Nuuskommentaar: Term “swart man” nou ook rassisties beledigend (soms)

Die konstitusionele hof. Foto: Reint Dykema

’n Wit man is ná ’n uitspraak van die konstitusionele hof finaal sy werk kwyt nadat hy ’n swart kollega ’n swart man genoem het. Dit handel volgens die regter oor die gesindheid en bedoeling, veral binne Suid-Afrika se lang apartheidsgeskiedenis.

Suid-Afrika is ’n grondwetlike demokrasie wat beteken dat die land deur wetgewing gerig word, wat op sy beurt deur die grondwet geanker word. Oor of die land ook ’n regstaat is, word in hoë regs-akademiese kringe koppe gestamp nadat dié term uit die teks van die finale grondwet weggelaat is. Daar word selfs liggies kopgekrap oor daar ’n onheilige motief vir die weglating is.

Dis alles hoë akademiese sake. Dit is voldoende om te weet dat die regstaat aan Suid-Afrikaners baie regte gee, ook die regte wat in die handves van menseregte vervat is, en dat verskille in uitleg sommer gou iewers in die regsproses kan beland. Afgesien van die “gewone” howe, is daar die arbeidshofstelsel, die openbare beskermer en vele meer wat ’n skeeftrappery in ’n nagmerrie kan laat ontaard.

Mits jy weet jy trap skeef. Suid-Afrika is ’n heterogene land, en nie alle gemeenskappe voel noodwendig dieselfde oor sake nie. Dink maar aan die koppestamp tussen die DA-leier, Mmusi Maimane, en die vorige leier, Helen Zille, oor opvattings van kolonialisme. Dat “black facing” ’n sensitiewe kwessie was het stellig nie net vir die twee studentemeisies (en later nog twee perses van die US) as yslike verrassing gekom nie, maar baie ander wit Suid-Afrikaners.

Hieroor kan boekdele geskryf word. Die kort en die lank is om so ver as moontlik ’n bewustheid te ontwikkel van wat die ander groep as kwetsend kan ervaar. Dit is uiteraard veronderstel om ’n tweesnydende swaard te wees, soos om wit mense as gronddiewe uit te maak.

grondwethof2

Die konstitusionele hof. Foto: Reint Dykema

Nou het ’n regter van die konstitusionele hof beslis dat ’n wit werknemer by ’n myn oortree het deur na ’n swart kollega as ʼn swart man te verwys. Die keuse van woorde sou normaalweg geen probleem wees nie, maar die situasie is só vertolk dat die wit man dit bloot as siniese, en baie eenvoudig gestel, plaasvervanger van die k-woord gebruik het. Wat die werklike waarheid is, sal ’n mens nie weet nie. Voorts het die regter geoordeel die man het geen berou getoon nie.

Net ’n pikante nagedagte: Het die agbare regter in haar uitspraak ook in gedagte gehou watter vernietigende uitwerking jare van apartheid het op wit mense, en veral wit mans, se vermoë om weer ’n behoorlike, en selfs enige werk te kry? Om te bevind ontslag is ’n gepaste vonnis in só ’n geval, is dus ’n veel harder oordeel as “normaalweg”. Was dit nog iets aspris soos om die k-woord te gebruik, sou ’n mens maar min simpatie kan hê. Maar om na iemand wat hy nog nie eens ontmoet het as ’n swart man te verwys, en daaroor die trekpas te kry? Maar in ag genome die impak van baie jare van apartheid, is dit volgens die regter geregverdig.

Dit speel af teen die agtergrond van ’n nuwe debat oor of (wit) mense wat eers na apartheid gebore is, of dit selfs effektief teengestaan het, kollektief vir apartheid gestraf moet / kan word.

Regstaat of nie, ’n behoorlike stel wette en gemeenregtelike reëls kan nie op sy eie verseker dat almal in die land net die regte dinge gaan doen om te voorkom dat hy in die sop beland nie.

Hoeveel keer het ons al uit regeringskringe die woorde “zero toleransie” gehoor – ook dikwels in die konteks van iemand (gewoonlik ’n wit mens) wat hom aan rassistiese gedrag skuldig maak. Misdaad gedy egter steeds. En die slagoffers van plaasaanvalle moet ervaar hoe ’n minister gal braak teen mense wat daardie vorm van groeiende misdaad onder die buiteland se aandag wil bring. Gister weer het die uwe ervaar hoe ’n kliënt van sy vrou, wie se pad al meer keer met die reg gekruis het oor die gebruik van die k-woord, en by geleentheid deur die uwe gegryp is weens die lustige aanwending van die k-woord voor die gesin se huishulp, dit weer lustig doen.

