Nuuskommentaar: Trump oor klimaat, evolusie, Rusland…

2016 Election Trump

Pres Donald Trump Foto: AP Photo/John Locher

Pres Donald Trump het in sy toespraak na sy ampsaanvaarding onderneem om die VSA weer groot te maak. Daar is egter ʼn paar sake wat in die VSA erg verdelend inwerk en dit is interessant om te let op hoe hy dit reeds aangepak het.

Trump het meer steun as teenkanting in VSA

Selfs pres. Donald Trump se grootste ondersteuners sal toegee die nuwe president het ʼn erg verdeelde VSA oorgeneem – ʼn verdeeldheid wat hy help skep het. Peilings toon wel hy het meer steun as teenkanting geniet, hoewel 70% van die Demokrate niks van hom wil weet nie. Wêreldwyd word ook groot betogings teen hom gehou.

Sy ondersteuners, ook hier in Suid-Afrika, neig om ʼn blinde vertroue in die man te hê en hier te lande dat sy presidentskap ʼn soort konserwatiewe wêreldorde sal rugsteun. Volgens die manifestasie lyk dit of dit grootliks oorvleuel met die Suid-Afrikaners wat nét so ʼn blinde bewondering vir pres. Wladimir Poetin van Rusland het. Die skynbare voetwerk, vir hegter bande tussen Trump en Poetin, skep verwagtinge oor ʼn VSA wat Navo grootliks die rug toekeer en hegter bande met Rusland smee (en China aansê om te gaan doppies blaas).

Klimaatsverandering

Twee sake wat in die Trump-administrasie met ʼn vergrootglas dopgehou gaan word, is die president se siening oor klimaatsverandering en sy godsdiensbeskouinge. Nie een van die kwessies het in sy bewindsaanvaardingstoespraak ter sprake gekom nie.

Toe Trump sy kandidatuur aangekondig het, was hy, reg of verkeerd, bekend as ʼn klimaatontkenner. Die VSA was, anders as ander Westerse lande, bekend daarvoor dat die meerderheid van die land se bevolking nie geglo het die mens is vir klimaatsverandering verantwoordelik nie en trouens nie eens oortuig was dat klimaatsverandering plaasvind nie, ten spyte van ʼn toename in natuurrampe in die VSA. Die afgelope twee jaar het peilings egter getoon die ontkenners begin uitsak en hulle vorm nou ʼn minderheid.

Aanvanklik is gevrees Trump sou die nuwe universele verdrag oor klimaatsverandering, wat entoesiasties deur die vorige president, Barack Obama, ondersteun is, wat die VSA betref veto. Geleidelik het positiewer geluide van Trump gekom en teen November verlede jaar is wyd berig oor Trump wat nou aandui hy koester ʼn “oop gemoed” hieroor. Ander berig hy het van mening verander en daar is ook berig hy het erken daar is ʼn verband tussen die mens en klimaatsverandering.

Kort voor sy inhuldiging het ʼn Chinese klimaatsonderhandelaar gesê Trump begin meer hou van die idee van klimaatsverandering.

Godsdiensbeskouing

In die Amerikaanse pers en in die sosiale media speel nog ʼn verhaal hom af, naamlik wat die Trump-administrasie se houding oor evolusie (en dus die wetenskap) sal wees.

Net soos met die klimaatsontkenning, het ʼn baie groot deel van die bevolking in die VSA tot betreklik onlangs kreasionisme en in die besonder jong-aarde-kreasionisme, aangehang. Dit het sterk aanhang onder die Sewendedag-Adventiste en is in die beleidsdokument van die Suidelike Baptiste ingeskryf, waar daar in die onlangse verlede tweespalt daaroor ontstaan het.

Hoewel nie meer ʼn meerderheid nie, bly die invloed van jong-aarde-kreasionisme baie sterk en Trump het veral aan die begin van sy verkiesingsveldtog in die uitreik na Christene, ook na hierdie groep uitgereik.

