Nuuskommentaar: Vermetelheid strem harmonie met grondhervorming en landbou

landbou-trekker-oestyd

Foto: Jed Owen/Unsplash.com

Terwyl die landbou in Suid-Afrika sy aandag op soveel sake moet hou, is dit erg ongevraag dat die regering dikwels eerder as ’n vyand van die landbou as ’n vriend optree.

Die onlangse aankondiging deur Agri SA dat dié organisasie ’n minderheidsverslag oor grondhervorming by pres. Cyril Ramaphosa gaan indien, het ’n gefladder in die hoenderhok veroorsaak. In ’n ommesientjie is die “boodskap van hoop” wat deur sekere linkse kommentators probeer skets is, in vlamme afgeskiet. Harde woorde val.

Die “boodskap van hoop” het begin nadat Ramaphosa tydens ’n landbouberaad na die insette van Dan Kriek, president van Agri SA geluister het, en volgens die liberale kommentators, en spesifiek dr. Piet Croucamp, gesê het “dis mos ’n man na wie ek kan luister”.

Volgens Croucamp het Kriek sy gedagtes aan Ramaphosa verkoop gekry, en nie andersom nie.

Die lofprysing van Kriek het egter ook gepaard gegaan met kritiek op ander rolspelers wat ’n sogenaamde regse agenda sou probeer opdwing, en in die proses onnodige paniek onder landbouers en ekonome saai. AfriForum het onder meer erg onder die teerkwas deurgeloop, maar ook TLU SA, wat homself aan die proses onttrek het, is gestriem.

Ernst Roets, een van AfriForum se adjunk-hoofde, is selfs ’n wit terroris genoem. ’n Belangrike deel van die oplossing sou wees dat “ons” (die wit mense) die grond wat “ons” die afgelope 200 jaar van swart mense gesteel het, moet “teruggee”.

Dit het egter gou duidelik geword dat dinge nie so rooskleurig is soos wat die linkse kommentators dit voorgehou het nie. Aanvanklike berigte hierna het daarop gedui dat die uitvoerende hoof van Agri SA, Omri van Zyl, duidelik anders oor sake voel as wat aan Kriek toegedig is. Was daar spanning weens verskillende beskouings tussen Kriek en Van Zyl?

Dit was egter gou duidelik dat Kriek en Van Zyl op dieselfde golflengte was, en dat die werklikheid erg verskil het van die utopie wat die linkse kommentators geskets het.

Intussen het die presidensiële taakspan, of eerder ’n paneel, in sy verslag aan die president die aanbevelings van Agri SA en vennote geïgnoreer, en het Agri SA aangedui dat hy ’n minderheidsverslag gaan indien.

Die paneel het teruggekap en die uitlek van die verslag gekritiseer, en ook gesê Agri SA is/was nie lid van die paneel nie, en kan dus nie ’n minderheidsverslag opstel nie. Uit Agri SA se nuusverklaring is dit duidelik dat dié instansie meen dat dit wel lid van die paneel is/was.  Dit is moeilik om die taakspan se reaksie anders as vermetel te beskryf.

Die TLU SA se waarneming oor waarheen die projek heen op pad was, was dus vir alle praktiese doeleindes in die kol. Lees gerus die TLU SA se verklaring oor die gebeure hier.

Die essensie van die saak, wat ook so deur die TLU SA gestel word, is dat daar nie vorentoe beweeg kan word deur van foutiewe “feite” gebruik te maak nie.

Dit is egter duidelik dat die gaping wat nou ontstaan het, nie onbepaald kan voortbestaan nie. Trouens, dit sou ideaal wees as dit moontlik sou wees om die geskilpunte nou op te los.

Dis egter verkiesingstyd, en Ramaphosa se aandag is nou gans te verdeel. Sake wat oplossingsgerig is, sal dus noodwendig tot ná die verkiesing moet oorstaan, en dit lyk nie of daar gou ná die verkiesing ’n geskikte geleentheid sal wees om oor die onverkwiklikhede konsensus te bereik nie.

Die huidige oorstromings in dele van die Vrystaat, die Oos-Kaap maar veral KwaZulu-Natal bewys egter dat daar met sekere aspekte van landbou nie gewag kan word nie. Natuurrampe laat hulle nie op skedules plaas nie, en veral nie vir burokrate wat voete sleep nie.

Landbou in Suid-Afrika het met genoeg prioriteite soos plaasaanvalle, misdaad, droogtes ensovoorts te make dat dit waarop die regering konsentreer eintlik moeilik die volle aandag kan kry. Hoe lank, byvoorbeeld, gaan die landbou genoeg water kan hê?

