Nuuskommentaar: Trump-onttrekking aan Parys-akkoord is verwag

donald-trump-01

Donald Trump. Foto: Commons.wikimedia.org

Min mense was nog verbaas toe pres. Donald Trump van die VSA sy land aan die 2015-Parysklimaatakkoord onttrek het. Hy het immers die voorafgaande week die nuus al brokkie vir brokkie na die media laat deursuur. Maar internasionaal is daar groot teleurstelling en selfs woede. Hy het, luidens mediaberigte, voorheen gesê aardverwarming is ’n gekskeerdery (hoax) en dat dit ’n Chinese blufspel is.

Die feit dat hy ook gesê het die VSA is bereid om oor ’n nuwe ooreenkoms te onderhandel, is sonder veel seremonie of diplomatieke geveerdheid deur Frankryk, Duitsland en Italië van die tafel gevee. Die volgende aanhaling uit die gesamentlike verklaring van dié lande som ’n groot deel van die wêreldleiers se teleurstelling en selfs argwaan goed op: “We note the United States’ decision with regret…. The carbon-curbing accord is a vital tool for our planet, our societies and our economies. We are firmly convinced that the agreement cannot be renegotiated.”

Premier Justin Trudeau van Kanada het Trump gebel en sy teleurstelling uitgespreek. Hy het egter ook aan Trump genoem dat hy bemoedig is deur die groeiende momentum om klimaatsverandering te beveg en om die wêreldekonomieë na skoon energie om te skakel. Ook ander wêreldleiers het Trump se aankondiging gekritiseer.

Klimaatsverandering, en veral die mens se rol daarin, is ’n omstrede kwessie. Dit is deels toe te skryf daaraan dat baie van die pioniers van aardverwarming die mens se rol grof oorbeklemtoon het toe die kwessie aanvanklik ter sprake gekom het, en aspekte soos natuurrampe en natuurlike siklusse buite rekening gelaat is. Dit het skietgoed besorg aan diegene wat ’n skoon atmosfeer nastreef, wat sedert die begin van die nywerheidsrevolusie al erger geword het, terwyl dit verset ook aangeblaas het, onder meer van nyweraars wat bitter baie geld maak uit aanlegte wat erg besoedel.

Die VSA is die land wat die tweede meeste skadelike gasse vrystel. Dit was, om ’n verskeidenheid redes, ’n land waar peilings eers betreklik onlangs gewys het dat die meerderheid Amerikaners nou aanvaar dat die mens ’n rol in klimaatsverandering speel. Die VSA loop immers erg deur onder allerlei natuurrampe soos ernstige droogtes en oorstromings, orkane en rekord-sneeuvalle afgewissel met nuwe rekords vir hoogste temperature op plekke.

Tydens die Obama-administrasie het Nasa ’n groeiende rol gespeel om vanuit die ruimte terug na die aarde te kyk. So is belangrike waterbronne ontdek, maar ook ontdek dat bestaande ondergrondse waterbronne op onder meer die Arabiese skiereiland erg uitgeput raak. Die geringste opheffing van die aardkors, of styging in die seevlak (wat ’n belangrike rol by El Niño speel), kan akkuraat vanuit die ruimte gemeet word. Trump het dit vanuit die staanspoor duidelik gemaak dat Nasa se hooffokus die buitenste ruimte is, en dat heelwat minder vir aardgerigte navorsing begroot gaan word.

Die Obama-administrasie was eintlik saam met China in baie opsigte op die voorpunt van die ooreenkomste wat in Parys bereik en later tydens die opvolgberaad in Marokko bevestig is. Tydens die beraad in Marokko was Trump se opmars reeds groot nuus, maar die beraadgangers het genoeg gemengde boodskappe uit die Trump-kamp gekry dat hoopvol geglo is dat die VSA sy samewerking sal bly gee.

’n Stukkie pikantheid is dat die bevestiging van die VSA se onttrekking gekom het op die vooraand van die bekendmaking môre van ’n peiling dat meer Amerikaners as voorheen glo die VSA moet doen wat sy bondgenote wil hê hy moet doen.

