Nuuskommentaar: Verkiesing of vragmotors uitbrand – Wat werk die beste?

Die toneel van ‘n gewelddadige betoging Soshanguve [April 2019]. (Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency)

Vir ’n burger om sy stemreg uit te oefen word dikwels as die hoogste vorm van demokratiese uitlewing beskryf. Die demokrasie bied egter veel meer opsies, soos persvryheid, meningsvryheid, petisies, wettige stakings, lidmaatskap van burgerlike bewegings ensovoorts, maar daar is ook onwettige metodes wat aangewend word om die politici se ore oop te maak, en hulle by verkiesingsbeloftes te laat hou. Dit kan sabotasie, terreur, boikotte, onwettige stakings en optogte, vandalisme, diensleweringsproteste en nog vele ander insluit.

Soms loop van hierdie aspekte saam. Die burgers gaan steeds stembus toe, maar die politici weet dat hulle nie sommer met gebreekte beloftes gaan wegkom nie.

In die nuuskommentaar van Vrydag hier is vlugtig na ’n begrip, preferendum, verwys en is beloof dat dit vandag meer volledig onder die loep geneem sal word tensy iets groots as onderwerp voorkeur sou moes kry. So byna het die bomontploffings in Sri Lanka juis dit bewerkstellig.

Volgens verklarings is daar twee betekenisse vir die woord “preferendum”. Die eerste hou verband met die woord “preference” en die tweede is ’n verkorting vir die begrip – ’n pre-referendum. Die een begrip sluit nie sommer die ander uit nie.

Die begrip preferendum het nou weer in gebruik gekom in die lig van die komende Europese Unie se verkiesing, en Brexit wat knaend op die rotse loop. Daar is nou groot druk in Brittanje dat die Britte toegelaat moet word om weer ’n referendum te hou oor Brexit al dan nie. Met die uitstel wat die Britte gekry het om oor Brexit te besin en onderhandel, sal hulle weer aan die EU-verkiesing kan deelneem.

Met die stemme wat die vir en teen Brexit-partye met dié verkiesing kry, word die menings van die Britte grootliks bepaal. Dit staan as ’n pre-referendum bekend, of verkort tot preferendum. Terselfdertyd word die Britte se voorkeur (preference) ook getoets.

In Suid-Afrika gaan verskeie faktore hande vat om die destruktiewe kragte saam te snoer. Met die tuisspan wat ook nog die duiwelsvurk vol afpersingsfaktore geryg het, kan heelwat druk op verantwoordelike partye uitgeoefen word.

Betogings in Khayelitsha in April 2019. (Foto: Phando/Jikelo/ANA)

’n “Neweproduk” is dat die vraag gevra kan word of ons dan nog politici nodig het. Die bekende dr. Danny Titus vra dan juis ook hierdie vraag in sy rubriek op Netwerk24. Om Titus se rubriek klakkeloos op dit wat hier bespreek word van toepassing te maak sou neerkom om appels met pere te vergelyk. Vir Titus fokus die tema op samewerking in die private sektor om sekere sake soos onder meer onderwys, maar ook goeie tussengroepverhoudinge, te behartig eerder as dat die staat self sy verantwoordelikhede nakom.

Dit bring nog ’n konsep uit die staatkunde na vore – ’n tegnokrasie. ’n Voorbeeld in die praktyk is byvoorbeeld waar AfriForum se vrywilligers munisipaliteite help om slaggate reg te maak, te help sorg vir skoon water en vele meer.

Dit terwyl die ANC die suiwer demokrasie met ’n kleptokrasie vervang het, het nog ’n regeringsvorm beslag gekry, wat in Engels as kakistocracy bekend staan. Die wonderlike is hoe gepas dié term in Afrikaans vertaal kan word, naamlik kakistokrasie (van die Griekse kakos vir sleg).

