Nuuskommentaar: Trump vs Kim: Wie was die verloorder?

Pres. Donald Trump en Kim Jong-oen van Noord-Korea stap saam ná hul eerste vergadering by die Sofitel Legend Metropole Hanoi-hotel [28 Februarie 2019]. (Foto: Evan Vucci/AP)

Dit het vir min mense as ’n verrassing gekom dat die samesprekings tussen pres. Donald Trump van die VSA en Kim Jong-oen van Noord-Korea skielik beëindig is. Boonop het die breekspul gekom net voor ’n onthaal waartydens ’n ooreenkoms onderteken sou word. Die seremonie hiervoor was reeds in gereedheid. Die ontleder dr. Leopold Scholtz meen die verwikkelinge was nie ’n verrassing nie aangesien die twee lande se standpunte te ver uitmekaar lê.

Maar wie het die beste daarvan afgekom? So gou ná die gebeure is dit veel makliker om te bespiegel wie (voorlopig) die slegste daarvan afgekom het. Wat duidelik is, is dat Kim daarin geslaag het om ’n internasionale rolspeler te word, iets wat die Kim-dinastie al lank nastreef, maar net ’n kluisenaarstaat kon beredder.

Trump se reaksie was om te sê: “Soms moet ’n mens (eers) voetslaan.”

Maar is dit ’n dooie punt, of dalk selfs die einde van die pad met die aanmekaartimmer van ’n vredesproses? Dit is gewoon te gou om te sê.

Tydens die samesprekings het Kim aangebied om die snel uitbreidende Yongbyon-kernkompleks af te takel in ruil vir die volle opheffing van sanksies teen sy land. Trump se reaksie: “Ons kon dit nie aanvaar nie.”

Die samesprekings is voorafgegaan deur groot wantroue dat Noord-Korea hom by die vorige ooreenkoms gehou het, en veral brieke aangedraai het met sy kern- en missielprogram. Dat daar geen kerntoetse meer was nie, beteken ook nie veel nie omdat gemeen word dat Noord-Korea alle nodige toetse reeds uitgevoer het. Noord-Korea glo hy hoef eers sy kant van die ooreenkoms te begin nakom as die VSA sanksies begin lig.

Kim en sy regering bly ’n geslote boek, en selfs al val ’n paar los bladsye uit, bevat dit dikwels inligting om die wêreld te mislei.

Trump self is steeds in ’n geloofwaardigheidstryd gewikkel, dié keer te danke aan sy eertydse regsadviseur, Michael Cohen. Cohen spoel sy mond tans vreeslik uit en beskuldig Trump onder meer van leuens, belastingbedrog en die oortreding van wette wat met die finansiering van sy verkiesingsveldtog verband hou. Dié keer hoef Trump nie te veel slapelose nagte te hê nie omdat Cohen nou ’n veroordeelde misdadiger is wat onder meer deur die hof gelooi is weens growwe leuens.

Die lastigheid is egter dat Cohen drie jaar gevangenisstraf opgelê is nadat hy erken het dat hy sy “plig” gedoen het om Trump se “vuil dade” toe te smeer – soos om vroue wat aantygings oor Trump se beweerde seksuele wangedrag teenoor hulle versprei se stilswye te koop. Cohen se stelling dat hy twyfel of daar ’n vreedsame oorgang sal wees as Trump die volgende verkiesing verloor, word egter nie soos soetkoek deur die kiesers verslind nie, en tas Cohen se geloofwaardigheid net verder aan.

Volgens die jongste Rasmussenpeiling staan Trump se aanvaarding by kiesers nou op minus 4, nadat dit op 21 Januarie nog op minus 17 gestaan het.

Pres. Donald Trump, Kim Jong-oen van Noord-Korea en hul onderskeie afvaardigings tydens hul vergadering [28 Februarie 2019]. (Foto: Evan Vucci/AP)

Intussen het dit aan die lig gekom dat die FBI ’n klopjag op Cohen se huis, kantoor en hotelkamer uitgevoer het en onder meer op elektroniese toerusting beslag gelê het. Vrae word gevra oor die skending van vertroulikheid tussen kliënt en regsgeleerde.

