Nuuskommentaar: Uitjouery en gelag oor plaasmoorde

Argieffoto: Reint Dykema

Die nuus dat ’n Vryheidsfront Plus-raadslid deur die verteenwoordigers van ander partye uitgejou en uitgelag is toe sy vir ’n minuut van stilte gevra het vir’n egpaar wat tydens ’n plaasaanval in die distrik vermoor is, het moontlik nie veel nuusmedia gehaal nie. Dit verminder egter nie die belangrikheid van die insident nie, en sal vereis dat die betrokke partye hul posisies nie later nie as vandag duidelik en onomwonde aan kiesers stel.

Reg of verkeerd, daar is soveel plaasaanvalle en plaasmoorde dat die publiek afgestomp word van die nuus. Vir ’n tweede groep is die nuus en die grusaamheid waarmee dit gepaard gaan eenvoudig te veel om voor plek in die gemoed te kry, en word doelbewus “afgeskakel”.

Vir hierdie reaksies is daar begrip, al is dit skokkend dat dit so moet gaan. Maar as ’n egpaar vermoor word en ’n politieke party van die plaaslike munisipale raad stel ’n mosie voor vir ’n minuut van stilte, maar word deur die ander partye uitgejou en uitgelag; dan werp dit ’n dolk in die hart van ’n nasie wat nog nooit behoorlik tot ’n nasie kon versmelt nie – nie eens as reënboognasie nie.

Tog het die Vryheidsfront Plus se enigste verteenwoordiger in die raad van die Mogalkwena- plaaslike munisipaliteit (met Potgietersrus / Mokopane as hoofsetel) dié ervaring beleef. Sy het ’n mosie vir ’n minuut van stilte ter herdenking aan die vermoorde Piet en Tilla van Zyl voorgestel. Sy is deur niemand ondersteun nie – in teendeel, die EFF-verteenwoordigers het haar uitgejou, en die ander het haar uitgelag, of dan minstens nie gesteun nie.

Die raad bestaan uit 41 ANC-verteenwoordigers, 13 van die EFF, ses van die Demokratiese Alliansie, een van die VF Plus en een van Cope. Azapo en ’n inwonersvereniging het ook een setel elk.

Dit is moeilik om die presiese omstandighede binne die raad op daardie oomblik in te dink. Nogtans sou verwag word dat die DA-verteenwoordigers, en ook die verteenwoordiger van Cope, op nasionale vlak hieroor alarm sou maak. Dit is byvoorbeeld ondenkbaar dat die DA se woordvoerder oor landbou, Annette Steyn, nie sou reageer as sy maar net van die insident geweet het nie. Vanoggend is daar egter nog geen reaksie op die DA se webwerf nie – wel ’n rits verklarings oor ander relevante kwessies.

’n Skerp reaksie sal in alle waarskynlikheid vanoggend te wagte wees.

Of anders moet ’n rubriek van die redakteur van Beeld, Barnard Beukman, vanoggend met ontgogelde oë gelees word. Die opskrif, “SA verdien beter politici en partye”, vertel ’n verhaal op sy eie. Die verwysing na die opkoms van burgerlike bewegings wat hul kant bring, vertel nog ’n verhaal.

Geen party wil swakker as sy sterkste skakel wees nie, maar verskeie realiteite speel ’n rol. Ten eerste kies takke en streke nie altyd die beste mensemateriaal om hulle te verteenwoordig nie. Trouens, gevalle het al voorgekom waar iemand as kandidaat vir raadslid benoem is omdat hy werkloos is, terwyl die ander aspirante almal werk gehad het. ’n Politieke verskuiwing tydens ’n verkiesing kan dus vir talle huishoudings ’n ramp wees, soos met verlede jaar se munisipale verkiesing, en die bewilliging van ’n stywe bedrag aan elke raadslid wat sy setel kwyt is.

