Nuuskommentaar: Totale oorlogvoering en einde van beskawing

Argieffoto: Pixabay

Is daar ’n verband tussen die algemene moraliteit van ’n bevolking en daardie bevolking se vermoë om sy beskawingsvlak te onderhou? Kan ons iets vir die toekomstige beskaafde afloop van protesoptrede uit ’n historiese wending van die Majas hieruit wys word?

Suid-Afrikaners is oor die algemeen goed ingelig oor die term totale aanslag. Trouens, hiermee, met die kommunistiese bedreiging as ankerpunt, is Suid-Afrikaners betreklik lank beïnvloed om weerbaar te wees teen die totale aanslag. Baie mense was baie sterk beïnvloed sodat hulle bereid was om baie op te offer om hierdie glibberige vyand onder die knie te kry.

Argeoloë en historici is soms verbaas om te sien hoeveel moderne uitvindsels en gebruike al baie lank gelede reeds bekend was. Dié gedagte vind ʼn mens in die Bybelse uitdrukking “daar is niks nuut onder die son nie” (Prediker 1:9, Nuwe Lewende Vertaling).

Daar is vandag vertakkings van die argeologie en paleontologie wat fokus op studies hoe klimaatsverandering in die verlede hetsy die natuur of die mens se reaksie op klimaatveranderings trotseer het. Daarmee word gehoop om oplossings te vind wat met die huidige of toekomstige klimaatsveranderings van waarde kan wees. (Meestal word tot die gevolgtrekking gekom dat aanpasbaarheid, waaronder die bereidheid om te ontruim en elders te vestig ’n groot rol gespeel het.)

Onder die talle studies oor die oorsake, metodiek en gevolge van oorlogvoering is die oogmerk min of meer dieselfde – leer uit die verlede.

Die Romeine het juis soms klippe gekou omdat hulle gereeld met iets heeltemal nuut uit Afrika getref is. “Ex Africa semper aliquid novi” (Uit Afrika altyd iets nuuts).

Wie sou nou kon dink die magtige Romeine sou hulle moes voorberei om op eie bodem neerlaag na neerlaag te ly teen ’n vyand uit Afrika wat Afrika-olifante vir oorlogstuig aanwend?

Nou is argeoloë ietwat terug na die tekentafel gestuur. Wat is die verband tussen die ineenstorting van die Maja-beskawing en totale oorlogvoering?

Baie jare lank is kop gekrap oor hoekom die Majas die indrukwekkendste stadstate selfs in die ondeurdringbaarste woude kon oprig. Die gebouekompleks het bestaan uit onder meer piramides, paleise en tempels. Baie hiervan word vandag steeds ontdek. Periodiek het die inwoners egter die stede verlaat en elders ewe indrukwekkende bouwerke gaan oprig. Hul beskawingsvlak het egter veel meer as net bouwerk behels. Hulle het ook sterrewagte gebou, en die mees akkurate kalenders ontwerp wat destyds op enige plek ter wêreld bestaan het. Hul skrifstelsel, anders as dié van ander Suid- en Sentraal-Amerikaanse beskawings, was volledig ontwikkel. Hulle het nie net simbole en karakters in hul skrif gebruik nie, maar ook kleur aangewend om betekenisse aan te pas en om ’n meer betekenisvolle skrif met nuanses te lewer. Maar toe die Spanjaarde opdaag was die beskawing bykans volledig iets van die verlede.

Maar hoekom die stede soos ’n warm patat verlaat en ander gaan bou?

Verskeie teorieë het ontstaan, met die teorie dat die gebrek aan grondvoedingstowwe landerye onvrugbaar gemaak het en periodieke droogtes wat die mense laat koers kry het, die aanvaarbaarste.

’n Ander teorie het intussen egter ook vastrapplek gekry – dat daar ’n verband tussen die gebruik van ’n totale aanslag teen die vyande was, en verval. Hoewel skynbaar minder in die openbare oog as dié van klimaatsverandering, blyk dit dat die oorlogsteorie mettertyd goed gemotiveer en deur historiese feite ondersteun is.

Trouens, dit het ooreenkomste met die algemene morele stand wat ook tot die ondergang van ander beskawings soos die Romeinse gelei het, soos dekadensie.

Maar toe kom daar ’n geskarrel. Barry Keily vat dit netjies soos volg saam: “A neat narrative linking violence and the end of civilisation is challenged by new evidence.”

