Nuuskommentaar: Vals Akademikaanse noot teen AfriForum ingesit

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, en Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, saam met John Robert Bolton, pres. Donald Trump se vernaamste veiligheidsadviseur, tydens Afriforum se besoek aan die VSA (Mei 2018). Foto: Twitter via @ErnstRoets

Kort na mekaar het twee akademici by die gedruis teen AfriForum se besoek aan die VSA om steun te werf vir die veldtog teen grondonteiening sonder vergoeding en plaasaanvalle aangesluit. Hulle is prof. Elmien du Plessis van die NWU, medeprofessor in die regte, en prof. Adam Habib, vise-kanselier van Wits.

Hoewel minder bekend word Du Plessis eerste aan die bod gestel omdat sy minstens probeer het om die debat wat sy ontketen het, in ’n akademiese gleuf te hou. Nie almal sal saamstem dat sy daarin geslaag het nie, en was byvoorbeeld ontsteld oor dreigemente wat sy op verskeie platforms ontvang het.

Unisa het pas ’n hofsaak teen onder meer AfriForum oor die afskaffing van Afrikaans gewen, en dit sou kwalik verbaas as Habib nog met ’n klippie in die skoen voortstrompel. Hy gee gereeld Karl Marx en Leon Trotsky as sy hoofbeïnvloeders op, en is in 2006 toegang tot die VSA geweier.

Dit lyk dus of hy nie te lekker met die VSA is nie, hoewel sy aanslag teen AfriForum veral oor skakeling met Amerikaanse regses gaan (al was die skakeling toevallig). Boonop is die persoon pres. Donald Trump se vernaamste veiligheidsadviseur, John Robert Bolton.

Du Plessis het fout met die plaasaanvalsyfers gevind wat AfriForum gereeld gebruik. In die proses het sy die indruk geskep dat die voorkoms van plaasaanvalle “nie so erg is nie” en dan die ou, politiek-korrekte deuntjie aangehef dat sy plaasaanvalle veroordeel net soos ander misdaad.

Dit is inderdaad moeilik om basis-norme vir die statistiese berekeninge van plaasaanvalle te bepaal, en verskillende navorsers kan omtrent enige plek begin soos om slegs groot plase te gebruik, slegs die eienaar-boer in te sluit en ander soos die boervrou en plaaswerkers uit te sluit.

Die feit is egter dat wanneer ’n basis gevind is, en dit word ’n ruk konsekwent gebruik, verskaf dit betroubare tendense. Navorsers in die Solidariteit-AfriForum-kring is nou al lank wat dit betref “ingerig”, en word deur die metodiek van byvoorbeeld die TLU-SA onderskraag. Ander statistieke soos dié van die SAPD kan verskil, maar in die verlede het AfriForum / TLU-SA nie net groter getalle voorgehou nie, maar ook die name en adresse van slagoffers verskaf wat op polisiesyfers ontbreek het.

Breedweg kan gesê word die pro rata-voorkoms van plaasmoorde in SA is nie net hoër as die land se gemiddeld nie, maar ook aansienlik hoër as dié onder polisielede waaroor die regering wel (periodiek) ’n groot lawaai maak. Was daar ooit ruimte vir debat in hierdie saak wat reeds by herhaling gevoer is? Dit lyk meer of daar aansluiting gesoek is by ’n groep analiste en rubriekskrywers wat die politiekkorrekte deuntjie bly fluit.

Die dermpie kan langer uitgerek word soos die aantal verkragtings van boervroue, wat, soos na die ABO, desperaat weens ’n kwessie van eer verswyg word. Voorts is uit die politiekkorrekte geledere foutiewe inligting op RSG uitgesaai oor hoe plaasmoordsyfers vergelyk met dié van moorde op bruin mans in die Wes-Kaap. Dr. Piet Croucamp het op RSG se program Kommentaar byvoorbeeld gesê die Wes-Kaapse syfers is “baie hoër” terwyl dit in werklikheid andersom is.

Dus, is enige debat, akademies of andersins, hoegenaamd nodig hieroor?

Prof. Adam Habib, visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het via Twitter kritiek uitgespreek teenoor AfriForum se besoek aan die VSA. Foto: Twitter

Is dit ’n mens, akademies ingestel of andersins, se verbeelding dat die regering die kwessie van plaasaanvalle probeer minimaliseer? Die ANC knyp nou ’n voormalige adjunkminister, Mduduzi Manana, wat in die parlement uitgeroep het “…hulle (die boere) moet lewend begrawe word”, maar nie hieroor nie – weens sy hardhandigheid teenoor vroue.