Nou het dit ’n trappie moeiliker geword om nie in die sop te beland nie. Dit beteken ’n (gesonde) verstand en gemeenskapswagtorings skouer aan skouer met die wet staan om strafbare oortredings te bepaal. ’n Goeie gesindheid sal help om gevaarseine uit te stuur. Elke opmerking sal nie sommer ’n kwetsende bedoeling bevat nie, en ’n motief vir kwetsende opmerkings sal nie sommer gesoek word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

110 Kommentare

Ouma ·

Ek ook …. mens raak te bang om jou mond oop te maak!!! Maar noem my ‘n wit mens wat is my regte dan?????

Wit Man ·

Ek is jammer. Ons sogenaamde regters in die “kons” hof is besig om stelselmatig ons as wit burgers te ontmagtig. Hierdie moet beskou word as n “aprilgrap”. Dis totaal belaglik. Dan beskou ek om n wit boer genoem te word as ook rassisties. Ek boer nie maar moet gereeld hoor julle boere. Mense ons sal moet begin vasstaan. Ons kan nie meer aanvaar dat hierdie dinge met ons gebeur nie.

Judy ·

Nou wat op Suid Afrika se bodem gaan nou aan. Wat wil die mense dan genoem word. Sê vir hom African dan gaan jy ook aangekla word!!! Ek verstaan nou dat hierdie dinge uiters verdrukking van witmense is. Een van die dae wil hulle gesmaak uit sulke eenvoudigheid. Genade tog!

Susan-marie Truter ·

Eerste keer in my lewe dat ek dit ervaar dat n sekere kleur ras graag kleurloos wil wees. Sulke “mense” is net so belaglik soos wat die hofuitspraak was.

Johann ·

Ongelooflik hoe n sekere ras se selfbeeld en funksuonering afhang van drakoniese wetgewing en meer drakonkese eensydige toepassing daarvan afhang?

Shame…

Hoe nou ·

Kan iemand mens dan inlig wat die polities korrekte term dan veronderstel is om te wees? “African”? Volgens wikipedia is “Black man” die aanvaarbare term. In hierdie artikel word die term “wit man” dan gebruik? Die polities korrekte term vir wit man is “kaukasiese man”. Ons kort dan ‘n nuwe menseregte handves met korrekte polieke terme.

Lisa ·

Ek stem saam.
Gee ons dan die korrekte aansoreek vorms vir alle nasties, sodat ons nie per ongeluk in strik loop nie.

Willem ·

Herman, in hierdie dae word daar ook weer baie oor Apartheid deur kommentators in die media geskryf, n.a.v Kallie Kriel se uitlating oor Apartheid en Misdaad teen die mensdom.

Betreffende Misdade teen die Mensdom en Apartheid laat Wikipedia hom as volg uit: “Die stelselmatige vervolging van een rassegroep deur ‘n ander, soos onder die bewind van die Suid-Afrikaanse apartheidsregering, is in 1976 deur die Verenigde Nasies as ‘n misdaad teen die mensdom verklaar. Die VN se Algemene Vergadering het egter nooit enige bevindings gemaak oor apartheid as sulks nie, en daar was ook geen misdade teen die mensdom rakende apartheid aangehoor nie.”

Dus, in Suid-Afrika se geval was daar dan geen vervolging van een rasgroep deur ‘n ander nie, ook die VN se Algemene Vergadering het egter nooit enige bevindings gemaak oor apartheid as sulks nie, en daar was ook geen misdade teen die mensdom rakende apartheid aangehoor nie, soos per hier bo.

Hoe het dit dan gebeur dat die VN Apartheid as Misdaad teen die mensdom kon verklaar?

Kan jy ons aub meer hieroor in ‘n rubriek toelig? Dankie, ek waardeer.

Casper Labuschagne ·

@Willem – Daar is op 5 April 2018 hieroor geskryf deur Ernst Roets op hierdie webblad onder die titel Feiteblad: Apartheid en Kommunisme en dit is onder die kategorie “meningsvormers”

Verder is die betrokke resolusie deur die VN op 15 Mei 2018 op PoliticsWeb gepubliseer onder die titel “1973 UN Convention on Apartheid as a Crime Against Humanity”

Die Engelse Wikipediablad onder die titel “Crime of Apartheid” is ook insiggewend alhoewel daardie artikel, na my mening, geensins objektief is nie.

