Nuuskommentaar: Te veel planne en te min oplossings

Pres. Cyril Ramaphosa lewer sy staatsrede (7 Februarie 2019). Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die Brulpadda het toe nie gebrul nie, maar die Paddavissie het darem gepiep. En nee, hier word nie na pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede in geheel verwys nie, maar die groot vonds van gaskonsentraat wat in die Brulpadda-sone val, wat deel van die groter Paddavissie-sone is. Maar dit bly groter nuus as die amper bedeesde kort verwysing daarna in die staatsrede.

Sy toespraak van byna twee uur (hy het selfs pres. Donald Trump se toespraak van meer as tagtig minute ver oortref, en Trump se rede was een van die langstes op rekord) is volgens opposisiepartyleiers ’n goeie uiteensetting van die land se probleme, maar het mank gegaan aan oplossings.

Dat verskeie geïmpliseerde ministers wat by die Bosasa-deel van die staatskapingsondersoek nie (soos ’n aantal amptenare van Bosasa waarvan sommiges verdoemende getuienis voor die Zondo-kommissie gelewer het) gearresteer en voor die hof gebring is nie staan soos ’n seer duim uit teenoor Ramaphosa se beloftes oor die vasvat van korrupsie. Trouens, van die geïmpliseerdes het die staatsrede bygewoon.

Kan die gearresteerde getuies verkwalik word as hulle die aflê van verdere getuienis weier?

Ramaphosa het die geleentheid verpas om te bewys hy dra al die burgers van die land, ongeag velkleur, op die hart. Oor infrastruktuur-probleme by skole het hy na twee sterftes verwys van swart kinders, waaronder die bekende geval van ’n kind wat in sy skool se puttoilet verdrink het. Dit is goed en wel, maar oor die vier kinders wat by die Hoërskool Driehoek dood is toe ’n loopbrug ingestort het, het die “paddavissie” nie eens gepiep nie.

Ramaphosa het baie aandag aan misdaad geskenk – veral misdaad teen vroue en kinders – asook landbou en “grondhervorming” (wat grondonteiening sonder vergoeding ingesluit het), maar niks oor plaasaanvalle en plaasmoorde geuiter nie.

Gaan die planne vir die verdeling van Eskom in drie verskillende entiteite oplossings of net meer probleme oplewer? Dit hang grootliks af van die voorneme om korrupsie te beveg, maar ook die planne om panele van kundiges by verskeie sake te betrek.

Indien die stryd teen korrupsie en die inbring van kundigheid nie heelhartig gestalte kry nie, gaan die land in plaas van een groot kopseer met bekostigbare kraglewering, drie yslike kopsere hê.

Dit roep ’n aanmerking in herinnering van ’n voormalige premier kort nadat die ANC in 1994 aan bewind gekom het: “As ons teen almal wat korrup is optree, hoe gaan ons ooit regstellende aksie toegepas kry?”

Wat waarskynlik die inleiding tot die toespraak moes gewees het, maar eers veel later in die toespraak kortliks aangebied is, is die vonds van gaskonsentraat in die Brulpaddda-veld suid van Plettenbergbaai. Ramaphosa het wel genoem dat dit die potensiaal inhou om die aard van die land se ekonomie te verander.

Vroeëre berigte, saamgestel uit die oliebedryf se vaktydskrif, het aangedui dat dit ’n vonds met baie olie sal wees (Lees die laaste deel van ’n Maroela Media-nuuskommentaar hieroor hier.) Teen gister was die gasvonds egter die groot nuus, en het die olie wat ook ontdek is, ’n onbeduidende rol gespeel – ook in Ramaphosa se toespraak. Dit maak in Suid-Afrika se geval nie veel saak nie, weens Sasol en Mossgas se vermoë om petrol en diesel uit gas te maak. In die geval van Sasol kan die gas uit steenkool “gemaak” word, terwyl Mossgas die steenkool in die proses uitsluit.

