Nuuskommentaar: Trump-administrasie en die werklikheid

2016 Election Trump

Pres Donald Trump Foto: AP Photo/John Locher

Van pres. Donald Trump se ministers het skaars hul poste ingeneem of daar is geluide wat meer in pas met die werklikheid is. Intussen lyk dit of die leuens om Trump te diskrediteer nie afneem nie en kan tereg gevra word of dit, en nie Trump self nie, die grootste bedreiging vir demokrasie inhou.

Een van die hoofkenmerke van die euforiese verwagtinge van die Trump-presidentskap is dat Trump nie die soort mens is wat hom net met populistiese bekpraatjies besig hou nie; hy doen wat hy sê hy gaan doen.

Soms hoef hy nie eens te sê wat hy gaan doen nie, die verwagtinge is so hemelhoog dat ook verwag word hy gaan ander ingrypende dinge doen. Hierdie verwagtinge is dikwels geskoei op idees wat elders in die regse populisme gesetel is.

Reeds in hul onderhoude met die kongres het verskeie lede van die kabinet wat Trump aangewys het laat blyk dat hulle dit nie oor alles met die president eens is nie. Namate die nuwe ministers nou hul ampte opneem, tree ’n versobering in – op die oomblik in elk geval.

  • Een van die eerste “ander wendings” is dat die nuwe minister van buitelandse sake, Rex Tillerson, Donderdag op sy eerste werksdag, onder meer daarop gewys het dat Israel se bouwerk aan huisvesting op die besette Wesoewer nie “behulpsaam” is nie. In Israel en onder ’n groep Amerikaanse fundamentaliste was die verwagtinge groter as lewensgroot dat die Trump-administrasie Israel se praktiese uitdaging van die tweestaat-oplossing sou steun. Die verwagtinge is onder meer hoog dat die VSA sy ambassade van Tel Aviv na Jerusalem sou skuif. Oor bestaande Joodse nedersettings in besette gebiede is die minister ietwat dubbelsinnig deur dit tegelyk as probleem en geen probleem nie te beskou.
  • Die nuwe Amerikaanse ambassadeur by die VN, wat ’n kabinetsvlakpos beklee, Nikki Haley, het die skuld vir die eskalerende geweld aan die Oekraïne se oosgrens op Rusland se skouers gepak. Dertien Oekraïnse soldate en ’n onbekende aantal rebelle en burgerlikes het die afgelope week al omgekom. Haley het dit jammer gevind dat sy in haar eerste optrede by die VN Rusland se aggressiewe dade moes veroordeel. Dis net enkele dae nadat pres. Wladimir Poetin self die skuld vir die eskalasie op die Oekraïne gepak het. Boonop het Haley verseker dat sanksies teen Rusland net opgehef sal word as Rusland die Krim aan die Oekraïne terugbesorg. Tog is sanksies teen die opvolger van die KGB, die FSB, verslap.
  • Die minister van verdediging, Jim Mattis, het sy besoek aan Suid-Korea met ’n waarskuwing aan Noord-Korea afgesluit dat die VSA beslissend en oorweldigend sal reageer as Noord-Korea kernwapens teen die VSA of sy bondgenote sou inspan.
  • Volgens die Amerikaanse media word verwag dat Trump vandag nuwe sanksies teen Iran sal aankondig om Iran vir sy “destabiliserende gedrag” te straf. Dit is veronderstel om niks met die onlangse kernverdrag te make te hê nie, en die Trump-administrasie verwag ook nie dat die nuwe strafmaatreëls die bestaande akkoord in gedrang sal bring nie.

Oor heelwat sake, soos Navo, kom dit voor asof Trump sy standpunt versoepel, hoewel dit taamlik ononderhandelbaar lyk dat sommige lidlande snoep met hul bydraes daartoe is, en tog volle beskerming verwag.

In hierdie stadium is dit moeilik om te beoordeel of die media lig op die kompleksiteite van die Trump-administrasie werp, of die reg om ingelig te wees juis vertroebel. Natuurlik kan nie alle media oor een kam geskeer word nie, maar die aanspraak om juiste en akkurate verslaggewing te doen geld tog almal.