Gaan die VSA se onttrekking ’n verskil maak? Die grootste vrees is as ander lande, wat veral op nywerheidsgebied met die VSA kompeteer, ook die gestelde teikens begin verslons om met goedkoper steenkool as energiebron mededingend te bly. Kwesbare lande, soos eilandstaatjies wat skaars bo seevlak is, en ander soos Nederland en België, sal egter die styging, en moontlik versnelde styging in die seevlak, met kommer dophou.

Om agteroor te sit en daarop te wys dat die aarde in die verlede erg onder klimaatsverandering deurgeloop het, soos 65 miljoen jaar gelede toe die dinosourusse uitgesterf het nadat ’n reuse ruimtevoorwerp die aarde getref het, asook meer onlangs toe diere soos die sabeltandtier, mammoete, mastodons en ander uitgesterf het en die platinum-anomalie nagelaat het, dui daarop dat daar baie meriete sit in redenasies dat die mens se rol onbeduidend of baie gering moet wees. Met van hierdie rampe, of soos effense aanpassings op die “tilt” van die aarde om sy eie as en sonsiklusse uit die verre verlede, het die mens nog nie eens bestaan nie.

Die huidige “era” van aardverwarming val ook met ’n bepaalde sonsiklus ooreen, sodat minstens sommige sonweerkundiges en paleo-astronomiese weerkundiges die huidige droogtesiklus voorspel het. Maar, wys van die bekendstes uit, danksy die mens se betrokkenheid het hy ook ’n wil van sy eie ontwikkel.

Reeds in die aanloop tot Trump se verkiesing was daar groot ongemak in die geledere van Amerikaanse wetenskaplikes. Met die onlangse betogings in 500 stede reg oor die wêreld het die wetenskaplikes veral drie kwessies uitgelig wat hulle as bedreigings vir die wetenskap beskou, naamlik klimaatsontkenners, teenstanders van genetiese manipulasie (waardeur verskeie meer droogtebestande produkte soos die mielie geteel is), en mense wat glo die aarde is net 6 000 jaar oud. Oor elkeen van hierdie kwessies kan boekdele geskryf word.

Ook in Suid-Afrika is daar heelwat mense wat glo aardverwarming is ’n mite, of dat dit ’n mite is dat die mens ’n rol daarin speel. Trump se jongste optrede sal dus in dié geselskap groot steun kry, ten spyte van die erge droogtes waaronder die land die afgelope paar jaar gebuk gaan.

En dan is daar nog fopnuus ook, asook mense wat dit glo….

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Bert ·

Werkersklas mense in die steenkool en ander industriee jubel vandag. Hulle het ‘n geleentheid om ‘n inkomste te verdien en hul kinders na beter skole toe te stuur. Werk is gelyk aan waardigheid. Los eers ons werkers en middelklase se probleme op en dan kan die ryk globaliste en groen-elites se beurt kom. Want die groot gespikkelde knorhaan of reenboog vlinder is nie belangriker as mense nie. Werk en waardigheid is belangriker.

chris ·

Die probleem is dat mense uit die werkersklas groter nadele van besoedeling, omdat die ryker elite ‘n beter omgewing kan koop. Sien maar wie verhuis wanneer die “white flight” begin: die ryk elite. En die arm werkers bly agter.

Kyk maar na die talle plekke waar nuwe “spoggerige” woonbuurte vir werkers in die VSA gebou is op voormalige vullisterreine. Op talle plekke kom die besoedeling na jare aan die oppervlakte en sorg vir groot gesondheidskade. En hulle kan geen vergoeding kry nie.

Die werkersklas se oorwinning is slegs tydelik. Dis hulle wat die grootste (gaan) ly onder klimaatverandering en ‘n besoedelde omgewing.

En as jy dit nie glo nie: kyk in jou eie agterplaas: Afrika. Jy dink die arm werkers wat in plakkerskampe woon, het dieselfde skoon omgewing as jy? Nee. Want bome groei slegs in ryker woonbuurte. En as jy dink Europese en Amerikaanse stede is anders? Kyk na die lewensomstandighede in daardie stede rond 1890-1920… Dit was baie sleg. Arm mense ly gewoonweg die meeste onder ‘n besoedelde omgewing.