Dit lyk asof dit in die samestelling van die kabinet neerslag gevind het en veral die aanstelling van Mike Pence as vise-president wek belangstelling, omdat hy Trump moet opvolg as die president te sterwe kom, of om die een of ander rede bedank.

Pence is wyd as aanhanger van jong-aarde-kreasionisme beskou, maar in sy jongste media-onderhoude was hy vaag  hieroor. Hy het onder meer aangedui intelligente ontwerp (waar God steeds die Skepper is) is ook moontlik. Hy hou egter vol dat die wetenskap in die verlede verkeerd was en nou weer verkeerd kan wees.

Die tweede persoon van belang is die minister van onderwys, Betsy Devos. Staatsondersteunde onderwys in die VSA word erg verkwalik omdat dit, na ʼn uitspraak van die Supreme Court, kinders net oor evolusie mag leer. Hoewel Devos self minder prominent in die stryd tussen kreasionisme en evolusie staan, is dit bekend haar man, ook ʼn politikus, is ʼn baie sterk aanhanger van jong-aarde-kreasionisme. In hierdie stadium word Trump hoofsaaklik gekritiseer oor hy net twee vroue (beide wit), waarvan Devos een is, in sy kabinet ingesluit het.

Die werklike groot en uitgesproke aanhanger van jong-aarde-kreasionisme in die kabinet is die enigste swart lid, Ben Carson. Carson is lank genoem as Trump se moontlike keuse as minister van onderwys, maar is as minister van huisvesting en stedelike ontwikkeling aangewys.

Dit sal vermoedelik nie lank neem om te sien of Trump die steun van die jong-aarde-kreasioniste gaan behou nie. Indien nie, kan dit ʼn groot terugslag wees. Jong-aarde-kreasionisme is in 2007 reeds in ʼn resolusie van die Europese Unie se parlementêre vergadering as ʼn gevaar bestempel en verwerp. ʼn Bekende geval, waar jong-aarde-kreasionisme ʼn draai deur die Suid-Afrikaanse politiek kom maak het, was toe die vroueliggaam van die Vryheidsfront Plus in Gauteng ʼn mediaverklaring ten gunste hiervan uitgereik het. Die VF Plus het dit dadelik herroep en die destydse leier van die party, dr. Pieter Mulder, het in ʼn radio-onderhoud die opvatting, dat die aarde net sesduisend (in plaas van 4,5 miljard) jaar oud is, as “nonsens” beskryf.

China en Rusland

Oor die ingewikkeld van betrekkinge tussen die VSA en / of China en Rusland het Maroela het reeds in die rubriek, Die beer of die panda, kommentaar gelewer oor die ingewikkeldheid van betrekkinge tussen die VSA en / of China en Rusland.

Trump het egter genoeg vyande gemaak tydens sy verkiesingsveldtog, sodat hy self op ander kwessies waaroor hy beloftes gemaak het, sal konsentreer. Sommer kort na sy inhuldiging, het hy ʼn proklamasie onderteken wat die uitvoering van die omstrede Obamacare effektief in sy spore stuit. Maar in meningspeilings het die meeste kiesers aangetoon al is hulle ontevrede met Obamacare, wil hulle iets in die plek daarvan hê. Dan is daar sy beloofde muur tussen die VSA en Mexiko en veral sy belofte dat die Mexikane ook vir die bou daarvan gaan betaal.

Trump se algemene kennis nog te vol gate

ʼn Groot faktor oor die sukses al dan nie, gaan wees of Trump bereid is om sy algemene kennis met broodnodige inligting aan te vul. Hy sal veral moet let op die inhoud van verslae wat hy van sy veiligheidsagentskappe kry, omdat dié verslae ook inligting insluit wat nie vir gewone burgers beskore is nie.

ʼn Oningeligte of swak ingeligte president wat eers doen en dan dink, kan baie gevaarlik wees.