Maar dit gebeur nie, en ongelukkig ook nie in Suid-Afrika nie. Baie onlangs nog het ’n senior Afrikaanse joernalis in ’n rubriek minstens drie yslike kluitjies oor Trump kwytgeraak, deur feite verdraaid aan te bied. Sy het onder meer beweer Trump het stappe teen gesinsbeplanning geneem. Die werklikheid is dat Trump Amerikaanse befondsing vir instansies in die buiteland wat aborsies uitvoer of voorligting daaroor gee, opgeskort het. Sommige van hierdie instansies bied wel ook gesinsbeplanningsdienste aan, maar dis duidelik dat die stap teen aborsies gemik is.

Trouens, dis bloot die herinstelling van ’n doktrine wat destyds deur pres. Ronald Reagan ingestel is, en telkemale deur Demokratiese presidente opgeskort en deur Republikeinse presidente heringestel is. Trouens, die bekende akademikus en gender-aktivis, prof. Amanda Gouws, het kort voor die stukkie gemanipuleerde joernalistiek Trump juis aangeval omdat hy hierdeur vroue se regte om oor hul eie liggame te besluit (die pro-aborsiemense se kernargument vir die reg tot aborsies), en waarvoor so lank geveg is, wil verongeluk.

Natuurlik is Trump nie bo kritiek verhewe nie, maar dit help nie om die media se voortbestaan te verseker as feite verdraai word nie. Die werklikheid sal baie gou deur die sosiale media en ander metodes na die publiek deurgevoer word.

Dit is egter ook belangrik dat diegene wat in ’n hemelhoë Trump-euforie leef, besef dat die politiek leeuwêreld is – of dit nou op die munisipale vlak is, of nasionale vlak, of internasionale vlak. Realiteite dwing dikwels ander uitkomste af as wat in verkiesingsbeloftes na vore kom.

Tog wil dit lyk of dit ’n spel geword het om Trump deur valshede of gemanipuleerde inligting laf te laat lyk. (Hy het dit as presidentskandidaat genoeg sommer self gedoen.) Onlangs het ’n koerant ’n bydrae van ’n ingenieur geplaas om te toon hoe onmoontlik die bou van ’n muur tussen die VSA en Mexiko is. Hy begin deur daarop te wys dat die langste muur wat die mensdom nog kon bou, die Chinese muur is, en slegs sowat 2 000 kilometer lank is. Die grens tussen die VSA en Mexiko is net meer as 3 000 kilometer lank.

Daar word egter versuim om te noem dat sowat 900 kilometer van die muur in verskillende vorme reeds sedert 1992 gebou is, en dit in aan-en-af-periodes. Voorts is daar ’n taamlike wye pad bo-op die Chinese muur, terwyl die VSA se muur hoofsaaklik bestaan uit vooraf-vervaardigde segmente wat in ’n kits opslaan word.

Terwyl die Trump-administrasie op die oog af deur werklikhede gelouter word, is daar ’n hinderlike refrein wat probeer impliseer dat die liberalisme en demokrasie in wese dieselfde is. Die demokrasie het egter in verskeie ander ideologieë ingebed geraak, waaronder die Christen-demokrasie. Die gevaar vir demokrasie is nie opgesluit in die oorhoofse ideologie nie, maar in die inspan van leuens om ’n nie-liberale regering te diskrediteer.

Demokrasie gaan tog oor die keuse van die bevolking, en Donderdag se Rasmussen-peiling toon dat 53% van die kiesers tevrede is met hoe Trump sy werk doen.

Trump en sy administrasie se grootste uitdaging gaan wees om verkiesingsbeloftes en die werklikheid so met mekaar te versoen dat dit nie tot ’n te groot dreinering van steun lei nie.

