Nuuskommentaar: Uit Afrika uit

Foto: AP Photo/Mujahid Safodien

Die Europese Unie se waarnemerspan by die Zimbabwiese verkiesing meen, met leedwese, dat die speelveld nie gelyk was nie.

In Suid-Afrika stroom mediaverklarings in waarin ongelukkigheid uitgespreek word omdat pres. Cyril Ramaphosa skynbaar die parlement in die tande geskop het nadat miljoene rande reeds bestee is om die bevolking se mening te toets.

Ramaphosa se ferm standpunt volg slegs ’n dag of twee ná Max du Preez dié plan as wensdenkery beskryf het, en dat daar nie te veel aandag aan gegee moet word nie.  Selfs sy stimulusplan word met skeptisisme bekyk.

Wat het grondonteiening sonder vergoeding en die Zimbabwiese verkiesing met mekaar in gemeen?

Die opvallendste ooreenkoms is stellig dat leiers verklarings uitreik of opmerkings maak wat vir mense met ’n Europese agtergrond vreemd, en soms selfs bisar, klink.

Ramaphosa het pas verklaar dat die ANC grondonteiening sonder vergoeding gaan deurvoer. ’n Wye verskeidenheid instansies, waaronder politieke partye, Agri SA en TLU-SA, die Afrikanerbond, die FW de Klerkstigting en ander, stel die vraag oor die nodigheid van ’n groot aantal openbare verhore hieroor landwyd as die regerende party dan in ieder geval gaan maak soos hy wil.

Dr. Leopold Scholtz wys in ’n rubriek vanoggend op die gevaar om die meerderheidswil met ’n diktatuur van die meerderheid te verwar. Oudpres. Jacob Zuma het dit immers telkemale duidelik gemaak dat hy nie die onderskeid ken nie.

In Zimbabwe het ’n ou probleem hom skynbaar herhaal – dinge is so geplooi dat die speelveld nie gelyk kon wees nie. Die staatsmedia tree byvoorbeeld heeltemal bevooroordeeld op.

Argieffoto.

Die probleem is met verkiesing ná verkiesing aanwesig, en word telkemale deur Verslaggewers sonder Grense uitgewys. Maar kom dit by SAOG en ander is dit duidelik dat geen ongelykheid so ongelyk is dat dit verhinder dat dié lande se waarnemers dit as “vry en regverdig” beskou nie.

Suid-Afrika se amptelike waarnemers het ’n reputasie om growwe ongerymdhede met Zimbabwiese verkiesings “mis te kyk”. Botswana het wel by geleentheid skei gebreek. Botswana se houding is deur Australië, onder andere, gedeel.

Verkiesingsbedrog word immers nie in een dag, verkiesingsdag, gepleeg nie. Ander aksies, soos om staatsbeheerde media hul onafhanklikheid te ontneem, is nie maar ’n geregverdigde voordeel waaroor die regerende party beskik nie.

Net so kan ’n regerende party nie maar die parlement in die tande skop nie. Pres. Ramaphosa kan hóé hard probeer om die skade van die beplande onteiening sonder vergoeding te beperk, maar soos Maroela Media dadelik uitgewys het, dit is soos die liedjie sake beskryf: “There is a hole in the bucket, dear Lisa.”

Die bevolking raak meer verdeeld, en Ramaphosa se ideale raak al moeiliker om te bereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bly weg ·

Ek wil die ANC en EFF vriendelik versoek om nie my menseregte skaad te doen nie, ek het baie hard gewerk vir my eiendom en niks ooit verniet gekry nie. Dit is in julle belang om my te respekteer. Dankie.

Hanna Hoekom ·

Ek dink dit is tyd dat die Weste sy rug op Afrika keer. Hulle is mos nou hand om die blaas met China, Rusland en ander muishondlande. Afrika moet maar vir hom kry. Die Weste kan hul geld op baie beter en meer eerbare lande spandeer!

China is westersafhanklik ·

Wat Afrika nie besef nie is dat China slegs die industrieele gebied van die weste is. Die weste is en bly die enigste skeppers van groei en vooruitgang. China maak maar net die produkte wat die weste koop, en wat die weste uitgevind het deur kulle vindingrykheid. Chinesa kan net namaak, patentreg ignoreer en generiese medisyne maak. Die weste vind dit uit.

Oops ·

LMGA en dan is daar mense wat terug ZIM toe wil gaan? Daai land is so opgefoeter hy sal nooit regkom nie, die speelveld sal nooit gelyk wees nie, daar sal nooit weer iets aangaan nie .. ZIM is doomed, of dit onder die MDC of Zanu PF Is .. daar sal nooit weer lewe wees nie, net ellende en anargie. Maar die EVIL WEST bly geld gee en aalmoese uitdeel en so survive hulle keer op keer .. Mugabe het ‘n SKATRYK man geword terwyl sy mense doodgegaan het van die honger.

Theo ·

Bly weg , hulle sal jou nie respekteer nie, hulle voel vere vir jou of my of al die ander wittes in die land se menseregte, Afrika diktators het dit al oor en oor bewys. Ons Blankes is n albetros om die nekke van die ANC / EFF/ IVP/ PAC/BFLF. Soos n eff lid al vir my gese het ” we tolerate you whites, but we are getting tired of you being around” laat n mens dink ne!

Coen ·

Theo jy is dalk so weerloos maar nie alle blankes is so weerloos of gaan net stilsit en kyk hoe ons lewens en bates geneem word nie.

Ella ·

So snaaks dat Afrika altyd bakhand,m staan by iemand: julle skuld ons weens kolonialisasie, slawerny. Die lys is lank…

Nou beweeg hulle bietjie weg van die Weste en lyk net bietjie verlee teenoir China en die beloftes rol in. Teen watter koste wil hulle nie se….

En tog beloof die Weste nog steeds om te help as die verkiesing regverdig is en dit en dat. Hulle weet hulle gaan nooit dit terugkry maar dalk hou hulle Afrikamense in Afrika. Dus is dit die moeite werd.

Dis nou Afrika se beurt en basta.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.