Nuuskommentaar: Versoeningsdag of Vergeldingsdag?

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Op 16 Desember elke jaar is ons veronderstel om Versoeningsdag te vier. Die dag is na 1994 ingestel as geleentheid vir ons almal om ons verdeeldheid te oorkom en te versoen. Dit is natuurlik ook, met rede, op Geloftedag.

Geloftedag pas nie by die regering se agenda van nasiebou en transformatisme in nie. Dus moet Geloftedag tot randfiguur verklaar word met die hoop om mense af te skrik. Hulle maak staat daarop dat wit mense bang is om rassiste genoem te word – hopelik sal hulle dan ook bang wees om hierdie “verdelende” en “rassistiese” fees te vier en eerder Versoeningsdag kies. Indien dit gebeur, wen die regering. Dan konformeer ons tot hulle agenda en voorwaardes van transformatisme, eerder as om self te besluit wat vir ons belangrik is.

’n Mens hoef egter net na president Cyril Ramaphosa se Versoeningsdag-toespraak vanjaar te luister om te verstaan waarom duisende Afrikaners steeds kies om Geloftedag eerder as Versoeningsdag te vier. Na hierdie toespraak moes ’n mens jouself afvra: vier die regering Versoeningsdag of Vergeldingsdag? Niks van Ramaphosa toespraak het gespreek van ’n regering wat regtig vrede, aanvaarding en versoening onder almal wil bewerkstellig nie.

Volgens Ramaphosa is ware versoening nie moontlik nie solank as wat die vele probleme in ons samelewing onopgelos bly:

“We cannot build a truly caring society so long as the country’s majority live in conditions of poverty, inequality and deprivation, while a minority exists in comfort and privilege.”

Ook is dit nie moontlik om ware versoening te bewerkstellig wanneer beleid soos ekonomiese transformasie, regstellende aksie en grondhervorming teengestaan word nie. Dit is nie moontlik om werklik te versoen terwyl daar ongelykheid en armoede onder die meerderheid mense in die land is nie.

Ramaphosa het hiermee eintlik gevra waarom mense steeds regstellende aksie en transformasie teenstaan in die lig van al die armoede in ons land. Dit is mos die antwoord op al ons probleme. Die regering vra net vir redelikheid van ons kant af – al wat ons moet doen is om dinge vanuit hulle oogpunt te sien.

Versoeningsdag is ’n dag waarop ons onsself tot sosiale samehorigheid en nasiebou moet herverbind. Dit is sodoende ’n dag waarop elke maatskaplike vennoot sy deel om versoening moet doen.

Besighede móét dus hul getrouheid aan transformasie bewys deur die regering se rasseformule te volg. Landbou-organisasies en grondbesitters móét ook die regering se projek van grondhervorming ondersteun. (Dit sluit natuurlik ook onteiening sonder vergoeding as middel tot grondhervorming in.)

“Without justice there can be no lasting peace. And unless all are able to lead lives of dignity, there can be no reconciliation and progress.”

Indien daar nie (sosiale) geregtigheid geskied nie, kan die regering ook nie noodwendig vrede waarborg nie. Dus moet wit mense die beleid en projekte van die regering ondersteun met die hoop om blywende vrede en versoening te kry.

Ramaphosa se toespraak het gespreek van voorwaardelike versoening – oftewel vergelding. Indien wit mense bereid is om die nodige opofferings te maak, sal die regering dálk met ons versoen. Indien wit mense by al die regering se beleid en projekte inkoop, sal hulle versoening oorweeg. Indien wit mense nié hierdie dinge doen nie, kan daar nie blywende vrede wees nie.

Hierdie toespraak klink dus meer na ’n afdreiging. Volgens Ramaphosa hou wit mense die sleutel om sukses in hulle hande. Verbeterde toestande in ons land hang van niemand anders as die wit mense af nie. Indien wit mense nie by die regering se beleid en projekte inkoop nie, sal swart mense nie net arm en onderdruk bly nie. Versoening en blywende vrede sal ook onmoontlik wees.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die boodskap is duidelik. Ons as wit mense moet nou ons samewerking gee, anders gaan ons vir ewig stief hanteer word. Die regering sien ons regtig as diewe wat alle grond, geld en geleenthede by swart mense met geweld gesteel het en verbete daaraan vasklou. Die enigste rede waarom dit nog sleg met soveel swart mense gaan, is nie weens die regering se slegte beleid nie. Dit is omdat wit mense weens selfsug aan hulle welvaart en mag vasklou. (Dit is ook ’n sentiment wat deur paneellede in die regering se vooraf goedgekeurde Versoeningsdag-boodskap gedeel is. Een vrou het selfs laggend gesê hoe die skuldige diewe eintlik net in die tronk gegooi en die sleutels weggegooi moet word.)