Intussen hou die wêreld asem op en glo elke fanatiese aanhanger dat Trump die wêreld na sy of haar smaak gaan verander. Die voorstanders van die mens se rol in klimaatsverandering kan immers nie losgemaak word van sonsiklusse wat al oor miljarde jare voorkom nie en die teenstanders daarvan, asook die voorstanders van wetenskap teenoor die jong-aarde-kreasionisme se gesindheid teenoor mekaar is egter dikwels so groot dat dit erg verdelend en kwetsend is. En die VSA word juis nou as ʼn erg verdeelde land beskou (waarvoor Trump volgens sy teenstanders grootliks verantwoordelik is).

Om nasionale eenheid en trots te bewerkstellig gaan ʼn opdraende stryd wees – en daarna eers kan daaraan gedink word om die VSA weer groot te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Vivian ·

Na gelees. Moet ek se Trump is definitief deur God verkies. God gee hom leiding. Kleur is nie belangrik nie maar hyvstrl aan die wat die werk kan doen. Goed so vir hom en die feit dat hy my persoonlike gunsteling aangestel het Dr Carson se vir my baie van wie hy is. So tough luck vir sl die Trump en Putin en Israel haters. Gid se wil SAL geskied.

Jordaan ·

Glo jy regtig God het iemand laat verkies wat spog oor die manier waarop hy vroue behandel?

Bernice ·

Jordaan ,

Ek glo u weet hoe aaklig Dawid en Jakob se oortredings was en tog is hulle mense wat naby aan God is. Johannes het Jesus drie keer ontken en tog vergifnis ontvang nadat hy drie keer geantwoord het dat hy werklik lief is vir Jesus.

Ons vergeet baie kere dat die Here werk nie volgens ons wyse nie en daarom kan Hy kies wie Hy wil.

So as Trump twak aangejaag het – bid eerder dat die Here hom sal lei om die goed te doen wat reg is in God se oë en nie in die oë van mens nie.

Aan al die BIBLE PUNCHERS ·

Eweskielik is almal engeltjies en gaan aan oor Trump vroue so sleg behandel. Ek kan nie glo dat die wereld dit teen hom hou terwyl van die ander presidente al baie erger goed gedoen het nie. En skielik besluit julle ook sommer wie ‘n Christen is en wie mag hemel toe gaan en wie nie? Gaan lees maar jou Bybel en sien die manne wat God uitverkies het was nie altyd so VROOM soos wat julle wil glo nie. As julle in elk geval nie aan VERGIFNIS glo nie, moet ek regtig se, GAAN LEES WEER JOU BYBEL>

dr hanno (MB ChB) ·

“…houding oor evolusie (en dus die wetenskap)…” – As jy impliseer dat gerekende wetenskaplikes hoofsaaklik evolusie ondersteun, is jy verkeerd. Boonop sal evolusiebelydende wetenskaplikes binnekort nie meer Christus se Woord kan bly ignoreer nie.

Willem ·

dr hanno,

Ek sien jy spog nogal met jou kwalifikasie. Dus, sal jy as geleerde vir ons kan sê waar of hoe evolusie al gefalsifiseer is? Ek dink jy sal die volgende Nobel prys vir biologie kan eis as jy sulke bewyse het.

Herman Toerien ·

Die bedoeling hier was nie om die kreasionisme-debat aan die gang te sit nie, maar om die feite op die grond te skets. Met die debat self enkele jare gelede was die NG Kerk “verplig” om sy beleid oor die Skepping weer vry te stel (ek is nie ‘n NG-lidmaat nie). Dit behels basies dat drie uitgangspunte as aanvaarbaar beskou word, nl ou aarde (die gewone) rkeasionisme, jong aarde kreasionisme, en Teïstiese (Godgedrewe evolusie). Let wel die jong aarde kreaionisme se ontvanklikheid is nie gelyk gestel aan die “creation science” wat destyds van die VSA af oorgewaai het nie, soos die weiering om die boek oor die Trojaaanse perd in die NG Kerk by ‘n sinode te laat dien.