Eish ·

Hoe meer ek agterkom wie Trump met passie haat, hoe meer hou ek van die man. Genade, nou is mense wat in die Skepping glo ook n bedreiging. Laat dit so wees. Die evolusioniste beweer dat die mens ongeveer 1m jaar gelede volledig uit die aap ontwikkel het. Ons deel blykbaar 85% DNA. Genugtig, n wolk is 100% water en n waatlemoen 95%. Nou hoe op aarde het n waatlemoen uit n wolk ontstaan? Verder, tans is daar ongeveer 6biljoen mense op aarde en die laaste groeikoers is geraam op 1.7%. Indien ons 1m gelede ontstaan het en slegs 0.5% gegroei het, moes daar 10 tot die mag 43 mense op aarde gewees het. Waar is die skelette? Dieselfde som sě vir my dat na die vloed ongeveer 4500 jaar gelede met 8 mense wat oorleef het en 6 wat reproduseer het teen dieselfde groeikoers, moet ons nou 6biljoen mense wees. Née o genugtig, Viva Trump!

Thuunda ·

Goed gese Eish. Ek is dan ‘n DUBBELE gevaar vir die elites en hulle “lemmings” wat alles glo wat daar deur klimaatswetenskaplikes gese word (gaan kyk wie befonds die klomp, of die sg. 97% van alle wetenskaplikes se”).

Ek glo in die skeppingsverhaal soos in die bybel vervat (letterlike 6 dae) en ek glo nie die mens het ‘n noemenswaardige invloed op klimatsverandering nie. Dit beteken nie ons moet ons beste doen om die omgewing te bewaar en beskerm nie, maar om Miljarde of honderde Miljarde Dollars op iets te wil spandeer wat geen noemenswaardige effek kan he op die klimaat is gekheid en siende dat dit deur die elites gedryf word is ek net NOG meer skepties. Ek betaal klaar genoeg belasting.

Dirk Breytenbach ·

Die feite van aardverwarming word misbruik om mense se teoriee te bevestig, let wel teoriee.

Frans C ·

Eish
Eish, daar is geen wetenskaplike op aarde wat sê dat mens nie uit ape ontwikkel het nie.Selfs Darwin het dit nie gesê nie.Wat wetenskaplikes wel sê is dat ons DNS grooveelot ooreenkomste met ander primate toon,soveel soos 97%.

Ons deel dus as het ware dieselfde biologiese platvorm.As mense doen ons presies veral motorvervaardigers ,dink maar aan VW modelle en Audi-modelle hulle gebruik in baie gevalle dieselfde platvorms om iets unieks en eie aan die handelsmerk te bou.

Tog is die materiaal wat hul gebruik dieselfde in beide gevalle en is beide motorvoertuie.So deel ons DNS en die biologiese platvorm met ander primate,en isons almal primate maar dit maak ons nie ape nie.

Rupert Ashford ·

Hierdie is die begin van die “comeback” van common sense in die nuutste “godsdiens” van die mens – die geloof in homself en sy eie vermoens om die skepping te bestuur. Go the Donald – hy het immers in sy verkiesingsveldtog belowe hy gaan dit doen – is dit nie verfrissend om ‘n politikus te sien wat sy woord gestand doen nie? Wie kan die VSA dit verkwalik dat hulle uitstap uit hierdie “ooreenkoms” nie. Drie van die top vier CO2 vrystellers (China, Indie en Rusland) het kragtens dit vrypas om hulle vrystelling van CO2 onbelemmerd te verhoog tot ten minste 2030 en dan te kyk hoe en of hulle gaan sny terwyl die ontwikkelde lande moet sny-sny-sny en betaal-betaal-betaal (US$300 biljoen). Ook moet mens daarop let dat meeste van die Europese grootmondlande maar traag is om te betaal soos ook met hulle NAVO verpligtinge en dat die VSA die meeste van die dollars moet bydra. Gaan lees transkripsies van Trump se toespraak vir syfers. Hierdie ooreenkoms gaan ontrafel want meeste van die groot ondersteuners daarvan is daar vir die geld wat hulle daaruit kon kry en niks anders nie – as die dollars weg is, gaan die belangstelling vinnig taan. As die krisis regtig so groot was sou die res ook moes sny en nie eers 15 jaar wag om te besluit nie. Die ware “probleem” is die huidige wereldbevolking en populasiegroei, en enigiemand wat regtig ernstig is oor die “probleem” moet dit op een of ander manier probeer aanspreek.