Gegewe die kollektiewe skuld wat wit mense dra, moet ons eintlik gelukkig wees dat die regering enigsins met ons wil versoen. Al wat die regering van ons vra, is dat ons net hulle beleid en agendas aanvaar. Hulle het arm swart mense se beste belange op die hart. Ons doen arm swart mense in deur aan ons welvaart vas te klou. Die regering is sodoende volgens hulself dus die enigste redelike party.

In die lig hiervan is dit baie duidelik waarom duisende Afrikaners jaarliks skaamteloos kies om Geloftedag, eerder as Versoeningsdag, te vier. Geloftedag is ’n ongelooflike belangrike dag in ons geskiedenis. Dit is iets waarop ons trots kan wees en waaroor ons dankbaar kan wees. Dit spreek van die komplekse geskiedenis van groepskonflik in ons land. Ons kan dit ook vier as ’n deurslaggewende gebeurtenis vir ons voortbestaan in ons land. Ons herverbind ons jaarliks aan die gelofte wat die Voortrekkers destyds afgelê en deurgevoer het. Ons herverbind onsself so ook aan ons verlede én toekoms in die land.

Versoeningsdag is nie óns dag nie. Die regering wil ook nie hê dit moet wees nie. Hulle wil dit eerder gebruik as geleentheid om ons te beledig en skuldig te laat voel. Alles natuurlik om hulle eie agenda te bevorder, eerder as om versoening en goeie verhoudings tussen groepe na te jaag.

Dit beteken natuurlik nie dat Afrikaners nie goeie verhoudings met ander groepe in die land wil of moet hê nie. Dit beteken bloot dat ons dit beslis nie gaan soek óf vind onder die regering se bitter en vergeldende vaandel van “versoening” nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Danie ·

Geagte Mnr die president. Jy kan nie en sal nie my hart verander nie. Ek is n wit boer wie se voorouers n gelofte aan ons God Elohim gemaak het op die 16de Desember 1838 en niks wat jy se of enige ander organisasie gaan dit verander nie. Jou versoening moet maar op n ander dag val. Aan Elohim die lof en eer en dankbaarheid vir daai dag toe Hy ons beskerm het en die oorwinning gegee. En hiermee se ek nie ons moet weer oorlog maak nie. Wat ek se gee ons die erkenning om ons feeste te vier soos ons as witmense nog altyd gedoen het. Ons het nie n Verwoerd dag soos julle n Mandela dag het nie. Julle stig allerhande dae vir oorwinnings maar gin ons niks. Dit is geskiedenis en waaroor geskiedenis gaan nie net oor die swartes nie maar oor almal in die land.

JohanR ·

Het Cyril ALWEER gepraat! Ek het dit seker misgeloop. Cyril was al vrot toe hy nog saam met Zuma geloop het, en het net vrotter geword!

Boerkind ·

CR kan dreig en leuens vertel, maar die geskiedenis kan hy nie verander nie. In watter groep val hy en sy strooptogbende (state capture and plunder)? Seer sekerlik nie in die arm massa groep nie? Hoe het CR aan sy biljoene gekom en waarom verdeel hy dit nie onder die arm massas nie?? Koop hy steeds stoetdiere aan teen miljoene vir sy plase? Gaan die plase ook onteien word? Hy is geen voorbeeld vir wat hy preek nie! Nog swakker as Zuma…..

Stefan ·

Het jy al die nuwe geskiedenis boeke gelees wat hulle nou by die skole gebruik.
Dit bewys dat hy inderdaad die geskiedenis kan ‘verander’

johb ·

Die brulpadda kwaak sy kwaak en die ander paddatjies wat van niks beter weet nie kwaak maar saam. Hulle weet nie dat hy so kwaak om sy eie tekortkominge en die van sy spesie weg te steek nie

Maggies ·

Dankie Monica vir hierdie rubriek wat ons kortliks die waarheid vertel. Ek haal my hoed af vir mense soos jy wat nie skroom om hulle mede landsburgers in te lig oor waar hulle met die regering staan nie.