Willem ·

Herman,

Die evolusie debat sal nie op ‘n blad soos die konstruktief verder gevat kan word nie – jy is reg. Ek verstaan nie hoekom mense wat gelowig is nie ook aan evolusie kan glo, as deel van God se plan nie (dit blyk dat die meerderheid van mense wat hier kommentaar so voel)

Zumie ·

Hallo Willem – die enigste vaste feit rondom die “missing link” is dat dit steeds “missing” is (al vir langer as ‘n eeu en almal SOEK steeds). Evolusie wat spesiegrense oorsteek is heelaas net ‘n teorie…. en as jy dink dat enige “jong aarde kreasioniste” oningelig is moet jy weer teruggaan boeke toe en nie die pers en populere mening vir soetkoek opeet nie.

Willem ·

Zumie,

As jy dink daar is een “missing link” wat nou al ‘n eeu weg is, dan moet jy dalk ‘n ander boek optel as die Bybel om jou in te lig oor evolusie en biologie.

Herman Toerien ·

Zumie, soos gemeld, hierdie is nie die plek vir ‘n stryery oor evolusie nie. Die vermiste skakel is al baie lank nie meer deel van die debat nie, omdat te veel voorbeelde reeds gevind is, bv die soogdieragtige reptiele. Gaan besoek gerus die Nasionale Museum in Bloemfontein, of die museum in Kaapstad, waar honderde voorbeelde gehou word, dan hou ons amal by die feite.

RB ·

Herman, feite word altyd geïnterpreteer (gefiltreer deur wat jy oor die wêreld glo).

Wat van jy kies die beste van enige een van die “honderde voorbeelde” sodat ons dit kan bespreek?

Melt Olckers ·

Net so het Christene in Suid Afrika ook die Broederbond leiers van die land beskou as deur God aangestel. Kreasionisme is ‘n gevaarlike ideologie wat uitgeroei moet word en nie eers in die kerk ‘n plek moet he nie. Dit is tyd dat Christene begin besef dat die Bybel nie ‘n geskiedenis boek is of wetenskap handleiding nie. Dit is ‘n boek oor hoe om ‘n verhouding met God te bou.
Dieselfde Christene wat nou Carson so hoog aanskryf moet ook in gedagte hou dat die Sewendedag Adventiste waarvan Carson lid is as sekte beskou was deur die tradisionele kerke in SA, juis agv die stigter Miller se voorspelling dat Jesus in 1844 sou terugkeer.

JC ·

President Trump is ‘n instrument van God om die “siek” wereld te genees. “God works in mysterious ways”. Die wereld gaan terug draai na YAHWEH (jehovah) ons Christene se God en sy enigste seun Jesus Christus. Kreasionisme, intelligente ontwerp en BEWESE ewolusie deur natuurlike seleksie, wat bloot ‘n pragtige voorbeeld van die natuur se werking en God se hand daarin is [en wat my net soos godsdiens met trane in die oe laat a.g.v die prag, simplistiese aard en logika daarvan] (m.a.w. godsdiens) is NIE mutueel uitsluitende begrippe nie maar moet saamwerk:-)
DIE PUNT WAT EK PROBEER MAAK IS DIE VOLGENDE: gegewe die mensdom se powere kennis van die wetenskap, is die wetenskap net soveel van ‘n DAAD VAN GELOOF as GODSDIENS (GELOOF) self- en die gedagte van ‘n bekeerde selfaangestelde agnostikus!!
President Trump is tops en is simbolies van ‘n wegdraai van sosiale demokrasie en die euwels wat die ankers daarvan; te wete globalisme en internasionalisme; teweeg gebring het.
Volgende stop: Marine le Pen die die FN. Hoera!! Sekularisme, en die erge identiteitloosheid wat dit veroorsaak, en die erge oikofobetiese, sosiale en rigtinglose gevolge daarvan, is duidelik nie die antwoord nie.

