Nuuskommentaar: Trump dalk in staat van beskuldiging?

Amerikaanse president Donald Trump (Foto: AP Photo/Evan Vucci)

Pres. Donald Trump sal aan ‘n ondersoek onderwerp word wat hom moontlik in ‘n staat van beskuldiging kan plaas.

Die nuus dat die Demokrate in die VSA met die proses begin het om Trump in ’n staat van beskuldiging te probeer plaas, is beslis nuuswaardig. Die stap is geen verrassing nie, aangesien dit vanuit die staanspoor duidelik was, en deur verskeie Demokrate so duidelik gemaak is, dat alles moontlik gedoen gaan word om die president in ’n staat van beskuldiging te plaas. Oor die effens meer as twee jaar sedert Trump aan bewind gekom het, was die Demokrate selde swygsaam oor die redes waarom hulle Trump uit die weg wil ruim.

Sy ondersteuners was net so spraaksaam oor hoekom hulle meen Trump word onder soveel druk geplaas, en die media word as een van die grootste sondaars voorgehou. Veral sommige media, soos CNN en die New York Times, word van kwaadwillige skeeftrekkery beskuldig.

Trouens, môre verskyn daar ’n artikel in die daaglikse Rasmussen Report, met die titel, “The New York Times: Fake news or the real thing?” In vandag se uitgawe van Rasmussen Reports gaan die politieke analis, Michelle Malkin, so ver as om die voorste galsaaiers teen Trump by die naam te lys. Lees gerus haar artikel “Impeach Amnesty Ana: TV’s Foulest Open Borders Windbag” hier.

In dieselfde Rasmussen-uitgawe word Trump se steun op 47% gestel, en sy waarskynlikste sterkste teenstander, Joe Biden, se steun op 43%. Lees hier.

Rasmussen word gereeld daarvan beskuldig dat dit pro-Republikeins is, maar word uiteraard deur Rasmussen ontken.

Verskeie publikasies, waaronder einste CNN en die New York Times, het transkripsies geplaas van die gewraakte telefoniese gesprek tussen Trump, en die president van Oekraïne, Volodimir Zelenski. Lees Vox se weergawe hier.

Die gesprek waaroor die ondersoek nou oor ’n moontlike staat van beskuldiging gedoen gaan word, moet nie vooruit geloop word nie. Die ironie is dat nog net enkele weke gelede berig is dat enige so ’n ondersoek onwaarskynlik is, omdat die Republikeine se steun aan Trump solied is, terwyl net die helfte van die Demokrate hul steun aan ’n ondersoek sou toesê, en die proses daarom eerder daar wou laat. Die gewraakte telefoongesprek kom dus nou vir diegene wat Trump aan die pen wil laat ry as manna uit die hemel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Werner ·

Die demmokrate gryp na strooihalms hulle gaan nes die vorige keer hulle name met n plank slaan

Anne ·

Hoe vinniger iets gedoen kan word aan hierdie “president ” , hoe beter. Nie net vir die VSA nie, maar ook vir die wêreld. Links of regs het niks daarmee te doen nie. Luister na dít wat hy sê. Kyk na sy optrede. Besef hy is nie juis anders as enige magsbehepte Afrika leier nie. Dis bitter gevaarlik om hom as die leier van die sogenaamde “free world” te hê.

Kerneels ·

Anne, hy is die enigste onlangse president in die wereld wat ek van weet, wat doen wat hy belowe het tydens sy verkiesingsveldtog. Die feit dat hy opstaan teen die “establishment” met hulle geldmag, maak nie van hom ‘n slegte president nie. Inteendeel, hy is ‘n toonbeeld van ware patriotisme: “Amerika first.” VSA se werkloosheid laagste in eeue en hy beskerm sy eie land se ekonomie teen die Ooste. Dalk is hy in jou oe as SA’ner ‘n swak pesident, vir die Amerikaners is hy ‘n ware president.

Jimmy ·

Anne, geen rede om bekommerd te wees nie. Indien Trump ‘n te groot risiko word sal die CIA sal hom uithaal. En Trump weet dit.

Jerry ·

Trump sal weer alles in die stryd werp om n haas uit die hoed te ruk en of hy nou of eers later gaan sneuwel, sneuwel die gaan hy beslis! Sy con artist liegstories en dirty tricks retoriek is besig om hom stadig maar Virseker in te haal. Dit is egter nie net Trump wat gaan sneuwel nie, maar ook sekere prominente Trump volgelinge, meningsvormerskrywers en kommentatorre se geloofwaardigheid. Hulle gebrekkige mensekennis en swak oordeel het hulle sleg in die steek gelaat, laat daar geen twyfel daaroor bestaan nie en laat geen steen daaroor onaangeroer staan nie. Net soos Trump is hulle beledigende bevooroordeelde dinges se dinges geboek, dis Virseker!

