Nuuskommentaar: Tyd dat Navo en Rusland spanning verlig

Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

Uit verskeie nuusbronne wat gesaghebbendes aan weerskante van die spanningslyn aanhaal, blyk dit dat die wêreld tot gevaarlik na-aan ’n gewapende konflik tussen Oos en Wes beweeg het. Dit is noodsaaklik dat Suid-Afrikaners ook hiervan kennis neem, maar ongelukkig word skrywers wat hulle op hierdie terrein waag, so onder vitrioel toegegooi dat hulle dan daarna liefs wyd hou – en ons verdommingsproses gevoed word.

Tot hoe ’n mate word Suid-Afrikaners van ’n objektiewe beeld oor presies hoe groot die spanning in die “lyn” van die ou Koue Oorlog pas ontwikkel het weerhou, bloot omdat kenners nie graag hul kennis deel nie weens die voorafwete dat hulle deur ongepoetste lesers in die aakligste terme gestriem gaan word?

Een van die min Suid-Afrikaanse rubriekskrywers wat nog gereeld sy kennis en kundigheid deel, is dr. Leopold Scholtz, wat onder meer oor ’n toepaslike doktorsgraad beskik.

Dit is eintlik ’n verligting om deur oorwegend kalm en gebalanseerde leserskommentaar op sy jongste bydrae hieroor op Maroela, Oorlog kan uitbreek, te lees. Ja, daar is hier en daar een wat vasgevang bly in die vernouende insig wat selfopgelegde oogklappe bied, en dan vanuit hierdie “perspektief” harde veroordelende woorde spreek. Maar dis ’n groot sprong van die bydraes in by die vorige rubriek uit Scholtz se pen waar ’n mens werklik skaam gekry het vir die oppervlakkige insigte sowel as die vitrioel waarmee standpunte (dikwels in uiters power Afrikaans) gestel is.

Die feit is egter dat daar ’n uiters gevaarlike globale verwikkeling aan die gang is, iets wat lank nie net deur Scholtz waargeneem is nie, maar ook deur kundiges wat hulle baie na-aan die vuur weerskante van die spanningslyn bevind en hulle daaroor uitspreek. Sou ’n oorlog uitbreek is dit in niemand se belang nie, en daarom moet so ver moontlik verby die kwessie van “wie se skuld dit is” gekyk word na hoe dit ontlont kan word. Nie dat die “wie se skuld dit is” nie belangrik is nie, maar weens wedersydse propaganda is die meningsverskil hieroor so diep gesetel dat ’n twis hieroor nog belangriker kwessies in die kas toegesluit hou, terwyl dit dringend aandag moet kry.

Normaalweg word die oorsaak vir die huidige toename in konflik teruggevoer na Rusland se anneksasie van die Krim. In Suid-Afrika word die kwessie gewoonlik uiters simplisties aangebied, en ’n morele kernelement, die lot van die oorspronklike inheemse bevolking, die Krim-Tartare, heeltemal verswyg, heel moontlik oor politiek-korrekte redes dat minderhede in Suid-Afrika nie idees, en veral simpatie moet ontwikkel nie.

Die Russe het byvoorbeeld die Tartare se verteenwoordigende liggaam, die Mejlis, verbied. In Europa, met sy sterker fokus op minderhede, is dit heel anders. Onlangs het die sangeres, Jamala, wat as Oekraïense sangeres van Tartaarse herkoms beskryf word, die Eurovision-liedjiekompetisie gewen met haar liedjie “1944” wat handel oor haar voorgeslagte se deportasie na Siberië. Hulle kon later terugkeer, maar sedert 2014, nadat hulle verdrukking begin ervaar het, het na raming een uit elke 20 Tartare die Krim verlaat, meestal na Oekraïne. Die Tartaarse kwessie is onlangs goed in ’n artikel, “Crimea Tatars endure second tragedy under Russial rule”, saamgevat.

Veral in die Baltiese state, Estland, Letland en Litaue, is daar kommer dat Rusland die Russiese minderhede in hierdie lande sal gebruik as verskoning om soos in Oos-Oekraïne ’n anneksasie soortgelyk as in die Krim te doen. Hierdie lande het sedert hulle van die ou Sowjet-unie onafhanklik geword het, noue bande met die Weste aangeknoop.