Iets wat baie Suid-Afrikaners seker nie sommer sou verwag nie, is die noodmaatreëls wat nou in Vlaandere ingestel word te midde van ’n erge droogte.

Daar word egter ook na die toekoms gekyk, en planne word gemaak om die ontsouting van seewater nog meer bekostigbaar te maak.

Die owerhede het as deel van die “afskakelingplan” ’n kode geel verklaar, wat beteken die vraag na water kan maklik die aanbod daarvan oorskry. Beperkingsmaatreëls word oor ’n wye front ingestel.

Toekomsbeplanning maak egter ook ’n groot deel hiervan uit. So is daar planne om enorme hoeveelhede seewater uit die Noordsee te ontsout. Die jongste denke behels dat die proses van tru-osmose met die proses van elektrolise gekombineer word. Die elektrolise ontsout reeds ’n deel van die water, maar dit wek eintlik krag op om die aanleg aan te dryf, en so koste te bespaar.

Suid-Afrika kan nie ’n regering bekostig wat ’n sabotasierol teenoor die landbou inneem nie.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Andreas ·

Genadiglik is Agri SA en TLU SA nie SARU nie, anders het hulle dieselfde pad as die oorle Springbok geloop.

Gemaskerde Sopbeen ·

Maar die nuwe SA regering MOET ‘n sabotasie rol teenoor landbou inneem, want die geld waarmee “grondhervorming” moes gebeur is weg en op….en die ANC se Vryheidsmanifes sê duidelik: “The Land Shall be Shared Among Those Who Work It!
Restrictions of land ownership on a racial basis shall be ended, and all the land re-divided amongst those who work it to banish famine and land hunger;”…… En verstaan mooi: “Famine” en “Land Hunger” is NIE dieselfde ding nie!!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Die ANC Vryheidsmanifes stel dit duidelik: The Land Shall be Shared Among Those Who Work It!
Restrictions of land ownership on a racial basis shall be ended, and all the land re-divided amongst those who work it to banish famine and land hunger;…en die ANC regering het nie meer geld oor om “grondhervorming” toe te pas volgens die vrywillige koper/vrywillige verkoper model nie!!!

Dries du Toit ·

Wie se voorstelle gaan op die ou einde seëvier. Ramaphosa of AgriSA. Wie is die sluste onderhandelaar. Vra vir De Klerk, Roelf Meyer en Wessels. Hulle het eerstehandse ondervinding van hierdie Kodesas.

Elene ·

O liewe maak ons nou soos die politieke partye wat nie met mekaar kan saamstem nie. Wow

Tino ·

So wys die luiperd maar sy ware kleure, hy kan sy hare verander maar die kolle is eenders

Lerato ·

Jy kan met of oor die regering praat. Eersgenoemde veroorsaak verwydering. Laasgenoemde lei tot ‘n oplossing.

Ek luister na Roets se toespraak en ek dink die man het goeie navorsing gedoen.

Maar o weë toe begin hy drunk dit en drunk dat en drunk dit skree en ek dink. Seun daar verloor jy die plot in totaliteit.

Jerry ·

Die ANC kader op die paneel voel minderwaardig en probeer maar net om die witman te verneder en te laat verstaan wie is nou baas. Ek sal myself nie teveel daaroor bekommer nie, maar wel oor die finale minderheidsverslag wat vir die kader n lekker plan gaan gee wanneer hulle punt vir punt van die verslag sal vat en die teenoorgestelde daarvan argumenteer en wat hulle verskriklik slim sal laat klink en wat hulle dan met n meerderheidstem implementeer, sou n meerderheidstem nodig wees. Dit is hoe n bevrydingsorganisasie “our people” de-kolonialiseer, presies die teenoorgestelde van die kolonialistiese plan. Ek kan nie sien hoekom landbou anders gehanteer sal word nie! Dit is werklikwaar interresante tye wat nog voor le! Agri SA aan die een kant, TLU en Afriforum aan die anderkant, die groot kommersiele boere aan hulle eie kant. Wie gaan as wenner uit die stryd tree? Gaan daar ooit n wenner wees? Met dit wat ek sover waarneem sal ek myself maar eerder die stilswye ople, want wragtigwaar, julle het nie n idee met wie en wat julle te doen het nie en ook nie hoe om die situasie en die kaders te hanteer nie!

Andreas ·

Jerry, vertel vir ons wat steek jy weg, sit die kaarte op die tafel met jou bewyse, jy maak baie onrustige geluide en dan laat hang jy dit in die lug. Plaas dat jy na staatsveiligheid of die hoogste gesag toe gaan met jou waarnemings. Waarom gaan gesels jy nie met Flip Buys nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.