Op Afriforum se webblad het Flip Buys op 12 Maart 2018 ‘n artikel geskryf met die titel, “The truth about apartheid, crimes against humanity and the use of the old flag” wat ook insiggewend is.

Ons moet almal liefs hierdie artikels nagaan en bestudeer sodat ons onsself van die feite kan vergewis asook die argumente wat daarom gaan en die propaganda waarmee ons aangeval word effektief kan aanveg.

Casper Labuschagne ·

@Willem – daar is juis vanoggend ‘n goeie artikel oor dieselfde onderwerp van Apartheid as misdaad teen die mensdom op Politicsweb getiteld “Kallie Kriel & the ‘apartheid as a crime against humanity’ question”

Hanna Hoekom ·

Maar ek mag n “wit vrou” genoem word? Of is dit nou ook diskriminerend? Hoe moet mens dan n persoon met n donker vel beskryf? Donkergroen of steenkool-kleur? Lyk my ons land het heel mal geraak…

Hannelie ·

Eish!! Ons land het nou heeltemal die kluts kwyt…..sielkundiges help asb!!!! Hanna ek stem ek word ook ‘n “wit vrou” genoem, ek moet onthou om volgende keer ‘n klag te lê. En ek is so bly ek ly nie aan ‘n minderwaardigheidskompleks nie!!! Nou raak alles belaglik, soveel HAAT, hoekom word ons so gehaat??????

Snowball ·

Stomgeslaan dat apartheid ,’n reeds veroordeelde, uitgeworpe bestel, as verswarende omstandigheid misbruik word om die gebruik van “swart man” ook te kriminilaseer; sodanig dat iemand sy werk daaroor verloor! Alle vorms by staatsinstansies en besigheidsinstansies beter baie VINNIG ontslae raak van navrae oor RAS en GESLAG – alles kan van nou af in SA interpreteer word as rasisties of diskriminerend vanweë ons apartheidsverlede!!

leo ·

Ek stem Snowball. Die STAAT is verantwoordelik vir rasseverdeling en haat. Hulle moet alle terme soos “wit, bruin, swart” op alle aansoekvorms weglaat. Ek is ‘n Suid-Afrikaanse burger finish en klaar – geen velkleur identifikasie nodig nie

Werner ·

Darem maar swaar om aan so n verskriklike minderwaardigheids kompleks te ly

Theresa ·

Dis bejammeringswaardig. Dat mens nie eers jou eie velkleur mag geniet, liefhê, noem of erken nie. Is dit ooit wettig om so iets te wil afsmeer en afdwing op landsburgers wat baie meer as net wit en swart is? Ek sien myself nie as ‘n neutral nie. En as mense so bly hammer op hoe sleg die wette en regering was vir 48 jaar lank in hierdie land – waarom word daar 2x soveel foute (indien nie meer nie) gemaak en nie gewys hoe dit dan regtig gedoen hoort te word nie??!!! Dis al 24 jaar wat dit veronderstel was om vir almal – die woord is ALMAL – te wys hoe ‘n “goeie” regering dit doen. Daar is nie ‘n woord om die teleurstelling en disgust te beskryf oor wat toe eintlik gebeur het nie. A nee a. Staan jou skoene vol en wees ‘n ordentlike landsburger. Dan maak dit nie saak of mense jou ‘n kleur toevoeg tot jou beskrywing nie. Belaglik.

Abel ·

So in die toekoms sal ons sekerlik moet sê die Pers man….. dis belaglik!!!! Alles word as rassisties aanskou, dit maak mens sommer siek!!

Niklaas ·

Is die mense dan skaam oor hul velkleur ? Hoe moet dan na hulle verwys word ? Ek kan net wonder daaroor. Dis klaar so in die VSA waar die algemene term nou “African American ” is wat onnodig en lomp is.

davmar88 ·

Nou hoe op aarde gaan ons hulle dan beskryf? Gaan Black African dan ook as rassisties gesien word?

Gatvol ·

Stem saam. Dan is die term “wit man” ook mos rassisties.

sjoe!!!! ·

Is dit rasisties as hul my n “BOER” noem,of a wit man?????Vra net want ek is n dorpsjappie

Reti ·

Ek het dit ook nou so uitgewerk. Dink mens moet hele herrie opskop as iemand jou so beskryf….al ís jy ‘n regte ‘plaas’boer. :(

Leeu ·

Belaglik. Mag ek nog sê bruin brood? of is dit óók nou verkeerd?

Annemarie ·

Tragies dat die mense aan vervolgingswaan ly. Sal seker vir die volgende 500jr so bly.

