Nuuskommentaar: Trump dalk in staat van beskuldiging?

Amerikaanse president Donald Trump (Foto: AP Photo/Evan Vucci)

Pres. Donald Trump sal aan ‘n ondersoek onderwerp word wat hom moontlik in ‘n staat van beskuldiging kan plaas.

Die nuus dat die Demokrate in die VSA met die proses begin het om Trump in ’n staat van beskuldiging te probeer plaas, is beslis nuuswaardig. Die stap is geen verrassing nie, aangesien dit vanuit die staanspoor duidelik was, en deur verskeie Demokrate so duidelik gemaak is, dat alles moontlik gedoen gaan word om die president in ’n staat van beskuldiging te plaas. Oor die effens meer as twee jaar sedert Trump aan bewind gekom het, was die Demokrate selde swygsaam oor die redes waarom hulle Trump uit die weg wil ruim.

Sy ondersteuners was net so spraaksaam oor hoekom hulle meen Trump word onder soveel druk geplaas, en die media word as een van die grootste sondaars voorgehou. Veral sommige media, soos CNN en die New York Times, word van kwaadwillige skeeftrekkery beskuldig.

Trouens, môre verskyn daar ’n artikel in die daaglikse Rasmussen Report, met die titel, “The New York Times: Fake news or the real thing?” In vandag se uitgawe van Rasmussen Reports gaan die politieke analis, Michelle Malkin, so ver as om die voorste galsaaiers teen Trump by die naam te lys. Lees gerus haar artikel “Impeach Amnesty Ana: TV’s Foulest Open Borders Windbag” hier.

In dieselfde Rasmussen-uitgawe word Trump se steun op 47% gestel, en sy waarskynlikste sterkste teenstander, Joe Biden, se steun op 43%. Lees hier.

Rasmussen word gereeld daarvan beskuldig dat dit pro-Republikeins is, maar word uiteraard deur Rasmussen ontken.

Verskeie publikasies, waaronder einste CNN en die New York Times, het transkripsies geplaas van die gewraakte telefoniese gesprek tussen Trump, en die president van Oekraïne, Volodimir Zelenski. Lees Vox se weergawe hier.

Die gesprek waaroor die ondersoek nou oor ’n moontlike staat van beskuldiging gedoen gaan word, moet nie vooruit geloop word nie. Die ironie is dat nog net enkele weke gelede berig is dat enige so ’n ondersoek onwaarskynlik is, omdat die Republikeine se steun aan Trump solied is, terwyl net die helfte van die Demokrate hul steun aan ’n ondersoek sou toesê, en die proses daarom eerder daar wou laat. Die gewraakte telefoongesprek kom dus nou vir diegene wat Trump aan die pen wil laat ry as manna uit die hemel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
George

Trump 2020 all the way

Werner

Die demmokrate gryp na strooihalms hulle gaan nes die vorige keer hulle name met n plank slaan

Anne

Hoe vinniger iets gedoen kan word aan hierdie “president ” , hoe beter. Nie net vir die VSA nie, maar ook vir die wêreld. Links of regs het niks daarmee te doen nie. Luister na dít wat hy sê. Kyk na sy optrede. Besef hy is nie juis anders as enige magsbehepte Afrika leier nie. Dis bitter gevaarlik om hom as die leier van die sogenaamde “free world” te hê.

Jerry

Trump sal weer alles in die stryd werp om n haas uit die hoed te ruk en of hy nou of eers later gaan sneuwel, sneuwel die gaan hy beslis! Sy con artist liegstories en dirty tricks retoriek is besig om hom stadig maar Virseker in te haal. Dit is egter nie net Trump wat gaan sneuwel nie, maar ook sekere prominente Trump volgelinge, meningsvormerskrywers en kommentatorre se geloofwaardigheid. Hulle gebrekkige mensekennis en swak oordeel het hulle sleg in die steek gelaat, laat daar geen twyfel daaroor bestaan nie en laat geen steen daaroor onaangeroer staan nie. Net soos Trump… Lees meer »

Renee

My President die I am a Trump surporter. What a president. Those against him are demons. They can have South African government and give him to us.