Die laaste kwessie is of die plaasmoorde op volksmoord neerkom? Nie al die fel kritici van plaasmoorde gebruik die term volksmoord nie. Die feit is egter dat daar ’n groot aantal definisies van volksmoord is, en enigeen wat die voorkoms van plaasaanvalle ’n volksmoord wil noem, gaan nie lank soek voor hy / sy ’n handvol daarvan het nie. Dit is dus ’n sinnelose debat, en niemand gaan kopgee nie.

En ja, dis verkeerd om persoonlike dreigemente teen Du Plessis te maak.

Habib het skynbaar van sy oorspronklike felheid van die aanval op Roets en Kriel afgewyk, en het dit nou meer spesifiek teen die skouerskuur met Amerikaanse regses. Trouens, hy gee nou toe dat AfriForum die reg het om kwaad te wees vir die regering en die regering te kritiseer.

AfriForum is nou besig om groot verwarring onder sy teenstanders te saai. Tot dusver het sy kritici sonder veel reperkussies gereeld na Solidariteit en AfriForum as rassisties verwys, byvoorbeeld prof. Jonathan Jansen. AfriForum en Solidariteit raak egter by al hoe meer aksies betrokke wat hierdie strooipoppe wat opgestel is in vlamme laat opgaan. Nou word desperaat ingespring om die strooipoppe opgestel te kry, en die waarheid is maar ’n terloopse lastigheid.

En akademici het die reg dat hul professie nie deur kwasi-akademici besoedel word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

GAME PLAN ·

GAAN VIR GOUD .. gaan sien wie julle moet sien AFRIFORUM. Hoe kan HABIB Julle vergelyk met IDI AMIN En HITLER wat miljoene mense VERMOOR HET? Julle gaan stel net julle saak, maar omdat SA nou eier op die gesig kry oor al die LEUENS wat aan die buiteland verkoop is, probeer elkeen nou ‘n eier le, van ou Max tot HABIB .. GAAN VOORT MET JULLE VELDTOG .. die wereld moet hoor wat hier aan die gang is .. HOEKOM hoor ek HABIB nooit opstaan teen MALEMA en hom HITLER of IDI AMIN noem nie .iemand wat ELKE dag mense met die dood dreig?? HABIB .. jy kyk deur’n RASSEBRIL.

White Rhino ·

Ek wonder hoe sal Du Plessis voel indien iemand na aan haar in ‘n plaasaanval sou seerkry of selfs sterf- ook so vir Habib.
Lyk my Habib en Du Plessis smokkel met die studente se koppe – wat anders maak hulle by ‘n Universiteit – duidelik nie daar vir die regte redes nie.
Wat jy saai sal jy maai. ‘n Dreigement is nie eers nodig nie.

Trump is ook nie ‘n fool nie – hy weet wat hier aangaan en ek hoop Agri kry duisende en miljoene wat na hulle sal luister in die VSA.

snoefie ·

prof habib skyn n aandagsoeker te wees. maar….behalwe vir optogte deur (meestal) ou Suid Afrikaners oorsee, presies wat het afriforum n reik met oorsese reise?

Werner ·

Hulle kruip maar net in die hoop om vinniger bevorder te word

Koos ·

Habib se uitlatings was roekeloos om die minste te sê. Sal nie verbaas wees as Roets en Kriel ‘n skadevergoedingseis teen hom instel nie. Ek meen, om darem aan Amin en Hitler gelyk gestel te word…

Afrikaanse Knaap ·

Ek onthou Habib op sy knieë voor die Engelse studente wat sy universiteit af brand.
Ek wonder wat Afrikaners ooit aan hom gedoen het?
AfriForum gee net feite deur. Ek is seker hulle sit nie daar in die VSA en fabriseer getalle en stories nie.

Kannaland ·

Niks keer enige ander groep wat voel hulle word ook geteiken om ook te veg vir hulle regte nie. Die Bruinmense in die kaap kan ook groepeer en die wereld bewus maak van hulle lot, en ons sal hulle met liefde aanmoedig en ondersteun om dit te doen.

koos1 ·

Du Plessis is mos die selfde een wat Spur aan gestel het om die omstrede raskwessie te ondersoek. Ons weet almal wat die uitslag daar was. Witman is verkeerd.
Ons moet haar en Hadib met ‘n knippie sout vat, ek glo nie hulle is lekker op hoogte wat in hierdie land tans aangaan nie.

Casper Labuschagne ·

Interessant dat Habib na “bekende fasciste” verwys, dit spreek boekdele oor sy eie politieke invalshoek. In die huidige linkse diskoers in die VSA asook ook Europa, word na ‘n ieder en elk wat polities polities regs van Leon Trotsky is, as fasciste verwys. Is jy behoudend, is jy ‘n fascis; is jy teen oopgestelde grense is, is jy ‘n fascis; is jy Christelik buiten Katolieke, Metodis of Presbiteriaan is, is jy ‘n fascis; het jy vir Trump gestem, is jy ‘n fascis; is jy teen aborsie, is jy ‘n fascis; as jy sou sê daar bestaan slegs twee geslagte, is jy ‘n fascis. As sulke persone dan almal fasciste sou wees, dan beter ek self bitter vinnig ‘n fascis word want dan vind ek myself ten minste in goeie geselskap.

