Nuuskommentaar: Tart SA nou die wêreld?

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto; David Ritchie/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa hou ’n utopie voor oor die voorgenome monster van grondonteiening sonder vergoeding terwyl die IMF die teenoorgestelde mening toegedaan is. Wie gaan uiteindelik reg wees?

’n Ma kyk trots toe hoe ’n kompanjie soldate verby marsjeer. “Kyk!” roep sy trots uit. “My seun is al een wat in pas is!”

Byna gelyktydig het die ANC besluit dat die Grondwet verander sal word oor grondonteiening sonder kompensasie, en het die IMF gewaarsku dat ’n bespreking oor die kwessie Suid-Afrika se vermoë tot ekonomiese herstel sal kortwiek.

Terwyl die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) nog bekommerd is oor die bespreking van die saak, het die ANC deur sy nasionale uitvoerende komitee (NUK) besluit om daarmee deur te druk.

Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, sal na verwagting Donderdag meer besonderhede oor die ANC se planne bekend maak.

Die IMF se waarskuwing is veel meer in pas met die werklikheid en ook waarskuwings deur van Suid-Afrika se voorste ekonome.

Die IMF het verklaar dat hy optimisties is oor Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte onder Ramaphosa, maar het egter gewaarsku dat die huidige debat oor grond onsekerheid oor eiendomsreg skep, wat negatiewe gevolge vir die ekonomie kan inhou.

Deelnemers aan ‘n grondverhoor in Springbok in Namakwaland. (Foto met vergunning van Forum Nuus)

Ongelukkig pleister Ramaphosa nou ’n dun lagie waarheid oor hoe die publiek op die openbare verhore reageer. Volgens Ramaphosa het ’n oorgrote meerderheid mense die voorgestelde grondwetwysiging gesteun.

Hy versuim om die steun van derduisende van die geskrewe voorleggings te vermeld en die skade aan tussengroepverhoudinge wat op sy beurt weer skadelik is vir die ekonomie.

Toe Ramaphosa met die bekendmaking van die ANC se nuwe beleid oor vergoeding gepraat het, het hy dit duidelik gemaak dat dit uiters versigtig aangepak sal word. Nou word selfs ’n utopie geskets van baie grondhonger mense wat danksy toeganklikheid tot grond voorslagboere gaan wees.

So sal werkgeleenthede, huisvesting en vele meer geskep word, Maar kan ekonomiese groei en onteiening sonder vergoeding ooit aanvullend tot mekaar optree? Wie so dink verstaan niks van die landbou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Anoniem ·

Gaan net vir Meneer die President oor die Verkiesing en Hy sê net vir die Kiesers wat hulle wil hoor vir HULLE X (kruisies) ??

Dirk Breytenbach ·

Dag zero het nou aangebreek op verskeie vlakke. Quo vadis?

Wonder ·

Ramaphosa is ‘n wolf in skaapklere. Hy kan nie vertrou word nie. Dink die ANC nou vir een oomblik dat die toekenning van grond gaan veroorsaak dat daar goed op die grond geboer gaan word? Wie gaan die huise bou, die krag en water aanlê en al die boerderybenodigdhede voorsien? Definitief nie die grondontvangers nie. Hulle het nie geld nie. Daar gaan nog lang trane oor hierdie kwessie gestort word en ek wil nie eens weet wat dit in hierdie land gaan ontketing nie.

Eie land nou ·

Ek hoop die VF+ se planne vir ons eie land kom nou vinnig op dreef want ons gaan naders nie lank nog grond he waarmee ons kan onderhandel nie.

chista ·

CR sal sy eie kop volg, hy is maar net nog ‘n ANC Always Near Catastroph

gatiep ·

Gedink gaan nie lanlk wees dan gaan ons regtig verlang na Zuma.
Almal kon sien hy sal die storie deur vat met n buldoser.

Theo ·

Dit sal net gebeur as ons dit toelaat, en ek gaan nie toelaat dat my goed gevat word nie.

Andrea ·

Theo, jy gaan alleen staan. Ons het ons ruggraat verloor van al die baie agteroorbuig deur die jare. Hul gaan dit vat, en ons gaan sonder n woord of n skoot staan en toekyk. Die paar wat hul gaan verset gaan in tronk gegooi word.

Johannes ·

Andrea, jy’s reg. Daar gaan net mooi niks gebeur nie… die enkele Boere wat wel probeer terug veg gaan of doodgeskiet word of in die tronk beland…

Daar is geen hoop meer nie…

…behalwe as ons as Volk groepeer en mobiliseer. Maar ek sien dit nie gebeur nie.