callie ·

Trump staan vir maak die VSA weer groot. Waarom sal die Riaans en ander van Jacaranda hom afkraak. Die man beplan om te doen wat elke regering moet doen. SA is reeds vernietig deur instroming van buitelanders wat die SA werkers se opsies nulifiseer. Gee die man tyd, dit gaan dalk nadelig wees vir Afrika. Dalk help die VSA met die muur wat so nodig is tussen n byna bankrot SA en n totaal chaotiese Afrika, voor SA ook tot niet is. ASB Jacaranda die meerderheid het vir hom gestem en in SA is daar groot ondersteuning vir die man

JC ·

President Trump is ‘n instrument van God om die “siek” wereld te genees. “God works in mysterious ways”. Die wereld gaan terug draai na YAHWEH (jehovah) ons Christene se God en sy enigste seun Jesus Christus. Kreasionisme, intelligente ontwerp en BEWESE ewolusie deur natuurlike seleksie, wat bloot ‘n pragtige voorbeeld van die natuur se werking en God se hand daarin is [en wat my net soos godsdiens met trane in die oe laat a.g.v die prag, simplistiese aard en logika daarvan] (m.a.w. godsdiens) is NIE mutueel uitsluitende begrippe nie maar moet saamwerk:-)
DIE PUNT WAT EK PROBEER MAAK IS DIE VOLGENDE: gegewe die mensdom se powere kennis van die wetenskap, is die wetenskap net soveel van ‘n DAAD VAN GELOOF as GODSDIENS (GELOOF) self- en die gedagte van ‘n bekeerde selfaangestelde agnostikus!!
President Trump is tops en is simbolies van ‘n wegdraai van sosiale demokrasie en die euwels wat die ankers daarvan; te wete globalisme en internasionalisme; teweeg gebring het.
Volgende stop: Marine le Pen die die FN. Hoera!! Sekularisme, en die erge identiteitloosheid wat dit veroorsaak, en die erge oikofobetiese, sosiale en rigtinglose gevolge daarvan, is duidelik nie die antwoord nie…

Koos1 ·

So gaan dit maar na elke presidentiële verkiesing in VSA.
Toe Obama verkies was het ons gehoop dat hy iets vir ons in SA sou beteken, want hy het dan wortels in Afrika. Wat het hy vir 8 jaar vir die gewone SA burger gedoen? Niks nie, inteendeel ons is nou slegter daaraan toe.
Wat gaan Trump vir ons doen? Ek glo weer niks nie. Hy moet ‘n land bestuur en het nie tyd om oor ander lande te “worry” nie.
So ek glo maar aan my GOD vir hulp en leiding.

gerbrandt ·

Jordaan kan jy enige-iets oor die vroue-klagtes bewys? Bring dit graag na vore. Trump is nie die oorsaak van duisende mense wat in Yemen doodgeskiet word met Amerikaanse wapens wat aan hulle voorsien was deur Hillary en Obama nie. Nou dit kan bewys word deur die verkoop/koop transaksies. Die geneul oor die vroue – kwessie raak nou afgesaag. Hierdie man gaan werk skep wat orals in die wereld ‘n probleem is. Baie mense besef nog nie wat ‘n voorreg hulle het in Trump nie maar dit sal verander – behalwe natuurlik die Libs waarvan jy seker een is. Julle gaan baie minder word.

Vic ·

Gerbrandt – is jy seker Hillary en Obama het meer wapens verskaf as Bush en Bush? Wat is Trump se verbintenisse met wapenvervaardigers en verskaffers?
Die onwilligheid van die konserwatiewes om te aanvaar dat Donald n gereelde vroue misbruiker en minagter is, is kommerwekkend…..

Herman, ek sal graag wil hoor wat dink jy van Trump se verhouding met/ houding teenoor die pers?

van der Merwe ·

Donald Trump is ‘n besigheids persoon van formaat. Om’n land te bestuur, is ook niks anders as ‘n besigheid nie.