Aan die Russiese kant van die grens is 30 000 Russiese troepe saamgetrek. Navo het pas besluit om vier bataljons, sowat 4 000 man, in die Baltiese state en Pole op ’n rotasiegrondslag te ontplooi. Verskeie Navo-lande het vir die eerste keer in jare hul verdedigingsbegrotings begin vermeerder.

En weerskante hiervan woed ’n reuse-propaganda-oorlog waarin motiewe verdag gemaak word, sodat die spanningsvlak tot gevaarlik na-aan ’n oorlog, of minstens ’n koue oorlog, ontwikkel het.

In die Christian Science Monitor se omvattende artikel, “Next up after Nato’s Poland/Baltic Build-up: Lowering tension with Russia”, word standpunte weerskante van die skeidslyn goed weergegee. Die een boodskap is egter duidelik: Aan weerskante geld die gevoel dat die spanningsvlak ongesond hoog is, en dat selfs net ’n klein misverstand die vet in die vuur kan wees.

Daar is wel verskeie positiewe verwikkelinge, soms op die taktiese vlak, waar opponerende skepe in dieselfde omgewing met mekaar moet kommunikeer om misverstande te voorkom, tot die oorhoofse vlak. So het Turkye, ’n Navo-lidland, en Rusland onlangs verhoudinge grootliks genormaliseer nadat dit ná die neerskiet van ’n Russiese vegvliegtuig aan die Siriese grens erg gespanne was.

Die Siriese kwessie bly gespanne, maar is geweldig kompleks.

Ook die kwessie in Oekraïne is veel komplekser as die uitgediende argument dat “die weste” van ’n verkose pro-Russiese president ontslae geraak het en met “een van hul eie” vervang het. Nadat die eens verkose Janoekowitsj die pad gevat het, het soveel van sy korrupsie aan die lig gekom dat sy eie party hom geskors het. Nuwe demokratiese verkiesings is lankal gehou.

Of ’n mens nou tot die “Poetin is ’n engeltjie-groep,” “Amerika is die Satan,” “Saddam, Ghaddafi en Assad is / was engeltjies,” of “Poetin / China (weens onder meer verwikkelinge in die Suid-Chinese See) hou ’n bedreiging vir wêreldvrede in” behoort, die feit bly dat die wêreld vir ’n ruk gevaarlik op ’n naaldpunt gebalanseer was, en dalk steeds is.

Dankie aan skrywers soos Scholtz wat Suid-Afrikaners in weerwil van strome vitrioel op die hoogte van sake hou, en die sogenaamde “verdommingsproses” stuit.

Om standpunte vanuit samesweringswebwerwe te formuleer of met onderlinge warmbroeiery te voed, is geen manier om komplekse omgewing waarin ons bestaan te verstaan nie.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Wern ·

Wat ‘n wereldoorlog in die noordelike halfrond vir ons kan inhou, en dit maak my bekommerd: Wanneer groot wereldmagte mekaar so besig hou met oorlog gaan hulle nie hulle steur aan groot menseregteskendings of kleiner belange elders nie. Dan kan die massas of regerings hier in suidelike Afrika doen net wat hulle wil en daarmee maklik wegkom, selfs met volksmoord. Goeie voorbeeld is wat in Haiti gebeur het: toe Frankryk in oorlog was het die massas amper al die witmense vermoor want hulle het geweet dat Frankryk te besig was om te kom help.

gatiep ·

Herman lyk nie of iets daai oorlog sal kan stop nie hy gaan kom een of ander tyd,al is dit nou of eers oor 20jaar. Ek hou hom nou al n lang tyd dop. Christenskap is vir my baie belangrik en ek hou die USA en Russia baie goed dop,en ek is bang vir die pad wat die weste besig is om te loop. (Lyk al hoe donkerder vir my) As Trump inkom in USA sal my siening oor USA weer verander. Ek kan sien jy hou nie van Putin nie sal hou daarvan as jy my kan se hoekom nie. Hy lyk vir my die beste en sterkste leier in die wereld nou. Ek hou gereeld dop wat Putin en oubama doen en se en ek vertou daai Oubama niks.
Dit begin lyk vir my ons Afrikaner word nou verplig om te kies tussen NATO en Russia?

gatiep ·

O nee Loeis lyk my ek gaan hier nodig wees een of ander tyd.

Loeis ·

Veronderstel ons staan op die drumpel van so ‘n koue ooprlog, of selfs geweldadige fase, Herman.