Kort-kort blyk dit ook dat kandidate erg gekierang het. ’n Voormalige provinsiale leier van die ACDP, en leraar, is uitgevang dat hy voor ’n provinsiale kongres ’n klomp mense wat nie ingeskrewe lede was nie, na die provinsiale kongres geneem het om vir hom te stem. Nadat hy uitgevang en uitgeskop is, het hy lid van die ANC se “Religious Desk” geword.

Soms word gunstelinge van die leier voorgestoot en kom boonop met moord weg. Dit wil al lyk of so iets nou die geval is waar die Nelson Mandela-metropool sy adjunk-burgemeester van die UDM die trekpas gegee het. Ten spyte daarvan dat talle ongerymdhede se bewyse bestaan en aan die UDM voorgelê is, is dit duidelik dat die leier, Bantu Holomisa, baie op die spel plaas om “sy” raadslid as adjunk-burgemeester te probeer behou.

Kortom, sonder meer inligting kan daar nie ’n oordeel gevel word oor die kwaliteite en motiewe van die DA-lede en Cope-lid se optrede, of gebrek aan optrede tydens die raadsvergadering waar die plaasmoord-mosie gestel is nie. Die twee partye sal egter baie vinnig, en nou ook taamlik omvattend, moet reageer om hul aansien te red.

En ja, uit links-liberale kringe sal wel “verduidelik” word dat die VF Plus-lid moedswillig was om aan die leeu se voorpoot te gaan torring. Maar wat sou die beskaafde optrede wees as ’n lid van enige munisipale raad, veral in die Wes-Kaap, ’n mosie sou indien dat ’n minuut van stilte gehandhaaf word vir die slagoffers van die geweld op die Kaapse Vlakte, veral die vroue en kinders? Dit is ondenkbaar dat iemand die mosiesteller sou skel of uitlag, en so ’n mosie sou in alle waarskynlikheid sonder teenstand aanvaar word.

En tog is die moordkoers onder boere en hul gesinslede pro rata effens hoër as die moordkoers onder bruin mans op die Kaapse Vlakte, wat in ’n stadium voorgehou is as die hoogste moordkoers onder ’n identifiseerbare groep ter wêreld. (Die syfers, wat min of meer uitkristalliseer is 130 per 1 000 per jaar vir die boeregemeenskap, en 97 per 100 000 vir die mans op die Kaapse Vlakte).

Ongelukkig is daar vrot appels, en so het die SAUK gisteraand op verskillende kanale in die nuus uitgesaai oor ’n boer by Wesselsbron wat werkers, ook kinders, in Noordwes gaan werf het en dan onder die haglikste omstandighede op sy plaas laat werk het. Hy is glo ook ’n arbeidsmakelaar.

Terwyl die oë vandag op die DA en Cope se reaksies gerig sal wees, word niks remediërend van die ANC en veral die EFF verwag nie. Geweldige druk is vanuit die ANC-geledere op die vorige adjunk-minister van hoër onderwys, Mduduzi Manana, uitgeoefen om te bedank ná ’n voorval in ’n kuierplek waar hy glo twee vroue aangerand het. Hy het egter skotvry daarvan afgekom toe hy tydens die parlementêre debat oor plaasaanvalle uitgeroep het dat die boere en hul gesinslede lewend begrawe moet word. Het die feit dat dr. Nkosazana Dlamini Zuma, luidens berigte, Manana se tante is, iets met die gebrek aan sanksie te make gehad?

Uit die Bosveld het ’n mosie danksy moderne kommunikasietegnologie ’n saak na die oopte gebring wat weens die sensitiwiteit van plaasaanvalle nou ’n waterskeiding vir politici bied. Die onregverdige is dat alle uitsprake en uitlatings in die verlede in die vergetelheid kan raak as die politici nie vandag reeds baie gepas reageer nie. Anders word die volgende vraag van Beukman uiters relevant: “Het enige politikus of party die laaste jare die verbeelding so aangegryp met nuwe rigtinggewende denke vir die eise van ons tyd dat iemand daaroor regop gesit het?”

Hieroor sal nie almal nie, veral nie die politici, saamstem nie.