Nog ’n regeringsvorm wat goed beskrywend is as die Engelse kraterocracy vertaal word, naamlik kraterokrasie (van die Griekse krateros vir sterk), is ’n goeie voorbeeld van waar sterkes die mag oorneem (soos deur ’n staatskaping) en deur patronaatskap die gewone kiesers se demokrasie steel. Die patronaatskap pas weer naatloos in op ’n Amerikaanse politieke konsep, gatflies. Die alternatiewe woord hiervoor is onder meer horseflies, wat weer heel gepas vertaal kan word met gatvlieë, na aanleiding van waar dié soort vlieënde peste verkies om die arme perde te irriteer.

Kortom, deur skelm te wees of aan te jaag, word die land in ’n piesangrepubliek omskep.

Steve Hofmeyr (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Terwyl stemreg deur heelwat ander metodes ondersteun word, soos mediavryheid, burgerlike instellings soos AfriForum en Outa, is dit wat nou op groot skaal in Suid-Afrika ’n “aanvullende proses” tot stemreg word, soos gewelddadige oproer, vandalisme, diensleweringsbetogings (wat die afgelope jaar verdubbel het en gereeld kort voor verkiesings ingespan word) om beloftes by politici (met vreeslike kort geheues en groot sakke) het “af te pers” onaanvaarbaar.

Net soos gedink word dat die soort politieke sirkus wat Suid-Afrika beleef tot nuutskeppings in die staatkundige terminologie moet lei, staan ’n mens verstom oor dit wat eintlik reeds bestaan. Tog is daar een terrein waar daar pas ’n behoefte vir nuwe woorde ontwikkel het – die debakel rondom Steve Hofmeyr en die Ghoemas. Ou opvattings oor die hoër kunste geld net nie meer nie. Begrippe soos dat kunstenaars die gewete van die volk is, en dat kunstenaars neig om simpatiek teenoor die underdog te wees, pas net nie op wat ons tans beleef nie.

Selfs akademici sluk maar erg winde wanneer hulle die onregverdigheid van ongelykhandige beoordeling van skuld aan politieke korrektheid probeer las. Of bestaan daar reeds ’n woord soos Ghoemakrasie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Kobus ·

Dankie ń uitstekende artikel. Ek geniet die nuwe woorde. Kraterokrasie vul die”swart gat” waarna in die Eskom artikel bewys word goed aan.

Kobus ·

Dankie ń uitstekende artikel. Ek geniet die nuwe woorde. Kraterokrasie vul die”swart gat” waarna in die Eskom artikel vewys word goed aan.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hierdie landjie se grootste flater is ‘n “verteenwoordigende demorkasie” in plaas van ‘n “deelnemende demokrasie”. Die gewone man op straat het een keer in 5 jaar kans om vir ‘n “party” te stem………..wat hom dan “verteenwoordig”….en van daar af maak daardie gekose party nes hy wil. Dit los die gewone burger met geen ander opsie as “staak, afbreek, brand, versper, klippe gooi of geweldig raak” om hierdie “verteenwoordigers” se aandag te trek nie. Suid Afrika het nog nie tot die besef gekom dat hulle hierdie “verteenwoordigende party” kan vervang by die stembus nie…..en nou kry jy nog ‘n President wat vra dat die ANC NIE gestraf moet word by die stembus nie? Met ander woorde….laat ons asseblief toe om voort te ploeter….terwyl julle afbrand, breek, vernietig, staak, skiet en verwoes!!” Viva!!

Brutus ·

Dit is basies Anargie .Betogings, misdaad, staatskaping en moorde en korupsie as jy daagliks nuus lees.
Dit hou nie op nie.

Veritas ·

Vandag verstaan ek hoekom Idi Amin sy land so wreed regeer het. Dit wil voorkom asof die Afrika bevolking nie bereid is om te werk vir sukses nie maar afbreek en verwoes totdat hulle, hul sin kry. Uit die aard van die saak blyk hierdie aksies nie juis doeltreffend te wees nie met die gevolg dat die sneeubal al groter word. Die gevolg is diktatorskap waar die sterkste, wreedste leier probeer om die orde te herstel soos dit hom pas.
Uit die aard van die saak werk dit gewoonlik net vir sy stam en die gevolg is burgeroorloë of massauitwissing van opposisie stamme.
Hier in SA hoor ons kort-kort van die Zoeloes wat steeds agter Zuma staan. Die dag wat hulle in opstand gaan kom is nie vêr nie en die leiers van ander stamme vrees daardie dag.