Die Mueller-ondersoek duur intussen voort en bevind hom, volgens Rasmussen, teen ’n glibberige afdraand.

Intussen word reeds beramings gedoen oor Trump se kanse om vir ’n volgende termyn herkies te word. In ’n ontleding skryf Kyle Kondik dat dit baie ewekansig is, nadat sy verkiesing baie naelskraap was. (Hillary Clinton het 2 864 974 meer stemme as Trump getrek.)

In dié stadium blyk dit dat Trump die steun van 248 kieskollege-stemme sal kry, teenoor 244 wat teen hom sal stem. Daar is 46 stemme wat na enige kant toe kan gaan. Kondik meen Trump het in die eerste twee jaar van sy termyn weinig gedoen om na kiesers wat teen hom gestem het uit te reik. Tensy hy in die res van sy termyn daaraan aandag skenk, sal sy herverkiesing dus in die weegskaal wees.

(Kondik is ’n politieke ontleder by die Sentrum vir Politiek aan die Universiteit van Virginia en besturende redakteur van die Sabato’s Cristal Ball.)

Dit sal nietemin interessant wees watter invloed die jongste verwikkelinge rakende Noord-Korea op die meningspeilings gaan hê, sodra dit daarin waarneembaar begin word.


• Maroela Media het ʼn skarebefondsingsprojek op die webwerf BackaBuddy van stapel gestuur om Herman te help om fondse vir sy kankerbehandeling in te samel. Klik hier om meer te lees of om Herman deur BackaBuddy finansieel te ondersteun.

• Indien jy ʼn direkte bydrae in die Toeriens se bankrekening wil maak, stuur ʼn e-pos aan [email protected] met “Herman Toerien” in die onderwerpveld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jerry ·

Hierdie mislukking van Trump, Cohen se bewyse en Mueller se verslag kan nou baie maklik die einde van die pad beteken vir die vredesproses en vir Trump. Dankie tog dat die einde in sig is vir die “bou n muur” brigades! Ek se nog die heeltyd ons moet eerder brue bou en as hulle n brug afbrand, dan bou ons nog n brug. Kyk in watse toestand is die brue in elk geval, in SA. Komaan SA sit skouer aan die wiel en bou n brug, ons sien mos nou wat gebeur met mense wat mure wil bou!

Chris Ws ·

Jerry het jy die program Border Patrol op DSTV al gekyk?Dit wys duidelik hoe erg Amerika sukkel om daai hordes ongewenste immigrante en hordes dwelm smokkelaars op te spoor as hulle oor die grens kom.Daardie program wys baie duidelik Donald Trump het die regte idee met die oprig van ‘n muur op die grens met Mexsico.Om daar ‘n “brug ” te probeer bou is absurd om die minste te se.

MAGA2020 ·

Noord-Korea. Jy vra nie ‘n miljard vir ‘n appel nie…

zoom zoom ·

Trump en Kim het gepraat oor Mc Donald’s takeaway winkels. Alles was above board. So ontspan rustig en chill.

Sinies ·

Noord Korea is China se proxy staat.
.
China sal NK gebruik om Trump te benadeel.
.
Baie ingevoerde lae waarde items word vanaf NK via China die hele wêreld deur verkoop. Ook SA.

Gert ·

Dir is duidelik dat Cohen deur sy ore lieg. Net Trump-haters sal enige ag slaan op die snert wat Cohen kwytraak.

Louis ·

Ek sal kan doen met meer onstabiliteit in die wêreld. Dit sal my Krugerrande se waarde verhoog. Goud se waarde styg mos soos wat dinge deurmekaar raak.