Voorbeelde van totale aanslae teen vyande is gevind uit aansienlik vroeër tydperke as wat voorheen gedink is – die gevorderdste stadium van die Maja-beskawing wat tydens die Klassieke Periode van 250 tot 950 nC geduur het. Maar in 800 nC het alles begin verander. Keily vat dit so saam: “Contemporary scholarship holds that for much of that period aggression by the Maya was largely ritualised, with incursions into new or rebellious territories focussed mainly on destroying temples and securing high-status hostages, leaving non-combatants unharmed. Around 800 CE, the story runs, the occupiers changed strategy and began a campaign of total war against enemies, slaughtering soldiers and civilians alike and torching entire settlements.

“The Mayans prospered while they behaved in a relatively peaceful manner, but falling prey to the temptations of carnage led to their demise. Indeed, the period from 800 CE onwards is given the appropriately doom-laden label of Terminal Classic Period (TCP).”

Die teorie moet nog behoorlik ontwikkel word en heelwat uitdagings te bowe kom. ’n Hedendaagse situasie kan immers nie met iets van destyds vergelyk word nie, maar ons kan tog ’n aantal versigtige vrae vra:

“Wie staan die beste kans om ’n beskawingsvlak te handhaaf en uit te bou?”

  • Diegene wat in aksies van ontevredenheid soos dienste-optogte vandalisme en ernstige aanranding pleeg so ver as wat hulle gaan, en ook mense wat duidelik nie hul vyande is nie, soos straatsmouse, se stalletjies verwoes en beroof.
  • Diegene wat tydens stakings hulle ook nog aan plundering en saakbeskadiging skuldig maak.
  • Tydens proteasaksies verbygaande busse en vragmotors met klippe en brandbomme bestook.
  • Diegene wat klippe van oorbrûe op onskuldige motoriste afgooi en dood of ernstige beserings veroorsaak.
  • Diegene wat skole afbrand of vandaliseer.

Of diegene wat optimale beskaafdheid en moraliteit aanwend – die morele hoë grond – wat onder die omstandighede moontlik is?

Ja, gemeenskaplike begrip moet ontwikkel word. Met die aankoms van die Spanjaarde en Portugese in die Amerikas was die bevolkings van die Nuwe en Ou Wêrelde met een bewese uitsondering sowat 20 000 jaar van mekaar geïsoleer. (Die uitsondering is die Vikings wat net meer as ’n duisend jaar gelede ’n betreklik kortstondige Christen-kolonie, Vinland, op New Foundland en omgewing gehad het.

Die moontlikheid dat Ecuador so ongeveer 4 000 jaar gelede met inkomelinge uit die omgewing vermeng het word steeds ondersoek, en ook kontak tussen die Polinesiërs en die Indiane – die Polinesiërs het immers patats as stapelvoedsel, ook op hul bote – gekweek, en die Inkas het hoenders besit wat moontlik weer by die Polinesiërs bekom is. Kortom, die kontak met die Weste moes ongeveer so vreemd wees as sou ruimtewesens van ’n veraf wêreld nou die aarde aandoen.

Of beteken die nuwe Maja-teorie dat wesens wat so gevorderd is om na die aarde te reis dat hulle noodwendig beskaafd en nie oorlogsugtig sal wees nie?

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Riaan Groenewald ·

Herman Toerien se “toetale oorlogvoering en einde van beskawing” is ‘n raakvat! Ek het die nuus kommentaar baie geniet.
Ek het ‘n vraag vir Herman wat ek dink hy gekwalifiseer is om te antwoord.: Die vorige regering en die huidige, bring dit heeltyd onder ons aandag dat die verskille tussen die inwoners van Suid- Afrika gesetel is in ras wat gekoppel is aan velkleur (reenboognasie). Is die werklikke verskil nie eerder etnies van aard nie? Is ons nie eerder ‘n land van vele nasies nie? Word ‘n kind groot gemaak met ‘n Westerse kultuur, word hy die president van Amerika. Word hy egter grootgemaak met ‘n Afrika kultuur, word hy ‘n president wat sukkel om Suid Afrika te administreer op ‘n Westerse manier en vaal die regering dan ook op talle vlakke. Het ek die kat aan die stert beet? Dit wil voorkom of die huidige regering soos die vorige regering ras gebruik om die burgers te bestuur, want hulle weet ons etniese diversiteit is te groot wat dit nog moeiliker maak om te hanteer.