Hy het skynbaar reeds die subsidie op aborsie weggeneem. 10/10 daarvoor. Waarom moet die belasting betaler betaal vir oningeligte persoonlikhede wat nie weet hoe om voorbehoeding te doen nie?

“Charity begins at home” dus stem ek volmondig saam met ” Amerika eerste”. Werksgeleenthede vir die burgers van jou land kan net ‘n gesonde ekonomie bevorder. Om instromings beheer toe te pas is iets wat ons Suid Afrikaners net oor kan droom . . .

Mnr. Trump, ek salueer jou.

Willem ·

M.b.t. aborsie, wat as ‘n vrou swanger is a.g.v. verkragting?

Lewe ·

Willem. Wat daarvan? Is dit die baba se skild, en moet hy ook gestraf word? Mense gaan so aan oor vroueregte, maar wat van die baba se regte? Niemand moet die reg gegee word om lewe te neem nie, dit is moord…

Koos ·

Jordaan, Jordaan skrik jy net wakker, hoe lyk jou geraamte kas pel. Almal maak foute, ons praat hier van die groot mens wereld. Ons soek weer orde in die wereld met dissepline en respek vir mekaar.

gatiep ·

Net soos jy daar se Koos.
Lyk vir my of mense in baie groot getale onder hipnose is en hulle kan nie daaruitkom om die dinge regtig raak te sien wat aangaan in wereld nie of hulle gee net nie om nie.

Willem ·

…. en ek sien ou Trump het op nog ‘n belofte teruggegaan, naamlik om sy belasting opgawes publiek te maak

student ·

Die oudste wysheid oor verkiesings is dat mense nie na die stembus gaan om ‘n nuwe leier te kies nie, maar om van ‘n slegte ene ontslae te raak. In die geval was dit die Demokrate wat uitgeskop was. Dit kom al meer as 4 jaar, as mens kyk na gebeure in die kongres en die senaat. Barack Obama was baie gewild, maar het aan die einde van sy twee terme gekom. Die kiesers het duidelik laat week wat hulle dink van ‘n Demokraat-regering sonder Barack Obama.

Enige ding wat DT doen word met ‘n mikroskoop ontleed en gewoonlik veroordeel. Tot die liedjie wat gekies om te speel tydens die inhuldiging. Dit lyk vir my asof verskeie mense net eenvoudig doof is nie ne nog steeds nie die les van hierdie verkiesing geleer het nie.

JP ·

Dis eintlik alles eenvoudig.Lees die Bybel aandagtig deur en jy sal agterkom dat evolusie nie n plek het in die woord, Selfs toe die Egiptenare vir Moses ook wou oortuig van evolusie.Die Aarde is +_ 6-7 jaar oud, ons kom nie van die Aap Mens of grot man nie!!Charles Darwin is die finder van evolusie..en Karl Marx van kommunisme. Lees die Woord..kortliks beteken dit (BIBEL) BASIC INSTUCTIONS BEFORE LEAVING EARTH!!!

t ·

So JP, om jou eie redenasie te gebruik was Isaac Newton die “finder” van gravitasie en Heinrich Hertz die “finder” van magnetiese golwe?

RB ·

t,
Isaac Newton en Heinrich Hertz het ontdekkings gemaak van iets wat fisies bestaan. Nie iets uitgedink/opgemaak nie. Wetenskap is observasie en eksperimente. Teorieë moet bewys word deur observasie en eksperimente.

Hetjygeweet ·

Willem. Het jy geweet die oudste lewende boom op aarde is maar net 4000 jaar oud? Die bybel verduidelik mooi wat het 4000 jaar terug gebeur : )

miv ·

Hier is ‘n paar mans wat kommentaar lewer wat ek salueer, julle is die hart van ons volk, die ander is die opstokers en kwaadpraters, deel van die media wat onmin tussen mense bewerk. Trump het Obana se gemors geërf wat hy nou moet regmaak – nes die DA wat die korrupte ANC munisipaliteite se gemors moet opruim.