My siening ·

Ek stem dis eerlik gestel. CR get of your high horse en deel alles wat jy het uit. Dan is jy niks en de witman sal jou weer moet help.

Ossewa ·

hy soek nog 25 jaar…met niks meer oor om te verduister nie. Ceril jou idiologie het nie meer ander mense se geld oor nie – wat nou?

Hennie J ·

Ja Mnr die President, jy en jou meelopers kan maak wat julle wil met 16 Desember. Julle kan dit ontheilig, afwater en ander klere aantrek. Vir my en my nasate bly dit dingaansdag, die dag waarop my voorsate n verbond met God gesluit het en die dag waarop God my voorsate behoed en bewaar het teen die bose.

Marianna ·

Ek luister so op RSG oor die versoening wat elke jaar op ons afgedwing word. Hoe versoen jy met ‘n nasie wat jou niks meer gun nie. Hoe versoen jy met ‘n nasie wat jou mense uitmoor? Hoe versoen jy met ‘n nasie wat jou ondergang beteken en net verwoesting saai orals. Moet ons versoen op hulle vlak? Dan moet ons die slaggate en vuil strate en geboue aanvaar. Ons moet ons huise oopgooi en hulle innooi nie omdat jy wil nie, omdat jy moet. Waar in die hele wereld gebeur dit???? Ons het al so baie verloor deur versoening.

Boon ·

Versoening is n konsep met sy oorsprong in die Bybel. As jy nie mooi verstaan wat dit vir gelowiges beteken nie , vra iemand soos bv jou leraar, om die begrip versoening te verduidelik.

Vrijburger ·

@Boon. En as jy nie die Marxistiese konstep van ‘versoening’ verstaan nie, vra iemand om vir jou te verduidelik.

Blikkies ·

Ek is Trots Blank en Jammer oor niks in my Geskiedenis nie. My lewe….my keuses…… ek hoef nie met die regering se mense te versoen nie. Ek is ook nie jammer omdat hulle nie welvaarend is nie, want dit sal beteken hulle moet werk daarvoor. Hulle het mos al die kanse in hierdie land en nog steeds te sleg om iets te bereik. Waarvoor het hulle vir my as ‘n blanke nodig…….. en om met wat te versoen……tsek.

skinderbek ·

Dit is onmoontlik om te versoen solank die ANC en EFF teenwoordig is. Die politieke partye is die oorsaak vir die gemors waarin die land is.

Boon ·

Dis nie korrek om te sê Versoeningsdag is nie ons dag nie, omdat die naam (destyds al onder die NP- bewind) van Dingaans- en daarna Geloftedag en Versoeningsdag verander is.
Die begrip versoening kom uit die Ou Testament en is die heiligste dag op die Joodse kalender bekend as JOM KIPPOER. Op daardie dag gaan net die Hoëpriester die tempel se heiligste van heiligdom binne, daar waar die ark staan en God se Gees teenwoordig is. Hy gaan doen dan boetedoening namens die hele Israel, wat buite wag, vir die volk se sondes. Sonde bring skeiding tussen mense en God en daarom word hul sondes bely en God gesmeek om hulle sondes te vergewe sodat die skeiding HERSTEL kan word. Die Engelse woord is AT-ONE-MENT , wat beteken dat die EENHEID tussen mens en God herstel is en daar weer harmonie en vrede heers.
Versoening is dus eg Christelik. Dit sluit gevolglik in dat Afrikaners hulle voor God verootmoedig, en hom dank en eer en prys vir die verlossing toe hulle deur n vyand aangeval is.

Vrijburger ·

Jammer Boon ‘Ek is blank en skuldgevoelvry’ so die’ klas van geestelike emosionele afpersing werk nie meer.

Anoniem ·

Moet net die Afrikaner hom voor God verootmoedig. ? Ek dink nie so nie. Hier bly nie net Afrikaners in Suid Afrika nie.

Zombie ·

Jy maak darem geweldige konseptuele spronge, van ń gelofte na versoening. Die verwysing na die Ou Testament beïndruk ook nie juis nie. Slaan gerus die betekenisse van die onderskeie begrippe na.
Om ń gelofte na te kom, impliseer nie dat ń persoon teen versoening gekant is nie.

Pieter J ·

Dit is vir my duidelik dat daar nog blankes is wat nie verstaan dat die ANC die land so opgeneuk het dat dit vir niemand meer moontlik sal wees om enige iemand meer op te hef nie. Duidelik is party mense uiters naief of net baie dom.