En dit is my advies aan Afriforum, moet nie toelaat dat jou vyande jou vriendekring definieer nie – diegene wat by jou staan, is jou vriende en diegene wat nie by jou staan nie is glad nie jou vriende nie.

Willie ·

Hulle is lafaards en verraaiers! Dink hulle puik poste los slaan!

Therese van Schalkwyk ·

Die ongeërgdheid waarmee die genoemde akademikus met menselewens handel in haar emosionele aanval op AfriForum is verstommend. Doodluiters word bereken/bespiegel dat dit ongeveer 400 jaar sal neem om alle boere te vermoor teen die huidige tempo, en dat volksmoord dus nie ter sprake kan wees nie. Ongelooflik hoe goedkoop ‘n lewe vir sommiges in SA geword het.

En natúúrlik is alle Suid-Afrikaners se lewens ewe belangrik, maar die feit dat plaasaanvallers 100% swart is, kan nie langer ignoreer word nie. Dis ‘n onbetwisbare feit en die wortel van die kwaad.

Die konstante verdagmakery van AfriForum uit Afrikaanssprekende geledere word met groeiende ongeloof dopgehou.

Casper Labuschagne ·

@Therese jy slaan die spyker op die kop as jy daardie wortel van die kwaad identifiseer.

Ek word al vir lankal as rassis uitgekryt wanneer ek die punt maak dat dit my reg is om te protesteer as een bevolkingsgroep die die teiken van brutale misdaad is wat amper uitsluitlik deur ‘n spesifieke ander bevolkingsgroep gepleeg word. So ‘n mening word ook dan universeel as rassisme verdoem, selfs, of dalk spesifiek, ook deur behoudende Afrikaners.

Maar dan protesteer die Sjinese gemeenskap, asook onderskeidelik die Indiër en Moslem gemeenskappe omdat hulle “gemeenskappe” onder misdaad deurloop. Snaaks genoeg, is sulke protes deur etniese groepe wat nie wit is nie, skielik nie ook dieselfde rassisme nie, maar die owerheid luister na hulle met ‘n simpatieke oor en stel vinnig spesiale maatreëls in om daardie gemeenskappe te beskerm.

Louise ·

Ek dink hierdie aanvalle teen Afriforum is eintlik aavalle teen die Christendom. Hulle is net nie bereid om dit reguit so te sê nie.

Casper Labuschagne ·

@Louise, jy is reg, maar dit is nie soseer Afriforum nie, die postmoderne waardestelsel is ‘n volslae aanval op waardestelsel van die Europese Christelike bevolking wat die huidige westerse beskawing geskep het. Bitter min van die postmoderne waardes is in die minste versoenbaar met selfs ‘n liberale vertolking van ‘n breë Christelike waardestelsel. Aan die ander kant is die huidige toestand wel akkuraat in die boek Openbaring beskryf as die sogenaamde eindtye.

Akademikus ·

Enige volwaardige akademikus op die veld verstaan dat polisielede is uiters blootgestel an misdaad, en om burgerlike moorde met die van polisiemense te vergelyk en af te lei dis nie so erg nie is foutiewe redenasie. Duidelik het sy n agenda en is daarom nie objektief nie, daarom nie waardig om hoegenaamd as akademikus op te tree nie.

Eish ·

Ek het nogal verwag dat heftige reaksie gaan volg soos wat die Afriforum veldtog momentum opbou. Die resultaat van n suksesvolle veldtog is dat jy tafel toe kom met meer as die klere aan jou lyf. Synde minderheidsgroepe en hul regte soos huishoudelike vullis hanteer word deur die meerderheidsregering, verskaf die veldtog n broodnodige troefkaart wat onontbeerlik is.
Die akademici se volmaan gemaaiu, is sonder substansie en deurweek met liberale oortuigings wat verseker onversoenbaar is met ons werklikheid.
Vryheid van assosiasie is n grondwetlike reg en ieder en elk kan sy keuse uitoefen.

adriana ·

Lyk my Du Plessis en Habib is bekommerd? Anders sou hulle nie so ‘n bohaai gemaak het nie.

Gawie ·

Foeitog die arme De Plessis en Habib gaan uiteindelik ook nerens welkom wees nie – want hulle gaan nie welkom wees by swart of wit nie. Wonder of hulle besef waarmee hulle besig is- selfvernietiging. Maar nou ja, hulle is mos so slim – maar slim gaan sy baas vang.
Kan nie wag nie.

