Nuuskommentaar: Trump (nie heeltemal) vry, Ramaphosa al meer onder skoot

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Evan Vucci

Terwyl pres. Donald Trump algaande meer en meer bewys dat sy gewildheid min of meer immuun is teen die strome kritiek, en nou waarskynlik die Mueller-verslag ook sal oorleef, lyk dit asof pres. Cyril Ramaphosa al hoe kwesbaarder raak en dat die veldtog om vir Cyril te stem (en nie vir die ANC nie), se wiele gaan afval soos die Ramaforie na die laaste vestings terugval. 

Trump 

Die Mueller-ondersoek wat die helfte van die Trump se eerste termyn as president’n blok aan sy been was, kon geen bewyse vind dat Trump, of iemand van sy verkiesingspan met Rusland saamgewerk het om die verkiesing in Trump se guns te bewimpel nie. In die verslag se samevatting aan die kongres is nietemin ook bevind dat Trump nie volkome vrygespreek kan word nie. Geen bewyse vir dwarsboming van die gereg kon egter ook nie gevind word nie.

Volgens mediaberigte bestaan daar steeds ’n moontlikheid dat Trump in ’n staat van beskuldiging gestel kan word, en dat baie van die Demokrate hul messe hiervoor slyp.

Die Amerikaanse intelligensiedienste het reeds bevind dat Rusland, deur sy propagandadienste en die internet, by die Amerikaanse presidentsverkiesing ingemeng het. Altesaam 34 mense, waarvan ses voormalige medewerkers van Trump se verkiesingsveldtog was, is reeds in verband met die Russiese inmenging aangekla.

Min van dit wat in die opsomming staan, het nog as verrassing gekom. Byna alles was reeds bekend en sommige lede van die media het al besonder akkurate berigte geplaas wat die bevindings haarfyn uiteengesit het.

Trump self het gewag tot die opsomming formeel bekend gemaak is, en dadelik getwiet: “No Collusion, No Obstruction, Complete and Total EXONERATION. KEEP AMERICA GREAT!” Dit strook egter nie met Mueller se bevinding dat hy Trump ook nie kon vryspreek nie.

De Standaard, ʼn Belgiese dagblad, beskryf die teenstrydigheid soos volg: “Volgens die samenvatting heeft het team van Mueller geen conclusies getrokken over de vraag of Trump de rechtsgang onwettig heeft belemmerd. Minister van Justitie Bill Barr en onderminister van Justitie Rod Rosenstein besluiten in die samenvatting dat de onderzoekers onvoldoende bewijs hebben gevonden voor die belemmering, maar dat ze Trump er evenmin van kunnen vrijpleiten.” (Mueller se ondersoekspan kon nie genoegsame bewyse van belemmering teen Trump vind nie, maar hulle kon net so min bevind dat Trump hom nié aan dwarsboming skuldig gemaak het nie.)

Dit is duidelik dat dit nog nie die einde van die sage is nie. ’n Boek oor die inhoud van die ondersoek word binnekort verwag.

Intussen gaan daar nou hewige debatte volg oor presies hoeveel van Mueller se bevindinge openbaar gemaak sal kan word. Die Demokrate wil “so veel as moontlik” laat openbaar maak.

Die groot vraag is nou hoe die kiesers op die verslag gaan reageer. Onlangse peilings toon dat Trump se gewildheid selfs toegeneem het, en selfs aan die hoogtepunt van sy gewildheid begin raak-raak het, juis toe verskeie faktore saamgespeel het wat ander presidente sou knou. Hieronder tel die samesprekings met Noord-Korea se Kim Jong-oen wat ontspoor het, rekordgetalle Amerikaners wat meen hulle word te swaar belas en die VSA se handelstekort wat nuwe rekordvlakke begin toets het.

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Ramaphosa

Met net meer as ’n maand oor voor die algemene verkiesing word die krane van kritiek teen pres. Cyril Ramaphosa behoorlik oopgedraai. Bygesê, Ramaphosa maak grootliks daarna.

Veral sy hantering van die Eskom-sage laat sy reputasie nie onaangeraak nie. Al hoe meer kritici wys daarop dat Ramaphosa self ’n groot aandeel in Eskom en ander semi-staatsinstellings se rampspoedige verloop het. Ramaphosa was in 2014 as hoof aangestel van ’n span wat Eskom, die SAL en die Poskantoor moes regruk, en hy was sedertdien in beheer van Eskom se “oorlogskamer”.  Dit lyk minstens of Ramaphosa in hierdie taak vas aan die slaap moes wees.

