Nuuskommentaar: Tussen ’n hoë muur en ’n nog hoër toring

Pres. Trump in die Roostuin by die Withuis (25 Januarie 2019)
(Foto: AP Photo/ Evan Vucci)

Bevind pres. Donald Trump hom nou tussen ’n hoë muur en ’n hoë toring? Soos gebruiklik maak fopnuus dit baie moeilik om akkuraat te voorspel. En dan is daar nog bewerings van rassisme.

Selfs pres. Donald Trump se felste teenstander sal erken dat Trump nie sommer onder die stof geloop word nie. Die feit dat hy nog vol selfvertroue president is, en betreklik onverstoord met sy werk aangaan, is bewys van ’n besondere uithouvermoë.

Die jongste debakel om Trump se kop beskik oor al die elemente van ’n mengsel van ’n Griekse tragedie en ’n bobaas-sepie in die beste Amerikaanse tradisie.

Dit kom in kort daarop neer dat Trump al die afgelope 30 jaar droom oor die oprigting van ’n wolkekrabber van 100 verdiepings in Moskou. Heel bo-op is ’n luukse woning (in Engels as “penthouse” bekend), ter waarde van $50 miljoen, wat ’n geskenk vir pres. Wladimir Poetin sou wees.

Die dakwoning-deel van die ontvouende verhaal word ten sterkste deur Trump se mense ontken.

In hierdie oerwoud van fopnuus word nie net Trump se geloofwaardigheid ondergeploeg nie, maar ook dié van Poetin, en van hul vertrouelinge.

Dit blyk dat Trump reeds amptelike kandidaat van die Republikeinse Party was toe die onderhandelinge nog voortgeduur het. Dit sou egter nie op ’n oortreding van enige aard neerkom nie nie. Maar dit is wel ’n oortreding om vir die kongres te lieg. En dit is hier waar Trump se probleme begin.

Volgens berigte het Trump, toe reeds president, opdrag aan Michael Cohen, eens sy regterhand en vertroueling, gegee om vir die kongres te lieg. Met die breekspul tussen Trump en Cohen het Cohen ’n belangrike informant geword van die Meuller-ondersoek, wat probeer vasstel presies hoeveel die Russe by die Amerikaanse verkiesing ingemeng het.

Cohen was ook in ’n stadium Trump se persoonlike regsadviseur. Hy is reeds drie keer uitgevang dat hy vir die kongres gelieg het, maar oor sake soos die opvolging van gebeure en afsprake. BuzzFeed beweer Trump het persoonlik opdrag gegee dat Cohen moes lieg om sy eie betrokkenheid by die onderhandelinge in Rusland te verdoesel.

Intussen is dit duidelik dat daar absoluut niks van enige van Trump se ideale gekom het om iets in Rusland te bou nie.

Dit word al hoe duideliker dat Trump homself tussen die hoë muur en die hoë toring bevind. Die twee sake het eintlik niks gemeen nie. Die muur sal uiteindelik uit belastingbetalers se sakke gefinansier word, terwyl die toring uit Trump se eie sak gefinansier sal word – indien enige van die projekte ooit sal realiseer. Intussen blyk dit, aldus Standard & Poor, dat die skade wat die gedeeltelike sluiting van die federale regering tot gevolg gehad het, die land $300 miljoen meer gekos het as wat Trump vir vanjaar vir die muur gevra het. En die proses kan homself baie maklik herhaal omdat dit nie lyk of enige kant sal bes gee nie.

Intussen lyk dit of dit nie net die muur- en toringkwessie is wat Trump kan knou nie, maar ook rassisme. Video-materiaal kom aan die lig dat Trump jare gelede opmerkings gemaak het wat op ’n rassistiese verlede dui. Trump ontken dit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Allan ·

@Herman, inligting wat ek lees (uitgesluit hoofstroom media en veral “fake news” BuzzFeed), en soos ek dit verstaan, het Trump hom NIE die opdrag gegee nie, Cohen het dit self herken, en BuzzFeed????. Genade??

Dan moet ons maar wag om te sien wat Muller se bevindinge is, soos ek dit verstaan, het Muller tot op datum GEEN bewyse dat Putin enige invloed op die verkiesing gehad het nie.

