Nuuskommentaar: Trump se staat van beskuldiging – van môre af tuit die ore

President Donald Trump waai vir verslaggewers nadat hy met hulle gepraat het by die Wit Huis in Washington. (Foto: Manuel Balce Ceneta, AP)

Oor minder as ’n jaar sal die wêreld weet wie die VSA se nuutverkose president sal wees. Môre begin die openbare verhore wat pres. Donald Trump se staat van beskuldiging kan bepaal, en dus ook gaan aandui of Trump weer die Republikeine se presidentskandidaat sal wees.

Pogings om Trump kort nadat hy aan bewind gekom het in ’n staat van beskudiging te plaas en so sy presidentskap voortydig in die stof te laat byt, begin môre met openbare verhore. Trump se reaksie hierop was: “They shouldn’t be having public hearings. This is a hoax.”

Trump glo die proses is polities gemotiveer. Sy ondersteuners in die Kongres gaan hul teenstrategie inspan wat enersyds gaan probeer toon dat die proses wél polities van aard is, maar ook om Trump se rol in die Oekraïense skandaal te probeer minimaliseer. Dit is juis hierdie skandaal wat die finale hupstoot was om die proses in werking te stel.

Dit sou heeltemal voortydig wees om te probeer aandui of Trump gaan bly of gly, en om eerder te fokus op omringende sake. So wil dit voorkom of, wat Europa betref, die media saamspan om ’n paar sente los te slaan uit berigte wat oor hierdie saak handel. Maak nie saak watter gewoonlik betroubare koerant se kuberweergawe nou vir nuus en kommentare genader word om behoorlik toegerus te wees om kommentaar oor te lewer nie, ’n mens het skaars begin lees of die letters begin vervaag en verdwyn – die leser moet eers ’n betaling maak voor hy verder kan lees.

Omgewingsbewustes is juis nou op ’n skynbare piek in hul pogings om die gevare van die mens se rol in klimaatsverandering sentraal in die wêreldnuus te stook – ’n proses wat Trump steeds as een van die wêreld se “skurke” uitbeeld, verdiend of onverdiend.

Volgens Rasmussen se daaglikse meningspeiling van 6 November het kiesers se tevredenheid met Trump se werksverrigtinge vir Oktober tot 46% gedaal. In September was dit nog 48%, en het die president vir die grootste deel van die jaar goed gevaar nadat sy staatsrede goed afgegaan en sy tevredenheidsyfer met 5 punte gestyg het.

Volgens die jongste daaglikse peiling het Trump se gewildheid tot 47% herstel, maar as diegene wat baie tevrede met Trump is (33%) met dié wat erg ontevrede is (45%) vergelyk word, lyk sake minder gunstig vir Trump.

Nog ’n interessante peiling is die peiling van Rasmussen waarin bevind is veel minder kiesers meen Trump het regverdig aan bewind gekom: “A new Rasmussen Reports national telephone and online survey finds that 48% of likely U.S. Voters still believe President Trump won the 2016 presidential election fairly, but that’s down from 55% in April 2017 shortly after the new president took office. Forty percent (40%) say he did not win fairly, up from 33%. Twelve percent (12%) are undecided.”

(Rasmussen word nie oral as die bes moontlike peilingsagentskap beskou nie, en word beskuldig van pro-Republikeins te wees. Rasmussen ontken dit, en stel periodiek syfers vry wat sy aanspraak op akkuraatheid skynbaar ondersteun. Rasmussen is een van die min, indien nie die enigste nie, wat steeds die daaglikse peiling doen om kiesers se tevredenheid met die president se optrede te meet.)

Elke kant stoot sy swaargewigte in die voorste linies van die proses in. Veral die Republikeine het verskeie belangrike verskuiwings gemaak om te verseker dat Trump se beste en vurigste ondersteuners van die Wit Huis na die Kongres verskuif word. Lees gerus Politico hier.

President Donald Trump arriveer by die Withuis in Washington ná sy besoek aan Suid-Korea se president Moon Jae-in en Noord-Korea se leier Kim Jong-oen op die grensdorpie Panmunjom tussen Noord- en Suid-Korea. Hy het pas ook die G20-beraad in Osaka, Japan, bygewoon. (Foto: Andrew Harnik, AP)

Die interessantheid is dat Nancy Pelosi wat as die Demokrate se vernaamste wapen teen Trump ingespan is, se naam nou selde of ooit opduik noudat die wiele begin rol het.