Coenraad ·

Baie dankie hiervoor. Dit moet eintlik ook in Engels die wêreld ingestuur word.

Lian ·

Moet die GOYA akroniem “ Get Off Your Ass” nagestreef word nie ? Bakhandjie staan het nog NOOIT gewerk nie

annie ·

Die kwessie van rassisme word darem op elke hoek en draai en geleentheid deur die ANC lewendig geskop of ge-icu om tog nog effense beweging te aktiveer. Almal geniet ewe rustig die vakansiedag en dink nie eers aan die vete met die bure se lastige kat nie, dan kom die staatshoof met ‘n lang-gesig-van-waar-Gehasi-preek in die hoop dat hy gemoedere kan opstook. Hy probeer iets sè. Wat sou dit wees?

Vrijburger ·

“Hierdie artikel is ongelukkig onversoenend en dra niks by tot samewerking en nasiebou nie.” Is ‘n strooipop argument.

Sien Monica se laaste paragraaf: “Dit beteken natuurlik nie dat Afrikaners nie goeie verhoudings met ander groepe in die land wil of moet hê nie. Dit beteken bloot dat ons dit beslis nie gaan soek óf vind onder die regering se bitter en vergeldende vaandel van “versoening” nie.”

Grassie ·

Geloftedag is een van die min geleenthede waar Afrikaners byeenkom sonder verskille en saam aanbid en fees vier. Dit is waar vriendskappe gesmee word tussen mense met die selfde kultuur en sienswyses. Die gemeenskap waar ek woon het ‘n plek waar ons jaarliks bymekaarkom. Daar het gewoonlik ongeveer 200 mense opgedaag. Gister was daar meer as 800. So, ou Squirrel kan maar sê wat hy wil, geloftedag sal voortgaan waar mense wat saam hoort, bymekaar kom.

Me Mynhardt, jy is ‘n dame so na my hart.

Zombie ·

Die president van ń land is nie veronderstel om sy politieke party se beleid te verkondig nie. Ons almal weet tog dat daar ń onderskeid tussen ń politieke party en die regering behoort te wees. Die president behoort daar vir almal te wees. Die swak onderskeid tussen politieke party en regering veroorsaak geweldig baie probleme, oor jare heen, soos ons almal weet.

Coolbanana ·

En so glo en verkondig hulle hul eie leuens….. Hy vergeet gou dit wat hy het vandag het hy by ons gekry, vind eers die wiel uit dan kan ons saampraat

Cherokee ·

…en 17 Maart 1992? Dag van verraad? Die dag sink weg in vergetelheid.
16 Desember sal ek egter Geloftedag bly. ‘n Datum in ons as nageslag van die boere, se geskiedenis.

Pensionaris Sedgefield ·

Dit het tyd geword dat ons aktief tot God bid dat Hy ons ook van hierdie bose bende verwoesters sal verlos. In 1836 het Hy ons van Dingaan se oormag impi’s verlos. Hy kan dit weer doen en ons van Ramaphosa se bose grypersbende verlos.

Johannes Hermanus ·

Dankie Monica dat jy geslaag het om presies my gevoelens te weergee by die aanhoor van die President se toespraak tydens Versoeningsdag. Die agterbaksheid het my gestroop van enige respek wat ek vir hom as Staatspresident behoort te hê. Respek deur ons medemens is ‘n waardevolle artikel wat verdien word deur ons goeie menslike kwaliteite en integriteit. Die ANC, waarvan die president ‘ n hooflid is, het ontaard in ‘n stropersbende wat wil hê ek moet instem tot die diefstal van enigiets wat ek eerlik en hardwerkend en deur spaarsamigheid, wettiglik vir my oudag bymekaargemaak het. Hulle beoog om selfs wette te maak om die diefstal moontlik te maak. Die “rykdom” wat “n deel van die bevolking” besit, is deur harde, eerlike werk verkry. Ek het nie kon aandring op ‘n gratis huis, water “bursaries” en talle ander voorregte deur die staat nie. My boodskap. Aan die “prez” : Lees die openhartige en eerlike toespraak van Dr Reuel Khoza tydens die Rennaisance Konferensie op 28 Sept 1998.

Veronika ·

Nee nee, moenie nou jou bek uitspoel oor “poverty”nie – julle & julle alleen het jul eie nasie verarm!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.