Trump, is ‘n besigheidsman en het seker die reg om ‘n “Trump Toring” in Rusland te bou, hy het dit al in veskeie lande gebou, nie net Rusland nie, beteken dit nou die ander lande het ook die verkiesing beinvloed. Of is dit nou weer die “BAD” Rusland wat weereens gedemoniseer word. Ook, was die onderhandeling lank voor hy in die verkiesing sou staan.

Ook natuurlike, ek sal graag die bewyse wil sien hoe “Putin” hom in die verkiesing kon help wen????? Ek weet nou nog nie hoe hy dit kan regkry nie. O, nee wag, ek hoor dit was deur “Social Media – soos Twitter en Facebook”

Die feit is dat Trump aangeval word met enige iets wat hy probeer, al is die goed, want hy is nie deel van die “ESTABLISHMENT” maw “Shadow Government” nie.

Jerry ·

Enige Trump aanhanger behoort baie bekommerd te wees. Die republikeine laat sak alreeds hulle koppe in skaamte, want selfs hulle besef dat dit nou net n kwessie van tyd is voordat Trump se babbel gaan bars! Die gevolge gaan tot in SA gevoel word, veral vir diegene wat op Amerikaanse ondersteuning gehoop het.

Gert ·

Die linkses en globaliste se aanslag teen Trump ken geen perke nie, wonder hoeveel omkoopgeld het Cohen nou weer gekry om hierdie leuens te vertel.

PJC ·

Ek wonder waar gaan die media iets kry om oor te skryf as Donald Trump nie meer daar is nie. Reg of verkeerd hy weet hoe om alles op sy kop te keer. Ek dink hy doen ook baie wat reg is al doen hy dit op maniere waarmee ek nie saamstem nie.

DewaldS ·

Hahaha – kyk as hierdie nou nie ‘n fopnuus-artikel is nie, weet ek darem ook nie. Al wat ‘n belaglike bewering teen Trump is, word hier voorgehou as ‘n gegewe – as reeds die waarheid, terwyl daar soort van aangedui word dat net die laaste bietjie detail dalk nog ontbreek. Ponie-koerant-verslaggewing op sy beste..

Pateties, Mnr Toerien

Therese van Schalkwyk ·

En so hou Donald J. Trump die wêreldmedia en ‘demokrate’ 24/7 besig.

Die joernalis, John Nolte, beskryf die histerie as volg:

“Like malicious cartoon characters running around drunk on their own hate”.

Therese ·

Naskrif:
Herman Toerien kan beslis nie by hierdie lot ingesluit word nie. Sy oorwegend gebalanseerde beriggewing oor die omstrede Amerikaanse president word waardeer.

Ernest ·

Hierdie berig is presies die soort kommentaar wat mens uit SA kan verwag. ‘n Poging om Pres. Trump in die “skadu” te stel. Dis mos presies wat die Liberale media in die wêreld doen en waarom sou SA nie met smaak hieraan deelneem nie ? Waar op hierdie planeet is nog ” ‘n man wat sy man kan staan”…??? Trump is nie ‘n ou “hensopper” nie en daarom sal hy “n doring in die vlees wees. Sterkte Pres. Trump met jou beleid want ons hier aan die Suidpunt v Afrika proe reeds die smaak van liberalisme !! Ek het baie respek vir hom want hy is soos die gedig sê: “Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan……”

Arnold Botha ·

Ek dink ,en dit is slegs my opinie ,dat Mr Toerien soos meeste CNN en Suid-Afrikaanse joernaliste ,se “anti Trump” ten koste van alles onderrok uithang .

John ·

Daar is twee groepe: die wat Hilary en Soros steun en diegene wat nie weghol met die CNN-reklame vir ‘n oorlog tussen die VSA en Rusland nie. Sonder ‘n grensdraad om jou land is die term soewerein nie veel werd nie; ons ervaar sulke gevolge hier. Nancy en Hillary en al wat antie in die VSA is, wat hoop hulle gaan nog op die troonstoel sit om met die towerstokkie in die oval office se groot lessenaar se linkerboonste laai, die heelal tot hul eie gewaande orde te roep, het iets in hul oggendkoffie ingekry. Mense moet ook oppas vir te veel botox…