Zorro ·

As mens te beskaafd raak dan kom jy uit by gelykheid, vrede en broederskap. Dan gee jy alles weg omdat ander mense dieselfde regte as jy het en dan verloor jy die stryd. As dit baie goed gaan met almal, dan begin ‘n beskawing ‘self destruct’. Ons sien dit nou in die VSA waar mense onnodig afgemaai word. En dan is daar die kwessie wat niemand oor praat nie. Die mens se getalle het baie buitensporig toegeneem en selfs vervuil. Niemand is bereid om oor hierdie onderwerp te praat nie, want dis elkeen se ingebore reg om kinders te maak – selfs al kan jy nie vir hulle sorg nie. Miskien sal ons ook ‘self destruct’ soos die Inkas.

marous ·

Die minderheid bou op om ‘n standaard te vestig , maar die meerderheid sak soos sprinkane uit die lug toe en verorber alles . Dit word dan beskryf as mense regte . ‘n Swaksinnige beginsel wat deur westerlinge uitgedink is om regverdiging te kry om op gewone hard werkende mense se gevoelens te speel en sodoende hul vuil kloue in hul geld te slaan . Diegene wat hulself poets met die verdraaide liberalistiese beeld ten koste van self veryking soos die VN , NGO’s , Vervaardigers van wapens , voedsel , medisyne , sogenaamde opvoeders ens ens se ware kleure slaan nou uit . Die nugter denkendes is besig om laer te trek en die gillers is baie onsteld , want hulle gaan op straat sit . Dis die waarheid.

John ·

War of the Worlds van Wells se Marswesens het nie voldoen aan die sg Inka-teorie nie. Die Inkas het ook toe die Spanjaarde aanland gereeld van hul inwoners geoffer aan huu gode en die leiers was uiters wreed. Indien mens ‘n ateis is, sal die Vaderhand in gebeure geignoreer word. Het ons nie reeds in 1994 besluit om die Westerse beskawing vaarwel te sè nie. Waarom dan nou iets anders verwag.

Jean.Joke! ·

Ek is altyd dol oor jou leesstof Herman en my opinie slaan jy die spyker soos altyd presies op die middel van die kop…
Daar is n totale inploffing van die samelewing in Suid Afrika Herman en heel hartseer sien die wat n beskaafde morale lewenswyse probeer handhaaf dat hul omring is deur ongeskoolde massas wat lei aan n selfvernietiging en klein stoutkind krimineel sindroom van roekelose selfgeregtigheid natuurlik gelei deur hul groot onbevoegde meesters die Anc EFF en kie..
Vat nou maar die nuwe NHI stelsel wat die slim Anc wil implementeer na al soveel jare van dom onnosele korrupte kommunistiese ideale wat misluk en die land verder in n dwaalkolk afspoel! Baie hoogs geleerdes wat so broodnodig vir Afrika is soek toevlugting na groener weivelde oorsee waar wet en orde wel gehandhaaf word deur n meerdeheid van geleerdes wat die positiwiteit sien van funksionerende beskaafheid… Wat bly oor vir Suid Afrika ? Slaghuis dokters van Kuba en reserwes van oral wat uitgekrap kan word as kwaksalwers…
Dit is die probleem Herman die lot wat aan die stuur van sake is het nie n idee wat hul doen nie en Suid Afrika betaal die prys daarvoor dmv anargie en korrupsie, die wiele kom nou letterlik af…
Soos dit vir my voorkom kan jy jou kanse vat en hoop die skip sink nie te vinnig nie of jy kan spring en begin swem vir n ander land en sien hoe die skip ondergaan van die verte af…

Gaitsigubib ·

Herman ek glo jy sou al van “None dare call it conspiracy” van Garry Alan gehoor het. Daarin beweer die skrywer dat niks in die wereld gebeur per toeval nie. Hy beskryf hoe die illuminati werk en selfs wie hulle is -. Hy noem name. Volgens hom bepaal en beplan sekere “verkore” mense wanneer ‘n beskawing tot ‘n val gaan kom. As mens net kyk na die gekonkel van ons eie “leiers” pre- 1994 en hoe maklik dit is om mense aan hul neuse rond te lei, dan glo ek elke woord wat ek gelees het. Ek wonder wat jy daarvan dink – dalk mag jy nie antwoord nie?

Leon ·

Volgens hierdie teorieë sal die VSA nie baie lank hou nie want hulle val elke liewe land aan wat diamante en olie het net om die diamante en olie vir hulle self te kry. Die VSA is baie oorloglustig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.