Nuuskommentaar: Vertrouensbreuk oor Afrikaans byt seerste

afrikaanse-taalmonument

Die Afrikaanse Taalmonument. Argieffoto.

Die onlangse besluite van voormalige Afrikaanse universiteite om Engels-oorheersend te word adem die gees van grondwetlike opofferbaarheid. Eerder as om op die Grondwet te beroep, word grondwetlike regte, en met implikasie meer regte as net die taal, ondergeploeg omdat dit andersins sal beteken dat anargiste geweld sal pleeg. “Taalbulle” wat probeer walgooi, word afgekraak, en so word ’n fondament geskep van waar Fanon se nalatenskap ’n greep op die Suid-Afrikaanse samelewing kan kry – sonder grondwetlike teenspoed.

Om die k-woord te gebruik, laat jou dadelik in baie groot bollie beland. Om ander kwetsende terme te gebruik soos pres. Jacob Zuma wat, nogal in ’n toespraak oor die euwels van rassisme na “white supremacists” verwys, is skynbaar heel in die haak. Nou het die woord “taalbulle” (vir Afrikaans) by baie ’n sterk negatiewe konnotasie gekry.

In die oë (of ore) van diegene wat die term as vernederend bedoel, beteken dit iemand wat “iewers in die verlede vasgesteek het”, ʼn gebrek aan insig het oor wat werklik aan die gang is, ook nie “with it” is nie maar agterlik, en voeg maar by.

Die geringste optrede wat nie met vreedsame kapitulasie gesinchroniseer is nie, soos AfriForum Jeug se voete-neersittery by Tuks, word as ploerterig, provokatief en vele meer beskou. Trouens, uit (gelukkig taamlik geïsoleerde) akademiese kringe is selfs omvattend geskryf om een van die voorste “taalbulle”, Breyten Breytenbach, as ’n agterlike, uitgediende artefak uit te beeld.

Tog het dié “taalbulle” die Grondwet aan hulle kant, asook die internasionale reg, pakke uiters moderne studies oor moedertaalonderrig, asook die mees moderne neigings op die internasionale front. Maroela Media het ook al ’n paar keer gewys hoe die taal Fries in Nederland uit amperse vergetelheid die kop kon optel, gepaardgaande met al meer amptelike erkenning. Maar dit lyk op die oog af nie of sulke nuus plek in die meer politiek korrekte Afrikaanse media kan kry nie, en so word die “taalbulle” se feitegrondslag waarmee hulle die “slimmighede” van die pro-Engelse groep kan koudsit, geërodeer.

Daar word uit Stellenbosch uit filosofiese kringe aangevoer dat die feit dat ’n reg in die Grondwet staan, nie noodwendig beteken dit moet opgeneem word nie.

Blote taalregte beteken egter bitter min. Die Suid-Afrikaanse Grondwet maak dit duidelik dat daar sekere gemeenskapsregte met die taal gepaard behoort te gaan, soos onder meer blyk uit die naam van een van die artikel 9 grondwetlike liggame, die Kommissie vir die Beskerming en die Bevordering van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe. Dit strek hierdie kommissie nie tot eer dat dit sedert sy ontstaan stiller is as ’n muis met slippers aan nie, en byvoorbeeld nie nou baie verbaal is met die universiteitsaanslag teen Afrikaans nie.

Maar seker een van die grootste seermake is die vertrouensbreuke wat ontstaan het. Die argiewe is gepak met rekords van veral sekere rektore dat die toekoms van Afrikaans op hul kampusse veilig is solank hulle in die stoel is.

Beeld neem vandag in sy hoofartikel besonder sterk standpunt in en vra onder meer dat private fondse soos uit boedels en skenkings aan voormalige Afrikaanse universiteite herkanaliseer word. “Private geld moet voortaan eerder voorwaardelik en vir spesifieke beurse of projekte beskikbaar gestel word en onafhanklike trusts kan só ’n voertuig vir bydraers skep. Heelwat van die geld gaan ook nodig wees vir private inisiatiewe soos Solidariteit se Akademia of ander private inisiatiewe wat kan ontstaan.”

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging het juis ten opsigte van Akademia gesê die jongste verwikkelinge noodsaak dat die tienjaarplan met hierdie instelling, nou in twee jaar afgehandel sal moet word.

Al hierdie verwikkelinge geskied teen die agtergrond van AfriForum, Solidariteit en vriende se hofsaak teen Kovsies oor sy nuwe taalbeleid. Uitspraak is voorbehou, en dit sou gewoon sin maak dat die ander universiteite met hul skynbaar georkestreerde besluite vir die uitspraak sou wag. So ’n mosie in die US se raad is egter afgestem.