Inwonders van die suidpunt van Afrika sit verseker nie tussen die weste en Rusland nie. Enige konflik het wel verreikende ekonomiese gevolge, maak nie regtig saak waar jy is nie. En Suid-Afrika is goed op pad na rommelstatus toe – sonder ‘n oorlog. Jy verwys na Scholtz se kennis en analitiese vermoens. Kan ek versoek dat julle voorstelle maak rondom hoe mense hulself ten beste teen so ‘n ekonomiese krises (dalk resessie) kan verskans?

Kaufman ·

Die probleem met NATO oftewel die Weste is dat hulle hulle toleransie vir die “bose” op almal wil afrduk. Hulle is kamma humanisties maar kyk watse geweld promofeer hulle via die media wat een van die belangrikste instellings is om jou kultuur af te dwing op ander. Kyk na al die kinderkanale, dit is heeltyd moord en doodslag! Misdadigers se menseregte word go die van slagoffers geldig. Dis dit nie skei healing nie?

Verder wil hulle he ons moet hulle groot handelsmerke aanbid, ons ekonomiee oopmaak vir hulle dominerende firmas wat ons familiebesighede dooddruk.

Dit is waarom sommiges vies raak vir die Weste.

Kaufman ·

Die Westerlinge is gebreinspoel om bogenoemde en om te subject aan die groter gesag ten koste van jou eie kultuur as goed te sien. Sodra hulle vrae vra word hulle gebrandmerk deur n baie manipulerende media as ver regs.

Wern ·

Ek dink nie ons Afrikaners gaan gedwing word om te lies nie want ons regering sal enige keuse van ons oorskadu. Aangesien Afrika lande graag anti westers is en in BRICS is sal ons seker automaties aan die russiese kant inval. Maar waar ons regering wel gaan moet kant kies is in die Chinese versus Indiese konflikte wat nog gaan kom. China soek ons hulpbronne met n seer hart, maar so ook vry Indie nou baie sterk na ons, en die twee reuse ding direk met mekaar in die neu-koloniale era baie soos wat Engeland en Frankryk teen mekaar baklei het en vroeer soos Portugal en Spanje. Hier kom groot moeilikheid.

Theuns ·

Dankie Wern vir jou kommentaar wat ooreenstem met die kommentare van Dr Scholtz en Herman Toerien. Soos die spreekwoord se “Aan jou vriende sal jy geken word” Groete.

DewaldS ·

Die meeste van ons is meer as bewus van die gevaarlike globale verwikkelinge en ‘n redelike groot persentasie van ons is nie onbewus van die rol wat die hoofstroom-media gespeel het om daardie situasie tot stand te bring nie. Dink julle nie ons kan sien hoe ‘consent to war’ deur die media vervaardig is in die geval van Afganistan, Irak, Libië, Palestina, Sirië en nog vele meer nie? Julle – die media – het net soveel bloed aan julle hande as die politici en veg-generaals.

Wat verdomming aanbetref – die verdommingsproses word al vir jare deur die hoofstroom-media gedryf. Slegs die Westerse media-weergawe van die huidige gebeure is toelaatbaar en kan nie bevraagteken word nie? Sodra mense begin vrae vra of van die hoofstroom-media durf verskil, dan word hulle as diegene beskryf wat die verdommingsproses veroorsaak?

Julle dink ons is dom. Ons is nie. Dis al wat ek vandag te sê het.

O – ja – en Viva Putin! Een van die min staatsmanne wat die wêreld nog oorhet.

Stokies ·

Uitstekend gestel, kon dit nie beter verwoord het nie. Viva Putin.

vermeende ·

Herman die geskil tussen Oos en Wes het reeds die punt van koue oorlog verby gesteek, die VSA is nou op defcom3, dws, vole kern gereedheid. Die laaste keer wat Amerika op die vlak van gereedheid geplaas was, was met die Kuba krieses.
Dit lyk nie meer of die wereld hom in die aanloop tot WWIII bevind maar reeds in die pylfak. Die geskiedenis is ons leermeester, n wereldoorlog is nog nooit deur super moonthede begin nie, hulle eindig hom.

Tiaan ·

Die grootste gedeelte van die Krim populasie is gelukkig om deel te wees van Rusland, en hulle het daarvoor gestem en self besluit. NAVO moet maar die mense se besluit respekteer en eerder probeer om vrede te bewaar as om kwaad te stook.