Elize Kruger ·

Lyk my ons is almal maar “undercover” wit of swart????? Maar steeds is ek trots om ‘n boer genoem dit word!!

Andre ·

Pateties, dit is die gevolge van die swak onderhandeling wat plaasgevind het oor die toekoms van die land. Warm patat. “Demokrasie” Wat se Demokrasie.

Yolind ·

This nation is not white what is the politicaly correct address for them if not black?

Linda Gouws ·

Kan jy dit nou oorvertel? Maar mag witman of witvrou nog genoem word?

Uvonka ·

Hulle kan my maar ‘n witvrou noem, dit is wat ek is en trots daarop. Mense het baie tyd om allerhande bollie te sit en uitdink en dit terwyl ons land net verder verval. Get a life, you are what you are!

Justice ·

Die dag wanneer jy jou eie onbevoegtheid aan `n kleur koppel het jy die kluts behoorlik kwytgeraak.

Bokka ·

Laat n swart man weer vir my se wit man of wit Boer Dan gaan le ek n klag by die saps ek sal ook nie daar loop voor n saak oop gemaak is nie.

Wouter ·

Met gebeure soos hierdie gaan wit en swart al hoe minder kominukeer want nagevolge van kommunikasie is te negatief. So jy gaan maar dink wat jy wil dink maar absoluut niks sê nie. Geen kommunikasie nie. As dit eers so vêr vorder dat die witman besef dat die prys is te hoog om met die swartman kominukeer sal alle kommunikasie vanaf wit tot swart opdroog. Die swartes sal natuurlik hul sê wil sê want die politieke sisteem in SA beskerm hul opinie. Dit wil vir my voorkom of die ANC regering aan ‘n sisteem werk om die witman heeltemal stil te maak en heel moot besef hulle dit nie maar hulle is besig om wit en swart eerder uit mekaar te dryf as versoen.

Umo ·

Presies Wouter. Dialoog word nie bevorder nie, dit word dood gemaak. Ignoreer hom, dan is dit ook een van die dae n oortreding. Van nou af moet mens alle dialoog met n ander kleur persoon op skrif sit, ter wille van jou eie beskerming.

christa ·

hulle het al honderd name gehad en met niks is hulle tevrede. Die witman was nog altyd ‘n boer en ek is so trots om so genome te word.

bollie se wollie ·

Ek is g’n boer nie. Ek boer nie met iets op ‘n plaas nie.

Irene ·

Mens weet nie meer waste kant toe nie ?En did al so maklik ! My man is vals beskuldig by sy werk waar die werknemer se hy het die k- word gebruik… hoe gemaak as jy onskuldig is ???????

Gawie de Beer ·

Om die verwarring en moontlike belediging van kleur uit te skakel en nie rassiste te wees teen oor enige groep kan ons maar nie verwys na Suid Afrikaner nie, dan is dit ook nie sexisties nie. Dit moet dan die uitspraak wees van enige groep na enige groep. as ‘n ander aanpreekvorm gebruik word het die ander party dan ook die reg om verontrief te voel en saak maak my kostititunele hof. (wonder net wt gaan die poletieke party dan doen om die wit man te beledeig.)

Erika ·

Nee daar bestaan mos nie ” nie iets soos n swart man nie NET n bruin man ” Dan is ons “mos nie wit nie” LOL tog word na ons verwys as wit want sekeres kan doen wat hulle lus het ..
Dit is hierdie korrektheid gekep word rondom wat ander wil sien Nie rondom Waarheid nie en Hartseer dat ons Moet veg vir ons plekkie in die son(terwyl dit …n sogenaamde demokrariese land weerspieel wat n klug is ..want dit maak nie voorsiening vir ons verskil in waardes nie As jy nie dieselfde mentaliteit openbaar nie is jy nie baie populer nie by sekere soort mense nie

honourable member ·

Dan is “wit man” of “wit vrou” ook rassisties!!

Willie ·

Ag asseblief, nou watter kleur dink hulle is hulle??? Dis absoluut veregaande?

m.d.r. ·

Ja , ek is ook sprakeloos……maar wat my meer bekommer is die mentaliteit van die edele Regter. Sy uitspraak is onsinnig—–Hoe moet die SAPS nou ‘n voorvlugtende swart misdadiger aan die publiek beskryf …? Kyk seblief uit vir ‘n deursigtige man ……?