Ronnie ·

Die Weste verloor. Demokrasie verloor. Poetin wen. Sergey Lavrov was persoonlik in Hanoi om seker te maak beide Trump en Kim tree op soos die Kremlin voorskryf.
Ek dink Cohen se getuienis laat nogal wenkbroue lig. Sommige sal hom as geloofwaardig beskou maar Trump se “die hard” ondersteuners sal bankvas agter hom bly staan ongeag. Dit is diegene wat glo die “Deep State” en die Clintons en Obamas en die DOJ en die FBI en CIA en almal wat nie pro-Trump is nie en o ja Hollywood en die hoofstroom media knoei en die knoeiery is geteken en geseël ten koste van Trump en ten gunste van Clinton.
Aan die anderkant het die Dems nou waardevolle inligting bekom en het hulle ‘n beter idee van wie anders se getuienis verder lig op Trump se sake kan werp. Felix Sater, ‘n voormalige vennoot van Trump in die Bayrock besigheid is volgende aan die beurt. Hy is ook ‘n veroordeelde krimineel en wikkel hom maklik uit moeilike situasies deur teen sy medebeskuldigdes te getuig.
In ‘n vorige hofsaak het Trump ontken dat hy Sater ken en sou hom glo nie eers herken as hy hom êrens sou raakloop nie. Intussen was Sater se kantoor reg langs sy eie op die 26ste vloer. Dit weet ek lankal reeds. Al wat vir my nuus was, is dat Cohen later die kantoor oorgeneem het.
Trump het homself altyd omring met ongure karakters soos Sater en Cohen. Vandag maak hulle deel uit van sy kabinet.

Annie Webb ·

Jy maak my nuuskierig Ronnie. In watter publikasie kry jy jou inligting?

Dries du Toit ·

Van brue bou is ons in SA waar ons vandag is. Chaos. Bou liewer mure. Dit is al wat enige mens gemoedsrus gee. Ek en my slegte bure bly al vir jare lank in vrede. Vat daai muur tussen ons weg en ek verseker jou onmin sal gedy

Cherokee ·

-4 klink vir my spanne beter as -17!
Julle kan gerus ook ‘n bydrae-sisteem skep vir oom Donald. Hy het baie uitgawes.

Cornelia ·

Van al die Westerse wêreld leiers, kan mens Mnr.Trump net nie miskyk nie. Hy waag al het hy geen waarborg dat hy gaan wen nie. Tog is sy motiewe myns insiens, suiwer en onbuigbaar. Hy is nie naïef in sy poging om ‘n onstabiele kruitvat en lont soos Kim met sy glibberige aspirasies ‘n voet in die deur te gee nie. Gelukkig is Pres. Trump ‘n man wat leer uit voorgangers se fatale foute. Hy trap nie op dieselfde koekie seep net om in skuim te sit nie. Die man waag met durf en so lei mens af, met ‘n goeie doel in die vooruitsig dat elke poging ‘n wêreld se aandag vestig op die verantwoordelikheid van die verantwoordelikes teenoor ‘n ganse mensdom se aandrang op veiligheid en mede -aanspreeklikheid vir die bewaring van vrede sover moontlik. Noord Korea is nie ‘n kat wat sonder handskoene gepak kan word nie. Sy inbors is glibberig en ‘n landmynveld van kamoeflering. Ek sien geen ander wêreldleier wat Noord Korea uitdaag om sy destruktiewe rol te heroorweeg met die oog op konstruktiewe deelname en betroubare diplomatiese betrekkinge nie?

Annie Webb ·

Trump is steeds die eerste VSA-president wat hoegenaamd met Kim praat en deur wie Noord- en Suid-Korea nou ook weer met mekaar praat. Sedert die wapenstilstand in die 1950s. Sonder Trump en sy diplomate se tussenkoms sou Noord-Korea ook nooit aan die Olimpiese Spele in Seoel deelgeneem het nie. Soos Trump self sê, wonderlik hoeveel mense nou vir hom raad gee nadat hulle self niks kon regkry nie.

Dap ·

Ek is oortuig dat as Hitler vandag geleef het en die NAZI’s nou eers op die been gebring is, sou liberale met lof oor hom gepraat het sodat Trump die vark in die verhaal sou wees!
Kim is net so wrede moordenaar soos Hitler (eintlik erger)!
Liberale haat vir Trump omdat hy staan vir wat reg is en die beste vir n land sal wees, nie soos Obama wat ISIS prys nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.