Bert ·

Chris – Trump se onttrekking uit die Parys ooreenkoms beteken eenvpoudig dat die VSA beter uit die ooreenkoms wil doen – nie dat die beginsels oorboord gegooi word nie. Maar werkloosheid en armoede is ‘n groter bedreiging vir die wereld as betwiste klimaatsverandering wetenskap. Selfs al aanvaar ons die alarmistiese groenes se stats is die krisis van werkloosheid nog steeds baie belangriker om op te los. Groen politiek is vir die elites. Kos en klere en hoop, selfs in besoedelde areas, is eenvoudig nou belangriker.

Rupert Ashford ·

Baie waar Bert. Hy het gese hy sal weer terugkeer as hy ‘n beter “deal” kan kry. Jou kommentaar oor armoede en werkloosheid is 100% korrek.

Fran ·

Dankie, Chris, jou kommentaar maak sin. Ou Trompie……….. ;/

Nico K ·

Ja Saul Barnard, die mens glo maar wat hy graag wil glo en kyk nie na feite nie. Al wat vir my my baie snaaks is, is al die mense op Maroela media wat so vir die armes en werkers baklei. Julle baklei saam met die EFF! (Onthou in SA is ons die ryk elite.)

Hendrik ·

Net vanoggend vertel ‘n wetenskaplike van die WNNR oor RSG dat SA se temperature dubbel styg teenoor die wêreld gemiddelde. Trump stel net belang in kort termyn oplossings. Hy is in die Amerikaanse oliemagnate en steenkoolmyne se sak. Suid-Afrikaners behoort te treur oor wat hier gebeur. Kyk hoe gaan dit in die Kaap met waterbeperkings. Het ons vergeet van die vorige jaar se droogte wat selfs nou nog voortduur? Dink net hoe dinge gaan lyk as SA se temperatuur met nog 6 grade Celsius styg! Trump het sy beleid gekies op grond van die demografiese verspreiding van die VSA. Voor sy verkiesingsveldtog was hy pro streng wapenbeheer en pro-aborsie. Hy het egter die naïwe “Evangelicals” om die bos gelei. Sy skelmstreke met Rusland sal hom spoedig aan die pen laat ry.

Kom Ons boks ·

Die room van die wereld se voorste metereoloe kan nie eens volgende week se weer akkuraat voorspel nie…

Marius ·

“Trump: “Ons gooi alle navorsing rakende aardverwarming oorboord en skep meer werk. Die aarde gaan in elk geval vergaan, of dit nou oor 200 jaar of oor 2000 jaar is”

John ·

Die son word self die afgelope tyd warmer beaam noorse klimaatdeskundiges en se dit is oa te wyte aan die instulping van die sonpole tot dit omgeruil is; ‘n natuurlike gebeurlikheid wat oor ‘n tydperk herhaal. Die mens se besoedeling is wel skadelik en nou gebruik die Parys-akkoord dit om slinkse planne te beraam vir groot geldmaak en groteske navorsing en manipulasie deur Duitsland/EU om hul massas ongewenste inkomelinge terug te pos huistoe met ‘n ruim taxi-fooitjie en ‘n paar sinkplate… Vandaar ons 10+ atoomkragstasies vir triljoene… as hopelike skenking vir ons armlastiges vir skoon lug, warm water en ‘n potjie pap nou en dan… en triljoene vir die middelmanne se moe voete van al die buit te gaan bank.

Vissie ·

Ekkan nie glo wat ek hierbo lees nie! Is hier voorwaar mense wat nog nie besef wat met ons klimaat aan die gang is nie? Sien en voel hulle dit nie elke dag nie? Die Ramp in Amerika dink nie verder as wat sy blonde kuif lank is nie, en niks dieper as sy eie sak nie. Diegene wat hierbo ksryf van die rykes wat padgee as die probleme dreig, praat onsin. Die natuurprobleme wat vir ons voorlê, sal jou tref, waar jy ook al probeer skuil. Ons eie land behoort ook, al is die skaal so klein, deel te neem aan die hele, veldtog om die natuur te help deur steenkoolkragsentrales te verminder of uit te skakel en eerder die gratis natuuerlike hulpbron van sonkrag al hoe meer en meer in te span. Dit spaar voorkom nie net verskriklike besoedeling nie, help nie net die natuur nie, dit spaar ook jou geld. My eie kragrekening het met 40% gedaal deurdat ons sonkrag gebruik om ons huis se water te verhit. Hoeveel groter kan die besparing nie wees as sonkrag op groot skaal gebruik word nie? Ons het amoer 300 dae sonskyn per jaar in Suid-Afrika. Die bron is dus onbeperk.