Maar wat belangrik is – die opkoms van burgerlike instellings hou geen bedreiging vir politieke partye in nie, en manifesteer ook nie omdat die partye nie die mas opkom nie. Dit is ’n natuurlike en aanprysenswaardige produk van ’n grondwetlike demokrasie en speel ’n soortgelyke rol as ’n vrye media. Hulle sal wel groter en sterker word as die politici leemtes en lugleegtes laat, veral waar sektorale belange nie behoorlik “gediens” word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Lucas ·

Ja ons wag in spanning op die DA se reaksie maar daar sal min van kom want hulle is maar ‘n ANC in ‘n ander gewaad !!

Jacques Venter ·

Hallo Lucas

Die DA het hom al verskeie kere teen geweld, mishandeling, verlragting en moord uitgespreek. Die DA word deur die meeste blankes asook n groeiende groep swartes ondersteun.

MM se berig wil die indruk skep dat die DA, saam met die ander partye sou uitgejou het. Moet jou nie deur moedswillige beriggewing laat mislei nie.

Natuurlik veg die DA vir almal in die land, deur te veg vir die behoud van ons grondwet

Knikkebollen ·

Jacques- die DA veg op ‘n baie vreemde manier vir al die mense in die land: aan die een kant weier hulle om die inherente rasse-haat verbonde aan plaasmoorde openlik te erken en aan die ander kant is hulle baie vinnig om (soos byvoorbeeld in die doodskis saak) die hofuitsprake teen wit ‘rassiste’ te loof. Hulle speel ‘n politieke speletjie wat wesenlike waarhede misken. So lank dit hulle strategie is sal hulle beslis swart stemme wen, maar wit stemme verloor. NS- maar swart stemme is mos al waaroor dit gaan in vandag se Suid Afrika…

JC ·

Die DA veg nie vir Afrikaans nie (sien Prof. Steyn se artikel oor die warte toedrag van sake oor ons geliefde tongval, geplaas ook vandag op MM), so gaan verby asseblief!

Korny Dekker ·

Graag wil ek dit onder u aandag bring dar die DA raadslede van Mogalakwena WEL due minuut van stilte ten volle ondersteun het….daar was geen ondersteuning van die eff gewees nie. Ons was self van plan om n minuut van stilte vir Piet en Tilla se moord te vra naar die vf plus raadslid het eerste spreekbeurt gekry. Ek versoek dat u asb due regte inligting kry en due nodige regstellings in u verslag sal dien. Dankie

Jacques Venter ·

Hallo Korney
Die vraag is. Was MM se verslag gewer op die toneel, of is dit op hoorsê basseer?

Riaan ·

Lees weer. Tourien sê nie die DA het hom aan die ter sake skokkende gedrag skuldig gemaak nie. Hy is van mening dat die DA dit in die openbaar moet veroordeel.

Claudie le Roux ·

DA het nog nooit my stem gehad nie.
Die insident is betreurenswaardig maar nie onverwags. Die EFF en ANC se opinies tel lank al nie meer vir my nie. Dit herinner te veel aan kleuterskool.
Sterk morele volwasse leiers is broodnodig maar nie in sig.

gatiep ·

Kan nie se hoe ek voel nie anders sal my post nooit opgaan nie.

Ada ·

Nou waar bou mens die brue waarvan Herman Toerien gepraat het in ‘n vorige berig van hom.
Daar sal en kan nooit weer brue gebou kan word nie want die skrif is teen die muur. Dit is tog so duidelik soos daglig. Die DA het in die parlement stiltestuipe gehad toe daar oor plaasmoorde gepraat was. Nou wat se dit vir jou? Hulle stilte het my net weereens laat besef dat hulle niks voel vir die blankes wat so op hulle plase vermoor word nie anders sou hulle iets te se gehad het.
So van brug bou gaan niks kom nie. Die DA is hand op die blaas met die ANC en dit kom al duideliker na vore.

Jacques Venter ·

Hallo Ada
Wat doen die VF+ anders as om oor plaasmoorde te praat?