Dit blyk ook dat daar groot weerstandigheid en verontwaardiging is oor Ramaphosa se stelling dat “ons almal” verantwoordelik is vir die Eskom-probleem.

Dit is darem te goedkoop verkiesingspropaganda om sy eie, en die ANC se hantering van Eskom te “versag” deur slagoffers saam op die skuld-brood te smeer.

Vanoggend roep ’n koor van opskrifte uit dat Ramaphosa voete van klei het, soos Ramaphosa se hande wat ook nie skoon is nie, en Ramaphosa wat lieg oor die Wes-Kaap se behuisingstoelaag.

Haas elke dag is daar iewers nog ’n aanslag wat die aanvanklike Ramaforie meer en meer duike laat opdoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Werner ·

Ja die feit dat Trump onskuldig bevind is is seker n lekker bitter pil vir die liberale media om te sluk

De Villiers ·

Net so, Werner. Feitlik al die aanslae teen Trump deur die liberales loop op niks uit nie omdat hulle aantygings geen gewig dra nie. Inteendeel, dit maak Trump net meer gewild en oortuigend.

Feite ·

Ek stem saam Werner en Nel. En die meeste mense is nie eens bewus van George Soros se gif invloed en geld op die wereld nie. Sal nie verbaas wees as die ‘massiewe geldbeurs’agter Malema nie ook terug sypel na hom toe nie.

Fifi ·

Hy is maar n ou kalant wat ander voor die trein gooi vir eie gewin

Hannetjie ·

Teen die tyd besef mense dat Die President toe nie die ridder op die witperd was nie.Hy neig meer na die rooikant toe.Beste burgers..landgenote…as jy nog nie seker is waar jy jou kruisie moet trek nie…daar is baie forums waar jy beste advies sal kry

Ronnie ·

Ou kalant? Praat jy van Trump?
Trump is so voorspelbaar, hy adverteer alreeds vir bydraes op grond van Barr se opsomming.

TRUMP/PENCE – WHICH HUNT INVESTIGATION CONCLUDED: NO COLLUSION OR OBSTRUCTION

Friend,
After more than 2 YEARS and $25 MILLION taxpayer dollars spent……………………………….
So begin die advertensie.
Verderaan: Democrats and Fake News media have proven that there is no line they won’t cross, so we need to fight back BIGGER AND BETTER THAN EVER BEFORE
That’s why I am activating a short-term QUADRUPLE-MATCH for my best supporters only, the ones who stood by my side through the entire Witch Hunt.
My campaign team will send me a list of everyone who donated at this critical moment. I know I’ll see you on there, Friend.

Die laaste lyntjie in bold blou gedruk en onderstreep: Please make a contribution of $5 before 11:59 PM TONIGHT and your gift will be QUADRUPLE-MATCHED.

Laat my dink aan sy Trump University wat glad nie ‘n universiteit was nie, dit was net ‘n “scam”. Hy het die saak teen die studente verloor en moes $25 miljoen terugbetaal.

Die fondse word in sy eie hotelle en restaurante spandeer. Hy lag al die pad bank toe.

ne ·

Glans duur nie vir ewig nie, veral as daar skelm streke by is nie!

Henda Myburgh ·

Altyd geweet die mense maak te gou n te gou ophef van die nuwe president n nuwe besem vee altyd skoon ….. geweet hy is presies nes die ander indien nie erger nie!!

Nel ·

Hy is beslis vas aan die slaap. Hy skrik net so dan en wakker en is dan vreeslik geskok oor alles wat om hom aangaan…

bosluis ·

Ek weet nie regtig of dit so fine en well gaan wees as Ramaphosa se tas gepak gaan word nie. Genade tog, daar is niemand in die ANC wat die titel president werd is nie en ongelukkig gaan die ANC steeds wen

Hendri ·

OK kom ons gestel dat Cyril sy tassies pak? wat dan? Oftewel WIE dan? Die skelm van NSKANDALIG sit agter hierdie absolute oorlog wat gevoer word teen Cyril. Ek het sterk vermoedens dat dieselfde spul Russe, wie vir Trump aan bewind gehelp het ook vir Jacob help. Vergesog? Nie as n mens besef dat die ou “Spies van die nasie” nog vir die Rosatom die oprig van ‘n kernkragsentrale skuld nie. Immers het die man mos al sy “fasisliterings fooi” gekry. Suid Afrika, hoewel die glans verdof, is steeds die kroonjuweel van Afrika. Op die wereldverhoog bly ons die prys wat verower moet word en mededinging tussen China Rusland en Amerika is daar.

