Nuuskommentaar: Toppunt van diensleweringsmite

Vrystaatse premier, Ace Magashule, en pres. Jacob Zuma (Desember 2012). Foto: Flickr/GovernmentZA

Sekerlik een van die mees ironiese hoofstukke oor die mite van dienslewering in die land se geskiedenis is dié week geskryf toe die Vrystaatse premier, Ace Magashule,’n spesiale ekspo oor dienslewering gehou het. Die ekspo het die belastingbetalers R6 miljoen uit die sak gejaag. As spreker by die ekspo was Magashule breëbors.

Vullis wat weke lank stinkend in Bloemfontein se strate opgehoop het, en selfs deur moedelose inwoners voor die deure van die stad se hoofkwartier, die glaspaleis, gaan pak is, is kort voor die ekspo skielik verwyder. Maar in sommige woongebiede het die swart sakke langs die strate bly staan, en vanoggend (Vrydag) pryk die skrywer se vullissak steeds op die sypaadjie. Dit moes Woensdag reeds verwyder gewees het.

Weke lank het die publiek gekla, en die media berig oor strome riool wat nie aandag kry nie.

Weens gereelde aanvalle by die asgate kan inwoners dit ook nie waag om self hul vullis te verwyder nie.

By Villiers het ’n stukkie onrybare toegangspad na die dorp skielik die naam, padpredikant en al, van Ace Magashule Highway gekry. Dit is die gemeenskap se manier om te wys wat van dienslewering gedink word.

Die DA het, in reaksie op Magashule se aansprake by die ekspo, gewonder na watter Vrystaat die premier verwys.

Inderdaad ’n lang reis weg van die dae toe die Vrystaat as die modelrepubliek bekend gestaan het.

Op ’n wyer skaal is daar ’n krisis in die hospitale van verskeie provinsies, en lewensverlies kom voor.

Ace Magashule. Foto: GCIS/Flickr

Oor die Life Esidimeni-kwessie kan reeds baie gesê word en wat as erge skandvlek aan die ANC behoort te kleef. Dit blyk egter dat dit nie net die “gesondheidspersoneel” is wat hul koppe in skaamte moet laat sak nie, maar van die naasbestaandes ook. Van die naasbestaandes wat nou sulke lang krokodiltrane huil, het die sielsiek familielede in 2015 laas besoek, en dalk selfs langer terug.

Voor verkiesings gebruik die ANC gereeld sy “goeie storie” om kiesers te probeer oortuig dat hy eintlik puik gevaar het.

As net dertig persent van die kiesers in ’n opname aangedui het hulle het al van staatskaping gehoor, dan ys ’n mens oor hoeveel van diegene wat sal gaan stem al gehoor het van Suid-Afrika se rommelstatus. Dit is maklik om oningeligtes se blinde lojaliteit met bogstories te oortuig.

In werklikheid is elke afgevaardigde wat die ANC se komende nasionale kongres gaan bywoon, veronderstel om dit te doen met ’n kop wat van skaamte hang. Maar mededinging vir ’n plek by die trog laat iets soos dienslewering eenvoudig by die deur uitvlieg.

Die lys van diensleweringinploffings soos munisipaliteite wat deels sonder water en elektrisiteit is of binnekort kan wees, is baie lank. Daar waar die land wel presteer, is dit ten spyte van, en nie as gevolg van die ANC nie.

En hierin lê die probleem. Die ANC se kongres neem steeds die karakter aan van ’n eenparty-“demokrasie”. Dit lewer net soveel euwels op as ’n werklike eenpartystelsel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ronel ·

Ek wil ook graag weet van watter Vrystaat hy praat? Kroonstad val uitmekaar. Bloemfontein stink. Die paaie wat wel oorgedoen word is hobbelrig en ry aaklig. So watter Vrystaat sien jy raak?

Raponsie ·

En so kan ons nie kla oor diens nie. Want daar is niks diens nie…..

Andre ·

Puik gesê of is dit geskryf. Hierdie artikel kan vir enige van die ANC beheerde dorpe en stede gebruik word. Verander net Bloemfontein na jou plek van keuse.

Watter dienslewering ? ·

In Oudtshoorn vanoggend ondervind dat die biblioteek vir 2 dae gesluit word weens `n jaareindfunksie !!!

Alles val darem regtig uitmekaar na 1994.

johnny_walker ·

daar is baie dorpe in die land waar dinge redelik goed gaan , dit is die dorpe waar die blankes ophou kla , hulle vingertjies uitrek en dinge begin regstel , begin met n goeie GPF/ Afriforum buurtwag en werk van daar af , op die einde van die dag wanneer alles gese en gedoen is , is baie meer gese as gedoen , dit is nog altyd die afrikaner se probleem

Andre ·

Goeie idee Johnny – dan kan die ANC se dienslewering en beeld verbeter in Bloemfontein en Ace kan dan weer ‘n Ekspo hou om almal te vertel hoe goed hulle dienste lewer.

Alwyn Beetge ·

Daarom werk demokrasie nie in Afrika nie.
Tensy Afrikastandaarde vir jou aanvaarbaar is

Kieser ·

Metsimaholo minus-‘n-palityt het weer verkiesing gehou. Binne die stemlokaal was twee busse: een vir kiesers met ‘n woonadres en die ander een vir kiesers sonder ‘n woonadres. Ek verstaan die spul is toe bymekaar gegooi en getel. Die punt is dat jy mag stem of jy nou ‘n mun. rek. betaal al dan nie. Dit is deel van hoekom ons is waar ons nou is en waar ons vorentoe gaan wees. Hou dus Noord en foeter voort . . .

Dok-tor ·

Regskliek met jou rekenaar se muis op die foto waar Ace in die houer loer. Linkskliek nou op ‘Search Google for image’ . Nou verskyn die berig oor die eredoktorsgraad toegeken in filosofie aan Ace deur ‘n Turkse univ. in Okt 2017. Ek dink ons kan dus filosofies begin voorspel wat wag nóg vir die Vrystaat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.