Netso onsinnig as die Hoofregter se motivering oor Afrikaans op UKOVS—hy beskryf die universiteit s ‘n “skaars hulpbron”…so asof dit iets is wat die natuur voortgebring het–en derhalwe kan ‘n minderheid nie aanspraak maak op onderrig in hulle moedertaal nie..! Vreemd genoeg dit was juis daardie minderheid wat die hele universiteit daargestel het , beginnende 1904….nie ‘n natuur skepping nie….!

Iets is baie verkeerd in ons regstelsel–as daar werklik nog so iets is….

Geskok ·

Eks nou so geskok dat ek behoorlik sprakelooos is!!! Wat is volgende!!! Ek kan maar net lag vir die regering. Dis n jammerte hier is nie laggende gesiggies wat ek kan plaas op die blad nie, anders was my bladsy nou vol daarvan en nie een woord hierop nie. Die regering is one big fat joke!!!!!!!!!

Deloris ·

Whawww, nerens ooit gehoor of gelees dat dit onaanvaarbaar is of nie mag se nie, hou is die man sy werk kwyt…. hoe vêr gaan dit nog gaan, alles gaan oor rasisme net om sekere groep mense te ‘grine’….

Nel ·

Liggroenes/perses/pienkes en donkergroenes? Nee kyk nou word alle krane oopgedraai om dit absoluut so onuithoudbaar moontlik vir die wit man/vrou te maak om in Afrika te oorleef.

JG ·

So, gaan hierdie “Regter” nou ook beledig voel as daar na haar verwys word as “swart vrou” ? Hoe pateties tog…

Irma ·

Dink daar moet n wet ingestel word dat alle rasse mekaar as meneer of dame aangespreek word. Want as jy se swart is dit rassisties. Dan is dit mos rassisties as jy praat van witman of kleurling of indier

Mariana ·

Kort gelede het een van my kollegas die volgende aanmerking gemaak op ‘n vraag wat ek gevra het oor hul kerrievis tradisie. Haar antwoord: Jy is ‘n whity en sal tog nie verstaan nie. Die baas was in dieselfde gesprek en het lekker gelag oor haar antwoord. Nou ja, draai dit andersom, dan sou ek so diep in die gemors gewees het.

Aanvaarbaar ·

Dit is omdat ons net toelaat dat ons sekere name genoem word en dit nie verder vat nie. Hoeveel is daar al gesê pink pigs, maar niemand het ñ klag gaan lê nie. Dit is dus algemeen aanvaarbaar dat wittes so genoem word aangesien niemand daarteen kapsie maak nie.

Spike ·

Die mense is so agv ñ swak selfbeeld. Dan is my swart kar seker nou rooi. Liewe genade. Regter en die sulkes. Waar is jul rasionele denk vermoëe. Dit word sterk in twyfel getrek. Dit is belaglik om geld en arbeid op so iets te mors. Die land verval onder moordenaars, diefstal, luiheid.

Oom Kalahari ·

Die Regterjie se uitspraak is seker afhanklik van inligting wat bekom is van Prof. Elmien du Plessis, Mnre. Habib en Max du Preez. Hoe belaglik en kleinlik kan die mensdom nog raak. ‘n Pen en papier, potlood, liniaal ens het deur al die eeue heen dieselfde naam gedien en so ook die mensdom, nou skielik is dit ‘n misdaad. Hoe verwys jy nou na sekere groepe van mense soos ‘n nie-blanke (as dit ook so nog verwys mag word) persoon, Indies, kleurling ens. Bly weg van kommunikasie wat jou in moeilikheid sal laat en dring aan op selfbeskikking. Ek is ‘n witman, boer, whitey en is so gebore deur my Hemelse Vader en sal in dieselfde gewaad die aarde verlaat. Die mens/Strafreg/Staat is besig om onreg teenoor die medemens te pleeg. Daar is geen fisiese misdaad gepleeg nie, maar ‘n straf word toegepas op ‘n vele jare gebruiking van woord. Waar was dit geproklameer en wanneer, dat hierdie woord “swartman/vrou/kind” nou nie in gebruik mag wees en strafbaar is?

Elbie van Schalkwyk ·

Bly ons in ‘n opgevoede land of in ‘n sirkus? Jou velkleur is jou velkleur en maak nie saak wat jy doen nie, as jy wit is dan is jy wit, as jy swart is dan is jy swart? Ek dink mense het nie genoeg om hulle mee besig te hou nie… En die rassisme trein se wiele is nou al so pap gery dat ek my kop in ongeloof skud, want dis al wat ek kan doen, soos meeste ander mense wat in hierdie land bly…

Jannie ·

Daar word gekla oor dinge (probleme) wat die minderheid wit Suid-Afrikaners voorsien het voor die eerste demokratiese verkiesing.
Soos ek dit verstaan is dit nie wat jy sê nie maar hoe jy dit sê, as die hof tot die gevolgtrekking kom dat jy die bedoeling gehad het om ń persoon te verkleineer en/of verneder gaan jy gestraf/skuldig bevind .
Wees versigtig vir wie jy wat sê en as jy onseker is bly stil voor daar lelike nagevolge is.