Maar Trump is nie al een wat ’n “reality check” nodig het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

gerbrandt ·

Mooi gestel Herman Toerien. Die liberales kan maar net nie oor die Trump-ding kom nie. Ek is so bly hy is die President. Hoog tyd dat die liberales ‘n les geleer word. Die media wereldwyd is dan ook so korrup dat die ware nuus oor Trump liewers op sy twitter-account gelees moet word. Alle nuusstasies is natuurlik die duiwel in daaroor want nou kan die publiek direk self lees wat Trump te se het – (en die mediaeverloor finansieel daaroor.) Die enigste nuusstasie wat ek op TV kyk is RT want hulle is die naasste aan die waarheid. Trump moet net vasstaan en deurdruk. Trump is ook besig om kanne vol wurms oop te maak en almal – die libs – se sondes stroom daaruit. Daaroor is hulle seker ook nie gelukkig nie. Dit is egter hulle probleem.

Pietman ·

Kyk gerus ook Fox, deur youtube. ook nie te sleg nie. CNN is op hierdie stadium net ‘n voorbeeld van ‘n propaganda kanaal. Naspers=gemors

JC ·

Hi Herman, die deel oor Israel is “fake news” ne. Gaan loer op Breitbart asb.

Hendrik ·

JC, jy bedoel die webwerf wat deur Bannon, ‘n KKK simpatiseerder gestig is? Lekker lag ek nou. Ja-nee swaer, dit sal verseker onpartydig wees.

JC ·

Wat stel jy voor Hendrik, Fox? (nie te “bad” nie) .

In elk geval, ek sal my nie laat afsit of voorse oor spekulasies sonder feite (en weereens “fake news” ) oor Steve Bannon nie. Breitbart is tops! Waar is jou feite dat Breitbart NIE onpartydig is nie asseblief?

Paul ·

JC, daar is verskeie voorbeelde van dinge wat al daar gepubliseer is wat glad nie waar was nie. Soos in glad nie. Oor Nuwejaarstyd byvoorbeeld berig dat ‘n oproerige groep Moslem-vlugtelinge “die oudste kerk in Duitsland afgebrand” het. Dit het nie gebeur nie. Daar was ‘n klein brand by ‘n kerk in Duitsland (glad nie die oudste een nie) wat per ongeluk deur vuurwerke veroorsaak is en geen groep oproerige mense nie. Die polisie in die dorp het self gesê die Nuwejaarsvieringe het hulle eintlik selfs minder moeilikheid besorg as in vorige jare.
Onthou, net omdat iemand sê CNN is sleg, beteken nie hulle is goed nie.
As ek ‘n ander voorbeeld kan gebruik – net omdat Malema sê Zuma is ‘n skelm, maak dit dan van Malema ‘n eerlike held?

Johann ·

Dankie Herman, soos altyd oopkop, weld deurdink, revefant, sê soos dit is, realisties. Jy sit nie stertjies by, maak storietjies en kry steke in om ‘n eie agenda te pas nie.

JC ·

Dankie vir die artikel Herman,beslis nie President Trump wat “reality check” nodig het nie. Die media (indien dit egter nog met ‘n “straight face” die benaming [eer] toegeken kan word), het ‘n groot “reality check” nodig, indien hulle ooit nog gered kan word.

VDM ·

Wat ‘n verligting om te midde van die nag van Media24 se Anti-Trump beriggewing so ‘n oopkop artikel te lees! Dankie Herman!
Ek dink (help my asb reg as ek verkeerd is) dat Media24 (Volksblad, Huisgenoot, Beeld, Burger, ens) deur ‘n magtige media-magnaat beheer word, tipies soos die hoofstroom-media in die VSA. Media24 skryf eenvoudig ‘n anti-Trump narratief (benadering) voor aan sy ondergeskikte en gedienstige koerant-redakteurs. Die Suid-Afrikaanse publiek is die afgelope maande op ‘n werklik skandelike manier oor Donald Trump mislei, presies soos die hoofstroom-media tevergeefs probeer het om dit reg te kry oorkant die water. En Maroela-media, wat NIE deur die geldmag van Media24 gedryf word nie, gaan en doen presies dieselfde eerbare ding wat skrywers op die sosiale media (bv Twitter, Facebook, YouTube) doen: Hulle ontmasker die misleiding vd hoofstroommedia. Dit, soos Herman aandui, is die eintlike nuus oor die hele westerse wereld vandag: Die gemorsnuus (fake nuus) van die hoofstroommedia (CNN, ABC, New York Times, Huffington Post, ens) waarmee die publiek gewetenloos mislei word.