Dit is egter ook so dat dit duidelik is dat die Kovsiesaak in die konstitusionele hof gaan draai. Die hooggeregshofsaak is reeds beïnvloed deurdat die voorsitter van die Kovsieraad ’n Vrystaatse regter is, en drie regters moes van buite gekry word om die saak te hanteer. Die regter is intussen tot die appèlhof bevorder, en dit sou dus sin maak dat die konstitusionele hof spesiale toestemming gee dat hierdie hof die saak regstreeks op finale appèl aanhoor.

Veel meer as net die taalkwessie het in die saak onder die vergrootglas laat beland toe Kovsies se advokaat aangevoer het die besluit moes geneem word om (verdere) geweld te voorkom. Dit wek die indruk dat die gevaar van anargie swaarder weeg as die Grondwet, en dat Fanon se leerstellinge hierdie ronde by Kovsies se ringkoppe gewen het. Watter ander grondwetlike regte gaan uiteindelik alles opofferbaar wees omdat anargiste met geweld dreig?

Intussen maak die vertrouensbreuke van die verlede dat die versekerings wat die universiteite nou oor (afgeskaalde) Afrikaans gee, met enkele uitsonderings na, so erg gewantrou word dat dit eintlik geïgnoreer word. Die universiteite sal spesiale pogings moet aanwend om nie net die “taalbulle” nie, maar die breë Afrikaanse gemeenskap se vertroue te herwin.

Tot dan geld Beeld se klinkklare oproep dat geld praat. En Akademia met wat reeds vermag is, en nog beplan word, is ’n gawe, nee, eintlik noodsaaklike plek, om daardie fondse heen te kanaliseer.

Internasionale voorbeelde wys dat dit gevaarlik is om ’n taal se toekoms bloot oor te laat in die praat daarvan, die handhawing van ’n literatuur wat boeke en koerante insluit, asook kuns soos musiek. Sonder ’n amptelike status en hoër funksies is taamlike groot tale by wyse van spreke al singende daarmee heen.

Terwyl dit sin maak om die Grondwet te handhaaf omdat ook ander regte ter sprake is, kan dit ook nie anders as dat Afrikaanssprekendes moet besef dat ’n kapasiteit self op alle vlakke gebou word, ook universiteitsvlak, waar Afrikaans sy regmatige plek kan inneem nie.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

29 Kommentare

Veritas ·

Ek hoor so tussen die lyne dat baie Afrikaanssprekendes glo dat, die verengelsing van universiteite eintlik ‘n goeie ding is aangesien dit vir ons gegradueerdes dan makliker sou wees om in die buiteland te kan werk. Na my mening het Afrikaanssprekende gegradueerdes, in die verlede, goed aangepas in die buiteland. Vandag se matrikulante kan, met ‘n paar uitsonderings na, met gemak in Engels kommunikeer en sal heel moontlik hul finale universiteitseksamens ook in Engels kan slaag. Die punt is net dat, indien alle universiteitskursusse slegs in Engels aangebied word, die bestaan van Afrikaanse skole nie geregverdig kan word nie. Dit sal uiteraard ook meebring dat Afrikaans as huistaal sal uitsterf en dit is presies wat die vyande van Afrikaans wil hê. Vir die behoud van ons Moedertaal, is dit van kardinale belang om Afrikaans as universiteitstaal te behou.

André ·

Die (‘eg’)skeiding tussen die Afrikaanse gemeenskap en sg. voormalige Afrikaanse universiteite, het betrekking.

Soos tydens ‘n egskeiding die bates van die boedel regverdig verdeel word, so moet die Afrikaanse gemeenskap ‘n
siviele klasaksie loods teen al die voormalige Afrikaanse universiteite waarvolgens ‘n regverdige deel van al die bates geëis word vir die uitsluitlike gebruik van onderrig en leer in Afrikaans.

Waar daar by Universieit Pretoria byvoorbeeld vyf groot kampusse, oor die afgelope eeu (met groot opofferings van die Afrikaanse mense) gebou is … is dit net regverdig dat die Afrikaanse gemeenskap een kampus opeis (bv die Groenkloof Kampus) vir eie gebruik en SELFBESTUUR.

As dieselfde tipe eise by al die ander universiteite slaag kan ‘n Afrikaanse Opvoedkundige Trust gestig word wat al die gedeeltes van universiteitsbates landswyd bestuur tot voordeel van privaat Afrikaanse opvoeding.

So ‘n siviele klasaksie vir die verdeling van bates, kan selfs na die Verenigde Nasies en die internasionale hof verwys word.