Celtis Africana ·

Die Landbouorganisasies het n voorlegging in die parlement gemaak. Hul swye gedurende openbare verhore is dus te verstane. Maar, hul is oor die algemeen te stil oor wat plaasvind en dit laat n mens tog wonder of hul nie n plan B het nie.
Gedagtig aan n megaboer van die Vrystaat se brief aan die president oor hoe om die aangeleentheid doeltreffend aan te spreek, is asemmors.
OSV is oppad.
Met die Afrikaner staan dit nou maar so dat samewerking en masse eers plaasvind wanneer die kloof tussen die have’s en have not’s sodanig veklein het dat dat die enigste verskil tussen jou en die ou langs jou jul liggaamsbou is en nie jou werk of tjekboek nie. Met andere woorde, wanneer die Wieses, Joostes, Moutons en die mega boertjie langs ons tent opslaan.
Die kloof beloof om ernstig te versmal vorentoe.

Zillow ·

Hulle gaan dit vat ja….maar wat sal daarna gebeur? Die wat kennis en geld het om the kan plant sal moet bontstaan vir die wat later hongerly …die huidige “political killings and taxi violence” gaan soos n piekniek lyk….gooi in dat iemand dalk op sy erfie goud of diamante ontdek…en jy kyk na “pre-colonial wars”….

Jan ·

Ironies. Die sosialis met die meeste kapitaal in die land. Hierdie is net om stemme te behou. Hoe het hy sy geld gekry? Ek gewerk daarvoor? Gaan sy massa plase eerste in die ry kom om ‘n voorbeeld te stel?

SO ·

Die heuning kwas wat die presie so dikwels te voorskyn bring gaan nie die skrif aan die muur laat verdwyn nie. Die werklikhede is die massas wil alles verniet he. Die werkloosheidskoers het nog net geklim van 1994 en daar is geen remme aan die werklikheid nie. Daar gaan ook nie remme wees aan die ekonomiese agteruit gang in SA nie. Watter reg denkende realistiese belegger plaaslik en internasionaal wil belê in ‘n land waar eiendoms sekerheid by die venster gaan uit waai?

Paul ·

Dan moet ‘n mens ook gerus weer gaan lees wat Dr Dirk Hermann op 30 Junie in sy artikel “Ramaphosa en sy wilde grondleeu”, oor hierdie aangeleentheid te sê gehad het.

Paul ·

Dan wil ek graag by Ramaphosa weet, is dit wat hy beduie wérlik wat die mense sê wat hulle wil hê, is dit hoe die ANC dit, sommer voor al die voorleggings klaar is, waargeneem het, of suig hy dit uit sy duim? Eerder moet ek hom vra of hy dan nou nie dalk woorde in die mense se mond lê nie?

Eish ·

Dit is met diepe dankbaarheid dat ek weer n artikel van die skrywer kan lees.

Herman Toerien ·

Dankie Eisj. Ek is onverwags drie weke in die hospitaaal opgeneem. Oa longontsteking en griep. Nog ‘n paar toetse lê voor. Is nog baie swak.
Herman

Eish ·

Mag ons hemelse Vader u n spoedige en volkome herstel skenk.

Ella ·

@ Eish: Ja ek ook.
Herman ek wens jou n spoedige en volkome herstel toe. Ons wil nog baie lees.

Kannaland ·

Sterkte Herman, ons wil nog oor baie lank jou kommentaar lees. Rus goed uit en herstel mooi.

Jenny Thom ·

Goeiedag
Ai, ek wil grond hê, sodra ek my stukkie grond het, soek ek ‘n huis, daarna krag en daarna water. Dis slegs die begin. Dan soek ek ‘n bees, ‘n skaap, hoendertjies en dan mielies om te plant. Dit sal een groot, massiewe “Ek eis”vorendag bring waar daar geen, maar geen einde in sig sal wees nie. Meneer die President jy is besig om vir jou ‘n tamaai groot graf (tonnel) te grawe, waar daar geen lig in dai tonnel sal wees nie!!!

christa ·

Wonder, jy hoef glad nie te wonder nie. Die mense wat nou so grootbek het sal die grond vir hulle gaan bewerk, water, krag aanle. Almal die mense wat ja gestem het sal te gretig wees om dit te doen. Hulle het mos die land waar hy nou is. Tweede Zim

Skerp Spioen ·

Sterkte vir jou Herman Toerien. Hierdie was duidelik ‘n politieke besluit deur Ramaphosa. om te verhoed dat die ANC kiesers in hulle hordes vir die EFF stem. Want die hordes steun OSV, En dus die party wat belowe om dit toe te pas. En hulle glo die drogredenasie dat toegang tot ‘n stukkie grond die einde gaan wees van hulle dae van sukkel en ook hulle selfrespek gaan herstel. Ons moet nie naïef wees en dink OSV gaan die ekonomie vernietig nie. Die grootste spelers in Afrika se toekoms is BRIC – Brasilië. Rusland, Indië en China. Waar eiendomsreg volgens die westerse definisie daarvan uitgelag word en onbelangrik ge-ag word. En nie as voorwaarde vir investering gesien word nie. Nkosi Sikelele i’ Afrika.

