Nuuskommentaar: Van Trump Tower na Trump State

Foto: AP Photo/John Locher

Foto: AP Photo/John Locher

Dit is hopeloos voortydig om te probeer voorspel hoe suksesvol Donald Trump se presidentskap sal wees. Talle realiteite laat dikwels verkiesingsbeloftes in die slag bly, en dit kan ’n groot verskil maak.

Dit is net ’n baie dom of baie dapper persoon wat nou enige ontledende voorspelling van Donald Trump se komende presidentskap sal probeer maak. Bitter min verkose presidente kon hulle immers volledig by hul verkiesingsbeloftes hou nadat hulle in hierdie ampte die eerste keer toegang tot geheime intelligensieverslae gekry het, en deur kundiges op feitlik elke terrein as adviseurs bygestaan is. Realiteite soos die ampseed wat hom dwing om in algemene belang te regeer, laat ook dikwels verkiesingsbeloftes in die slag bly.

Markte neig om op die onverwagse te reageer, en soos ná die Brexit-referendum het dit waarskynlik ook nou gebeur, net op ’n groter skaal, skryf die ekonoom Kees Bruggemans. Wanneer die markte oor die skok kom, kan dit selfs lonende kopies bied.

Kort voor die verkiesing het Rasmussen in ’n peiling bevind dat, anders as in die verlede, kiesers hulle meer laat lei het deur omstredenhede as die kandidate se beleidsrigtings. Die kandidaat se karakter het ook nie vanjaar ’n groot rol by kiesers gespeel nie.

Een van die interessantste vooraf-ontledings is gedoen deur Thomas Sowell. As swart Amerikaner sou verwag word dat hy sou neig om Hillary Clinton te steun, maar hy sê dat hulle (hyself ingesluit) wat gewalg is deur Trump se sêgoed moet onthou dat Trump ook nie teen Moeder Teresa te staan gekom het nie. Sowell slinger Clinton dit veral teen die kop dat sy as minister van buitelandse sake twee regerings wat hoegenaamd geen bedreiging teen die VSA ingehou het nie, help verwoes het. Hy verwys na Egipte en Libië. Nie almal sal met Sowell hieroor saamstem nie, maar wel oor ander sake wat hy noem.

Nietemin, die ontledings oor hoekom die meeste meningspeilings so hopeloos verkeerd was, gaan nog lank duur.

Trouens, Rasmussen, wat feitlik deurlopend Trump se kanse beter gereken het as die meeste ander peilings, het op die vooraand van die verkiesing ’n omvattende artikel geplaas oor hoekom peilings so verkeerd was. Een van die belangrike faktore is die wegkwyn van die landlyn-telefoon wat lank as standvastige peilingsinstrument gedien het. En toe: “Along comes the craziest election most of us have ever seen.”

Dit alles werp egter min lig oor op hoe dit Suid-Afrika gaan raak. Die verwagting is dat die nuwe administrasie hom weinig aan Suid-Afrika sal steur, tensy die Suid-Afrikaanse regering gaan skoor soek.

As deel van Afrika, maar veral as deel van die wêreld, sal Suid-Afrika egter ’n deeglike belang hê in die kwessie of die VSA ekonomies sterker gaan word en die wêreldekonomie saam gaan lig.

En dit is iets wat gesien sal moet word.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Grassie ·

Trump se oorwinning is ‘n taai klap in die gesig van al die liberaliste in die Westerse wêreld en hopelik ook hier by ons. Ek dink dit gaan die regse partye in Europa ‘n bietjie bemoedig en hulle woema gee. Miskien, net miskien, kan dit ook ons klomp wittetjies hier aanspoor om te begin saamstaan en ‘n magsblok te vorm sodat ons weerstand kan bied teen diegene wat ons van ons grond, taal, lewens en regte as landsburgers wil beroof.

Johann ·

Grassie, en ons kommentare onderdruk, nie omdat dit teen die media se beleid is, nie, maar suiwer oor hul beheptheid met hul oor polities korrekte gedienstigheid.

Nico ·

Hopelik gaan die midde-ooste vir die eerste keer (en eens en vir altyd) behoorlik uitgesorteer word.