Stan ·

Waar is FW Klerk, Pik Botha en Roelf Meyer nou? Ook snaaks dat die anc & eff die “colonials” so haat maar alles doen om hulle taal so te verhewig.

Basson ·

Hulle ondersteun dan die ontmanning van die Afrkaanse wit persoon, so hulle is in hulle noppies!

Esmay ·

Stan, hulle is te bang om gesigte te wys. Hulle kruip ager hul “bodygards” weg. Want hulle weet ons handjievol boere is lus v hulle !!!!!!!

Basson ·

Ek is nog steeds stomgeslaan oor veral UP se besluit. Die taalwerkstrome was toe al die tyd oeverblindery en ‘n gekkedans soos ons wel opgemerk het destyds.

Die optrede van Tuks laat my bepaald herbesin waarheen my kind volgende jaar sal gaan. Ons het lank gewik en weeg tussen UP en ‘n ander universiteit, op UP besluit so rukkie terug, maar gaan definitief die besluit in herooweging neem.

Maar dan, dit is dalk presies wat die ANC/NDR (en as meeloper & ondersteuner : die UP) wil he – geen wit studente, veral nie as hulle Afrikaans is nie.

Ada ·

Waar gaan die swart tale in die buiteland aanpaas wonder ek. Dit is die rektore se ideologie wat hier werksaam is. Hulle wil punte wen want hulle is bang hulle verloor hulle werk indien hulle nie radikaal optree nie. Hulle verkoop hulle taal en dit gaan hulle nog duur te staan kom. Hulle gaan juis hulle werk daaroor verloor omdat daar nie geld gaan wees om hulle te betaal nie. Die betalers gaan hulle geld by ander Universiteite wat Afrikaans vriendelik is bele.

Dirk Breytenbach ·

Eintlik is daar niks meer te se nie want diegene wat ons gedink het is leiers en denkende akademici met ruggraat is nou so stil soos muise en die wat wel hul stemme laat hoor word geskel deur hul eie mense. Oor ‘n paar jaar kan hulle aftree met hul engelse pensioene. Plan B op alle vlakke moet nou versnel word en Afrikaanses moet nou besluit wie is Afrikaners en wie pleeg kulturele selfmoord. Daarna kan ons weereens begin met die bou van ‘n toekoms vir onsself al is dit dan net 1 miljoen mense. Wat self haters nie besef nie is dat ons “vyande” geen genade of tyd vir ons het nie, wanneer gaan ons dan die boodskap kry? Ons is in ‘n hoe stres situasie en daar is tans nie enige teken van eerbiediging van mekaar se regte nie maar slegs leuens, vergelding, haat en toe eiening. Ons moet nou, vandag, begin met aksies om vir ons ‘n nuwe toekoms in SA te verseker. Carpe diem!

Ada ·

Jy is so reg Dirk!! Jy is so reg. Die kaf moet van die koring gesky word en kaf moet pad vat sodat ons ander kan vorentoe beweeg sonder meulsteune aan ons nekke.Ons sal sterker wees sonder die neulsteune.

alida ·

Ons moet nie so negatief wees oor ons taal nie. Ons kan ons taal en kultuur uitleef waar en wanneer ons wil. Solank die taal gepraat word en daar jaarliks 40 000 afrikaners Afrikaans is Groot gaan kyk sal hulle ons nie dood kry nie. Ons hou ons eie afrikaanse kultuur aan die gang deur dit tuis uit te leef. Ons gaan lê mos nie so gou nie. Die taal in die skole en universteite pla nie so baie nie want as die kinders oorsee wil gaan (wat hul heel waarskynlik sal doen) sal die engelse onderrig baie help. Die unisversiteite sal gou-gou agterkom iets is fout as die afrikaners hulle geldjies onttrek. Maar die Vader weet wat die ander spulletjie met hulle moedertaal in die buiteland wil gaan maak weet nugter. Engels is ‘n wereldtaal.

Emile ·

Ek stel voor begin by die Universiteit Stellenbosch se Jan Marais fonds, wat bepaal dat die US Afrikaanse universiteit moet wees, deur die volle waarde daarvan na die PUK of Akademia te kanaliseer.

Johann Marx ·

Toe my Pa nog geleeg het, het hy altyd gesê “Ontnugtering…is die wreedste leermeester”….

Marieka Visage ·

As ons taal ten gronde gaan, dan ook ons volk. As ons kinders in Engels gaan studeer sodat hulle oorsee kan gaan, wat word van ons volk?

