Nuuskommentaar: Tata Motata (miskien)

Die foto van Nkola Motata is geneem kort nadat hy in Januarie 2007 onder die invloed van alkohol bestuur en deur die tuinmuur van ‘n huis in Sandton gebars het.

In Oktober 2008 het ’n meteoriet die noorde van Soedan getref en in stukke gebars.

In Januarie 2007 het ’n regter onder die invloed van drank teen ’n woonhuis se tuinmuur vasgery en allerlei anti-wit rassistiese uitsprake gemaak.

Tien jaar nadat die meteoriet geval het, het wetenskaplikes daarin geslaag om die meteoriet se geskiedenis as deel van ’n ou planeet wat lankal nie meer bestaan nie, terug te spoor.

Dit het die Regterlike Dienskommissie (RDK) se Gedragstribunaal twee jaar langer geneem om te besluit die regter, Nkola Motata, was inderdaad skuldig aan rassistiese wangedrag. Die klag is deur AfriForum aanhangig gemaak. Die regsproses van regter Motata is nog lank nie voltooi nie, en moet nog onder meer ’n draai deur die parlement gaan maak. (Lees hier.)

Wat meer toepaslik met Motata se skuldigbevinding saamval, is die nuwe wetsontwerp op die Voorkoming en Bekamping van Haatmisdade en Haatspraak (Prevention and Combating of Hate Crimes and Hate Speech Bill).

In haar ontleding van die nuwe wetsontwerp meen Phephelaphi Dube, direkteur van grondwetlike regte van die FW de Klerkstigting se Centre for Constitutional Rights, dat die nuwe wetsontwerp ’n verbetering op die oue is. Die crux lê in die volgende deel: “In an open and democratic society, the freedom to express ideas is important, but that freedom has to be underpinned by considerations of other values including dignity, equality and freedom. It is this delicate balance which the Bill by and large successfully achieves.”

Die vergrootglas word na die woordjie “equality” gedraai. Gaan die nuwe wet, indien dit min of meer soos dit nou staan, goedgekeur word, wel voldoende gemonitor word om te verseker dat wit en swart oortreders werklik gelyk behandel word? Tot dusver misluk die regspraak, menseregtekommissie en ander klaaglik om mense tot verantwoording te roep.

’n Maroela Media-leser se kommentaar op die artikel: “Stuur hom twee jaar tronk toe. As regter behoort hy aan ’n hoër standaard ten opsigte van rassisme te voldoen as Vicky Momberg.” ’n Ander leser wys weer uit dat dit net ’n paar maande geneem het om Momberg agter tralies te kry.

Nie alle regsgeleerdes stem met Dube saam dat die huidig beplande wetsontwerp ’n verbetering op sy voorganger gaan wees nie. Waaroor nie gestry kan word nie, is: As dit nie die onewehandige hantering van wit en swart met haatspraak aanraak nie, word dit deel van die probleem, in plaas van die oplossing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SA Moordmuseum ·

Hierdie ongelyke, selektiewe toepassing van die wet is n enorme groot voorganger van en bewys vir volksm00rd, daarom moet dit als goed gedokumenteer en uitgebeeld word in n SA Moordmuseum, opgerig hier, in die buiteland of virtueel, waar die wereld se toeriste dit kan sien.

marous ·

Die howe en regering se houding is baie duidelik. swart mense kan se en doen wat hulle wil teenoor wit mense en dit is verskoonbaar . Wit mense moet onder vergrootglas geplaas word en met die boek gegooi word , vir ewig.

Eish ·

Die FW de Klerk stigting praat nie namens my nie, het nog nooit nie.
Hierdie aangeleentheid het meer as n dekade gesloer. Die regter het elke maand salaris gekry en is nou in aftrede in verouder, dus met volle voordele. Sogenaamde bevrydingsorganisasies het nog nooit in die geskiedenis goeie regerings uitgemaak nie. Die kaderontplooing, staatskaping, bedrog, diefstal, leuens, diskriminasie, versteekte agendas en al die verrotingselemente wat die helhool se kankerbestuur kenmerk, bewys die stelling.
Blankes dra die Kainmerk in die helhool.

christa ·

sit hom ook in voetboeie soos Vicky. Hy is niks beter nie, eintlik slegter as jy in aanmerking neem dat hy ‘n regter was.

mike ·

vir my lyk dit of die onwaardige regter al 2007 op pensioen moes gewees het.

donald ·

Ek is nie `n voorstaander van skel tale, mense beledig en name noem nie, maar wanneer ons onself in `n tyd bevind waar name noem tronkstraf regverdig en moord en verkragting geblameer word op unequality dan se dit vir my daar is groot vout.

Reguit ·

Mense moet notisie neem. Onthou, dit dien as ‘n barometer wanneer ‘n “regter” sulke uitsprake teenoor wittes maak. Hierdie “regter” se openlike WIT HAAT reflekteer maar net wat vir die wittes van SA in die nabye toekoms op die horison wag. Dit reflekteer reeds wat elke dag met die wittes van SA gebeur. Dinge gaan nie “beter raak” nie. Dit gaan net erger raak, al hoe slegter. Beste opsie is om te emigreer. Ter wille van jou kinders.

Hendrik ·

Feite : Motata was dronk, Motata is ‘n regter, Motata het Robert Baird ‘n boer genoem, Robert Baird is nie ‘n boer nie maar ‘n Engels sprekende Suid-Afrikaner. Motata moes verwyder het vanaf die regsbank net omdat hy dronk was en ‘n regter was en die haatspraak moes ‘n aparte hofsaak gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.