GJ de C K ·

Die sondes van die Vaders word besoek aan die kinders tot in die 4e geslag van dié wat nie wil gehoorsaam nie.

Sover laai ons (as “corpus politico” van die Christendom) nogsteeds net sonde op sonde…

Hier kom nog ‘n laaaang “Irish story”!

Theuns ·

Dankie Herman en Dr. Scholtz. Ek is verstom oor sommige van die kommentaar hier. Jy noem dit vitriool ek noem dit sommer riool wat vryelik oor Gods Akker loop. Ek kan nie glo dat ons mense wat hulle daarop roem dat ons ‘n Christen Volk is die land van die GOG en MAGOG verkies bo die westerse volke nie. Net so ter inligting die Gog en MAGOG maak die kern uit van die Slaviese en Asiatiese heidendom wat die laaste Sataniese Ryk op Aarde is, voor die Duisendjarige Vrederyk van ons Here Jesus Christus. Kyk na ROS (Rusland) se vriende, ook hier in Suid Afrika, en dink en besluit waar julle opinie en loyaliteit le. En ten laaste, nie Herman of Dr Scholtz het gese julle mag nie se wat julle gese het nie!!! Ek is dankbaar dat die twee here daar is om ons intelig en ons die waarheid te vertel.

Afrikaner ·

Theuns, ons weet mos die weg vd meerderheid is gewoonlik die verkeerde weg. Die meer heldersienende minderheid word gewoon ignoreer of doodgepraat. Wanneer die riool op sy vuilste is, is helder skoon water duideliker sigbaar.

HV ·

Nou wie is op wie se grens saamgetrek ? Ek sien NATO ( Amerika se skoot hondjie ) en Amerika is rondom Rusland se grense saamgetrek. Ek sien nie eers amper een Russiese soldaat, vliegdekskip of duikboot naby Amerika se grense. Amerika is vol oorlog praatjies en het n geskiedenis van aanvalle teen al wat leef en beef oor die jare heen geregverdig deur propaganda en leuens. Daar in teen is Rusland verskeie kere binne geval deur die weste en het nog net hulself verdedig. Die oorlogsugtige Amerika het nog nie oorlog op eie bodem beleef nie, behalwe toe hul teen hulself baklei het. Rusland het in die tweede wêreld oorlog amper 30 miljoen mense verloor. hulle weet wat is oorlog , en gaan nie maklik n oorlog begin. Feit is indien daar n wêreld oorlog uitbreek gaan dit noodwendig lei tot n kern oorlog, dan staar die mensdom op aarde n byna totale uitwissing in die gesig.

Wicus ·

Laat my dink aan Angola, het Amerika ons nie in die rug gesteek sou die gesk vir ons heel anders verloop het en het diamante en goud nie die Engelse baie vinnig vorige verdrae met die Boere-republieke laat opskeur nie. Die Engelse-wêreld het baie meer agressie as wat ons wil erken.

Mens hoop dat die ellendes ons gespaar bly, maar lyk my dinge loop te vinnig onomkeerbaar verkeerd. Dalk net dalk is die gebeure die vonk na ons vryheid.

Ontledings en beredenering is goed en interressant, maar soos iemand opgemerk het, ons gewone burgery het praktiese raad nodig van wat ons te doen staan.

Kaufman ·

Die engelse wereld is baie wreed, maar dit is lekker sag verskuil en geregverdig waar dit wel uitkom deur die media wat hulle beheer. Hulle Goue woorde waaragter hulle wegkruip is menseregte, liberalisme, mediavryheid, handelsvryheid, koestering van diversiteit.

chrisp ·

Almal wat Rusland so afskiet as oorloglustig waar is die Lande wat deur Rusland vernietig is ?
Die van die weste is tog so duidelik hoe Teuns en ander dit nie insien nie is duister.
Dalk kan hy(hulle) ons inlig met die lande soos wat ek en byna almal hier kan oor die weste dws,
(NAVO) en spesifiek die VSA. Hierdie Lande is op heel ander kontinente wat soek julle sagmoedige Neelsie die VSA daar?Net mag en geld. Indien nie laat ons weet wat asb?

Lang stukke word geskryf sonder om die vraag te antwoord….. Wat soek die VSA daar?
Asb iemand?

Kaufman ·

VSA soek geld, beheer oor uitgebreide gebiede en belangrikste van al, olie en gas! Waarom is hulle daar en nie in zim en suid sodan se konflik betrokke nie? Hoor ek iemand se dat daar nie olie is nie?