SP ·

Die media (internasionaal maar ook plaaslik) is een van die partye wat die meeste gesig verloor het in die Trump verkiesing.Hul geloofwaardigheid is daarmee heen.Dit veroorsaak dat n mens nou met meer aandag na elke artikel/onderhoud kyk/luister en nie alles as gegewe aanvaar nie.

BS ·

Dankie Herman vir ‘n nugtere beoordeling van die Trump administrasie en die werklikheid. Beide ekstreme laat mens ewe moedeloos. Aan die een kant is daar die beterweterige liberales (en dan veral die media) wat steeds lelik op hulle neuse kyk en alles in hulle vermoë doen om Trump te laat belaglik lyk of te diskrediteer. Maar die persepsie wat bestaan dat Trump die nuwe “messias” is wat die siek wêreld gaan red is eerder juis ‘n teken van hoe siek hierdie wêreld geword het. Wat mens egter moed gee is die span wat hy besig is om bymekaar te maak wat wel bestaan uit mense met integriteit en ‘n besef van die realiteit.

humor ·

Met Trump as pres. intensifiseer die stryd tussen die konserwatiewes en die liberales wereldwyd, en ons kan verseker wees daar sal groot wendinge kom en ek glo die konserwatiewes sal nie aan die kortste end trek nie. n Baie interessante geskiedenis sal in die nabye dekade geskep word.

Paul ·

Die ingenieursuitdaging van ‘n grensmuur aan die VSA se suidelike grens is nie die lengte nie. As mens ‘n muur van 10 meter kan bou, kan jy ‘n muur van 3000 kilometer ook bou. Hoe eet mens ‘n olifant? Happie vir happie.
Die werklike uitdaging is die terrein waarop dit gebou moet word – ‘n groot deel is rivierlope wat onstabiel is. Op sulke plekke moet enige stewige muur dus ver weg van die rivier gebou word, wat dele van die VSA-inwoners se grond effektief aan Meksiko se kant sal plaas. Verder is daar ‘n natuurbewaringsuitdaging, want ‘n muur wat te solied is, sal diere se habitat en migrasieroetes afsny, maar maak jy dit te poreus vir die diere se ontwil, kan mense ook deurkom.
Dis ook nie soseer ‘n saak van die muur bou nie, maar die groot taak bly steeds patrollie. Geen muur help om mense te keer as daar nie patrollies is om diegene wat bo-oor of onderdeur kom, aan te keer nie. Om 3000 kilometer effektief te patrolleer, is die groot uitdaging.

Iets anders – van die werklikheid gepraat: Ek sien Conway gebruik ‘n “terroriste-aanval” wat nooit plaasgevind het nie, om die immigrasiebevel te verdedig. Mens moet darem van jou basiese feite seker maak…

JC ·

Paul, praat Conway nie dalk van die jihadistiese aanval wat (WEER) plaasgevind het teen die Franse bevolking by die Louvre in Parys nie?

Paul ·

Nee, JC. Sy het spesifiek gepraat van die (nie-bestaande) “Bowling Green Massacre”. Daar was nooit so iets nie.
Wat sy waarskynlik bedoel het, was die saak van twee Irakkese wat in April en Julie 2009 in die VSA toegelaat is, en toe is daar eers na die tyd vingerafdrukke vergelyk met dele van bomme wat in Irak gevind is.
Die twee mans het beplan om geld en wapens vanuit die VSA aan terorriste in Irak te verskaf. Hulle het nooit enige aanval in die VSA self beplan of uitgevoer nie, en was ook onsuksesvol om enige wapens of geld na Irak te stuur.
Die geval het Obama laat besluit om al die vlugtelinge wat tot op daardie punt toegelaat is, se inligting weer te laat deurgaan en met vingerafdrukke te vergelyk, asook om nuwe vlugtelingaansoeke uit Irak eers te laat nagaan teen dieselfde inligting.