Santie ·

Wie het Trump se eie aankondiging geluister en wie skrou net agter ander kommentare aan? Die VSA het reeds hulle CO2 met 13% verminder en was enigste wat spesifieke teikens gekry het, ander kan hul eie teikens bepaal. VSA het talle tegnologiee daarvoor ontwikkel en is bereid om dit met res van wereld te deel, wat nog self niks gedoen het nie. Obama het VSA belastingbetalers se geld rondgestrooi om sy liberale agenda te bevorder, soos h/d akkoors wat bloot VSA dollars in ontwikkelende lande inpomp sonder enige eise vir terugvoering. Obama het VSA met tekort van $3 trljoen op betalingsbalans gelaat. Maar luister of lees tog self wat Trump hieroor (en oor ander dinge) se. Natuurlik is almal daarteen, hulle onnosel melkkoei (Obama) wat oral grootman speel met VSA belastingbetalers se geld het gekalf. Trump was ‘n biljoener voor hy president geword het en hy WEET hoe om te sorg vir die VSA se bottom line. En selfs met die beste scenario kan aardverwarming met ,02 grade C afgebring word. Daar is net soveel mense wat uit “groen” mtskpye probeer geldmaak as andersins. Trump sorg vir die VSA se belastingbetalers en werkers, soos dit hoort.

Santie ·

Wie het self Trump se aankondiging geluister of gelees? Of Scott Pruitt se perskonferensie? Belangrikste punte: VSA gaan voort om self CO2 te beperk, gaan net nie meer biljoene inpomp in Akkoord met geen eise vir terugvoering oor waar geld heengaan nie. VSA het CO2 reeds met 13% verminder en tegnologiee ontwikkel wat hulle met res v/d wereld kan deel. Obama het VSA se belastingbetalers se geld links en regs uitgegee op sulke dinge om sy reputasie as liberale globalis te bevorder en VSA met tekort van $3 triljoen op betalingsbalans gelaat. Trump sorg vir VSA se werkers en belastingbetalers. Alles wat Trump doen, maak perfekte sin as ‘n mens jou nie laat lei deur die aanhoudende negatiwiteit van sy politieke teenstanders nie. Waarvan die liberale media die hardste skree.

Santie ·

Jammer oor my twee d/s stories hierbo. Gedink ek het eerste uitgevee. Toe nie.

Eish ·

Frans C. Daarmee het ek nie n probleem nie want ons is geformeer uit die stof van die aarde. MAW al die elemente soos yster, fosfor ens is in ons aanwesig. Hoe ons Skepper dit ingespan het, maak ons die kroon van die skepping. Ek dink nie ek en jy lees dalk dieselfde materiaal nie. Die wetenskaplikes toon lang lyste diere wat deur natuurlike seleksie oor miljoene jare vertak het in wat ons vandag sien. So ook die mens.

Stephan de S ·

Herman skryf altyd sulke uitstekende artikels maar hierdie een het meer tweedrag gesaai as insig gegee……ekself kan nie eintlik agterkom wat hy wou se nie.

Marius ·

Trump, een vd grootste bedrieërs van ons moderne era is tekenend dat ons die eindtyd tegemoet snel. Hierdie dinge moet gebeur.

Erik ·

Die 100 grootste skepe veroorsaak meer besoeleling as alle voertuie saam. Hoekom dit nie aanspreek nie? Seker omdat dit makliker is om die oningeligte massas n rat voor die oe te draai en skuldgevoelens by hulle te plant. Die Paris accord sou die VSA enorme bedrae geld gekos het met min kwantifiseerbare resultate. Berigte oor die mens se invloed op klimaatverandering is net so vals as jare gelede se berigte dat eiers, vet, botter, msg en wie weet wat nog sleg vir jou is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.