Die Stem ·

Absoluut ongelooflik!
Dit het te doen met elkeen se selfbeeld. As iemand my n naam noem, steur ek my blood nie daaraan nie.
Alles word uit verband geruk.

John ·

Miskien moet die Grondwethof hierdie saak uitklaar want regstellende aksie sal moeilik hierdie storie kan omseil deur nie te verwys na wie dan nou glo verontreg word nie. Ook by onderwysinstellings waar nuwelinge moet registreer. Hierdie uitspraak was bloot gerig op die apartheidsbeleid wat 24 jaar gelede beeindig is. Daar word reeds nie meer na ras of kleur verwys wanneer misdade/ongelukke in die pers ter sprake is nie. Die naam van die persoon dien dan maar as moontlike inligtingsbron. Hierdie word ‘n turksvy met baie dorings en dit wil lyk of enigiets wat een groep as afstootlik wil eien nou ten nadeel van ‘n ander aangewend sal word. Die regters het vir hulself dalk ‘n lat gepluk want volgende op die lys is ras en indien dit totaal verwyder word, gaan ‘n babelse verwarring en dubbelsinnigheid, praat nie eers van misdrywe om sekere groepe te bevoordeel nie, kopuitsteek ~ balaklawa’s gaan dan seker hoogmode word….

Henk ·

Het die land se regbank nou die kluts kwyt geraak of maak hulle doelbewuste politieke uitsprake met die doel om konflik te skep? Ons bly in n siek land waar God gelaster en getreiter kan word. ( in die ooste word jy gehang as jy iets oor allah se). Maar vir Crimen Injuria word jy tronk toe gestuur of verloor jy jou werk? Ek dink nie eens n ondersoek oor SA se regbank hoef gedoen te word nie. Daar is nou al verskeie uitsprake teen Afrikaans, Afrikaanse skole en universiteite en oor “wit rassisme” gemaak deur die howe. Maar daar word geen uitsprake gemaak teen swart rassisme nie? Tog word rassisme gedefinieer as vervolging van een ras teen n ander ras? Is dit NET van toepassing as die vervolger wit is? Twee dinge is duidelik ons moet spoedig voor God op ons kniee kom en tweedens dis n feit dat die wit man in SA hom self moet voorberei op wat kom!

bgj van der westhuizen ·

dit is n bewys die regstels is nie reg nie onbevoeg om n regter te wees en om npersoon swart te doen is verkeerd dan is dit verkeerd om mense bruin en geel en groen en wit te noem ook verkeerd die land is besig om n mal huis te raak

Zumie ·

En as jy nou in die hof gevra word om die persoon wat jy gesien het te beskryf….. dan kan jy of antwoord en ‘n “misdryf/delik” pleeg deur jou beskrywing of weier om te antwoord en minagting van die hof pleeg….. Nee wat gaan dink weer voor julle belaglik raak

Koos de Meyer. ·

Ja
nee, ek het jare gelede vir ‘n persoon gesê. Ek kan sê meneer of wat ook al. Dit gaan niks aan jou vel kleur doen nie. Behalwe as jy jou wit verf soos in die Ciskei wanneer hulle met inisiasie besig is. Die agbare regter wil seker maar in tel wees by die meerderheid, maar die spreekwoord sê mos, if you can’t win them join them. Waar gaan ons heen, maar alles is te danke aan de klerk en sy travante.

Marc ·

Ek is net neskuurig hoekom openbare , haatspraak , wat self’s in parlement ge-uiter is …..

Hoekom word dit nie met die selfde ywer vervolg nie…..

Lyk my dis waar…..

“Almal is gelyk, maar somiges is meer gelyk as ander”

Josua Keys ·

Ons noem hulle van nou af maar African South african en ons noem onsself somer Europian South African, what n joke!!!!!

Gerhard ·

Dan is die plan van sekere om vertroue te hernu. Hemel tog mense, die tyd daarvoor is verby.