Pieter ·

Vladimir Putin is nog van die ou regime, dis ‘n man wat hart en siel geglo het in die USSR. Geen persoon wat hulself assosieer met Afrikanerskap en die meegaande waardes kan Rusland ondersteun nie. Kyk NAVO is nie engeltjies nie, maar aan watter kan wil jy wees? Die kant wat geen probleem het met die onderdrukking van geloof, regte en vryhede nie of ‘n kant wat jou menswees toelaat? Mense vergeet klaarblyklik gerieflik dat Rusland in bed is met lande soos China, Kuba, Noord-Korea, Assad van Sirië. So al hierdie mense wat so gerieflik se Viva Putin en Rusland het klaarblyklik dan geen probleem dat hulle geloof en waarde stelsels in meeste van hierdie lande onderdruk word en met die dood strafbaar is nie. As jy sê Viva Putin / Rusland is jy óf apaties teen oor wat dit is om Afrikaner te wees óf dit is net ‘n flagrante ten toon stelling van uiterste onkunde.

Theuns ·

Pieter, jou kop is reg aangeskroef! Ek kan nie glo daar is so baie van ons eie mense wat Poetin verheerlik nie! Maar ek en jy weet dat die Russe (lees kommuniste) se grootste oorwinning oor sy teenstanders is breinspoeling en propaganda. In ons eie Suid Afrika haat ons mense Zuma maar verheerlik die Anti- Chris. Ek hoop net nadese sal Herman Toerien en Dr Leopold Scholtz nog vir Maroela skryf. Ek bespeur ‘n sekere moedeloosheid by hulle maar ek glo nie hulle sal sommer maklik die aftog blaas nie, Groete.

Pieter ·

Het die pro-Rusland mense dan ook nou skielik vergeet dat dit die Russe was wat die ANC operateurs opgelei het in terrorisme taktiek en die maak van bomme. Bomme soos wat gebruik is in die Kerk straat bom aanval, of die Magoose Bar aanval? Of dat die Russe op die punt staan om ons land bankrot te maak met hierdie kernkrag storie van Zuma?

HV ·

Eish en die Engelse het die boere en vroue en kinders op streep pe doodgemaak en jy loop met hul hand om die lyf ?. Die feit is die weste se aggressie teen Rusland en China ens druk die lande om saam te staan om hul self te verdedig teen Amerika. Geen van die lande op Amerika se grense, maar Amerika doenig op hul grense. en Amerika kyk groot oog na Rusland se massiewe olie en gas bronne. Nou hoe kan dit Rusland se skuld wees as hy n produk het en zumpie wil dit koop al kan hy dit nie bekostig?

chrisp ·

HV ek stem.
Pieter as jy kyk na van die VSA se maats kan jy presies dieselfde se as Rusland sin, dink bv Saudi Arabia.
Ek vra weer gee die lande wat die Russe vernietig het asb?Indien jy nie kan nie is die VSA die boelie en nie Rusland nie. As jy die verlede wil uithaal voor die val van die USSR is jy reg . Soos ander reeds verduidelik het was die weste glad nie onskuldig nie. Baie van die opleiding het in Oos-Duitsland plaasgevind meer as in Rusland. Gaan jy nou ook vir Frau Merkel aanvat en slegse? Ek neem aan jy weet dat sy uit Oos Duitsland kom en selfs betrokke was by die sosialiste daar?
Gaan bietjie terug en kyk wie is verantwoordelik vir baie bloed en pyn in die wereld. Rusland is wel daar maar die tweeling(VSA en Engeland) sal jy baie meer sien.

Indien jy dit mis gelees het .Gee die lande wat Poetin en Rusland tot ashope vernietig het asb?
Dis tog logies as ek se Piet is ‘n boelie. Jy se nee Jan is die boelie. Ek kan geen kind wys wat Piet geboelie het nie ,jy bring egter sommer vier van ‘n ander skool ver van ons skool af en ek hou aan Piet is die boelie, is daar enige sin in?

DewaldS ·

Die verdomming waarvan Herman praat is duidelik hier sigbaar – hy soek dit net op die verkerrde plek. Die totale afwesigheid van bewyse of selfs ‘n totale oorwig van bewyse na die teenkant sal nie die hoofstroom-media narratiewe in sommige se denkprosesse versteur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.