gaping dan regtig so groot, veral as in ag geneem word dat Suid-Afrika se posisie op Verslaggewers sonder Grense se indeks erg omstrede is, en glad nie klop met die power syfer wat Freedom House aan Suid-Afrika toeken nie?

En hoe minder vry die pers in ’n land is, hoe yler raak sy demokrasie en hoe swakker neig dit om op die korrupsiepersepsie-indeks te vaar.

Boonop is dit te betwyfel of minderhede in Suid-Afrika sal saamstem dat Suid-Afrika op verdienste die 39ste posisie op die demokrasie-indeks behaal het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Basson ·

Korrek – ander lande noord van ons was ook eers ‘demokraties’, voor dit ‘gevorder’ het na ‘demonokraties’

Wees eerlik ·

Wat help demokrasie as die MINDERHEID absoluut geen sê het nie, hulle word nie verteenwoordig nie, en waar hulle ook verteenwoordiging het, word hulle deur die meerderheid oorheers en gedomineer. ‘n Minderheidstem is soos geen stem nie. Jy blaas teen ‘n sterk Suid-Ooster. Ongelukkig was Demokrasie nooit die idee nie, dit was totale oorname en oorheersing waar die regte van die minderhede heeltemal vertrap word. Reconciliation was ook nie die plan nie, wraak en restitution is. Wat my net baie bekommer is dat die regstelsel ook hieronder buk, hulle voel vir my GLAD nie meer neutraal nie.

Johann ·

Daar moet nou ernstig brieke aan gedraai word anders sak Suid-Afrika se posisie ver onder die laaste land, dit omdat die meeste besluite in ‘n negatiewe rigting gestuur word

DewaldS ·

Wat kan mens sê? Stem JA vir vrede, voorspoed en veiligheid…

Hierdie deporable brand om te laat waai met ‘ONS HET JULLE MOS GESê !’ Maar ek sal dit maar eerder nie doen nie.

Chivago ·

SA is ‘n kleptocracy.
Demokrasie is in elk geval vir ons gedoem, one man, one vote werk nie hier nie. Waar in jou lewe het jy al gesien ‘n persoon wat tronkstraf uitdien het stemreg???

Gerhard ·

SA voldoen eintlik aan die definisie van Ineptokrasie – ‘n manifestasie van die gebrekkige demokrasie waarna Herman Toerien verwys. Demokrasie is nie gerig op stemreg wat die meerderheid bevolkingsgroep dien nie. Suid-Afrika se swart mense is tradisioneel onderhorig aan stamhoofde, waarvan die mag nie uit demokrasie gebore is nie. In SA dien “demokrasie” om die ANC-ideologie te misbruik, omdat mense ‘n bepaalde lojaliteit aan die ANC betoon. Die stemvee wat uit elke gehuggie en elders gehaal word om ‘n meerderheid te bewerkstellig, word uiteindelik geminag. Uit die geledere van regdenkende swart mense word steeds geworstel met lojaliteit aan die “organisasie” – wat tans ontwortel is en waar uitkoms van die interne leierskapstryd bepalend gaan wees of ons land gaan staan of val.

Johanna Botha ·

Alles te danke aan die ja stemmers en ou FW ….kyk wat het ons nou van dit ….n GROOT gemors ! Wigte en teenwigte ….ja sure !

John ·

Die jongste demokrasie-indeks dui aan dat dit niks met Trump se aanstelling te make het nie, maar stel dit daarmee saam bekend. Hoe slu. Natuurlik gaan al die ongelukkiges dit met mekaar verbind en die Demokrate dit uitbuit. Clinton het die rassemengelmoes se uiteenlopende behoeftes aangegryp en almal die uitleef van hul demokratiese drome beloof. Demokrasie is ‘n woord. Net ‘n woord en een waaraan geen waarde geheg kan word nie. Dis soos ‘n pienk olifant. Almal het al daarvan gehoor maar nog nooit een gesien nie.

sarue vab geerdeb ·

Vorige VSA regerings het gegaan van bad to worse. Gee Donald Trump kans en kyk wat hy uitrig met sy manier van doen. Dit wil in elk geval voorkom asof die hele Europa nou terugtrek na minder liberale denke. Mense is moeg vir liberale regerings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.