In die geheel beskou, het dit geklink of die toespraak eintlik net vir die land se swart bevolking geskryf is. 

Die reaksie van opposisiepartye 

Die Vryheidsfront Plus

ʼn Twee uur lange-toespraak waarin ʼn goeie samevatting van die land se probleme gegee is sonder om ʼn enkele oplossing aan te bied. Dit is hoe die teleurstellende staatsrede van pres. Cyril Ramaphosa in ʼn neutedop opgesom kan word.

Ramaphosa het bloot voortgeborduur op die ANC se leë beloftes oor die afgelope 25 jaar oor hoe die ekonomie gestimuleer moet word om werk te skep. Dit gebeur egter nie, en die VF Plus wil die president die versekering gee dit sal ook nie gebeur indien die regering voortgaan met onteiening sonder vergoeding nie.

Die president sê byvoorbeeld hy wil 274 000 werkgeleenthede per jaar skep. Die realiteit is dat sowat 800 000 matrikulante elke jaar die arbeidsmark betree. Dit is byna drie keer meer as die werk wat hy wil skep.

Die president vra voorstelle oor hoe om dienslewering van regeringskant te verbeter. Die VF Plus se antwoord hierop is baie eenvoudig: Doen weg met regstellende aksie en kry bevoegde mense om die werk te doen.  Dit is ʼn praktiese, werkbare oplossing.

Die DA

Die president het in sy toespraak die ANC se belange voor dié van die land gestel. Hy het nagelaat om die stappe te neem om werkloosheid, korrupsie en misdaad te takel. Dit is ʼn staatsrede van geen aksie.

Die EFF

Dele van die president se toespraak is so goed as net so oorgeneem uit die EFF se verkiesingsmanifes.

Lees ook meer oor “Ramaphosa se vyf doelwitte vir Suid-Afrika” op Maroela Media hier.

Nog berigte kan hier oor die “nuwe Skerpioene”, hier oor die olie- en gasvonds, hier oor die aangekondigde stemdag, en hier oor die rol van landbou gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Eléne ·

Ek sal verbaas wees as hulle enige getuies uit Eskom kry om te getuig oor staatskaping. Almal het nou geskrik oor die inhegtenis neming vd getuienisse van Bosasa werknemers! Geen woord is gerep oor die personeel vd staat wat betrokke was nie??!!!

Afrikaner ·

Ja, mens het na die handeklap oor die toespraak en die reaksies van sekere mense gisteraand, ook nog vanoggend, (EWN bv wat bv skryf van die olyftak wat Cyril na die ander politieke partye uitgehou het deur hulle uit te nooi om die land te herbou) dit al sien kom dat mens sal maar vir die ekonome en die ontleders se artikels wat die realiteite sal uitspel moet wag en nie saamgevoer word op die Ramaforia nie.

Dries ·

Sjoe maar julle kan darem maar negatief wees!
Ek is Geen ANC, of aanhanger van di president ni. Di president moet eers di verkiesing (goed) wen, voor hy regtig iets kan vermag. Daar is tog al baie oor hierdie spesifieke onderwerp geskryf… Hoekom mense dit nou nog ni begryp ni, gaan my verstand te bowe.
Di ‘terugbring’ van di Skerpioene is naturlik ook net sleg, wat nog te praat van di gasfonds!

Paul ·

En waar het hy die ekonomie aangespreek, dit wat hy daaroor te sê gehad het was vaaghede. Dit is wat die land nodig het, nou, die gas oor 8 – 10 is 100, die skerpioene is 100, maar die realiteit is dat die NVG sit tans met hope tekort aan personeel, mense wat die bedryf verlaat het, en om die nuwe Skerpioene op die been te bring sal baie, baie geld voor benodig moet word, dis nie net van aanstel en tjoef, tjaf daar vat hulle ‘n paar Bosasa manne vas nie, wat dan van die ander, die wat saam met die Guptas in die stal was.