Kabous ·

Nie nodig om ʼn hasie uit die hoed te trek nie Jerry. Die transkripsie is nou mos uit – weereens ʼn nothing-burger… shame, die arme Demokrate.

As Trump-hater hang jou onderrok maar ver uit.

gatiep ·

Jy weet Jerry Trump se Mega hat gee mense supperpower.Sit hom op en jy weet onmidelik wie is die Trump haaters en wie volg net blind die hoofstroom media.
Mense wat nog steeds slaap vandag ,
wil niks anders glo as waarvoor hulle geprogrameer is deur die TV.Dit gaan ons ondergang hier wees hier in die land.
Daar is groot swaarkry vir ons uitgesit sodat ons tot ons sinne kan kom.
Hoe lank nog?

Renee ·

My President die I am a Trump surporter. What a president. Those against him are demons. They can have South African government and give him to us.

To Renee ·

You have NO right to call anyone a demon. Even if they don’t agree with you.
Maroela Media I expect you to do something about this. You have double standards. You don’t publish my opinion about the royals in SA but this is acceptable? Come on. Read your own ” bepalings en voorwaardes “.

Andre C ·

BBC is net soos CNN en die New York Times . Voltyds besig met fake news

Tante ·

ag asseblief toggie kom ons ruil presidente en sy hele regering vir ons s’n en ek sal help om muur te bou om ons grense te beskerm al is dit net om koffie te maak vir manne wat mure oprig

Giepa ·

Ja nee, kyk net na sy optrede! Laagste werkloosheids koers in geskiedenis onder alle rasse groepe, ongekende ekonomiese groei wat haas onmoontlik gelyk het voor hy oorgeneem het, diplomatieke betrekkinge oop gemaak met Noord Korea en kern gevaar verhoed, ISIS vernietig, redelikheid gebruik om nie deur Iran in ‘n oorlog ingetrek te word nie, die moed om onregverdige Chinese handels praktyke aan te vat, die moed om NAVO venote vas te vat om meer verandwoordelikheid vir hulle eie verdedigings besteding te vat.
M.a.w vrede en voorspoed bewerkstellig, en dit sonder om ‘n enkele sent se salaris te aanvaar. Absoluut walglik ne?
Hierdie hele staat van beskuldiging is net ‘n lokval wat Trump vir die Demokrate gestel het. Die gesprek met die pres. van Oekraine is ‘n nietigheid, hy weet dit en het net as aas gebruik om die Dems in te trek. As hulle voortgaan met die ondersoek, gaan al wees wat uitkom die korrupsie van hoe Joe Biden gesorg het dat sy seun Hunter geldelik baat gevind het deur Biden se betrokkenheid as Obama se “point man” vir die Oekraine en Biden se inmenging om die hoof aanklaer daarso te laat afdank, voordat hy die maatskappy wat Biden seun by betrokke was kon ondersoek.
So gaan Biden uit die 2020 wedloop uitgeskakel word en gaan die Dems se kandidaat een van die ver linkses moet wees, wat geen hoop op sukses kan he nie.

Judge Dredd ·

Ag foeitog Demokrate – en wat nie hier berig word is hoekom Trump moontlik so versoek kon rig – Joe Biden se seun het op verdenklike manier ‘n groot pos by ‘n groot maatskappy losgeslaan.

So is dit moontlik dat die Demokrate hul eie sondes probeer wegsteek?

gatiep ·

Snaaks hier word niks genoem wat Joe Biden gedoen het in Ukraine om hulle goverment af te pers met geldlikke hulp nie?
Ek sou se dit moes nuus gewees het,die Trump toesluit storie raak nou afgesaag alles gaan omplof in Demokrate se gesigte.

Willie ·

Daar is niks fout met prez Trump nie! Hy word elke dag bestook met disinformasie! Ek glo as jy ñ beginsellose liberalis is dan sal jy nie van hom hou nie! Go Trump go!

Db ·

Go Trump go. As ons maar iemand met net bietjie van sy ruggraat in hierdie verdwynende land kon kry sou dinge ook anders gelyk het

Bittergal ·

Fox News, gee in ‘n mate die regte prentjie. Libs gryp grashalms en nou is die veld oop om self ook ondersoek te word. Wat wil jy meer hê as ‘n werk in ‘n veilige, stabiele selfonderhoudende land..

Lood Kurkprop ·

.
.
Ek en my gesin het 2016 Trump gestem …en ons sal weer…net omdat dit goeie resultate gebring het….en as dit so aanhou sal ons weer in 2024 vir hom stem…of vir wie ook al wat sulke resultate lewer.
.
.
Ons is al moeg geeet aan die ekstra large “Nothing Burgers met chips”… maar dit bly steeds n winskoop en heerlik.
.
.

Trompie ·

Dankie Anne en Jerry, maar hoe is dit moontlik dat die arme Trompie-ondersteuners hoor maar nie luister nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.