Ella ·

Vandag hou ons almal ons harte vas….
Word daar gewerk aan n plek vir ons wat nie KAN weggaan? Waar gaan dit wees? Gaan ons totaal afhanklik wees van enige dienste van buite? Gaan ons see en n hawe he sodat ons kan woeker en werk en uitvoer?
Ek soek daardie plek en sal hard werk om dit te laat slaag al in ek nie meer n kuiken. Om in vrede te leef is al wat ek vra van hierdie regering.
Gaan dit ons gegun word?

Driekie ·

Jy doen nie aansoek… Soek n stukkie grond uit en plak daar…of binnekort gaan die huise beset word… En na 5 jaar is alles bouvalle…

rafel ·

mnr die president hou daai pot met paddas warm, hy draai die temperatuur stadig maar seker op . Dink nie hy kommer vreeslik oor ekonomiese implikasies; nie met China in sy sak nie….

Grassie ·

Welkom terug Herman.
Ek stem saam met Andrea hier bo – daar gaan nie veel fisiese weerstand van ons kant af wees nie, net ‘n groot bohaai in die media. Stel jou voor eiensdomsreg is ‘n baksteenmuur – die regering gaan nie die muur met ‘n stootskraper stormloop en met een slag platstoot nie. Hulle gaan stadigaan, met verdrag, een baksteen op ‘n slag ver uitmekaar verwyder en die geringe plaaslike weerstand wat elke keer ontstaan maklik beheer. Die stadium sal uiteindelik bereik word dat die muur sommer self begin verkrummel.
Die grootste gevaar vir ons is nie wanneer die onteiening al begin plaasvind nie, maar, sommer binnekort, wanneer die wetgewing deurgestoomroller word. Sodra daardie deur oopgemaak word, al is dit net op ‘n skrefie, sal dit nooit weer toegemaak kan word nie. Ramaphosa en sy opvolgers sal lustig grond – en ander eiendom – kan plunder en niemand sal ooit weer ‘n tweederde meerderheid kan kry om dit te stop nie.

Judge Dredd ·

Was die grondkwessie paneel nie veronderstel om eers ‘n verslag voor te le nie? Waar kan ons hierdie verslag onder oe kry? Die debat was nog aan toe verkondig die ANC alreeds wat doelpunt is.

Pieter du Toit ·

Teken die dag ,1 Augustus 2018,op as geskiedkundig. Op die dag het ons nou n een party staat en komminusme as ofisieel gesien, Die ANC is nou amptelik as die hoogste ampsmag in RSA verkondig hier as die Staats presedents amp en die parlement. Donker dag algeheel.

m.d.r. ·

Ek wonder of Ramaphosa ooit besef daat die verwydering van Art 25 gaan baie ander artikels in die Grondwet raak.
Veral vanaf Art 9.1.–almal is gelyk voor die reg en geregtig op die voole beskerming van di reg….gevolg deeur die ander artikels oor diskriminasie in hoofstuk 9
Dn is daar nog art 235–die reg tot selfbeskikking wat internasionaal geregverdig word. maar as ‘n ooreenkoms tussen die ANC en die Blankes is die grondwet ingesluit is—
Dis nie sommer vir ‘n klousule skrap nie—-daar gaan nog baie water in die see moet loop voordat dit werklikheid gaan word,
Dan is daar natuurlik die opsie na die Internasionale Geregshof…….

marous ·

Hou asseblief die grypende hand foto . Het nie krag om weer naar te word van vooraf nie ….

Heinz Karl ·

Stop Belasting betaal,as hulle nie will luister nie…

Katerina ·

Hoe? Dit word dan van mens se salaris afgetrek Voor jou salaris in die bank inbetaal word?

Paul ·

En as ons van die blou hemel sing, die dieptes van die see, die berge en verlate grasvlaktes, wat maak dit ons dan?

‘n Volk wat lief is vir sy land?

Adam ·

6 maande gelede het ek na hom verwys as “bang” Cyril en sedertdien het niks verander nie. Hy is bang vir sy makkers in die groot ses en probeer op sy gewone lafhartige manier die EFF se “beleid” oorneem in ‘n poging om hulle polities te ontman. Belaglik!!

AJ ·

Land expropriation is just a publicity stunt!

The Land expropriation issue is only a publicity stunt pulled by the ANC to cover up for their failed government, mismanagement, looting of state assets and TREASON.

The ANC sold SA to foreigners such as the Guptas and other foreign racketeers!

They (the ANC) not only destroyed the economy, they also destroyed the trust and goodwill among diverse ethnic groups!

How can the ANC looters, traitors and instigators of racial hatred be trusted with the private property that they want to expropriate?

What citizens should do is to punish the ANC by VOTING them into oblivion … forever!

Eradicate the ANC like you would eradicate dangerous vermin!

SA have millions of honest, competent and reliable citizens that can replace the current ANC crooks!

Don’t be deceived by the ANC propaganda!

Never take your eyes off the state coffers that are being looted ‘as we speak’!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.