Thinus Erasmus ·

Dries as ek my verstand gebruik sien ek ‘n president wat openlik hom distansieer van wit mense. En selfs diskrimineer en dit regverdig.
Om die skerpioene of soortgelyke organisasie te stig gaan nie korrupsie stop of regstel as die pres nie eers die korruptes kan aanvat vanuit sy magposisie volgens die reg wat hy het nie, Zuma kon maak soos hy wil, behalwe min. van finansies was groot flater.
En die gas/olie fonds is nie sy of die ANC se toedoen nie, en ek het my bedenkinge daaroor want dit is as reuse olie bron aangekondig en noupraat hul van gas? Ons het lankal gas gekry!
Die ANC is lankal ‘n onstabiele en verdeelde party, die enigste manier wat ‘n leier dit gaan regkry om weer die ANC skoon te maak, verenig en op ‘n stabiele voortuitsig te plaas, is as om dit met sterk en defnitiewe leierskap in die regte positiewe rigting vas te vat. As dit faal is dit ten minste met goeie bedoeling gedoen.
Maar hy probeer almal gelukkig hou en dit sal op niks goeds uitloop.

JG ·

Dries, ons begryp maar te goed…Presies WAT kan die cANCer nou juis wys na 25 jaar van belofteop belofte ??

Dries ·

Ok kom ons sê di president het di volgende aangekondig:

Ons verklein kabinet na 15 ministers.
Ons verklein staatsdiens met 20%.
Ek het opdrag gegee Ministers A, B en C moet vir moontlik misdaad ondersoek word
Ens ens.
Dan was hy voor di naweek soos JZ herroep. Dis verkiesingsjaar mense!

Reinhardt ·

Bla-bla-bla, altyd vol planne en dapperheid dié ANC wysgere. Gou om uit te basuin hulle het die regte “resep” om die perfekte (ekonomie-) koek te bak maar die oond is altyd óf te warm óf te koud… kan nou maar eenmaal nie kapitaliseer op hul planne en ‘good intentions’ nie. Maar nou ja, wat verwag mens van dáárdie segment van die nasie wat alom bekend is as gebruikers van welvaart? Want skeppers van welvaart is hulle beslis nie. Ek het 25 jaar gelede al ophou glo…

Lindtjies ·

In sy staatsrede het hy sy simpatie teenoor die student wat die week doodgeskiet is se familie asook kinders wat in put toilete verdrink het se families betuig. Baie goed. Maar daar is nie een enkele woordjie oor die Driehoek skool tragedie nie. Verduidelik dit vir ons Mnr Ramaphosa.

Rasper ·

Ek verstaan Dries. Ons almal doen. Die punt is, Thabo Mbeki, asook Jacob Zuma, is uit hulle poste verwyder nog voordat hulle hulle termyne uitgedien het. So, of hy dit nou gisteraand gedoen het, of na die verkiesing, gaan nie ‘n verskil maak nie. Hy sal self verwyder word. Ek het al genoem oor onteining ook. Al kry Cyril dit reg om sy broodjie aan al die kante gebotter te kry, en grondonteining gebeur sonder dat dit die ekonomie skade doen, en net ‘n paar mense kry skade terwyl ons anderkant kyk, want gelukkig is dit nie ons nie; keer dit nie die volgende persoon om dit meer drasties te doen nie. Hou asb die universiteite dop om te sien hoe lyk die volgende leiers…. Hoop is goed, anders raak mens mal, maar kyk na werklike oplossings, nie net vir Afrikaners nie, maar ook vir Suid-Afrika.

Dries ·

En as CR herroep is, watter soort SONA dink jy sal di Adjunk President in sy plek lewer…?
‘I rest my case’

Erasmus Thinus ·

Dries die probleem was dat die verwagtinge so hoog was van die Pres. – hy is deur soveel as hierdie wonderlike leier uitgebeeld en nou word dit duidelik hy gaan nie SA “red” nie maar net op die ou manier aan met nuwe planne.