JC ·

Jacques, jy hou jou met respek blind. Sien die artikel oor Mnr Groenwald van die VF Plus gister of eergister geplaas op MM. WAT IS BELANGRIKER AS PLAASMOORDE OP ONS MENSE VIR ONS BOERE/AFRIKANERS?????????????
Wat ‘n leier onder leiers!!

Herman Toerien ·

Hallo Ada. Dink maar aan Bismark se yster en satyn. Elke brug wat iemand kan bou, soos die huisvrou met die huishulp, of die man des huises met die tuinman, kan ‘n uitkringeffek hê wat iewers ‘n lewe red. Die DA, by monde v oa mev Anette Steyn, het nie in die parlementêre debat oor plaasmoorde geswyg nie. Mev. Steyn het inderdaad groot moeite gedoen vir haar toespraak en met talle instellings gepraat, oa om syfers te kry, en sy was ook by my aan huis om inligting te kry. Ek noem dit in billikheid omdat ek in hierdie kommentare politiek onverbonde, maar feite- en vaksuiwer probeer bly.

Jacques Venter ·

Hallo Franco
Feit is jy het nie n antwoord nie. Dankie vir jou eerlike erkenning daarvan.
Graag hoor ek meer van jou

johnny_walker ·

soos baie het hy nie geloof in God nie , hy vrees wat hy sien maar besef nie dat sy vrees eintlik groter moet wees vir Hom wat hy nie sien nie , n joodse soldaat in die ses dag oorlog se eenheid word oorval , hy le gewond en wag vir vyandige troepe om hom die doodskoot toe te dien , hulle kom tot by hom , skielik draai hulle om en vlug , later vra rooikruis vrywilligers hulle hoekom hulle gevlug het ? , hulle antwoord , ons was op die punt om die man te skiet toe ons opkyk na die heuwels en die engele sien afkyk na ons , vrees het ons oorval en ons moes vlug , vandag is die joodse soldaat n ou man , leier van die beweging vir die herbou van die tempel in Jersusalem
kyk altyd na bo , dit is waar jou hulp vandaan kom

Flippers ·

Die wereld het hulle mos gehelp teen ons..kan iemand ons nie kom help. Hoekom is Aus, Nz, Engeland ,Nederland ens. nou so stil. Ek sien die kanibaal storie het darem BBC gehaal

Jacques Venter ·

Chrisjan
Wat is jou antwoord vir die land se probleme?

Jacques Venter ·

Kortom Hendrik
As ons sou aanhou veg, sou hierdie land een groot bloedbad gewees het. Mandela en die onderhandelaars het een groot fout gemaak deur te dink dat opkomende presidente integriteit sou hê.
As jy na die geskiedenis van Israel kyk sien jy presies hierdie verskynsel.
Ek het Frans Cronje se artikel gelees, maar glo nog steeds dat ek reg gedoen het om ja te stem.
Ons behoort natuurlik ook verder as 1994 terug te gaan om ons huidige situasie te verstaan.
As ek meer sê haal mense my bydrae af

Linette ·

@Jacques Venter – ek is trots daarop om te sê ek het in ’92 NEE gestem. Want, nes my ouers, het ek geweet dat die oomblik wat sekere mense stemreg het, lui ons land se doodsklok – en hoe reg is ons nie oor die afgelope 24 jaar bewys nie?

Vanaf ’99 het ek nog nooit weer gestem nie en sal ek ook nooit weer stem nie (en moenie kom met daai tjol van geen-stem-is-‘n-stem-vir-die-ANC nie). Die laaste keer wat ek gestem het, het my stem nie eens ‘n duikie gemaak in die uitslag van die stemproses nie.

Die DA is in my oë inderdaad ANC Lite. Daar is nie meer plek vir ons blankes in die land nie en nog minder in die DA. Wanneer die DA moet standpunt inneem, doen hulle dit nie, want sedert Maimane oorgeneem het by Zille, het die party se hele beleid oor die beskerming van die paar blankes wat nog in SA is, heeltemal verander.