VanAfrika ·

Your Highness, “kill the BOER” like Julius Malema says: ‘AFRIKANER” (HIS TONE) AND TELL US TO “PASSOP” then has the same hateful connotation as this man calling an ethnic person a black man, I always thought this was a respectful way to call a ethnic person. Then please jail all of those that sang this song because it is racist AND murderous because I feel threatened and degraded the way it has been sung and said. I have rights to, not because you say so, but because my God says I have the full right to be on thIS land He gave me and I did not steal it from “NOBODY”

Ons sal maar in die vervolg na hulle moet verwys as Etnies waar ons dan Caucasian is.

Armand ·

George Orwell was reg in 1984 (die boek). Taal word gepolisieër. Hierdie is Newspeak.

Oom Kalahari ·

Uit watter kwalifiserende universiteit en grade het die regtertjie hierdie tipe opleiding verkry. Jammer deesdae word grade togeken op minderbevooregtings vlak (Apartheid van verlede) wat nog vir jare sal aanhou tot die see opdroog (wat nooit sal gebeur). Iewers is groot fout in hierdie mensdom en verlang minderwaardigheids genesing, maar by watter kliniek of mediese instansie aangesien werkskepping nou so op alle vlakke toegespits word. Die regtertjie soek seker ook nou op die manier werk vir die howe aangesien die gereg mos nou ook 99% ge-herstruktueer is en ‘n lat gesoek word om pak te kan gee. Binnekort sal jy seker nog as witmens ingeperk word met die hoeveel kere van asemhaal en hoeveelheid suurstof wat ingeneem word. Kommunisme is besig om hoogty te vier.

Vrees ·

Mense wat vantevore onderdruk is, leef in vrees . Hulle is bang dat die verlede herhaal gaan word en ongelukkig moet die nasate van die oortreders dit ontgeld.

Anoniem ·

Sjoe, maar hierdie mense het darem maar ‘n “issue” met hulle velkleur. Hoekom kan hulle nie hulle velkleur aanvaar nie. Ag toggie, nou kan ‘n mens nie meer na hulle verwys as swart nie. Moet ‘n mens nou na hulle as mense van kleur verwys.

Alida ·

Om die probleem op te los is maar net om almal op hul name te noem dan maak jy maar jou eie afleidings oor sy kleur of ras. Tog nie so moeilik nie is dit?

Santjie ·

Okay…. dan is ons almal nou groen…. gaan nou wel verskillende skakerings wees maar dis reg

Ouma ·

Tong in die kies – kan ons MM ook aanvat omdat hulle na die man wat sy werk verloor het as ‘n Wit man verwys :)

nou is ek dom ·

Nou verstaan ek nie, die term “swart man” nou ook rasisties beledigend (soms)
Tog begin jul die artikel n wit man,????????Wat is die verskil?

Verskil ·

Die verskil is; die skrywer van die artikel is ook ‘n wit man.

Ad ·

Kan ons asb verwysings kry waar al hierdie wette is. Ek weet nie meer wat ek mag en nue mag se nie. Moontlik n kort kursus van wat die stel reels is vir wit en dan hmmm mag nie nou die woord gebruik nie kom ek se maar “ander”

Reguit ·

Dis nie eers nodig om jou asem op sulke infantiele snert te mors nie. Hierdie is maar net nóg een van die duisende redes waarom dit beter is om daardie walglike Afrika hool te verlaat.

Driekie ·

Kleur mag nie as verwysing na ‘n persoon gebruik word nie aangesien dit dui op onderskeid of klassifikasie van persone wat ( mag) grens aan diskriminasie. Daar moet verwys word na ‘n man, vrou, seun of dogter. Kleur mag slegs vermeld word waar verdere beskrywing van voorkoms verlang word .

Amanda ·

nou ja ; mnr mev mej of doktor, wat ookal, dis ons voorland, maar geld vir alle rasse mense wat bly in SA. wat ‘n groot grap. ???

Niks ·

Nou mag ons seker na niks verwys nie – geen geslag, taal of kleur. So nou is ons almal maar seker nikse
Ek was nog altyd bekommerd dat ons nie verby die hoërskool-fase sal kom nie maar nou begin ek wonder of die hele wêreld al verby laerskool-fase is! Regtig!! Net soos stout laerskool kinders wat niks anders het om te doen as almal slegsê en pootjie nie!

Hannah ·

Daar word gereeld gepraat van versoening en oorbrugging van die rasse-spanning. Sulke uitsprake is juis wat bogenoemde aanwakker. Ai tog!

