Nuuskommentaar: Tegnologie vervang dikwels feite met fopnuus 

FW de Klerk. Foto: FW de Klerk-stigting/Facebook

Dit kom nie daarop aan of oudpres. FW de Klerk die werklikheidsweergawe van bronne oor apartheid gebruik het nie, die feit is dat die wêreldwye persepsie so gevestig is dat apartheid niks anders as boos was nie, dat geen ander feite dié persepsie sal verander nie. Maar hoekom vind baie mense dit onmoontlik om die waarheid te glo, en eerder fopnuus te aanvaar al is dit so opsigtelik as moontlik?

Een van die wêreld se bekendste twieters, Helen Zille, federale voorsitter van die DA, het pas as Twitter-gebruiker afgetree.  Daar was ook gerugte ná pres. Donald Trump se verhoor dat hy, stellig die wêreld se bekenste Twitter-gebruiker, sou “aftree”.

Die wêreld het die afgelope veertig jaar aansienlik verander wat tegnologie betref.  Indien iemand aan die begin van die tagtigerjare ’n tuisrekenaar sou aanskaf, was hy sy tydgenote dikwels ’n entjie voor.

Donald Trump (Foto: Withuis/Twitter)

Nou skype selfs bejaardes gereeld met hul kinders en kleinkinders wat oorsee woon, of net ver elders in Suid-Afrika.  Amper elke mens het ’n e-pos‑adres, en min studente loop nog en soek na tiksters om hul take te tik.

Selfone, en eintlik slimfone, het so algemeen geword dat daar nou meer as een per persoon in Suid-Afrika in omloop is.

Trump en Zille is maar twee politici wat Twitter inspan, of ingespan het, om met kiesers te kommunikeer.

Ongelukkig het Twitter en soortgelyke dienste ook die speelplek van fopnuus-uitdinkers geword.  Ongelukkig is baie mense ook vatbaar vir fopnuus en sal dikwels eerder die allerverskriklike twak glo as die feite wat deur harde werk in die openbare domein beland het.  Zille se reaksie hierop is: “Pleks daarvan dat dit die debat gedemokratiseer het, het dit die vryheid van spraak en besprekings ingeperk.  Dit maak jou vyande dapper en jou vriende stil.”

Verhandelings is al geskryf oor hoekom soveel mense juis nou, met soveel feitelik-korrekte bronne tot hul beskikking, eerder die fopnuus wat ook in oorvoed in omloop is, glo as die werklike feite.  Dit kom daarop neer dat die fopnuus so aangebied word dat die brein jou flous om fopnuus te glo.  Hoekom die brein bereid of selfs begerig is om jou te flous, is egter ’n komplekser saak, asook hoekom jy daarvoor vatbaar is.  Iemand moet ’n wil hê om omtrent alles behalwe die werklikheid te glo.  So het ’n publikasie wat in fopnuus spesialiseer jare gelede ’n artikel gepubliseer oor die oorblyfsels van strydwaens, gevegstoerusting en skedels wat onder die Rooi See gevind sou wees.  ’n Ruk later herpubliseer ’n normaalweg geloofwaardige publikasie dieselfde artikel, maar verswyg die herkoms daarvan.  Die gevolg is dat publikasies tot onlangs die artikel as werklike nuus herpubliseer het, en dit sal stellig in die toekoms weer gebeur.

Die huidige storm rondom oudpresident FW de Klerk is ’n goeie voorbeeld van waar De Klerk sy feite suiwer genoeg uit onbetwisbare bronne staaf.  Die algemene narratief is egter dat apartheid boos was, en dat geen alternatiewe weergawe, op feite gebaseer of nie, geduld sal word nie.  ’n Wanvoorstelling wat eers nesgeskop het, word moeilik reggestel.  So het minstens vier geslagte Suid-Afrikaanse skoolkinders geleer dat die Indiane in wigwams bly.  Dan word daar nog verkeerdelik ’n foto van ’n tipi daarby geplaas.  Die harde werklikheid is dat slegs ’n baie klein persentasie van die VSA se Indiane ooit in wigwams en ook tipi’s gewoon het.  In die Asteke se hoofstad Tenochtitlán alleen het meer mense in huise gewoon as wat daar Indiane in wigwams gewoon het.  Dié vals “feit” sal egter waarskynlik nog verskeie geslagte in leerplanne en handboeke oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JM ·

Die leuen seëvier vandag eerder as die waarheid. As die waarheid nie jou verdraaide opinie huldig nie, verwerp jy dit, want jou gewete is toegeskroei; jy WIL nie onderskei tussen reg en verkeerd nie. “Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg, wat van duisternis lig maak en van lig duisternis, wat bitter soet noem en soet bitter.” – Jesaja 5:20.

Johan Venter ·

Ek onttrek my gewoonlik aan ‘n gesprek op sosiale media, soos twitter, selfs in die openbaar, of begin glad nie deelneem nie, as ek sien die vlak van gesprek is van die oningeligtes, is net retoriek en ‘n gejil van diegene en die menigte wat hul eie ideologie en strooipoppe najaag, ander dood skreeu met getalle, dan weet mens met watter ingestelheid en vlak van kennis en realisme mens mee te make het, ook hul vermoë om sinvol ‘n gesprek en debat te kan voer.

Dis ook nie ‘n verbasing as iemand met wie jy verskil jou langs die pad op sosiale media, as ‘n rassis uitkryt nie, ongeag die onderwerp.

Aparheid is nou die afgelope paar dae die metaase gonswoord en het nou weer die kat in die hoenderhok losgelaat. Vir die volgende paar weke is die probleme met Eskom en die ekonomie waarvan die graderingsagensskappe as gevolg van beurtkrag die land se groeikoers sopas op minder as 1% vasgestel het, nou op die agtergrond geskuif.

Nou sorteer Julius eers weer die geskiedenis uit.

Marthinus W ·

Fopnuus en vervalsings is so oud soos die berge. Fopnuus oor Priester Johannes (Prester John) het gelei tot ontdekkingsreise in Afrika. Vervalsings soos die Protokols van Sion het weer gelei tot die Nazi-holocaust.

Mense ondersteun vervalsings of fopnuus omdat hulle jou mening/filosofie ondersteun. Min is dapper genoeg om die waarheid in die oë te kyk, of die moeite te doen om die “feite” te ondersoek. Baie fopnuus oor Rusland en Wladimir Poetin word, selfs in Afrikaans, versprei, want dit is `n lonende bedryf.

Johan Venter ·

Per die Sunday Times vandag: “Finance minister Tito Mboweni left social media in stitches on Monday when he shared pictures of his chickens on twitter, and compared the fowls to the EFF, based on their forceful approach last Thursday at the Sona.”

Nou waarom kan FW en ander nie ook iets soortgelyks betreffende Julius en die EFF doen nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.