Ronnie ·

Hendri, hier is byna niemand wat aanvaar dat Poetin se bedoeling was om Trump verkies te kry nie. Ook nie dat hy die brein agter Brexit is nie. Die bewyse daarvoor is legio. Die WH word uit Moscow bestuur.
Ek spekuleer nou, maar hoeveel het Poetin se ambisie te make met ons regering se kernkrag ambisie?

Ronnie ·

En so raak Poetin toenemend oormoedig en meer aggressief as voorheen. Moscow is in ekstase oor die Barr opsomming van die Meuller verslag.
Poetin ondersteun die huidige diktator in Venezuela en daar het so pas Russiese vliegtuie en militêre personeel daar aangeland. Hoekom? Olie weer? Dit is nie asof Suid-Amerika op Poetin se voorstoep is nie.
Gesien en gehoor op Russiese Staatsbeheerde TV:
Poetin is die groot oorwinnaar. Die negatiewe impak word reeds in die Ukraine gevoel.
Die voorbok van die Staat se propaganda masjien en vriend van Poetin, het die volgende te sê gehad: “Great job, Donald Ivanovich” en die verslag so opgesom: “Trumpushka is innocent” en voorspel dat Trump sal terugslaan en daar sal ‘n harwar ontstaan waaroor die Ukraine alreeds huil.
Die TV kanaal maak die gevolgtrekking dat die verslag Trump se posisie sal verstewig en sy kanse op ‘n tweede termyn sal verbeter.
Aanbieder Evgeny Popov: “Trump will win this election, with or without our help.” Aanbieder Olga Skabeeva: We’re starting to elect Trump for the second term.”
‘n Aanmerking van Konstantin Kosachev: “After Trump’s Golan statement, any demagoguery about Crimea is groundless.” Menende die erkenning van die anneksasie van een gebied regverdig anneksasie in ander gebiede.
Poetin meng steeds in met die 2020 verkiesing en die Republiekeine weier om fondse beskikbaar te stel vir opdatering van hulle stelsels of om enige-iets te doen om hulleself te beskerm daarteen.

corne ·

Ek het n iedee albly lande dan so ongelikkig kom ons swap presedente

Grassie ·

Ek het bedenkinge oor CR se rol en motiewe met Eskom. Hy is al 5 jaar betrokke by die Eskom-sage maar alles het steeds versleg. Die betalende landsburgers is al kopsku geslaan deur prysverhogings, beurtkrag en donker voorspellings deur doemprofete, hulle soek ‘n uitweg. CR stel voor Eskom moet ontbondel word in drie afdelings. Is daar bymotiewe? Het die Radebe – Ramaphosa – Motsepe familie-aliansie miskien planne? Radebe is strategies goed geplaas by energiesake en hy het baie onlangs weer begin roer aan kernkragsentrales. Miskien wil hulle aanpak waarin Zuma misluk het. Zuma is maar aan die arm kant terwyl hierdie mense geweldig ryk is. Maar dan moet Eskom eers totaal ten gronde gaan om die bevoking te oortuig dat kernkragsentrales die enigste uitweg is. Dit sal die ideale geleentheid wees waarop drie ridders op hul wit (????) perde te voorskyn kan tree en die probleem kan oplos, maar teen hul prys.
Ons sal maar moet wag en sien wat doen Eskom na die verkiesing.

Annie Webb ·

Trump se medewerkers is NIE weens Russiese dwarsboming aangekla nie, maar weens “process crimes” wat NIKS met Trump of Rusland te doen het nie. En nugter weet waarvan Mueller Trump kon vryspreek, aangesien daar nooit ‘n aanklag was nie, net beweringe uit uiters twyfelagtige bronne. Ek dink mens kan aanvaar dat die deel oor “vryspreek” bloot konvensie is. As dié belaglike gedoente nou is waarheen die Amerikaners se aandrang op absolute vryheid van spraak hulle lei, begin mens wonder. Enigiemand kan enigiets beweer, selfs teen die verkose president van die land, die media kan so ‘n bewering sonder enige bewyse en/of van anonieme bronne as hoofopskrif aanbied en ure lank op TV daaroor debatteer asof dit ‘n bewese feit is en die onderwerp daarvan kan niemand van laster aankla nie. Gelukkig weet Amerikaners met verstand dit en het hulle alternatiewe meer geloofwaardige bronne ook. Daarom dat die president se gewildheid nie afneem nie en selfs toeneem, hoe meer sy politieke teenstanders en hulle meelopers in die linkse media hom persoonlik probeer swartsmeer. Sy rekord van wat hy die afgelope twee jaar prakties vir sy land en gewone werkende Amerikaners gedoen het, spreek vanself. En ál meer SAners weet ook al waar om die waarheid oor Trump te soek, dankie tog. Die sothede wat die oningeligtes kwytraak, is ‘n verleentheid.