Kyk maar hoe het julle die “Doodskis 2” en die “Pretoria KFC 6” verguis. Die DA is blitsvinnig bereid om op die ‘bandwagon’ te spring en wit-op-swart-‘rassisme’ te skreeu, maar wanneer boere – ons VOEDSEL VOORSIENERS – op ‘n daaglikse basis uitgemoor word, is daar dawerende stilte ….

JC ·

Jacques, dit is ‘n “uitgestelde bloedbad” my ou maat, kyk wat gaan om jou aan.

Boerseun ·

@Linette: Uitstekende kommentaar. Tereg het ons Boere die laaste maal in 1992 se referendum (Nee) gestem, en was ons ons hande in onskuld/weier om aandadig te wees aan hierdie Westminister prlementere sirkus wat met verraad op ons afgedwing is. Ons erken dus ook nie die ANC-regime as wettige regering nie.

danie ·

Hulle sal lag want daar word 50 mense per dag in SA vermoor en die VF+ vra stilte om twee van die 70 plaasmoorde per jaar te gedenk. Hulle lag nie vir die moorde nie maar die absurdheid van die voorstel gesien in die lig van die algehele moordsyfer in die land. As sy gevra het vir ‘n minuut stilte sodat daar aan AL die moorde in die land gedink word (en hulle lag dan) was dit ‘n ander storie.

Jacques Venter ·

Danie
Jammer om met jou te verskil.
moord weeg swaar vir die VF+

Ekt hulle al in die parlement dopgehou. Hulle handhaaf gereeld n minuut se stilte vir elk van die 50 plus moorde wat daagliks plaasvind

humor ·

Venter ons sal ook graag wil weet wat is jou antwoord vir die land se probleme. Die wat nog nie weet wie is die mense wat ons uitgelewer het nie sal sekerlik nie wil weet wie ons uitgelewer het nie. Maar kom ons kom tot die punt. As die DA nie betokke by die gelag en uitjouery was nie dan is daar n ligpunt in die saak. Die feit dat dit wel plaasgevind het onderskryf maar net die barbaarsheid, verdierliking van die mens. Daar is maar net weer bevestig dat die sg. reenboognasie waaroor daar so gejubbel is n onrealistiese verwagting ideaal was. Die rassisme stryd sal nooit beeindig word nie, want rassisme is nie maar net n daad wat gepleeg word nie. dit is n bestaande werklikheid binne die bestaan van verskeidenheid van volkere.

amelia ·

Jacques jammer die land is n bloedbad net jammer as die minderheid wapen opneem of net prober hul eiendom of mense beskerm is jy in die moeilikheid Hoekom was daar n grensoorlog waar hoeveel jong manne hul lewens verloor het As ek vir jou wil se wat ek wil sit ek ook defnitief agter tralies

Jacques Venter ·

Humor
Korny Dekker n DA raadslid, wat self op die vergadering was bevestig dat die DA n minuut se stilte gehandhaaf het.

Sê maar net ·

Ek sien hier is mense wat die DA hand en tand wil verdedig. Sterkte jul gaan nog ontnugter word……
En ja, die hele spil politici was onbeskof. As iemand vra v stilte omdat een of duisend mense vermoor is , ongeag wie of wat dit is dan moet dit gerespekteer word. DA aanhangers hou die media dop….jul gaan hul ware kleure sien

Kannaland ·

Menselewens is vir die ‘meerderheid’ gladnie belangrik nie, hulle het n heeltemal ander waardesisteem wat nie ‘humane’ is nie. Dit verklaar waarom misdaad so oorgesien word. Dit is so eenvoudig soos dit.

Rina Kotze ·

Ek wonder regtig wat die “meerderheid” landsburgers wat nie omgee oor boere wat uitemoor word gaan doen as die winkelrakke eendag LEEG is nie en hulle met R200 nie eers ‘n brood of ‘n liter melk kan koop nie, want dit gaan nie meer bestaan nie!!!

Word wakker SA!!! Enige boer in ons land, het sy watter velkleur, is kosbaar! Hulle sit kos op ons tafels!