Punt bly steeds – daar was nooit enige “massacre” in Bowling Green in Kentucky nie, en ook geen ander geval van terroriste-aanvalle deur “vlugtelinge” in die VSA nie. Onthou, in die VSA is dit nie soos die toestroming in Europa wat met weinig kontrole gepaard gaan nie. Die vlugtelinge wat in die VSA toegelaat word, word uiters deeglik nagegaan.

hanno ·

Die woorde “populiste” en “fundamentaliste” is reeds so deur links-liberale skrywers geannekseer om regses te etiketteer en te marginaliseer, dat die gebuik van hierdie woorde deur ‘n gematigde skrywer vreemd op die oor val. Hulle kan gerus maar laat vaar word.

JOHAN BESTER ·

Stuur MNR TRUMP vir ons lyk my hy kan in Genraal De larey se voespore volg.
Hoop hy gee die liberale skuim goed op hulle herrie.
Ons mag nie op die lande wat hy aanvat se grond ons christelike geloof uitoefen nie maar hulle kan hulle maagseer gekerm hier en oral doen.Mnr Trump genoeg is genoeg vat hulle vas ONDERDRUKKING EN MOORD OP CHRISTENE MOET VAL.
Ek salueer u en bid vir u MNR TRUMP

Jaco ·

Wat van die Christene in Irak en Sirië? Skreeu hulle Alla snack bar? In alle Isil videos skreeu hulle vir lunch bars.

vermeende ·

Herman nerens in die media is daar n onpartydige persoon wat politieke feit korrek kan aanbied nie, die rede, verslaggewers is ook maar mens wat beinvloedbaar is. Die liberale media oorheers alle nuus, konserwatiewe media huis bestaan feitlik nie en die verdraagsaamheid teenoor konserwatiewe nuus bestaan ook nie.

Toe Poetin veries is was hy tydens die Kursk se singking die mees onpopulere Ruasiese hoof wat daar nog ooit was maar vandag die mees gerespikteerde president in die wereld en veral onder die Russe.
Ek glo sodra Trump begin vrugte werp gaan hy n baie geliefde president in die VSA wees en ook in die wereld met gesag.

Net tyd sal leer maar die hoop is ook dat die blanke hier so n leier kan kry.

Ceward Thornhill ·

Amerika se ekonomie het in Januarie 227,000 nuwe werks geleenthede opgelewer, die werkloosheid is af na 4% voorwaar n prestasie! n les vir die wereld ekonomie.

John ·

‘Populisme’ is die wydlopendste term wat nou in ‘n vloekwoord ontaard om Trump by te kom. Waar die idee vandaan kom dat Trump se ondersteuners hemelhoe verwagtinge koester is ‘n post-waarheid-kwadraat. Die Demokrate se vernietigingstoertjie word voortgesit met lede van die vorige kabinet wat tussen betogers rondhang (destyds ook in Kiev), maar erger nog is die feit dat Trump vals inligting gevoer word deur Navo met sy bloudruk vir ‘n oorlog met Rusland via die bankkrot Ukraine. Daar is aanvaar dat Clinton sou wen, en met Trump nou aan die stuur, weier die oorlogsmasjien om rem te trap. Goeie verhoudinge met Putin sal die geldvretende EU-monster (met die VN-hoof nou ook van die EU) se slinkse nieu-Nazi-angel(a) breek, en dit mag nie.

Johann ·

Nou dat iemand doen wat hy sê kan insittendes en andere dit nie hanteer nie, bly sommige proe bietjie hoe smaak die werklikheid, mooi so Trump

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.