JC ·

Jy noem hulle toestand oikofobie, Gawie, en inderdaad, sterkte aan die twee, ek reken hulle gaan dit nodig he!

Boeregroete:)

Chris ·

Du Plessis en Habib moet hulle by hulle lees hou- Gee klas en los die politiek. Lyk my hulle het genoeg werk by die Universiteite om te doen nie. Soos ek se hou julle by julle lees. Moenie probeer punte en gesig koop by Ramaposa nie – hy voel ‘n veer vir julle – net soos vir ons.

Jerry ·

Bla-bla-bla terwyl elke dag slegter raak in SA vir die Afrikaner en dit ten spyte van al die inisiatiewe en ten spyte van al die kritiek vir en teen. Die kanse dat diegene wie kleim afsteek vir die “waarheid” en diegene wie kleim afsteek teen die “waarheid” se babbels saam gaan bars, raak daagliks groter.

Casper Labuschagne ·

@Jerry – Wanneer ek in my huis oorval word en my keel afgesny word, of waar die staat my in die tronk gooi, sal die dag aanbreek wat dit dalk slegter sal gaan. Tot dan sal ek hand en tand veg teen oorheersing deur die meerderheid en sal ek daardie geveg voortsit met, of sonder Afriforum.

As die gevolg is dat ek, en mense soos ek, intens deur elke lid van die meerderheid gehaat en verag sal word omdat ek hulle teenstaan en veg vir my regte, dan is ek bereid om daardie prys te betaal. Die alternatief is dat daar hoegenaamd geen toekoms sal wees vir enige ander Afrikaner nie, sou die proses waar minderheidsregte ontken word uitspeel soos wat nou deur die revolusionêre faksies vereis word. Slegs diegene wat bereid sal wees om volkome by die meerderheid in te skakel binne ‘n sosialistiese bestel en ook bereid sal wees om hul taal, kultuur en identiteit volkome prys te gee, sal dan miskien mag aanbly. Die enigste vreedsame alternatief vir die effektiewe voortbestaan van my volk hang tans af van die effektiewe beskerming van minderheidsregte ingevolge die bedoeling van die grondwetlike beskerming, soos dit in 1994 opgestel is.

Solank as wat ek kan, sal ek veg vir ‘n vreedsame oplossing, maar as ‘n vreedsame oplossing onmoontlik sou word, sal ek dan ook steeds aanhou veg.

Reguit ·

Na dekades se anargie (die resultate van linkse ideologie) in Azanië, is dit ‘n tragedie en ‘n skande dat die wittes steeds nie vir linkses soos Du Plessis in massas met opperste minagting verwerp nie.

J B ·

Die akademici is naief indien hulle dink dat Afriforum veel binne Suid Afrika sal bereik deur gesprekvoering met die Anc en Eff alleenlik.
Dit sal moontlik fataal vir alle Suid Afrikaners wees indien Afriforum eers begin met hierdie bewusmakings wanneer grondeise ‘n werklikheid word. Alle SA burgers met gesonde verstand behoort Afriforum se pogings te ondersteun.

Kobus ·

Dit is reg so. Dit maak die ANC baie kwaad dat julle die wêreld vertel wat hier aangaan. Doen so voort!! Miskien sommer ‘n wêreld toer doen. Elke week ‘n ander land.

Gerrit ·

Afriforum wys ware beskaafde en intelektueele sterk leiersskap . Diegene wat ongemaklik daaroor voel, pas in die kamp van diegene wat dit wat hulle nie kan verstaan nie , met verwoesting demonstreer . Ons salueer Afriforum se leiers, hulle vermoe om steun te werf vir ondersteuning teen onreg . Die SA polisie se statistieke is korrup . Ek is persoonlik in my melkstal aangeval deur gewapende moordenaars in 2017 hulle uitsluitlike doel was teregsteling , pertinent genoem . My waghonde het my gered , ernstige beserings opgedoen. Polisie ondersoek saak van poging tot besigheid roof . Nie poging tot moord en aanranding met doel on ernstig te beseer nie . My seun was in 2014 ( Jongboer 22 ) in die lande deur 5 vreemde moordenaars wreedardig vermoor , hulle het met sy bakkie gevlug . Niks noemenswaardig van hom geroof nie . Die voertuig later verlate gevind . Polisie ondersoek moord en roof saak . Die terme “plaas , boere , Afrikaans , rassisme ” opsetlik vermy . Geregtigheid het tot op datum nie geskiet nie . Afriforum doen die moreel regverdige stap om die onreg bekend te maak . Statistieke kan verdraai en verbloem word , skerm vir skande .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.