Andreas ·

Jou kommentaar is altyd soos ‘n fris briessie om te lees, op die man/vrou/hehe en almal wat jou lees af, realisties en jy het kennis en insig wat baie mense sal laat bloos.

Andreas ·

Skuus dat ek weer hier intjip, en dit kom vir jou natuurlik soos asemhaal, of pap en wors.

Annie Webb ·

Baie dankie, Andreas! Dis my gróót belangstelling. Daar is 1000 ander dinge waarvan ek NIKS weet nie. ? Maar komplimente is so welkom soos, wel, ‘n vars briesie … ?

Andreas ·

Annie, lees gerus ook van die natuur, die wat en hoe, google OpVlerke en vlieg saam in die natuur met André.

Gaitsigubib ·

Baie goeie skrywe Annie – Ek wens hulle kon jou brief op CNN voorlees! Die waarhede wat Mark Twain oor die Media se, behoort boop almal se TV stelle geplak te wees.

Rooikop ·

En nou nog is die kwessie rondom Obama se geboortesertifikaat onopgelos

Ronnie ·

Ek was verlig dat CR verkies was, maar sy ware kleure het gou vorendag gekom. Hy is glad nie wie ek gedink het nie.
Hy en Trump is voëls van enerse vere. Nie een van die twee is selfgemaakte miljoenêrs nie. Trump was al ‘n miljoenêr as kind en CR het ‘n hupstoot gekry van die vorige regime. Die verskil is dalk net CR is suksesvol, (so lyk dit) en Trump is ‘n verkwister. Albei blameer almal behalwe hulleself vir enige mislukkings. Albei vry net na een gedeelte van die nasie. Nie een van die twee doen enige moeite om mede landsburgers te verenig nie. Inteendeel, hulle blaas onenigheid aan. Albei lieg dat dit bars. Trump is net ‘n paar grade erger in die verband. Hy ryg die leuens uit, ongedwonge vir geen besondere rede nie en op die ingewing van die oomblik. So lyk dit.
John McCain was laaste in sy klas… en Trump weet dit hoe? Obama was ‘n vrot student en hy moet sy skool uitslae bekend maak. Regtig? Nou hoekom is hy so ernstig daaroor dat sy skool rekords geheim moet bly? Hy was dan volgens hom eerste in sy klas.
Nog nooit in die geskiedenis van die VSA was daar soveel kriminele raadgewers in die WH nie. Die ANC is ‘n nes misdadigers. Grotendeels. CR probeer almal in alle faksies paai en akkommodeer. Dit gaan nie werk nie.
Een groot verskil darem tussen die twee – CR het nog al sy varkies op hok.

Dries du Toit ·

Wat n vergelyking is dit nou. CR suksesvol en Trump n verkwister ??? Vir wie probeer jy oortuig???. Seker net die onnosele massas

Gert ·

Absoluut belaglik om Trump en Ramaphosa gelyk te stel. Een het sy geld gekry deur BEE en korrupsie, die ander een het dit wettiglik verdien deur ‘n voortreflike besigheidsman te wees. Soos Trump self gesê het, hy het met niks begin, toe vra hulle hom: “Het jou pa jou nie geld gegee nie?”, en toe antwoord hy: “Net ‘n miljoen dollar, en ek het nou ‘n miljard”. Ek hoop selfs julle hatiges kan verstaan dat dit ‘n uiters voortreflike besigheidsman vat om sy geld te verduisendvoudig.
Enige vergelykings tussen Trump en Ramaphosa is net kwaadwillig.
Onthou ook asseblief, anders as ons politici, doen Trump dit nie vir geld nie, hy neem nie eens ‘n salaris nie.

allen ·

Cyril loop rond en lieg vir die arme voters……kan die verkiesings kommisie nie aksie neem teen die persone of partye wat lieg

Lena Jonk ·

Dankie Anne Webb, sien duidelik jy kyk en lees nie fopnuus nie. Ons kyk dit direk en pres Trump bly n yster, nie oneerlik nie en het baie besighede wat hom n ryk president maak, Daar kom nog baie vrot appels uit, hou maar die nuus dop.