D B ·

Ok, kom ons gee die man krediet, ten minste het hy gepraat soos ‘n staatshoof en nie soos ‘n nar soos die ding voor hom nie. Ja, stem saam, baie “beloftes”, min ware planne.

Wat my wel baie pla was sy “grond gesprek”. Volgens hom het die regering alreeds “strategiese staatsgrond in stedelike gebiede opsy gesit vir grondherforming”. Wat my hieroor pla is die “strategiese” gedeelte. Ek sal graag van hom wil weet waar is hierdie “strategiese” staatsgrond? Ek kyk nou maar bv. bietjie in my buurt. Al staatsgrond wat “onbenut” is is parkies. So nou wonder ek, gaan hy nou daardie grond aan “sy mense” gee?

CR, as ek reg is, dan gaan jy beslis probleme optel! Daar’s geen maar geen manier dat “jou mense” tussen huise in parkies hulle “gehuggies” gaan kom opslaan nie! Jy het nie genoeg polisie- of weermaglede om daai “wonderwerk” te laat gebeur nie!

Thinus Erasmus ·

Dries, om die groot skip om te draai moet die kaptein die bevel gee – NOU , nie as dit of daai of dan of wan nie. As dit hom ongewild maak onder sy teenstaanders, moet hy eenvoudig sorg dat hy genoeg aan sy kant het wat hom met alle mag kan steun.
Om uit te stel maak net jou oposisie sterker en vervreem die wat jou sou steun.
CR wil nie die skip omdraai nie, hy wil die water probeer verander!

Mariana ·

Net meer oor dieselfde leë, niksseggende beloftes en met verkiesing gaan mense maar weer vir die korruptes stem. Ramapoza maak geen moordkuil van sy hart wat blankes bestref nie en het nog nooit ‘n snars omgegee vir die land en sy mense nie. So ja die staatsrede was ook nou net vir die wat weereens bedrieg gaan word.

Vra maar ·

Kan die kundiges dalk verduidelik. Is daar nerens in die grondwet n klousule of reel of wat ookal wat bepaal dat die kabinet moet ontbind as die ministers of dan n sekere persentasie en die staatspresident van korrupsie verdink word nie. En indien wel wie moet dit doen en wat dan?

Afrikaner ·

En grondonteiening sonder vergoeding, spesifiek landbougrond?

Cyril Ramaphosa en die ANC dryf met ongekende beheptheid hul idee van grondhervorming, asof hul lewe daarvan afhang, die wortel voor aan hul verkiesingstok. Graag wens ek dat hulle presies uitspel wat hulle daarmee wil maak. As dit landbougrond/plase van bestaande boere, bv wit boere is en hulle gee dit vir voornemende swart boere, wat bereik hulle? Hoeveel plase is daar wat deur wit boere bedryf word?

As hulle daardie plase onteien beteken dit dat al wat geraak word, is die wit boer en sy gesin waarvan ontsae geraak word, hoeveel mense is dit vir al die plase? Sê die boer en sy Familie bestaan uit 10 – 15 mense, die werkers is dan reeds swart. As mens die aantal plase neem wat Cyril so wil onteien en hy gee dit aan swart boere, as hulle dit nie self hou nie, beteken dit dat die aantal wit mense word net deur swart mense vervang, buiten dat die wit mense se kundigheid vir die plaas verlore is in alle aspekte van die plaas.

Nou vra ek hoeveel swart mense het Cyril dan nou in die proses van werk voorsien, ‘n duisend of so, tweeduisend? Wat het dit intussen aan voedselsekerheid gedoen, hoe word dit geraak?

En hulle gaan aan asof grondonteiening werk aan miljoene sal verskaf.

Afrikaner ·

Wel, tensy hulle die plaas, na onteiening, nie net aan ‘n voornemende swart boer gee (beskikbaar stel) nie, maar ‘n hele swart gemeenskap? Hoe vergesog is dit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.