Onthou dit as jy volgende keer afgestomp luister na nog ‘n plaasmoord op radio of op TV!

Linette ·

Liewe Rina, daaraan dink hulle nie. Met die verskriklike droogte in Kaapstad, dring dit steeds nie tot hulle deur dat ons binnekort sonder water kan sit nie. Die huishulp sê dan vir die mevrou dat dit nonsens is dat daar nie water gaan wees nie – “As jy die têp oopdraai, daar hy kom die water. Jy moet net die têp oopdraai, Mevrou”. En ek wonder van watter ‘meerderheid’ landsburgers jy praat. Sluit hierdie ‘meerderheid’ die talle onwettige immigrante en oorlopers van Zimbabwe, Mosambiek, Zambië, Ethiopië, Nigerië, Malawi en die DRK in?

Jaco Grobler ·

As ek boere was het ek ophou boer. Klaar. Laat elkeen na homself omsien vir ‘n paar jaar, vorm gemeenskappe rondom mekaar en sien wie val in met die reelings, vergeet van wins, boerdery bou en lekker lewe vir ‘n paar jaar. Die wat nie wil nie kan saam met die res krepeer.

Jacques Venter ·

Die regering gaan niks doen om boere te beskerm nie.

Die boere moet self inspring om hulle en hulle getroue werkers te beskerm.

n Gekerm deur wie ook al sal niks help nie

Melandi Buys ·

En die DA nog minder. Afrika populisme is al wat hulle oor het. En enige iemand met verstand weet dit. Jacques Handperdjie Venter weet dit dus nie.

Gideon ·

Wat gebeur het is ‘n refleksie van hierdie land en sy mense. Die meerderheid lag en jou uit, kondoneer so die uitwissing van die Boere, die DA sal nie in die openbaar die Afrikaner steun nie, soek jou stem en jou geld, nie wie jy is nie. Bittermin hoofstroom kommentators sal hieroor iets te se he.

CG ·

Herman. Dankie vir hierdie berig. Ons het meer skrywers soos jy nodig – met murg in hulle pype!

Griki ·

En dit is die stoffasie waarvan ons mede SA’ners gemaak is. Van die kastige reënboognasie wat die ANC predik sal daar niks van kom solank sulke wesens aan bewind is nie.

bgj van der westhuizen ·

die da beteken niks vir die blanke nie wand van dat hulle swart hoof gekry het en na die plaaslike vekiesing in die kaap het hulle diens lewering geval hulle is n nil op n kontrak en ek sal se blankes moet al mal begin stem vir vryhieds front en hulle lag as blankes vermoor word daar om lag ek nou as hulle ook dood gemaak wod oog vir n oog

Deon ·

Gaan kyk n mens na van die Politici se optredes, uitlatings, stilswye is dit geen wonder dat misdaad net al hoe meer en meer plaasvind in ons land. Kan die wat vir hulle stem nie waarneem dat daar geen menslikheid, aktiewe werkmaking tot verbetering van die ekonomie, beveiliging van sy landsburgers bewerkstellig word nie. Word daar nie n eed afgele deur Politici nie, watse waardes word tot die eed toegevoeg. Hoe kan enige van ons opkyk na die sogenaamde Politici en enigsins respek in ons harte saamdra. Die rassisme sindroom is n siekte erger as kanker wat met geen behandeling en of medikasie verwyder kan word nie. Dit is n skreiende skande dat ons land deur individue, geheel en al onbevoeg met geen siening tot vermindering van misdaad, verbetering van die ekonomie, “vrede, mensliewendheid propageer tussen alle rasse”. “En hul noem hulself Politici – dit is om van te braak”
Hulle sal definitief nie onthou word vir juis dit waarvoor Nelson Mandela sy visie vir n beter Suid Afrika vir ieder en elk, ongeag van kleur of taal met oorgawe uitgebeeld en geleef het nie. Wat hier aangaan is totaal in tweestryd met sy droom vir ons land, en is daagliks n teken vir geen maar geen respek vir waarvoor Nelson Mandela gestaan het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.