Annie Webb ·

Dankie, Lena. Sterkte daar, klink of jy ‘n expat is. ??

DMC ·

Die skrywer is ook Anti-Trump. (Kyk gerus na ouer artikels ook).

Jerry ·

Trump blik en bloos terwyl hy lieg en CR lieg sonder om te blik of te bloos!

Gaitsigubib ·

Wel volgens die FBI lieg hy toe nie, maar ek besef ons het mense hier in SA wat baie slimmer is as die FBI, so aanvaar asb my verskoning Jerry.

ChrisE ·

Ek wonder altyd waar die amp van politikus vandaan kom. Ek is nie ‘n geskiedkundige nie. As my geheue my nie in die steek laat nie het die senior burgers van die samelewing as beskermhere en raadgewers opgetree. Die ontstaan van die politieke amp dink ek het baie later ontstaan. Die probleem volgens my is dat die hedendaagse politici gewetenlose, rugraatlose geldjagters is. Die Afika politikus is die sprekende voorbeeld daatvan. Geen land behoort deur ‘n politikus “regeer/bestuur/beheer” te word nie. Ek is nie ‘n Trump aanhanger nie, maar ‘n ondersteuner. Eerstens het hy nie die finesse, styl of persoonlikheid van ‘n staatsman nie. Sy ekonomiese beleid stem ek heelhartig mee saam. Sy buitelandse en binnelandse beleide ook. Hy wil die VSA soos ‘n besigheid bestuur. Hy het die regte beleid om die VSA op die “regte pad te bring”. Wat ons situasie betref, kan ek net my hande in stilswye saamslaan en my oë ten Hemele rig en sê, “berge val op my en dale behoede my”. Net ‘n ingryping van ons Hemelse Vader kan/sal hierdie land van totale chaos red. Indien dit gebeur sal dit die enigste land in Afrika wees wat dit sonder ‘n burgeroorlog dit kon bereik. Geen “bevrydings/terroriste beweging” kon of het al ‘n demokraties verkose land suksevol bestuur nie.

Anni ·

Al Wat ek altyd aan en van trump sien is daai hare. Genade hy het so baie geld, kan hy nie iets daar omtrent doen ni.

Ronnie ·

Sowaar Anni. As hy maar ‘n paar gay vriende gehad het sou een van hulle iets aan sy hare en grimering gedoen het.

Allan ·

March 25, 2019

Here are the key points from the Mueller Report that was released by Attorney General, William Barr…

No Trump Collusion with Russia…No further indictments…No obstruction of justice. It is official.

America’s political and media establishment has been dividing this country on the basis of a LIE. And all because they won’t accept the result of the 2016 election.’

Sarah Sanders, White House Press Secretary: ‘After two years of wild anti-Trump hysteria, the President and his millions of supporters have been completely vindicated.’

President Trump: ‘It was a complete and total exoneration. Before I even got elected, it began, it was an illegal take-down that failed’.

What will happen next? The Commander is now free to start firing his big guns, starting with the DECLAS. This incriminating document will irrevocably bring down the Deep State. Q says, ‘No one escapes from this…’

‘Rep. Devin Nunes says he is ready to deliver criminal referrals to Attorney General William Barr…’

The tide has turned. Game over for the mainstream media. Game over for the Deep State

IT IS HIS TURN NOW!!!!

Ronnie ·

Allan, the Barr four page summary, quoting Meuller, states: “While this report does not conclude that the president committed a crime, it also does not exonerate him.”

Devin Nunes must first have a Town Hall meeting (the first in eight years or so?)with his constituents before trying any further stunts.

Q? As in Qanon?

Koos ·

So van al die dinge genoem na iets anders, maar tog inlyn met alles!

Gaan ons nog op 8 Mei 2019 stem?

Hoekom vra jy?

CR is besig om as Spekskieter en Slapende Rip van Winkel uitgewys te word en dit laat nie net sy gewildheid taan nie, maar verseker ook gaan baie oë oop oor wie en wat die ANC werklik is.

Dus, verkiesing met groot potensiaal dat die ANC onttroon mag word is mos hoogs riskant vir die party en CR.

Dan so terloops, enigiemand al enige ANC verkiesingsborde op lamppale en elders gesien?

Vra maar net!

Hennie ·

Ramaphosa se bydrae is net so onbruikbaar soos die landingstrook agter ‘n vliegtuig!

Rupert Ashford ·

Jip, ek sien die Media en ander met TDS het Trump nou skuldig bevind daaraan dat hy onskuldig is…;-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.