Mr B ·

Let op dat al hoe meer aansoeke deur Afr sprekende persone nie by US suksesvol is nie. Maak nie saak hoe sterk hul akademies is nie. Dit is die rede vir afname van Afr studente. Solidariteit eis bewyse van plasing van studente.

ada ·

Die US gaan uiteindelik verswart en dan gaan dit ten gronde gaan. So ook UP. Dan gaan ou Wim en De la Rey sonder werm sit. Wag maar en sien.Ons wit kinders sal byPrivate instansies studeer en sal so geholpe raak. Ek is seker wie laaste lag lag die lekkerste. Gee net kans. Ons moet net meer geld vir Afri gee want hulle en Solidariteit sal dit deurtrek. Dit is n mors van tyd om die Rektore se name eers te noem want hulle adverteer luidkeels hoe onbevoeg en ruraatloos hulle nou eintlik is.

John ·

Wie het die kamtige hogere Engelse term wat pres Zuma na die Afrikaners gooi, in sy toespraak ingewerk? Die’ persoon is die president se baas en rig sy denke. Destyds is honderde briewe deur Mosjesj van Lesotho-faam, in sulke hogere Engels na Brittanje en Europa gepos waarin klagtes oor die Boere uiteengesit is. Dis glo deur die swart vlugteling-Zulu en latere leier van die sg Basoetoe’s, self geskryf. Dit terwyl Britse/Franse sendelinge by hom gebly het en kwaadwillig perde en wapens uitgedeel het aan swart meelopers om boere se plase te gaan afbrand/beset. Veral interessant is die feit dat die hogere briewe altyd net met ‘n kruisie geteken is??? Die’ geleerde swarte wat nie sy naam kon skryf nie??? Mosjesj is glo nooit gekersten nie want hy sou gese het, hy sien geen verskil tussen die sendelinge en die ongelowiges nie. Miskien het ons prez ook net ‘n kruisie onder sy toespraak geteken… die’ dat hy so swaar aan dit lees…

Johan 2 ·

Lees gerus oor Engelse helde soos Livingston hy het ons net so probeer “swartsmeer” in sy skrywe aan Brittanje. Ek stem saam, ons vyande is die moderne “Engelsman” wat mense regoor die spektrum van Indië tot die ANC elite insluit.

Wicus ·

Ons is kwaad vir US en UP, maar wat doen elkeen van ons in ons kleine, hoe gebruik ons Afrikaanr? Waar ek werk is die beleid Engels. Eendag gebeur dit toe so dat ons net Afrikaansprekendes in ‘n vergadering is en besluit on Afrikaans te praat. Wat noem mens die gebrabbel, Afrengels, of soos hulle in Tanzanië sê Swaeng? Ons is besig om te buig voor die wêrelddruk en as ek om my kyk raak ek bang ………..

André ·

Die (‘eg’)skeiding tussen die Afrikaanse gemeenskap en sg. voormalige Afrikaanse universiteite, het betrekking.

Soos tydens ‘n egskeiding die bates van die boedel regverdig verdeel word, so moet die Afrikaanse gemeenskap ‘n
siviele klasaksie loods teen al die voormalige Afrikaanse universiteite waarvolgens ‘n regverdige deel van al die bates geëis word vir die uitsluitlike gebruik van onderrig en leer in Afrikaans.

Waar daar by Universieit Pretoria byvoorbeeld vyf groot kampusse, oor die afgelope eeu (met groot opofferings van die Afrikaanse mense) gebou is … is dit net regverdig dat die Afrikaanse gemeenskap een kampus opeis (bv die Groenkloof Kampus) vir eie gebruik en SELFBESTUUR.

As dieselfde tipe eise by al die ander universiteite slaag kan ‘n Afrikaanse Opvoedkundige Trust gestig word wat al die gedeeltes van universiteitsbates landswyd bestuur tot voordeel van privaat Afrikaanse opvoeding.

So ‘n siviele klasaksie vir die verdeling van bates, kan selfs na die Verenigde Nasies en die internasionale hof verwys word.

André ·

Vir al die anglofiele op hierdie bladsy!

#Brexit !!! Go home!!!

Praat Afrikaans of hou jou bek!

christine ·

My seun was in n Afrikaanse skool hyt geswat by Kovsies in Afrikaans. Hy werk tans in Australia voorheen in New Zealand al 12 jaar daar. Hy werk vanaf sy huis vir n Amerikanse firma vir 12jaar geen probleme maar hartseer my kleinkinders al drie verengels in New Zealand nou in Perth maar klaar te laat.

Kobus Stols ·

Ek wil voorstel dat ‘n webwerf opgerig word met die uitsluitlike doel om ‘n tuiste vir ‘n “e-skandmuur” te bied. So ‘n skandmuur kan dan al die name van Afrikaanssprekendes op die universiteiterade bevat wat ten gunste van verengelsing debatteer.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.