Vic ·

niks anders as n spul kinderagtigheid nie, dit staan dan in woorde boeke

White Rhino ·

O my genade hoe wil hy homself beskryf? Sal graag wil weet?

GAB ·

Daai regter moet nou mooi hoor. Noem my n wit man en ek kla die een aan vir rassisme. Ek sal nou wys hoe dit nou 2 kante toe werk. Ek is moeg vir die politieke twak en regters word seker omgekoop in die hoewe om in die anderkant te wees wat verkeerd is. Solank n witmens nou die spit delf.

Cj ·

Nou hoe vul ons nou die talle vorms by staatsinstellings in wat duidelik vra na RAS? As die natuurlikste teken wat jou ras aandui, jou velkleur is? Ag nee wat! En dan moet die term LEKGOA , wat so dikwels gebruik word om na witmense te verwys, ook asseblief onmiddelik gestaak word, omdat dit vele betekinisse het, wat wel diskriminerend kan wees. Laat ons dan maar ook klagtes aanhangig maak om die regverdigheid van hierdie uitspraak te toets.

Judy ·

Nou Abel, was daar iewers ‘n waarskuwing dat die term “swart man” teen die wet is? Dis die eerste keer dat ek daarvan hoor. Hierdie minderwaardigheids komplekse van die Africans word nou erg kleinlik en lagwekkend !! Hoe moes die man wat afgedank is, weet dat hy iets verkeerd gesê het? Dit slaan my dronk.

N vd Merwe ·

Dis eintlik belaglik. Hulle wil BEE toepas, maar wil nie swart genome word nie.

Grandpa ·

Ek is ook nie wit, toiletpapier is wit. Ek is ook nie ‘n boer, ek is manlik wat boer met tamaties. Ek is ook nie ‘n “white african” nie maar ‘n South African…..miskien dalk moet ons oorweeg om ons motors se bande ook te verf…..net nou is DIT ook verkeerd. #wat’ngrap#

Ruaan ·

Ek ook verward. Miskien kan die Black lawyers Association dit vir my verduidelik.

Willem ·

My motor is ‘n Toyota. Vertel ek, ek ry ‘n Ferrari, lieg ek mos nou!!!?

Johann ·

Maar dit is steeds aanvaarbaar dat wit mense white trash genoem word? Kill the farmer kill the boer, is steeds slegs ‘n tradisionele uitlating. Nee regtig, wit mense, word wakker! Kom ons maak ‘n kraak. Laat hulle hulself vernietig!

White Land First ·

Wel ek dink die Black Land First moet na White Land First verander word!!!! Dit is die enigste ding wat vir my sin maak in hierdie konteks! White Land First pas my.
Verder kan die man wat ‘n niks wil wees maar ‘n niks bly – ‘n niemand – iemand met geen herkoms nie-hierdie niemand moet nie eers ‘n ID he nie want daarop staan mos ook ‘n beskrywing?

Hond ·

Ek drink nie meer swart koffie nie , dis nou koffie sonder melk ?

LucRon ·

Die Konstitusionele hof het nou ‘n president geskep, want misbruik gaan word. Dit gaan mag aan eensydige groep mense. Ek stel voor daar moet soortgelyke saak getoets word met “boer” of “witman” terme om te sien of die Konstitusionele hof nog enige sin van balans het. Ek is geskok in hul uitspraak en in myn insiens toon dit vermoedelik op politieke inmenging eerder as regverdige en gebalanseerde beslissing wat tuis hoort in ‘n demokratiese samelewing.

Adrian ·

Julle begin die berig met “‘n Wit man” – hoe nou…???

Stadsjapie ·

Die probleem hier is eenvoudig, dis n stelselmatigende afbreek van die kleinerbevolkingsgroep oor n dooie koei wat 25 jaar terug tot rus gele moes wees. My gevoelens is eenvoudig, as ras erkenning soos swart man verkeerd is dan moet BEE ook onwettig wees, want dis op al die werks aansoeke wat ek al gedoen het. Daar self erken die die regering die term swart man as korrek.

Verder is ek ook nie n afrikaner nie, ek is n boer, al het ek nie n plaas nie, n afrikaner is n bees, en die laaste keer wat ek gekyk het eet ek beeste.

humor ·

Dit is net onbegryplik hoeveel haat daar uit die bodem van n bepaalde velkleur en n minderwaardigheidkompleks kan ontwikkel.

magda ·

Nou wat die dinges noem mens n swart mens nou eintlik. Liewe Hemel man.

David ·

Ons moet seker maar praat van mense met ‘n ligte-, medium- of donker gelaat…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.