JC ·

Julle mis almal die punt: President Trump se verkiesing was bloot ‘n ordelike (in teenstelling met bv. die Franse rewolusie) omverwerping van die status quo=Grootskaalse hoofstroom media manipulasie, politiese korrektheid wat verby die logiese en regverdige gerek is, verlies aan identiteit en werksgeleenthede en massa-immigrasie. Ons weet nou dat identiteit nooit sy waarde sal verloor as dit kom by menswaardigheid nie en die mens se strewe na betekenis. Vir persone met ‘n breer kennis en intellektuele basis, en wat bekend is met wereldgeskiedenis en sy stromige, sal dit nou duidelik wees dat Descartes, Diderot, Francois Marie Arouet (voltaire) en Jean Jacques Rousseau die wereld op ‘n dwaalspoor gelei het met die “verligting” en dat die gevolg daarvan die vervanging van een vorm van morele gesag (die Kerk) met die van die media was, die media synde verantwoordelik te wees vir die benarde toestand waarin die samelewing hom bevind. Dit is nou duidelik dat “liberale demokrasie” d.w.s. hippokrasie op steroide, ‘n fyn en goed vermomde eufemisme vir wereldoorheersing van denke is en vernietig moet word ten alle koste= en dit vanaf ‘n student van die kamtige “Grondwet”:-)

Theuns ·

Daar is ‘n Venootskap tussen Godsdiens/Geloof en die Wetenskap. Einstein het die volgende gese; ” Wetenskap sonder die Godsdiens is lam(Lame), Godsdiens sonder die Wetenskap is blind!.
Wetenskap bemoei hom met dit wat hy nou waarneem (wat is) terwyl die woord van God hom besig hou met dit wat was en dit wat gaan wees! In die meeste gevalle bevestig die Wetenskap net wat in die woord geskryf staan. ‘N goeie voorbeeld van wat bevestig word deur die wetenskap is die skepping soos dit geskryf is in Genesis! Lees die Skeppings verhaal weer.

Vossie ·

Hierbo is darem ‘n klomp kommentare deur ouens wat duidelik nie weet wáárvan hulle praat nie! Hulle praat sommer net omdat praat praat is!

Theuns ·

Vossie al is wat jy se korrek. Laat die manne toe om te se wat hulle wil se.Dit is vryheid van spraak! Ons moet laasgenoemde koester.
En sommer vir jou ook JC, Dankie.

Theuns ·

Vossie al is wat jy se korrek. Laat die manne toe om te se wat hulle wil se.Dit is vryheid van spraak! Ons moet laasgenoemde koester.
En sommer vir jou ook JC, Dankie.

Ander Koos ·

Theuns en JC
Waar en Wanneer is die volgende byeenkoms van die Flat Earth Society?

Herman ·

Vir al die evolusie en vermiste skakel “is nie meer deel van die debat nie” aanhangers omdat te veel “voorbeelde van soogdieragtige reptiele” gevind is, net die volgende: Wetenskaplikes verskil oor die ouderdom van die aarde. Sommiges sê dis 4.5 biljoen jaar oud terwyl ander weer sê dis selfs 13 biljoen jaar oud. Tussen dit deur het evolusie begin en sommige wetenskaplikes beweer die eerste mens is ongeveer 2 biljoen jaar oud. Vir evolusie om te gebeur is lewe nodig. Hoe het lewe ontstaan? Die wetenskap het mos nou al minstens 4.5 biljoen jaar tyd gehad om dit te “bewys”. Kan iemand dit antwoord?

Galapagos ·

Beste Herman,

Jy pleit dat mense nie in debat moet tree oor evolusie nadat jy ‘n stuk skryf waarin dit pertinent voorkom nie. Dit is soos om ‘n been by die kombuisvenster uit te gooi en dan met die honde te raas omdat hulle daaroor baklei…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.