Nog ’n interessante waarneming is dat die Amerikaanse media nou minder maak van die komende staat van beskuldiging-verhore as die Europese koerante. Die jongste beskikbare uitgawe van The Conversation, dié van 11 November, hanteer die onderwerp glad nie, maar fokus eerder op die herdenking van (militêre) veteranedag. (Trump word gereeld gekritiseer omdat hy nooit militêre diens tydens die Viëtnam-oorlog verrig het nie. Hy is vyf keer vrygestel, ’n algemene praktyk onder seuns uit invloedryke families.)

Ook die Rasmussen-verslag vir vandag fokus eerder op Veteranedag. ’n Artikel deur Ted Rall wat in vandag se verslag ingesluit is, fokus die progressiewes in die Demokratiese Party eerder daarop om die party oor te neem, as om Trump te verslaan. Lees hier.

Ook die jongste daaglikse nuusbrief van die Los Angeles Times verwys net opsigtelik terloops na die staat van beskuldiging-verhore, hoewel geskryf word dat die saak nuus uit Washington dié week oorheers: “More Politics – As the impeachment inquiry moves into a public phase, leading Democrats – joined by at least one GOP lawmaker, Rep. Will Hurd of Texas – rejected Republican demands for public testimony by the whistleblower, whose complaint set the process in motion.

“With many Democrats growing anxious that an uncompromising progressive at the top of the ticket could push swing states into Trump’s hands, Pete Buttigieg is fast threatening former Vice President Joe Biden’s dominance of the Democratic primary’s pragmatic lane.”

Die vraag bestaan egter ook of Trump se toekoms nie elders bepaal kan word nie. Ná ’n hofbevel tot dien effekte gaan sy belastingsake ondersoek word, en is hy reeds beboet oor sy Stigting se geld ten bate van Trump se persoonlike sake aangewend is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Piet Piper ·

Die spelreels in Politiek het geen plek vir die WAARHEID en ook is 90% van al hierdie politieke kripvreters slegs Ekonomies georienteerd om hul eie sakke te vul……….Trump is hier egter die Uitsondering op die reel……..hy het nie geld nodig gehad deur te wou President word, en hy skroom nie om reguit die waarheid te praat wanneer ernstige probleme aangespreek moet word wat in belang van Amerika se mense is. Natuurlik baat hy ook finansieel in die proses van President wat sake- belange betref, maar dis tot voordeel van die wereld se ekonomie ook.

Feite ·

Die openbare verhore gaan die meningspeilings teen Trump beslis beinvloed, maar of dit genoegsaam gaan wees om hom te keer om president te bly, dit sal eers gesien moet word. Die demokrate gaan die handskoene moet afhaal en minder polities korrek moet optree indien hulle Trump wil klop. Jy kan nie teen Trump die nice guy wil wees nie!

Dries Bý⁸ ·

Aag ja die nar ,hulle is ook al siek van hul president.

Gert ·

Hy is meer van n president wat sy land eerste stel , iets wat ons ander presidente by kom kan leer soos Piet Peyper se hy het nie hulle geld nodig so hy word nie omgekoop en dit is 1 van die redes hoekom hy nie n gunsteling is by hulle , maar in die publiek is hy n held , al wil die media hom altyd sleg laat lyk . Gaan kyk bietjie u-tube videos.

Trompie ·

Dries By jy klink na n nar. Ons is ver van siek van President Trump. Maar wat ons wel siek van is om na narre soos jy elke dag te luister na die snert wat julle praat. Jy kan seker nie sê hoekom jy hom jy hom so iets? CR klink meer soos een. Veral as ons kyk hoe SA operate!!

Corne Barnard ·

Gert…..ek stem…..ons kan by Trump leer…..het respek vir hom.

Chris ·

Mnr Trump is ‘n klippie in die “elite” se skoen. Gee kans hy gaan bloed trek.

Schalk ·

As trump in die land was het n heel paar honde nie meer geblaf nie maar getjank soos pelosi en pencil neck.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.