Thinus Erasmus ·

Kom ons kyk objektief na Trump se redenasie op SA vlak: Ons land het baie meer geld en geleenthede as ons bure, selfs die hele Afrika. Ons het ‘n grens maar dit hou nie onwettige instroming uit nie, ons het 3 keuses:
1.ontwikkel (befonds) Afrika vinniger as SA
2 laat die immigrante toe om ongehinderd in te stroom
3 beveilig die grens
Die problem met 1 is dat SA self feitlik bankrot is, daar is geen manier om die hele Afrika of net ons bure op dieselfde vlak as ons te bring nie.
En die problem met 2 wat ons tans beleef is dat die immigrante nie almal net goeie werkers en koopkrag is nie, daar is misdadigers, dwelm en mens smouse en parasiete wat dreig om ons wettige ekonomie te knak – en die potensieele getalle is skrikwekend!
So dis baie maklik om te sien dat 3 die oplossing is om SA en sy burgers te beskerm soos enige wettige regering moet doen!
En so ook met sy teenkanting van die nasionale gesondheidsplan – hier by ons wil hul dieselfde probeer, en met die staat en staatshospitale in beheer beteken dit net nog meer geld gaan gemors word en nog meer moet die belasting betaler ekstra opdok vir private dienste.
So Jerry ek is nie sy ondersteuner nie, maar redeneer net nugter – Trumps up!

Obserweer ·

Arme Herman! nou val die Trump ondersteuners sommer jou aan. Jy doen ook maar net jou werk. Ek het geen probleem as jou anti Trump onderbroek Uitsteek nie.

Allan ·

Ek sien Maroela wil nie my verdere komentaar plaas nie. Nou los dit dan!

@Jerry, jy lees te veel van Mr Toerien se artikels, lees ander ook. @Obserweer, dan moet Mr Toerien dalk meer gebalanseerde artikels plaas. In al sy artikels val hy Trump aan en demoniseer hom, net soos die liberale media, en dit is omdat hy “veilig” wil speel en die hoofstroom media se “Fake” nuus as bron gebruik. Bv hy gebruik die “Liberale, “Fake News”, Buzzfeed as een van sy bronne, dit sê alles.

Ons lesers lees lankal alternatiewe nuus en is op hoogte van “albei” kante van die saak, en ons weet as iets nie sin maak nie, verkeerd is of propaganda is. Maw ons is redelik ingelig. Hou op om Trump te demoniseer, moet net nie vir my sê die “Establishment” se Hillary is ‘n beter keuse nie.

Allan ·

@Obserweer, dit het niks met “sy ondersteuners” te doen nie, dit het met goeie en gebalanseerde verslaggewing te doen, die artikel is ‘n bedreiging vir ons inteligensie, dit is al

Rupert Ashford ·

Die Buzzfeed storie is deur Muller se kantoor self gekelder as nie feitelik korrek nie.

Allan ·

Rupert, een 100% korrek. Enige persoon wat BuzzFeed aanhaal as sy bron en verwysings raamwerk, het realiteit met die werklikheid verloor.

Moet my ook glad nie verkeerd verstaan nie, ek is self ook nie ingenome en beïndruk met Mr Trump se “hand om die blaas” houding met die Zionist nie, niks goed kan daaruit kom nie. Maar van sy werk is uitstekend en dit word om “gerieflikheidshalwe” geignoreer, maw gee hom darem tog net die eer wanneer dit hom toekom – dan dit die beriggewing meer gebalanseerd

humor ·

Ag nee matig Herman, wat sal jy jou nou bemoei met n standerd 6 klas se vlieevangery en n tong uistekery.

willem Botha ·

Presedent Trump word alewig gekritiseer en aangeval maar die gesegde sê mos die hoogste bome kry die meeste wind ,dit is mos n bewys dat hy sy werk doen en dit moet moeilik wees om obama se foute reg te maak.En laastens wil ek net sê SA het nog nooit n presedent gehad wat na aan Presedent Trump kom nie .

Obserweer ·

En nou word ek deur die ver regses aangeval. Help my tog Herman! Trump is n absolute rassis. En enige een wat die man in sy dwaasheid ondersteun is van lootjie getik. En dus my standpunt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.