Vivian ·

Wel as ek kyk na sy “tracking rekord” dan dink ek hy is volledig bekwaam. “Suksesvolle” kan voor sy naam geskryf word. Hy kan en hy gaan sy woord hou, sy naam is nie Hillary Clinton of Barack Obama nie wat net stories praat en nie kan deliver nie!

Jan ·

Cherokee, nee hy is nie, 9/11 sal die dag bekend wees wat Trump die wereld op sy kop staan maak is, ‘n nuwe orde die lig gesien het.

Leendert ·

Dat hy die pap dik aangemaak het met sy uitsprake om sy boodskap oor te bring, is gewis, die Amerikaners is mos lief daarvoor om als groter as lewensgroot, of tien maal erger as erg te beskryf, net om hul punt te probeer maak. Maar hy gaan verseker nuwe lewe in Amerika blaas, ‘n invloed in die wêreld en die nuwe orde hê.

CQ ·

Donald Trump het net gesê wat ander nie bereid is om te sê nie (maar hulle voel dieselfde) Hy sê nie “wat ander wil hoor nie” Hy gee nie om of mense van hom hou nie – want hy weet daar sal ALTYD mense wees wat teen en vir is….
Ek hoop hy doen goes. Ek hoop hy is n voorbeeld vir… nie net die Amerikaners nie, maar vir ons almal….

marie vissrr ·

PW Growee, so jammer jy is so pessimisties. Gee die man n kans. Kyk maar na Trump se suksesse met sy besighede. Hy sal ook van hierdie geleentheid wat deur God hom te beurt geval het, n sukses maak. Ek is so bly die liberale word nou bietjie in die bek geruk.

Hendrik ·

Mmm, ja – so suksesvol sy besighede het 6 maal bankrot gespeel.

chrisp ·

Ja Hendrik hy het elke keer weer opgestaan en weer probeer(dit noem mens karakter). Nou die dag by atletiek val ‘n seun , staan op en voltooi die wedloop baie ver agter.Hy het groter applous gekry as die wenner. Pragtig man pragtig!

Hillary het darem nooit bankrot gespeel nie, sy kon nie, het nog nooit vir haarself gewerk nie.
Sy moet dus suksesvol wees? AI toggie.

Buitestander ·

Die volk het gepraat! Gee. Trump nou sy kaans om Amerkia op te bou.

John ·

Die regering moet ons tog nie in die verleentheid stel om bakhand te gaan staan by die nuwe president nie. Trump kan ‘n tv bekostig en koerant lees en hy kan dink ok… maar pres Zuma kan dit gaan uittoets as hy wil…

Nico ·

Natuurlik gaan Zuma bedel. Soos die Rhodes beurs-student wat Rhodes se standbeeld wil verwyder. PS: Ek is geen CJ Rhodes aanhanger nie.

Weggesteek ·

Die rede waarom peilings so verkeerd was was omdat die oorheersende media en magte Trump se kanse wou verlaag deur om eenvoudig verwagting te skep dat hy gaan verloor. Dit is n bekende sielkunde tegniek om opinies te swaai.

Tollie ·

Trump gaan waarskynlik veel beter doen as wat die meeste van ons dink. Ten minste het hy ‘n standpunt en is hy nie “heilig-polities-korrek” nie.

Donkie ·

Julle besef dat Trump die Malema van Amerika is, so asb ondersteun dan beide aangesien jul morele waardes so laag is.

Veritas ·

Donkie, ek weet te min van Donald Trump om te kan sê of hy die VSA se Malema is of nie. Dit wil voorkom of jy hom goed ken. Sê my bietjie, lei Trump ook ‘n party wat net 8% steun het, hang daar ook ‘n korrupsie-swaard oor sy kop, moedig hy ook sy aanhangers aan om swartes se eiendom te beset, dreig hy ook om swartes uit te wis, dra sy ondersteuners ook oorpakke na parlementêre sittings toe en is hy ook ‘Commander in chief’ van ‘n bende vryheidsvegters? As dit so is, dink ek jy is dalk reg maar andersins kan jy die twee nie onder dieselfde kam skeer nie. Groetnis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.