Liza ·

SA in sy huidige vorm het misluk en kan nie gered word nie. Hoe gouer die Zoeloes KZN oorneem en afstig, hoe beter. Dan kan die proses begin om die res van die land op te breek. Afrikaners kan dan oor begin aan die weskus.

Hans Richardt ·

Ochlokrasie in aksie, as Tirannie van demokrasie. Klipgooiende massas dikteer vir die wetgewers in parlemente..

Gert van Wierdapark ·

Dankie dat jy die uiters beskrywende woord vir SA se demokrasie (in Engels, vry vertaal met Demo-crazy) ook gebruik het = Kakistokrasie. Daar is geen beter beskrywing wat hand aan hand gaan met Regstel(l) ende aksie nie!

Erika Ochse ·

Uitstekend, Herman Toerien. Dis wat ons vandag beleef

Dries du Toit ·

Uitstekende artikel Herman. Ek wens regtig dat jou artikels baie wyd versprei kan word onder die meer intelligente lede van ons volk. Hulle kan dit dan vereenvoudig vir die minder intelligente apatiese volksgenote wat ongelukkig n baie groot gedeelte van die Afrikaner volk uitmaak.

Boemerang ·

SA is maar net nog ‘n Afrika land, met sy eie reëls. Die staat, privaatsektor, huishoudings en almal wat iets besit sal hul lewens en eiendom moet beskerm. Gewapende patrollies sal meer alledaags word op ons paaie om vragmotors en hul vragte te beskerm. Om die saak uit ‘n westerse hoek te benader sal nie werk nie.

Refleksie ·

Die toestand waarin ‘n land verkeer is ‘n refleksie van (dws direk eweredig aan) die kwaliteit en eienskappe van die meerderheid van sy inwoners. Daarom is emigrasie steeds die mees realistiese en nugter opsie.

Andreas ·

Mag ek byvoeg, “go figure”, maar ek dink tog jy het dit heel duidelik gestel en ek sien niemand verguis jou hier vir die realiteit ge-uiter nie.

Andreas ·

Aldus Netwerk24, en ek haal aan:

“Ghoemas-vrou kry haatpos ná toespraak
Haar Facebook-blad loop oor van haatpos wat haar van rassisme en politieke agendas beskuldig, maar “ek het nog nooit eens vir die ANC of EFF gestem nie!” sê Shihaam Domingo, wie se toespraak op die Ghoemas-toekenningsaand deur een van die sanger Steve Hofmeyr se seuns onderbreek is.”

Jerry ·

In SA werk staatskaping die beste, dit is hoekom die ANC dit gedoen het. Alle wetsgehoorsame belastingbetalers is gyselaar geneem, deurdat hulle moet of aanhou om SOE’s en wanbetalende revolusionere strukture dik te voer om die ekonomie staande te hou of die ekonomie gaan heeltemal sink, gepaardgaande met politieke onstabiliteit. Die enigste maniere vir wetsgehoorsame belastingbetalers om te ontsnap is om die bevrydingsorganisasie by die stembus te verslaan, wat egter in SA nie n moontlikheid is nie, om totaal onafhanklik van SOE’s te raak, om te emigreer of n burgeroorlog. Laasgenoemde is gewoonlik uiteindelik wat gebeur, want alhoewel n bevrydingsorganisasie sal probeer om dit te verhoed, is dit tog ook die beste manier vir n bevrydingsorganisasie om die staatskaping en misdaad spore te vernietig en van diegene wie nog na geregtigheid strewe, ontslae te raak, waarna gewoonlik geen haan daarna kraai!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.